South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 54

| Noteup | LawCite

S v Assegaai en 'n Ander (375/83) [1984] ZASCA 54 (22 May 1984)

Download original files

PDF format

RTF format


ABRAHAM ASSEGAAI EERSTE APPELLANT
WILLIAM GALANE TWEEDE APPELLANT
EN
DIE STAAT RESPONDENT

SAAK NR. 375/83 /CCC

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:
ABRAHAM ASSEGAAI EERSTE APPELLANT
WILLIAM GALANE TWEEDE APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT

CORAM: TRENGOVE, CILLIé et VAN HEERDEN ARR
VERHOOR: 3 Mei 1984
GELEWER: 22 Mei 1984

UITSPRAAK TRENGOVE, AR

Die/
2 Die appellante is op 30 Mei 1983, in die Noord-Kaapse Afdeling, deur regter Basson en twee assessore skuldig bevind aan moord sonder ver-sagtende omstandighede en aan verkragting. Die verhoorhof het bevind dat die appellante gedurende die aand van Saterdag, 21 Augustus 1982, in 'n huis in Vergenoeg, 'n woongebied in die omgewing van Kimberley, 'n elf-jarige dogter, Patricia Manyamane (die oorledene), verkrag en vermoor het. Hulle is op beide aanklagte ter dood veroordeel. Die appellante kom tans met verlof van hierdie hof -verleen kragtens die bepalings van artikel 316(8)(c)(ii) van die Strafproseswet, 1977 - in hoër beroep.

Eerste/
3.
Eerste appellant appelleer teen die skuldigbevinding
en die vonnis op beide die moordklag en die aanklag
van verkragting. Tweede appellant kom ook teen die

skuldigbevinding en die vonnis op die moordklag in

hoër beroep, maar wat die aanklag van verkragting be-
tref, is sy appèl slegs teen die vonnis gerig. Die
rede hiervoor is dat hy reeds met die aanvang van die
verhoor op hierdie aanklag skuldig gepleit het.
Die agtergrond van die aanklagte teen die appellante is kortom soos volg. Die oorledene het destyds saam met haar ouers in Ndayistraat, Vergenoeg, gewoon. Op die betrokke Saterdag, teen ongeveer 16h30, het die oorledene se moeder haar gestuur om suiker te gaan koop by 'n winkelkompleks

geleë/
4. geleë in Gwelestraat. Dit was 'n hele entjie van hulle huis af maar die oorledene het reeds dikwels vantevore soortgelyke inkopies daar gaan doen. Toe die oorledene teen 18h00 nog nie by die huis terug is nie, het haar moeder baie ongerus geraak. Sy het haar man na die winkels gestuur om te gaan vasstel wat van die oorledene geword het. Hy kon haar egter nie opspoor nie. Hulle het die polisie toe in kennis gestel dat sy vermis word. Laat die volgende middag (d i Sondagmiddag) het ene Betta Pos, 'n staatsgetuie, heel toevallig op die oorledene se lyk afgekom. Betta Pos en tweede appellant het in daardie stadium saamgewoon in 'n huis in Gwelestraat. Toe sy dié Sondagmiddag ondcr een van die beddens in

hulle/
5. hulle slaapkamer na haar skoene soek, het sy, tot haar ontsteltenis, die oorledene se lyk daar aan-getref. Die polisie is dadelik ontbied en die oor-ledene se lyk is na die dodehuis verwyder. Binne 'n dag of wat daarna is albei appellante in verband met die voorval in hegtenis geneem. By die na-doodse ondersoek het die distriksgeneesheer gevind dat die oorledene se broekie styf in haar mond ingeprop was en dat haar tong teen die sagte verhemelte en die agterkant van háar keel vasgedruk was. Volgens die distriksgeneesheer het die oorledene as gevolg van hierdie obstruksie aan versmoring gesterf. Dit het verder ook uit die ondersoek geblyk dat daar 'n

kneusing/

-6-
kneusing van die vagina, met klein bloedingkies, was. Op grond hiervan was the distriksgeneesheer van mening dat die oorledene waarskynlik voor haar dood verkrag was.

