South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 43

| Noteup | LawCite

S v Visser (284/83) [1984] ZASCA 43 (9 April 1984)

Download original files

PDF format

RTF format


WILFRED LEON VISSER - en -DIE STAAT JANSEN AR.

Saak Nr 284/83. MC

Saak Nr 284/83 MC

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen

WILFRED LEON VISSER Appellant

- en -

DIE STAAT Respondent

Coram: JANSEN, MILLER et NICHOLAS ARR.

Verhoor: 16 Februarie 1984.

Gelewer: 9 April 1984.

UITSPRAAK

2. JANSEN AR:-
Die appellant is in die Oos-Kaapse Afdeling van twee gevalle van poging tot verydeling van die regspleging (met sekere alternatiewe) aangekla. Hy het t.o.v. die eerste aanklagte onskuldig gepleit maar skuldig t.o.v. die tweede aanklagte. Hy is egter op albei aanklagtes skuldig bevind en hy is twee samelopende vonnisse van 3 jaar en 5 jaar onderskeidelik opgelê. Van lg. is egter twee jaar vir 5 jaar opgeskort op voorwaarde dat hy nie binne daardie termyn aan 'n misdaad van oneerlik= heid skuldig bevind word en tot gevangenisstraf

sonder / ......

3. sonder die opsie van 'n boete gevonnis word nie. Met verlof van die verhoorhof kom hy teen die skuldigbevinding op die eerste aanklagte en ook die vonnisse in hoër beroep.
Ten tyde van die verhoor was die appellant 42 jaar oud. Hy het van kindsbeen die ideaal gehad om landdros te word en op 18 jarige leeftyd het hy by die landdrosafdeling van die Departement van Justisie aangesluit. Hy het aanvanklik as aanklaer opgetree maar het ook na 1962 op 22-jarige ouderdom ondervinding op die regbank opgedoen en vanaf 1965 het hy voltyds as landdros gedien. As sodanig het hy op verskeie plekke in die

Republiek/

4.

Republiek diens gedoen. In 1976 is hy verplaas na Kirkwood en hy het hom daar met sy vrou en twee kinders (n seun en dogter, ten tyde van die verhoor onderskeidelik 14 en 15 jaar oud) gevestig. In 1980 het hy die geleentheid gehad om hom te laat toets vir bevordering tot streeklanddros maar hy het dit nie benut nie. Die volgende jaar het hy hom wel aan die toets ónderwerp. Hy het nie geslaag nie, maar is "hertoetsbaar" bevind. In 1982, toe hy reeds bykans 25 jaar by die land= drosafdeling werksaam was, het hy weer probeer. In Februarie het hy 'n teoretiese kursus geloop en

vanaf /

5.

vanaf 1 Maart tot 31 Julie het hy as tydelik streeklanddros op proef in die Streekhof op Port Elizabeth gedien. Die aanklagtes teen die appellant vloei voort uit twee van die sake wat deur hom in dié tyd verhoor is en waarin hy skuldigbevindings uitgebring het, nl. staat v Sanile Sifuba en Staat v Peti Nomarwayi en twee ander. Eg. is op 7 Mei 1982 afgehandel en lg. op Vrydag 9 Julie 1982. In beide gevalle het die appellant 'n ex tempore uitspraak gelewer, is mettertyd appèl aangeteken en het die dame belas met die administratiewe hantering van appelle, mev.

Dickson /

6.

Dickson (die klerk van die Streekhof), die vyf eksemplare van die betrokke notule wat sy van Lubbe Opnames (Eiendoms) Beperk verkry het, aan die appellant besorg met die oog op die verskaffing van verdere redes deur die appellant. Die appellant het elk van die twee stelle notules in sekere opsigte gewysig en hulle in die gewysigde vorm aan mev. Dickson laat toekom. Volgens haar normale prosedure het mev. Dickson daarna uit elk van die (gewysigde) stelle 3 eksemplare aan die Griffier van die Hooggeregshof en 1 aan die Prokureur-generaal gestuur en self een behou. Die wese

van die /

7.

van die Staat se saak teen die appellant is dat hy met die wysiging en die besorging van die eksemplare aan mev. Dickson in beide gevalle onregmatiglik "gepoog het om die behoorlike beregting van die genoemde [strafsake] op appèl te beinvloed". Die appellant het nooit ontken dat hy wel wysigings aangebring het nie. Sy pleit van onskuldig t.o.v. die eerste aanklag het op ander gronde berus. Trouens, voor skul.dig= bevinding het hy self geen getuienis afgelê nie en geen ander getuienis oor die meriete is ten behoewe van hom op daardie stadium voorgelê nie.

