South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1984 >>
[1984] ZASCA 5
| Noteup
| LawCite
S v Majiedt and Another (238/83) [1984] ZASCA 5 (2 March 1984)
Download original files |
SAAK NO. 23
/CCC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
ANDRIES MAJIEDT EERSTE APPELLANT
JAN MALETTA TWEEDE APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
Coram: Trengove, Nicholas
ARR et Grosskopf Wnde AR
Verhoor: 15 Februarie
1984
Gelewer: 2 Maart 1984
UITSPRAAK
2. TRENGOVE, AR:
Die appellante is op 25 November 1982, in die
rondgaande hof te Victoria-wes, deur regter Basson en twee assessore skuldig
bevind
aan moord sonder versagtende omstandighede en ter dood veroordeel. Hulle
is terselfdertyd ook aan verkragting skuldig bevind. Eerste
appellant is ook wat
hierdie aanklag betref ter dood veroordeel, terwyl tweede appellant tot vyftien
jaar gevangenisstraf gevonnis
is. Die twee aanklagte spruit uit dieselfde
voorval. Die verhoorhof het bevind dat die appellante gedurende die aand van
Saterdag,
1 Mei 1982, te Carnarvon, 'n Kleurlingvrou, ene Engela van Wyk (die
oorledene),
verkrag/
3. verkrag en vermoor het. Eerste appellant kom tans met verlof
van hierdie hof - verleen kragtens die bepalings van artikel 316(8)(c)(ii)
van
die Strafproseswet, 1977 -in hoër beroep: eerstens, wat die moordklag
betref, teen die bevinding dat daar geen versagtende
omstandig-hede was nie, en
teen die doodvonnis; en, tweedens, wat die verkragting betref, slegs teen die
oplegging van die doodvonnis.
Tweede appellant kom insgelyks, wat die moordklag
betref, in hoër beroep teen die bevinding dat daar ook in sý geval
geen versagtende omstandighede was nie, en teen die doodvonnis.
Die
agtergrond van die aanklagte teen die appellante, en die gebeurde wat daartoe
aanleiding
gegee/
4. gegee het, is volgens die onbetwiste getuienis kortom soos
volg. Teen ongeveer 7 nm, die betrokke Saterdag-aand, is eerste appellant
en
twee van sy maats, Willem Matroos en Alec Hoorn, na die polisiestasie op
Carnarvon. Eerste appellant wou daar 'n verklaring gaan
aflê in ver-band
met die omstandighede waarin hy iemand se venster-ruit stukkend gegooi het. Die
polisie wou egter nie 'n verklaring
van hom neem nie omdat hy nie heeltemal
nugter voorgekom het nie. Eerste appellant en sy twee maats is toe daarvandaan
na die kroeg
by die Carnarvon Hotel. Nadat hulle saam 'n bottel soetwyn daar
uitgedrink het, het hulle besluit om na 'n dans by 'n skool in die
kleurlingwoongebied te gaan. Op pad daarheen het
hulle,/
5. hulle, heel toevallig, die oorledene teëgekom. Sy het
hulle om 'n sigaret gevra en eerste appellant, wat haar blykbaar geken
het, het
toe 'n gesprek met haar aangeknoop. Op daardie stadium het tweede appellant, wat
blykbaar ook na die dans op pad was, daar
aangekom. willem Matroos en Alec Hoorn
het toe verder aangestap na die dans terwyl die appellante en die oorledene daar
agtergebly
het. Die appellante en die oorledene het daarna met 'n voetpaadjie in
die rigting van 'n droë rivierloop gestap. Die voetpaadjie
gaan blykbaar
deur die rivierloop na die kleurlingwoongebied wat aan die oorkant daarvan
geleë is. Dit blyk nie duidelik uit
die getuienis
waarom/
6. waarom die oorledene die appellante vergesel het nie. In die
lig van die latere gebeure is dit egter hoogs onwaarskynlik dat sy
heeltemal uit
eie vrye wil met hulle saamgegaan het. Tweede appellant het by die verhoor te
kenne gegee dat eerste appellant die
oorledene agter aan die nek gevat het en
haar feitlik gedwing het om saam met hulle te gaan, maar eerste appellaht het
dit heftig
ontken.