Ek kom vervolgens by die appèl van
eerste appellant. Hy het by die verhoor op albei aanklagte onskuldig gepleit en ontken dat hy hoe-genaamd by die dood of verkragting van die oorledene betrokke was. Die verhoorhof se bevinding teen eerste appellant is, in hoofsaak, gegrond op 'n bekentenis wat hy die dag na sy arrestasie aan landdros Koekemoer van Kimberley gemaak het. Dit

lui/

7.

lui soos volg:

"Die Saterdagaand het ek by my vriend se huis gesit, William Galane se huis. Ons het gesit en drink. Wat ons klaar gesit en drink het sê ek, ek gaan nou loop en die 3 meisiekinders halfpad vat. Na ek die 3 meisiekinders klaar gevat het kom ek weer terug, moet ek so terugkom kom daar 'n meisiekind van die winkels se kant af. William Galane het by hierdie hek gestaan en ek sê vir hom hier is 'n (fit) kind. Dit is 'n kind wat vet is. Hy sê vir my as sy by die hek kom moet ek haar aan die hand vang en by die huis in kom. Ons gaan saam met haar in die huis in na ek haar aan die hand geneem het. Toe sit William in die voorhuis en sê dat ek solank moet besig raak in die kamer. Ek gaan die kind op die bed op. Dit is toe die kind maal en draai-draai. Ek trek toe die kind se broek af. Ek sit toe die kind se broek in haar mond dat sy nie kon skreeu nie.

Toe/

8.

Toe gaan ek aan met die meisie in die kamer deur op haar te klim. Toe ek klaar is sê ek vir William ek is klaar toe kom hy in die kamer in en ek gaan uit in die voorhuis. Wat hy klaar is met die meisie sê hy ons moet die meisie onder die katel indruk. Toe ons haar onder die katel indruk sien ek net die meisie se bene skop-skop so. Die broek is nog in haar mond. Ek gaan staan toe in die kombuis by die kombuisdeur. Ek sien William maak so lank in die kamer toe gaan ek húis toe.
Die Sondagoggend vra ek vir William waar is die meisiekind. Hy sê toe die meisie is nog onder die katel. Ek sê die meisie moet huis toe gaan. Hy sê hy kon nie die mense is baie binnekant die jaart. Toe begin ons (dice) speel. Na ons dice gespeel het loop ek en los hom. Ek gaan slaap by die huis. Die Sondagmiddag staan ek weer op toe gaan stryk ek my broek by my vriend se huis. William se vrymeisie kom by my vriend se huis en sy huil en sê daar is 'n kinder onder hulle se bed wat oorlede

is/

9.

is. Die Sondagaand gaan ek werk

toe. Dit is al."
Eerste appellant het by die verhoor beswaar gemaak teen die toelaatbaarheid van hierdie bekentenis op grond daarvan dat dit nie vrywillig en ongedwonge gemaak sou gewees het nie. Die verhoorregter het toe in " 'n verhoor binne 'n verhoor" op hierdie kwessie ingegaan. Hy het uiteindelik tot die slotsom gekom dat die beswaar ongegrond is en dat die bekentenis derhalwe as getuienis teen eerste appellant toelaat-baar is.
Daar is namens eerste appellant be-toog dat die verhoorregter in hierdie opsig ge-fouteer het. Ek bepaal dus, eerstens, my aandag

by/
10. by hierdie vraag wat uiteraard vir eerste appellant van wesentlike belang is. Vanweë die bepalings van artikel 217(b)(ii) van die Strafproseswet was dit by die verhoor gemene saak dat die bewyslas op eerste appellant gerus het om volgens oorwig van waarskynlikheid aan te toon dat hy nie die bekentenis vrywillig en ongedwonge gemaak het nie. Eerste appellant het met die oog hierop getuienis afgelê en die hof vertel van die om-standighede wat tot sy bekentenis aanleiding gegee het. Hy het beweer dat die polisie by hom aange-dring het om die "waarheid" in verband met die onderhawige voorval te vertel; dat hy ongeneë

was/

11.