Die /
8. Die eerste aanklagte (t.o.v. Sifuba se saak) het betrekking op 'n enkele wysiging wat die appellant in die betrokke eksemplare aangebring het. Die oorspronklike bl. 47 het soos volg gelui :-

"You don't ask me questions.

COURT: How were they fighting?
With fists, hitting each other.
MR KAPLAN: Are you sure of that? Yes.

Alright, they were hitting each other

with fists and then, what happened?
It was then that I intervened and I said, 'You are old enough, you cannot do such a thing.'
And then the accused said that you are
always intervening? Yes.

Now do you always intervene?

But it is not a very good thing witnessing old people fighting.

COURT /

9.

COURT: Yes, but just yes or no.

Just yes or no? If a person is known

to me I do it.

MR KAPLAN: Now have you often intervened
between the complainant and the accused?
No.

How many times have you intervened between

them? Did I not say that it was the

first time that I saw him. I saw him for the first time.
COURT: Ag no, man, you must stop with that attitude of yours. You are here to answer questions and if I get another answer of yours like, I am going to punish you for contempt of Court. Do you understand me? We are not here all day to listen to your

nonsense! Repeat the question.
MR KAPLAN: You often intervened between
the accused and the complainant? No.

Now was there an argument between the complainant, the accused and the complainant

inside the house? They did nothing in
the house, because everything was outside.
Did you hear the accused come into the house and say to the complainant that she
must come with him? That I heard outside.
You heard that outside? Yes, that was
then that the complainant "

Die /

10. Die appellant het die onderstreepte gedeelte met die volgende vervang :-

"COURT: You must stop this aggressive attitude of yours, towards the attorney. He is an officer of the Court and his questions are aimed at establishing the

truth. Do you understand! Repeat

the guestion please."

Die getuie aan die woord is ene Tembane, wat deur die beskuldigde, Sifube, se prokureur aan kruis= ondervraging onderwerp word. Tembane is deur die appellant in sy ex tempore uitspraak bestempel as "by uitstek die beste getuie in hierdie saak

(hy) het nie alleen met die uiterste

selfvertroue/....

11.

selfvertroue getuig nie, maar was ook onwrikbaar tydens kruisondervraging". Dit is duidelik volgens die uitspraak dat die getuie se "voorkoms en houding" by dié beoordeling 'n rol gespeel het.
As deel van sy saak het die Staat o.a. 'n skriftelike verduideliking van die wysiging op 25 November 1982 deur die appellant aan die Streek= hofpresident gemaak, laat inhandig. Dit lui soos volg :-

"Met spyt moet ek toegee dat ek wel die paragraaf op bladsy 47 van die oorkonde gewysig het. Die rede hiervoor is tweeledig van aard.

Eerstens was ek self geskok toe

ek /

12.

ek die oorkonde deurlees en besef dat dit 'n uiters ongevraagde en onbe= taamlike uitlating was wat ek nou na heldere oordenke betreur en tweedens dat ek inderwaarheid skaam was dat só 'n uitlating op die oorkonde moes verskyn. Ek kan slegs my kop in skaamte laat hang en dit betreur.
Laastens wil ek, vir wat dit werd mag wees, verduidelik waarom die uitlating gemaak was. Soos u sal merk, het die prokureur 'n vraag gestel en voordat die getuie 'n antwoord verstrek het, het die gewraakte uitlating na vore gekom. Ek is, tot my spyt, daartoe in staat om tot 'n groot mate die Xhosa-taal te verstaan en indien my geheue my nie in die steek laat nie, het die getuie, soos ook op twee of drie vorige geleenthede, uitlatings gemaak tot die effek dat hy nie die nodigheid kan sien om die prokureur se vrae te beantwoord nie, weens die feit dat hy reeds sy weergawe van die gebeure verstrek het.