Hoe dit ook al sy, toe hulle by die rivierloop kom, het
eerste appellant die oorledene op die rivierbedding, so 'n entjie van die
voetpaadjie af, neergegooi en haar daar en dan verkrag. En terwyl hy besig was
om met die oorledene gemeenskap te hê,
het/
7. het tweede appellant, vlak by hulle, 'n langwerpige gat, met sy
kaal hande, in die riviersand begin uitgrawe. Nadat eerste appellant
met die
oorledene klaar was, het tweede appellant haar, op sý beurt, verkrag. Op
daardie stadium het vier opgeskote skoolseuns,
John Pekula, Frederick van
Jaarsveld, Joseph Maans en Jan Nuwegeld, van die dorp se kant met die
voetpaadjie aangestap gekom. Hulle
was op pad na die kleurlingwoongebied. Twee
van die seuns, John Pekula en Frederick van Jaarsveld, het namens die Staat
getuig oor
wat gebeur het toe hulle by die rivierbedding kom.
Hulle/
8.
Hulle het skielik 'n vrouestem gehoor. John Pekula
het gesê dat dit geklink het soos 'n vrou wat huil.
Volgens Frederick van Jaarsveld het hy die vrou
hoor pleit dat "Kaffertjie" haar nie moet doodmaak
nie. (By die verhoor het dit geblyk dat "Kaffertjie"
eerste appellant se
bynaam is.) Terwyl die vier
seuns nog talm en wonder wat aan die gang is, het
eerste appellant hulle
tegemoet gekom. Hy sê
toe dat hy hulle ken en dat hulle saam met hom
moet
kom. Uit nuuskierigheid, stap hulle toe saam met
hom in die rigting
waar die vrouestem vandaan gekom
het. So 'n entjie van die voetpad, kom hulle
toe
op tweede appellant af waar hy nog besig was om
met/
9. met die oorledene gemeenskap te hê. Sy het haar probeer
verset maar dit was tevergeefs. Nadat tweede appellant met haar klaar
was, het
eerste appellant 'n mes uit sy sak gehaal en die vier seuns beveel om een na die
ander met die oorledene ge-meenskap te
hê. Omdat eerste appellant hulle
met die oop mes gedreig het, het hulle dit om die beurt gedoen. Sodra die een
seun klaar was,
het die appellante die oorledene vasgehou sodat die volgende een
met haar gemeenskap kon hê. Terwyl die seuns hiermee besig
was, het die
appellante die oorledene by herhaling teen haar lyf en kop geskop. Sy het
aanhoudend gepleit dat "Kaffertjie" haar nie
moet
doodmaak/
10. doodmaak nie en hulle gesmeek om haar te los. Die
appellante het hulle egter nie hieraan gesteur nie. Die twee staatsgetuies het
ook gedurende hierdie tyd gesien dat tweede appellant aan 'n lang-werpige gat in
die sand grawe. Nadat elkeen van die seuns met die
oorledene gemeenskap gehad
het, het eerste appellant die mes langs haar in die sand gesteek, en vir 'n
tweede keer met haar gemeenskap
gehad. Terwyl hy daarmee besig was, het die
seuns die geleentheid gebruik om hulle self uit die voete te maak. Kort hierna
is die
oorledene vermoor. Dit blyk nie uit die getuienis namens die Staat hoe sy
om die lewe gebring is nie. Die verhoorhof
het/
11.
het die appellante se weergawes as onwaar verwerp
en daar is nie voor ons betoog dat die hof in
hierdie opsig gefouteer het nie. Soos ek weldra
sal aantoon, kon die distriksgeneesheer selfs nie
vasstel wat die eintlike oorsaak van die oorledene
se dood was nie. Dit staan egter vas dat nadat
die oorledene gedood is,
het die appellante haar lyk
in die gat wat tweede appellant uitgegrawe het, neergelê
en dit met
die riviersand toegegooi. Die gat was be-
treklik vlak en dit is moontlik dat
die lyk nie vol-
kome met sand bedek was nie. Vyf dae later, om
8:30 vm op
Donderdag, 6 Mei 1982, het Sersant
Maritz, na ontvangs van 'n rapport, die
oorledene
se/
12. se lyk in die rivierbedding gevind. Die kop en 'n ge-deelte van
die bolyf het bo die sand uitgesteek maar die res van die liggaam
was nog onder
die sand begrawe. Dit was 'n grusame gesig. Die kopvel, van die middel van die
kop af vorentoe, en hele gesig en die
nek-strukture was weggevreet, vermoedelik
deur honde.