was om enige verklaring af te lê; dat die polisie
hom toe aangerand en gemartel het; en dat hy uiteindelik
tog 'n verklaring aan een van die polisie beamptes, Adjudant van Wyk, gemaak het wat hy toe die volgende dag voor die landdros herhaal het. Hy het egter te kenne gegee dat die bekentenis, wat sy inhoud betref, 'n volslae verdigsel is. Eerste appellant het nie enige verdere getuienis ter stawing van sy bewerings aan die hof voorgelê nie. Die Staat het daarna die polisiebeamptes na wie eerste appellant by name verwys het, geroep om op sy aantygings te antwoord. Ek ag dit nie nodig om in besonderhede op hul getuienis in te gaan nie en verwys slegs na die

strekking/
12. strekking daarvan. Die polisie het eerste appellant se aantygings dat hy aangerand of gemartel sou gewees het voor die voet ontken. Volgens hulle getuienis het hy die bekentenis uit eie beweging gemaak en was daar van dwang of onbehoorlike bein-vloeding geen sprake nie. Die polisie se getuienis is in hierdie opsig bevestig deur landdros Koekemoer, wat ook getuig het. Ek is besonder beindruk deur die moeite wat hy gedoen het om eerste appellant ten volle van sy regte te vergewis en om vas te stel of hy enigsins gedwing of op onbehoorlike wyse beinvloed was om die bekentenis te maak. Eerste appellant het hom egter verseker dat dit nie die

geval/

13.

geval was nie, soos uit die volgende passasie
van landdros Koekemoer se getuienis duidelik blyk:

"Ek het die verklaarder (d i eerste appellant) verder meegedeel dat hy aan my gesê het dat hy nie deur iemand aangerand, gedreig, aangemoedig, beïnvloed is en dat daar geen beloftes aan hom voorgehou is ten einde hom te oorreed'om 'n verklaring te maak nie, maar ek wil hom egter nogtans vra om my in sy vertroue te neem en as daar na sy oordeel enigiets onbehoorlik gebeur het wat hom beinvloed het om na my te kom om 'n verklaring te maak, hy dit nou aan my moet openbaar. Ek het onderneem om dit summier onder die aandag van 'n polisieoffisier te bring en om te versoek om enige bewerings van die verklaarder te laat ondersoek. Sy antwoord hierop is: 'Daar is niks nie, ek is tevrede.' "

Die verhoorregter het die getuienis van landdros

Koekemoer/
14 Koekemoer en die polisie aanvaar en eerste appellant

se aantygings as onwaar verwerp. Hy het hom as

" 'n volslae leuenaar" bestempel. Ek het die getuienis

in die lig van die betoog namens eerste appellant nou-
keurig nagegaan en daar is, na my oordeel, geen grond
waarop hierdie hof met die verhoorregter se gevolg-
trekking kan inmeng nie. Ek is tevrede dat eerste
appellant hom hoegenaamd nie van sy bewyslas gekwyt
het nie. Die verhoorhof was dus geregtig om die
bekentenis as getuienis teen hom in ag te neem.
Voordat ek van hierdie punt afstap, nog net 'n

enkele opmerking in verband met die prosedure
wat by "die verhoor binne die verhoor"

gevolg/
15 gevolg is. Dit blyk uit die oorkonde dat die advokaat wat destyds namens tweede appellant opgetree het, toegelaat is om aan die ondersoek na die toe-laatbaarheid vah. die bekentenis deel te neem. Hy het die getuies in verband met die bekentenis onder-vra en hy het selfs later aan die argument oor die toelaatbaarheid daarvan deelgeneem. Dit was heeltemal onreëlmatig. Die verhoorregter moes dit nooit toegelaat het nie want tweede appellant was
hoegenaamd nie betrokke by die dispuut aangaande

die toelaatbaarheid van die bekentenis nie. Dit is egter nie nodig om verder hierop in te gaan nie want eerste appellant was geensins deur hierdie

onreelmatigheid/
16. onreëlmatigheid benadeel nie en ek laat dit dus daar.