Hierdie /

13.

Hierdie dele is natuurlik nie vertolk

nie.

Op die stadium toe die uitlating gemaak was, was dit in die druk en spanning seker een te veel en het die uitlating gevolg.

Dit spyt my en ek vra om vergifnis."

Oor die aard van die wysiging deur die applikant in die betrokke eksemplare van die notule aangebring, sê die verhoorhof die volgende:-

"Die kontras tussen die oorspronklike passasie en die veranderde passasie is, om die minste te sê, opvallend. Hierdie veranderde passasie is 'n afgewaterde weergawe en na my oordeel verskil dit wesenlik in sekere belangrike opsigte in vergelyking met die oorspronklike passasie. Ons let daarop dat in die

oorspronklike /

14.

oorspronklike passasie niks, genoem word van 'n 'aggressiewe houding' of 'an aggressive attitude' teenoor die prokureur nie, en verder skep hierdie gewysigde passasie die indruk dat die opmerkings bedoel is en daarop gemik is, om die prokureur wat besig is om die kruisondervraging waar te neem, te beskerm. Die oorspronklike passasie maak hierdie bedoeling sekerlik nie duidelik nie. Verder, en wat myns insiens belangrik is, word daar in die wysiging geen melding gemaak van die feit dat die landdros dit oorweeg om hom te straf vir minagting van die Hof nie, ook nie van wat die landdros bedoel het deur te sê, 'We are not here all day to listen to your nonsense'. Dit is namens die beskuldigde betoog dat daar geen werklike verskil bestaan tussen die inhoud van die twee passasies nie, en dat daar in die oorspronklike passasie geen aanval is op die getuienis van die getuie nie. Na noukeurige oorweging van die passasies,

en /

15.

en nadat ek hulle noukeurig vergelyk het, is ek van oordeel dat hierdie argument nie aanvaarbaar is nie.
Die oorspronklike lees, in die verband van die notule as 'n geheel, as 'n spontane uitbarsting van die landdros. Dit is nie die geval met die wysiging nie. Die oorspronklike skep die indruk dat die getuie se gedrag in die getuiebank so laakbaar was dat dit amper neerkom of moontlik kon neerkom op minagting van die Hof, waarvoor hy summier deur die land= dros gevonnis kon word. Die wysiging skep seersekerlik nie hierdie indruk nie. Dit is 'n kwessie van graad. Altwee waarvan direkte betrekking het op die gedrag en die voorkoms van die beskuldigde in die getuiebank, wat van besondere belang is in die beregting van n saak op appel. Die verhoorregter se indrukke en sy bevindings ten opsigte van, soos in die Engelse woord genoem word, 'demeanour', die houding en gedrag van die beskuldigde in die getuiebank, is van uiterse belang,

sover /

16.

sover as die Appèlregters in die Appelhof aanbetref.
Die oorspronklike skep die sterk indruk dat die getuie onbevredigend antwoord op die vrae wat gestel word. Dit is moeilik om te verstaan, soos ek gesê het, wat bedoel het met die woorde 'We are not here all day to listen to your nonsense', maar die afleiding kan gemaak word dat die getuie besig was om tyd te verspil, deur sy antwoorde, moontlik ontwykende antwoorde, maar onbevredigende antwoord, op die gestelde vrae. Hierdie indruk word nie geskep in die wysiging nie. Al wat die wysiging op neerkom is om die getuie te beskuldig dat hy n aggressiewe houding

inneem teenoor die prokureur. Dit beteken
nie noodwendig dat hy hom blootstel aan
straf vir minagting van die Hof nie, of
dat hy noodwendig besig was om tyd te
mors nie, of dat sy gedrag so erg van aard was dat die voorsittende landdros, hom summier kon straf daarvoor nie.