Dr van der Merwe, die distriksgeneesheer van Carnarvon, het nog
dieselfde oggend 'n na-doodse ondersoek op die lyk uitgevoer. Hy het
getuig dat
die lyk reeds in 'n toestand van ontbinding was. Wat die algemene voorkoms van
die lyk betref, het hy Sersant Maritz se
waarnemings bevestig. Hy het gevind dat
die voorste gedeelte van die kopvel
(d.i. van/
13. (d.i. van ongeveer die middel van die kop af vorentoe),
die hele gesig, die nekstrukture en die longe totaal vernietig was. Dit
was
vermoedelik deur honde weggevreet. Daar was kneusings en skaaf-wonde aan die
bene maar dié was nie ernstig nie. Daar was
ook redelik uitgebreide
kneusings aan die agterkant van die buikholte wat te rym was met veel-vuldige
verkragtings, maar ook hierdie
kneusings sou nie die oorledene se lewe in gevaar
gestel het nie. Hy het geen skedelfraktuur of enige brein-beserings gevind nie.
Daar was ook geen frak-tuur van die nekwerwels nie. Daar was verder ook nie
enige tekens van beserings wat met 'n skerp voorwerp
veroorsaak kon gewees het
nie.
Vanweë/
14.
Vanweë die toestand van die lyk, was Dr van der Merwe
egter glad nie in staat om die oorsaak van oorledene se dood te bepaal
nie.
Teen hierdie agtergrond kom ek vervolgens by die argumente namens die
appellante. Ek bepaal my eers by die appelle in verband met
die moordklag. Dit
was gemene saak in hierdie hof dat die appellante tereg aan moord op die
oorledene skuldig bevind is. Daar is
egter namens albei appellante betoog dat
die verhoorhof ten onregte tot die slotsom gekom het dat daar geen
versagtende/
15. versagtende omstandighede was nie. Alhoewel daar 'n groot mate van oorvleueling in die argumente namens die appellante was, sal ek geriefshalwe die twee appelle afsonderlik van mekaar oorweeg. Ek bepaal my eerstens by die appèl van die eerste appellant. Daar is namens hom betoog dat die ver-hoorhof met betrekking tot die bevinding dat daar geen versagtende omstandighede was nie in twee opsigte gefouteer het, naamlik, ten opsigte van (a) die vorm van opset wat eerste appellant gehad het en (b) die mate waarin sy geestesvermoë of gemoedstoestand deur die inname van sterk drank beïnvloed was. Na my oordeel steek daar werklik
niks/
16. niks in hierdie argument nie. Na sy skuldigbevinding aan moord
het eerste appellant verkies om nie enige verdere getuienis in
verband met
versagtende omstandighede aan die hof voor te lê nie. Hy het hom berus by
die getuienis wat reeds voor die hof
was. Hy het ge-durende die eerste fase van
die verhoor erken dat die oorledene in sy teenwoordigheid om die lewe gebring is
en dat
hy daarna haar liggaam in die rivierbedding begrawe het, maar hy het
ontken dat hy haar verkrag het of dat hy hoegenaamd aan haar
dood aandadig was.
Dit word tans toegegee dat hierdie ontkenning klaarblyklik onwaar is.
Om terug te kom by die argument
namens/
17. namens eerste appellant. Wat die opsetvorm betref, is daar betoog dat
die verhoorhof se bevinding dat eerste appellant direkte
opset gehad het om te
dood, in plaas van opset by moontlikheidsbewussyn (dolus eventualis), nie
voldoende deur die feite gestaaf word nie. Hierdie betoog was in hoofsaak
gebaseer op die feit dat die distriksgeneesheer nie
die oorsaak van die
oorledene se dood kon bepaal nie en ook geen ernstige letsels of beserings aan
haar liggaam gevind het nie. Ek
kan hierdie argument, met die oog op die
volgende feite, nie aanvaar nie. Dit is gemene saak dat eerste appellant aan die
moord
op/
18. op die oorledene aandadig was. Alhoewel hy ten volle bewus was
van die omstandighede waarin sy om die lewe gebring is, het hy
geen aanvaarbare
verduideliking gegee van hoe dit gebeur het nie. Trouens, sy relaas van die
omstandighede van die oorledene se dood
is ontbloot van alle waarheid. Dit is
ook gemene saak dat eerste en tweede appellant die oorledene se liggaam begrawe
het in die
gat waaraan tweede appellant, reeds voor die moord, begin grawe het.