Soos reeds vermeld, is eerste appellant,

in hoofsaak, op grond van sy bekentenis veroordeel.
Eerste appellant se advokaat het, met verwysing na
artikel 209 van die Strafproséswet, betoog dat dit
'n fout was omdat die bekentenis, na bewering, nie

in enige wesentlike opsigte deur ander getuienis
bevestig is nie. Hierdie argument het werklik

niks om die lyf nie. Die bekentenis word in 'n

hele aantal wesentlike opsigte gestaaf deur die

getuienis van Betta Pos en van die distriksgenees-

heer. Eerste appellant se advokaat het toegegee

dat/
17. dat indien hierdie hof sou bevind dat die be-kentenis wel toelaatbaar is en dat dit in wesentlike opsigte bevestig word, die verhoorhof geregtig was om te bevind dat appellant aan ver-kragting skuldig is.
Wat die skuldigbevinding aan moord betref, het eerste appellant se advokaat betoog, dat daar nie bo redelike twyfel bewys is dat hy die opset gehad het om die oorledene te dood nie. Ek kan hierdie stelling nie, in die lig van die volgende feite, aanvaar nie. Eerste appellant het in sy bekentenis erken dat hy die broekie in die oorledene se mond geprop het en dat dit nog steeds

in/
18. in haar mond was toe sy onder die bed in Betta Pos se slaapkamer ingestoot is. Die distriks-geneesheer het gevind dat die broekie styf ingedruk was en dat dit haar tong teen die agterkant van haar keel vasgedruk het. Hy het ook gesê dat die oorledene, uiteraard, sou geprobeer het om die ob-struksie uit haar mond te verwyder. Ek het min twyfel dat sy gepoog het om dit te doen maar dat eerste appellant haar verhinder het. En, ten slotte, eerste appellant het met sy kruisondervraging erken dat dit gevaarlik is om 'n voorwerp soos 'n broekie in iemand se mond te prop omdat die persoon aan ver-smoring kan beswyk. Daar is egter namens hom aan-

gevoer/

19.

gevoer dat hy moontlik nie die betrokke aand besef het dat dit lewensgevaarlik was nie omdat hy onder die invloed van drank was. Dit is blote bespiegeling. Eerste appellant het wel die aand gedrink maar daar is geen getuienis dat dit hom enigsins nadelig aangetas het nie. As dit wel so was, kon hy dit by die ver-hoor gesê het. Soos reeds vermeld, het hy ten tyde van die verhoor enige betrokkenheid by die voorval ontken. Om op hierdie punt saam te vat. Daar kan, na my oordeel, slegs een afleiding gemaak word van voormelde feite, kumulatief beskou, en dit is dat eerste appellant terdee besef en voorsien het dat die oorledene aan versmoring kon beswyk as hy die.

broekie/
20. broekie in haar mond prop en dat hy, desondanks, tog daarmee voortgegaan het. Hy het dus, inderdaad,
die opset (in die vorm van dolus eventualis) gehad om
die oorledene te dood. Sy appèl teen die skuldig-
bevinding aan moord moet dus ook afgewys word.