Dit is in hierdie verband ook opvallend

dat /

17.

dat die beskuldigde self die uitlatings beskrywe as ongevraagd en onbetaamlik, en dat dit tot 'n mate sy motief was om dit te wysig. Na my oordeel druis die oorspronklike passasie in op die geloof= waardigheidsbevindings in die uitspraak self. Hierdie passasie openbaar 'n spontane evaluering van die getuie en sy gedrag in die getuiebank, wat nie strook met die bevindings in die uitspraak nie. Die edele regters wat die appèl verhoor het, was na my oordeel daarop geregtig om die onveranderde passasie voor hulle te hê vir beregting van die appèl , veral gesien in die lig van die landdros se bevindings oor die geloofwaardigheid van hierdie getuie, Tembane.
Die wysiging wat aangebring is, ontneem uit die oorkonde 'n relevante element in die beregting van die saak, wat betrekking het op die evaluering van die getuienis van 'n getuie, op wie se getuienis die landdros sterk gesteun het vir sy uitspraak en bevinding. Na my oordeel kon dit

regsverydeling /

18.

regsverydeling veroorsaak het, en na my oordeel derhalwe kom dit neer op 'n poging tot regsverydeling.

Die verhoorhof wys dan daarop dat toe die appellant die wysiging aangebring het, hy reeds functus officio was en dat die wysiging onregmatig geskied het. Die hof gaan dan voort.

"Dit is ook duidelik uit die getuienis dat die beskuldigde wel die nodige mens rea gehad het, wat 'n essensiële element is van die misdaad, hom ten laste gelê. Hyself het nie getuienis gegee nie, en derhalwe kon enige bewering dat hy nie die nodige bedoeling gehad het nie, nie getoets word deur kruisondervraging nie.

Na my oordeel het hy doelbewus opgetree toe hy die passasie verander

het /

19.

het, en dat hy moes geweet het dat dit betrekking gehad het op sy evaluasie van die getuie Tembane en Tembane se geloof= waardigheid, en dat dit regsverydeling tot gevolg kon gehad het. Soos blyk uit

die gewysdes is dit van uiterste
belang, en ek het dit alreeds beklemtoon, dat die Appèlregters staatmaak en staat behoort te kan maak op die geloofwaardig= heidsbevindings gebaseer op die houding en gedrag van 'n beskuldigde in die getuiebank. Die kontras tussen die landdros se bevindings, soos op bladsy 93 van sy uitspraak verskyn, en die on= veranderde passasie, soos dit op bladsy 47 van die oorkonde verskyn, is so opvallend dat enige ander voorsittende beampte, en veral die Appèlregters wat die appèl moes aanhoor, onmiddellik sou gevra het, hoe kon die landdros in die geval van die enkelgetuie Tembane soos hy hom beskryf het, so 'n bevinding maak in die lig of gesien in die lig van wat hy op bladsy 47 van die getuie gesê het,

te wete /

20.

te wete dat sy getuienis en sy gedrag so onbevredigend was dat dit moontlik neerkom op minagting van die Hof.
Die landdros gee dan ook toe in die brief wat hy aan mnr. Steyn voorgelê het, in sy verduideliking aan mnr. Steyn, dat hy geskok was deur die ongevraagde en onbetaamlike uitlating wat deur hom gedoen is gedurende die loop van die verhoor. Hy moes derhalwe geweet het dat toe hy die verandering gemaak het, dit sou indruis op die moontlike bevindings wat die Appèlregters sou kon gemaak het na aanleiding van die lees van die oorspronklike onveranderde passasie.
Na my oordeel, derhalwe, is die voorvereistes vir skuldigbevinding soos in die omskrywing van die misdaad, bewys deur die getuienis in hierdie saak. Dit is 'n geval waar die appèl [d.w.s. Sifube s'n) wel afgewys is [en die Staat gee toe dat dit tereg afgewys is); dit is nie nodig om op die redes daarvoor op hierdie stadium in te gaan nie. Dit is nodig

verder /

21.

verder om net daarop te let dat namens die beskuldigde is dit betoog dat hierdie verandering nie 'n verandering van getuienis was nie. Na my oordeel strek die misdaad om ander gevalle te dek waar daar ook regsverydeling kan wees, maar dit het in hierdie mate te doen met getuienis in die sin dat dit die evaluering van getuienis deur die landdros affekteer, en dat dit 'n poging is om 'n misleidende blik te gee van die spontane evaluering wat hy gemaak het gedurende die verloop van die verhoor om te strook met wat hy in sy uitspraak gesê het, waar hy breedvoeriger die saak van die gedrag van die getuie in die getuiebank behandel."

Die verhoorhof vind die appellant derhalwe skuldig op die eerste aanklagte.