Van hierdie feite, beskou in die lig van die gesamentlike optrede
van die
appellante die betrokke aand, kan daar na my oordeel slegs een afleiding gemaak
word, naamlik,
dat/
19. dat eerste appellant vooraf besluit het om die oorledene te dood. Dit was
dus ongetwyfeld 'n geval van oogmerkopset (dolus directus).
Ek kom
vervolgens by die betoog dat die verhoorhof nie voldoende ag geslaan het op die
uitwerking wat die inname van sterk drank op
eerste appellant sou gehad het nie
en ten onregte bevind het dat hy nie dermate onder die invloed van sterk drank
was dat dit ter
versagting kon dien nie. Hieroor hoef ek nie veel te sê
nie. Ek het die getuienis wat op hierdie faset van die saak betrekking
het
sorgvuldig nagegaan en ek stem saam met die verhoorhof dat eerste appellant sy
inname
van/
20.
van sterk drank "heeltemal te veel aangedik het". Eerste appellant se twee maats, Willem Matroos en Alec Hoorn, wat, soos reeds vermeld, hom die aand na die polisiestasie vergesel het, het getuig dat hoewel hy drank ingehad het, 'n bietjie meer spraaksaam as gewoonlik was en effens sleeptong gepraat het, was hy nie andersins sigbaar deur die drank aangetas nie. Die twee seuns, John Pekula en Frederick van Jaarsveld, het getuig dat hoewel eerste appellant na sterk drank geruik het, hulle nie gemerk het dat hy onder die invloed van drank was nie. Eerste appellant self het te kenne gegee dat hy die gebeurde die Saterdagaand goed kon onthou
en/
21. en dat hy deurgaans besef het wat hy doen. In die lig van
hierdie getuienis, en met die oog op eerste appellant se optrede die
aand, kan
ek geen fout vind met die verhoorhof se gevolgtrekking dat eerste appellant se
drankinname nie as 'n versagtende omstandigheid
behoort te geld nie. Sy
appèl in verband met die moordklag kan derhalwe nie slaag nie.
Ek kom
nou by die appël van tweede appellant. Soos reeds vermeld, het dit slegs op
die moordklag betrekking. Daar is aangevoer
dat die verhoorhof in sy geval moes
bevind het dat die volgende versagtende omstandighede aanwesig was,
naamlik:/
22.
naamlik: (a) die afwesigheid van direkte opset om te dood; (b) beïnvloeding deur sterk drank en dagga; en (c) beinvloeding deur eerste appellant. Na sy skuldigbevinding aan moord, het tweede appellant, net soos eerste appellant, verkies om nie enige verdere getuienis in verband met versagtende om-standighede aan die hof voor te lê nie. Sy appèl moet dus ook beslis word in die lig van die getuienis wat reeds op daardie stadium voor die hof was. Wat die eerste punt betref, verskil tweede appellant se posisie, na my oordeel, nie wesentlik van eerste appellant s'n nie. Dit is gemene saak dat tweede appellant ook aandadig was van die moord op die
oorledene/
23.
oorledene. Daar is namens hom betoog dat terwyl eerste appellant se weergawe van hoe die oorledene dood is klaarblyklik 'n versinsel is, sy weergawe, naamlik dat die oorledene deur eerste appellant verwurg is, nie uitgesluit kan word nie. Ek kan nie hierdie argument, sonder meer, aanvaar nie. Hoewel dit miskien nie onwaarskynlik is nie dat eerste appellant die oorledene verwurg het, het tweede appellant, wat sy eie betrokkenheid by die moord betref, beslis die waarheid verswyg. Volgens sy weergawe was hy slegs aan verkragting skuldig, en nie aan moord nie. Dit blyk egter duidelik uit die feite hierbo uiteengesit, en selfs uit
tweede/
24. tweede appellant se eie relaas, dat hy en eerste appellant
deurgaans gedurende die betrokke aand gesamentlik opgetree het. Hulle
het albei
die oorledene verkrag; toe eerste appellant die jong seuns dwing om met die
oorledene gemeenskap te hê, het tweede
appellant haar telkens vasgehou
sodat hulle dit kon doen; terwyl die seuns, een na die ander, die oorledene
verkrag het, het albei
appellante haar teen die lyf en kop geskop; en nadat sy
vermoor is, het hulle haar liggaam neer-gelê in die gat wat tweede
appellant reeds voor die moord gegrawe het. Tweede appellant kon geen
aanvaarbare verduideliking gee waarom hy reeds
vooraf/
25.