Dit bring my by eerste appellant se
appel teen die doodvonnis op albei aanklagte. Wat
die doodvonnis op die moordklag betref, is daar namens
hom betoog dat die verhoorhof ten onregte bevind het
dat daar geen versagtende omstandighede is nie. Ek
wys weer eens daarop dat eerste appellant by die
verhoor ontken het dat hy hoegenaamd by die onderhawige

voorval betrokke was. Hy het ook nie na sy skuldig-

bevinding/
21. bevinding enige getuienis van versagtende omstandig-
hede aan die hof voorgelê nie. Sy advokaat het
egter na die volgénde faktore, as synde versagtende
omstandighede, verwys, naamlik: (a) dat eerste
appellant ten tyde van die moord ongeveer twintig-en-
'n-half jaar oud was; (b) dat hy nie direkte opset gehad
het om te dood nie, maar opset by moontlikheidsbewussyn

(dolus eventualis); en (c) dat hy kort voor die
gebeur'e dié aand sterk drank gebruik het. Die
verhoorhof het, na deeglike oorweging van elkeen
van hierdie faktore,tot die slotsom gekom dat hulle,
kumulatief geneem, eerste appellant se geestesvermoë

of gemoedstoestand nie dermate beïnvloed het dat

sy /

22.

sy daad as minder laakbaar beskou behoort te word nie. Aangaande die opsetvorm, was die hof van oordeel dat dit, in die onderhawige omstandighede, nie per se as 'n versagtende omstandigheid behoort te geld nie. En wat die gebruik van sterk drank betref, het die hof tereg bevind dat daar geen ge-tuienis is dat dit enige noemenswaardige invloed op hom gehad het nie. Die verhoorhof het by sy be-oordeling van die vraag of daar versagtende omstandig-hede is, geen mistasting begaan nie en daar is geen grond waarop hierdie hof met sy bevinding kan in-meng nie.

Ek kom vervolgens by eerste appellant

se/
23. se appèl teen die doodvonnis wat die verhoorregter, kragtens sy diskresie ingevolge artikel 227(1)(c) van die Strafproseswet, ten opsigte van die skuldigbevinding aan verkragting opgelê het. Die verhoorregter het in dié verband gesê:

"By verkragting is die doodvonnis 'n gepaste vonnis, maar deur 'n reeks

beslissings in die Appèlhof is dit reeds neergelê dat enige geval, maar veral dan ook by verkragtings waar die Hof 'n diskresie het, die Hof net in uiterste gevalle die doodvonnis sal opsê. Na my mening het ons hier te doen met 'n geval wat as 'n uiterste geval aangemerk kan word. Die be-skuldigdes is albei volwasse manspersone. Hulle het daardie aand langs 'n straat waar mense verbybeweeg en moet verby-beweeg 'n onskuldige kind wat na 'n

winkel toe gestuur is deur haar ouers,

voorgekeer en haar daar saam in 'n

kamer/

24.

kamer ingevat waar hulle albei haar verkrag het. Nie net dit nie, albei van hulle het saamgewerk terwyl die verkragting plaasgevind het. In die proses is sy weliswaar nie ernstig beseer nie, maar dit is nie die enigste oorweging nie. Sy was 'n
kind van nog nie eers 11 jaar oud nie wat kwalik veel weerstand teen die twee beskuldigdes kon bied. Die beskuldigdes het dit goed gedink om 'n broek in haar mond in te sit, nadat die deure gesluit is en hulle veilig binne die huis was. Die feit dat sy beswyk het, kan ek nie hier in ag neem nie, want dit is die wesenlike element by die moordklag, maar hierdie soort ding dat jong kindertjies wat on-skuldig is in die pad voorgekeer word, verkrag word, kan net nie geduld word nie en ek meen dat die tyd gekom het dat 'n mens so nou en dan weer 'n dood-vonnis vir verkragting ook moet oplê en ek dink dat hierdie 'n gepaste geval is om die doodvonnis vir die verkragting ook op te lê."