Oor die presiese grense en aard van die

misdaad /

22.
misdaad "verydeling of belemmering van die

regspleging" kan daar verskil van mening bestaan,

poging en
asook oor die skeidslyn tussen poging en voltooide misdaad,
en die benadering tot ondeugdelike poging sal wel ook 'n rol speel. Hierop hoef egter nie nou ingegaan te word nie. Dit is duidelik dat dié misdaad, of 'n poging daartoe, nie sonder die nodige opset kan geskied nie. In die lig van die bewoording van die aanklagte sou dit in die onderhawige geval beteken die opset "om die behoorlike beregting van die genoemde strafsaak (nl. Sifuba se saak) op appèl te beinvloed". En op grond van die vraag of die Staat daardie

opset /

23. opset bo redelike twyfel bewys het, kan oor die skuldigbevinding van die appellant op die eerste aanklagte uitsluitsel gegee word.
Die verhoorhof se bevinding dat die appellant met die aanbring van die wysiging wel dié opset gehad het, berus grootliks op die hof se beskouing dat die appellant se uitlating tydens die verhoor van Sifuba neergekom het op " 'n spontane evaluering van die getuie en sy gedrag in die getuiebank" wat indruis op die geloofwaardigheids= bevindings in die uitspraak self. Dié beskouing is egter aanvegbaar. As gekyk word na mnr. Kaplan se kruisondervraging voor die betrokke uitlating

deur /
24. deur die appellant, is dit heel duidelik dat die getuie Tembane irriterend en parmantig teenoor die prokureur was :-

"CROSS-EXAMINATION BY MR KAPLAN:

Now when you were in the house, was the

complainant also in the house when you

arrived there? Yes, when I arrived

there, the complainant was in the house.

Alright, so what did you go and do

at the house? That is a shebeen, I

went there to drink.

Right. Did you have a drink? No.

Now while you say you were in the

house, the accused arrived there?

Whilst I was in the house he arrived.

And he asked for the complainant? Yes.

The complainant was in the house?

She was outside.

Outside in the yard or-? Because

this fight started in the backyard.

So /

25.

So when the accused arrived, the

complainant was not in the house?

No, she was not in the house.

I thought you just told us that she
was in the house? No.

But you told us that ? Didn't I say
in my evidence-in-chief that the accused came in the house, he asked for the complainant and a young girl said the complainant is outside. Did I not say that?
I am not asking you about that. I am just asking you now when the accused arrived there, was the complainant in
the house and you said yes? No. No,
I said I arrived there, the complainant was in the house, but when the accused arrived there, the complainant was outside.
Your Worship, I think that the witness in reply to my question said to me that when the accused arrived the complainant was in the house.

So you then went outside and you saw

the /

26.

the complainant and the accused arguing
with each other? Yes.

Now were they doing anything to each

other, hitting each other? Did I

not say from the start that they were fighting?

You don't ask me questions.

COURT: How were they fighting? With

fists, hitting each other.
MR KAPLAN: Are you sure of that? Yes.

Alright, they were hitting each other
with fists and then, what happened? It

was then that I intervened and I said, 'You are old enough, you cannot do such a thing'.
And then the accused said that you are
always intervening? Yes.

Now do you always intervene? But it is
not a very good thing witnessing old people

fighting.
COURT: Yes, but just yes or no. Just yes
or no? If a person is known to me I do

it.
MR KAPLAN: Now have you often intervened
between the complainant and the accused?
No.

How many /

26 (a).

How many times have you intervened

between them? Did I not say that it

was the first time that I saw him. I saw him for the first time.

COURT: Ag no, man, you must stop with that
attitude of yours . ."