vooraf die gat gegrawe het nie. Ook in sý geval kan daar, na my oordeel, maar net een af-leiding van die bewese feite gemaak word, naamlik, dat hy en eerste appellant vooraf besluit het om die oorledene om die lewe te bring. Wat die invloed van sterk drank en dagga betref, stem ek ook in dié geval saam met die verhoorhof se be-vinding dat eerste appellant sy inname van sterk drank heeltemal oordryf het. Tweede appellant het beweer dat hy die Saterdagaand "sommer lekker dronk" was. Hy het egter erken dat hy alles wat die aand gebeur het baie goed kon onthou. Die vier staatsgetuies het gesê dat hoewel tweede appellant
na/
26.
na drank geruik het, hulle nie agtergekom dat dit enige noemenswaardige uitwerking op hom gehad het nie. En wat die dagga betref, is daar geen ge-tuienis dat dit enige uitwerking hoegenaamd op tweede appellant se geestesvermoë of gemoedstoestand gehad het nie. In die omstandighede, kan ek geen fout vind met die verhoorhof se bevinding dat tweede appellant se inname van sterk drank en sy gebruik van dagga nie as versagtende omstandighede behoort te geld nie. Dan was daar nog die argument dat tweede appellant deur eerste appellant beinvloed was. Daar steek hoegenaamd niks in hierdie argument nie. Tweede appellant het nie beweer dat eerste
appellant/
27. appellant hom teen sy sin beinvloed het nie en daar is geen ander
getuienis dat dit wel gebeur het nie. Die hele strekking van
tweede appellant se
getuienis is dat hy deurentyd uit eie vrye wil opgetree het. Sy appèl kan
dus ook nie slaag nie.
Ek kom, ten slotte, by eerste appellant se
appèl teen die doodvonnis wat die verhoorregter, kragtens die diskresie
aan hom
verleen deur artikel 227(1)(c) van die Strafproseswet, 1977, ten opsigte
van sy skuldigbevinding aan verkragting opgelê het.
Die strekking van die
betoog, soos ek dit verstaan, was dat die verhoorregter nie die onderhawige
geval as "'n uiterste geval" van
verkragting moes beskou
het/
28.
het nie en dat hy derhalwe nie die doodvonnis moes opgelê het nie. In Staat vs Thsomi en 'n Ander 1983 (3) 662(A) op 666 F-G het die Hoofregter ten opsigte van 'n soortgelyke betoog daarop gewys dat die frase "uiterste geval" nie letterlik opgeneem kan word nie en dat "dit die funksie van die Ver-hoorregter is om te beslis of die geval voor hom as 'n uiterste geval beskou moet word of nie en dat hierdie Hof nie sonder meer sy mening oor die aangeleentheid vir dié van die Verhoorregter kan substitueer nie." Die onderhawige geval was beslis 'n besondere ernstige geval van verkragting. Eerste appellant is 'n volwasse persoon; hy het vier vorige
veroordelings/
29. veroordelings vir aanranding met die opset om ernstig
te beseer en een vir gewone aanranding; hy het die oorledene twee keer,
kort na
mekaar, verkrag; hy het bygestaan terwyl tweede appellant haar verkrag het; hy
het ook die vier jong seuns gedwing om die
oorledene te verkrag; en terwyl hulle
daarmee besig was, het hy en tweede appellant haar geskop. In die lig van
hierdie feite kan
dit, na my oordeel, nie gesê word dat die verhoorregter
nie geregtig was om die onderhawige geval as 'n sogenaamde uiterste
geval te
beskou nie. Die appèl teen die dood-vonnis op hierdie aanklag moet dus
afgewys word.
Om saam te vat:
(a) Eerste/
30.
(a) Eerste appellant se appèl teen die dood-vonnis op die moordklag en die doodvonnis op aanklag van verkragting word afgewys; (b) Tweede appellant se appèl teen die doodvonnis op die moordklag word afgewys.
TRENGOVE, AR
NICHOLAS AR )
) Stem saam GROSSKOPF WNDE AR)