Daar/
25. Daar is betoog dat die verhoorregter gefouteer het

deur die onderhawige geval as 'n "uiterste geval" te
beskou en dat hy derhalwe nie die doodvonnis moes
opgelê het nie. In die saak Staat v Thsomi en 'n Ander
1983(3) S A 662(a) op 666 F-G het die Hoofregter ten op-
sigte van 'n soortgelyke betoog daarop gewys dat die frase

"uiterste geval" nie letterlik opgeneem kan word nie en dat

"dit die funksie van die verhoorregter is om te beslis of die geval voor hom as 'n uiterste geval beskou moet word of nie en dat hierdie Hof nie -sonder meer sy mening oor die aangeleentheid vir dié van die Verhoorregter kan substitueer

nie Die stelling dat die doodstraf

net in uiterste gevalle opgelê kan word, hou

dus, in 'n geval soos die onderhawige, niks

meer in nie as dat 'n Verhoorregter nie die

doodstraf moet oplê nie tensy hy van oordeel

is dat die misdaad van so 'n ernstige aard

is dat die doodstraf die gepaste straf sal wees."

Die onderhawige geval was vanweë die omstandighede waarna

die/ ......
26. die verhoorregter in bogemelde passasie verwys beslis 'n besondere ernstige geval van verkragting. In die lig van daardie feite is ek nie oortuig dat die verhoorregter sy diskresie verkeerd uitgeoefen het en dat hierdie hof met die vonnis kan inmeng nie. Eerste appellant se appèl teen die doodvonnis op hierdie aanklag word dus ook afgewys.
Ek kom, ten slotte, by die tweede appellant se appel. Ek bepaal my, eerstens, by sy appèl teen die skuldigbevinding en die vonnis op die moordklag. Daar is geen direkte getuienis wat tweede appellant met die moord op die oor-ledene verbind nie. Die staatsaak is op om-

standigheids/

27.

standigheidsgetuienis gegrond. Die belangrikste
omstandigheid is die feit dat tweede appellant, in
'n verklaring voor landdros Booysen van Kimberley op
25 Augustus 1982, en later ook in sy getuienis by
die verhoor, erken het dat hy die oorledene die be-
trokke aand verkrag het. Hy het egter ontken dat
hy enigiets met haar dood te doen gehad het.
Eerste appellant was in baie opsigte 'n onbevredigende
getuie. Sy getuienis is in sekere opsigte teen-

strydig met sy verklaring; hy het homself by die
verhoor ook dikwels weerspreek; en hy het ook
klaarblyklik nie áltyd die waarheid gepraat nie.

Sy weergawe van gebeure die betrokke aand kan,

nietemin/
28. nietemin, in breë trekke soos volg saamgevat word: Eerste appellant en drie meisies het die betrokke aand by sy huis aangekom. Eerste appellant het 'n kannetjie wyn by hom gehad wat hulle toe daar uitgedrink het. Later die aand, nadat eerste appellant en die meisies vertrek het, het hy (tweede appellant) en Betta Pos langsaan by hulle bure gaan televisie kyk. Hy het na 'n rukkie na sy huis teruggegaan, om een of ander iets daar te gaan doen, en hy het eerste appellant en die oorledene toe langs die huis aan-getref. Eerste appellant het die oorledene aan haar nek beetgehad. Hy het te kenne gegee dat hy

'n plek soek om met haar gemeenskap te hê. Tweede

appellant/
29. appellant het gesê dat hy sy huis hiervoor 'kon ge-bruik maar dat hy dan eerste met die oorledene ge-meenskap wóu hê. So gesê, so gedaan. Hulle is in die huis in. Tweede appellant het die voor-en agterdeur gesluit sodat sy huismense nie onverwags op hulle kon afkom nie. Daarna het eerste appellant die oorledene gedwing om op die kombuisvloer op haar rug te lê, en terwyl hy toe haar keel toedruk, sodat sy nie kon skree nie, het tweede appellant haar broekie afgetrek en haar verkrag.

Hy is onmiddellik daarna weer na die bure waar Betta Pos nog steeds besig was om televisie te kyk. Hy besluit toe om weer terug te gaan huis-

toe/

30.

toe en toe hy daar kom, kom eerste appellant net
by die deur uit. Op sy vraag waar die oorledene is,
het eerste appellant gesê dat sy reeds weg is. Tweede
appellant het toe weer na die bure gegaan en daar ge-
bly totdat hy en Betta pos later saam teruggekom en
gaan slaap het. Die volgende middag, terwyl hy by
die voetbalveld was, het hy 'n boodskap gekry om
dadelik huis toe te kom. Toe hy daar kom is die

oorledene se lyk onder 'n bed in een van die

slaapkamers aan hom uitgewys. Tweede appellant

het verder gesê dat die oorledene se broekie nie die

aand in sy teenwoordigheid in haar mond geprop is

nie, en dat hy ook nie weet hoe dit gebeur het dat

haar lyk onder die bed in die slaapkamer beland

het/

31.

het nie.
Hoewel tweede appellant, soos ek reeds gesê het, nie as 'n geloofwaardige getuie beskou kan word nie, kan dit, na my oordeel, nogtans nie gesê word dat sy relaas nie redelik, moontlik waar is nie. Dit word veral in een opsig deur Betta Pos bevestig, naamlik, dat sy en tweede appellant dié aand saam
by die huis van hulle bure televisie gekyk het, dat

hy in een stadium gedurende die aand, daar weg is om iets by die huis te gaan doen, en dat hy na 'n kort rukkie weer teruggekom het. Dit is heeltemal te rym met tweede appellant se bewering dat hy by eerste appellant daarop aangedring het om eerste

met/
32. met oorledene gemeenskap te hê en dat hy dadelik daarna weer terug is na die bure. Tweede appellant se ontkenning dat hy by was toe die broekie in die oorledene se mond geprop was, strook ook heeltemal met sy beskrywing van die gebeure. Toe hý met die oorledene gemeenskap gehad het, sou dit nie nodig gewees het om iets in haar mond te prop nie want eerste appellant het hom, na bewering, bygestaan en haar keel toegedruk sodat sy nie kon skree nie. Dit sou moontlik ook verklaar waarom eerste appellant dit nodig gevind het om die broekie in die oorledene se mond te prop toe hý met haar gemeenskap gehad het. Volgens tweede appellant se relaas was hy toe reeds op pad

terug/
33. terug na die bure en was daar dus niemand om eerste appellant te help om die oorledene se keel toe te druk nie.
Die Staat het, na my oordeel, nie bo redelike twyfel bewys dat die broekie in die oor-ledene se mond geprop is met die medewete en goed-keuring van tweede appellant nie. Die bewese feite sluit nie die redelike afleiding uit nie dat dit gebeur het nadat hy die oorledene verkrag het en dat hy nie daarvan geweet het of iets daarmee te doen gehad het nie. Dit volg, derhalwe, dat daar nie afdoende bewys van tweede appellant se beweerde aandadigheid aan die moord op die oorledene is nie.

Sy/

34.

Sy appèl teen die skuldigbevinding en vonnis op hierdie klagte moet dus slaag.
Wat die appèl teen die doodvonnis op die aanklag van verkragting betref, verskil tweede appellant se posïsie nie wesentlik van dié van eerste appellant nie. Tweede appellant se appèl word om dieselfde redes afgewys.

Om saam te vat:

(a)Eerste appellant se appèl teen sy skuldig-bevinding en vonnis op beide aanklagte word afgewys.
(b)Tweede appellant se appèl teen sy skuldig-bevïnding en vonnis op die aanklag van moord slaag

maar/

35. maar sy appèl teen die vonnis op die aanklag van verkragting word afgewys.

TRENGOVE, AR

CILLIé AR )
) STEM SAAM VAN HEERDEN AR)