Die uitlating van die appellant het gekom na die vierde "did I not say". Klaarblyklik is dit hierop wat die appellant gereageer het. (En dit is opvallend dat na die appellant se waarskuwing, die getuie daarmee opgehou het.) In die lig van wat die uitlating voorafgegaan het, is dit dus moeilik om die uitlating self as 'n spontane evaluasie van die getuie te besien - dit is eerder 'n uiting van ongeduld. As sodanig kan dit skaars

as /
27. as strydig met die uiteindelike konklusie van die appellant beskou word, nl. dat die getuie 'n goeie getuie was. Parmantigheid is glad nie noodwendig 'n aanduiding van ongeloofwaardigheid nie. Dit is ook opmerklik dat as die oorsponklike uitlating wel as 'n uiting van ongeduld benader word, dit strook met die skriftelike verduideliking wat die appellant op 25 November 1982 gegee het, behalwe dat hy moontlik onder 'n foutiewe indruk was dat nie alles wat Tembane gesê het, vertolk was nie.
In die lig van die voorgaande kan die wysiging deur die appellant kwalik besien word as

'n poging /

28.
'n poging om sy uiteindelike geloofwaardigheids=
bevindings te verstewig, en kan dit eerder beskou
word as die versagting van 'n krasse uitlating waarvoor
die appellant hom miskien geskaam het. Dit is dan
moeilik om te bevind dat dit bo redelike twyfel blyk
dat die appellant inderdaad besef het dat die
behoorlike beregting van Sifuba se saak moontiik op appel
nadelig getref sou kon word. (Iets wat ook inderdaad
nie geskied het nie). Op die eerste aanklagte moes
die appellant op hierdie grond onskuldig bevind gewees
het. Daar is nie voor ons deur die Staat betoog dat
die appellant op enige van die alternatiewe aanklagtes
skuldig bevind moet word nie.

Ter /

29.
Ter versagting het die appellant self getuig en sekere getuies geroep. Daarop het die verhoorhof, na aanleiding van sekere sake deur hom aangehaal, gewys op vier oorwegings by straftoe= meting: die misdaad, die misdadiger self, die belang van die gemeenskap en genade ("mercy"). Lg. speel egter nie enige deurslaggewende rol in die hof se benadering nie en dit is onnodig om nou te bespreek of dit wel as 'n afsonderlike oorweging by straftoemeting geag moet word, en indien wel, die presiese inhoud daarvan.

Verwysend na die aard van die betrokke

misdaad /

30. misdaad, sê die Verhoorhof "Your crimes in the two counts were crimes of gross dishonesty, which strike at the very core of our system of admini= stration of justice". Later voeg die hof by dat die appellant se optrede: "has brought the judicial office and especially the office held by

you, into disrepute inevitably it must
reflect upon the magisterial image ofthis country". Meer bepaaldelik t.o.v. die tweede aanklagte word daarop gewys dat 77 wesenlike wysigings deur die appellant aangebring is, wyeigingsiwaarvan die meerendeel daartoe gedien het om die staat se saak te versterk ex facie dié eksemplare van die notule wat voor die

hof /

31.
hof op appèl gelê sou word, en ook om dié eksemplare aan te pas by-die ex tempore uitspraak deur die appellant in dié saak gelewer. Die hof beklemtoon dat vir elk van die drie veroordeeldes daar 'n vonnis van 3½ jaar gevangenisstraf op die spel was. Die aanbring van die wysigings in al 5 eksemplare was 'n berekende, moeisame en sistematiese proses. Dit was nie gedoen op die ingewing van die moment nie en ondanks die nood= wendige tydsduur van die proses, het die appellant hom nie bedink en daarvan afgesien nie. Die hof verwerp die appellant se getuienis dat hy in daardie stadium nie ten volle die erns van wat hy

doen /
32. doen, ingesien het nie.
Vervolgens behandel die verhoorhof die appellant se persoonlike omstandighede en die rol van die gemeenskapsbelang, soos volg :-

"Your ideals, your life-long ideals, have been shattered, and you have sunk to the depths of degradation. You have suffered considerably in the esteem in which you were formerly held. You are a man of middle age with a wife and children and other responsibilities. After long service in the Department of Justice your career is in jeopardy and in all probability terminated with serious consequences to you, such as the loss of your pension rights after long service. You have suffered since the discovery of your crimes, great stress, and you have lived under emotion and a

cloud / ....

33.

cloud in the community in which you live and move. You have suffered considerable ill-health over a period of time, and more particularly since the discovery of the crime or the commission of the crime. You were obviously a man of considerable social conscience, who was concerned about the welfare of his fellow-man in the society in which you lived, beyond your course of duty as a magistrate. You were a faithful worshipper and servant of your church for some time. I take into account the moving tribute which was paid to you here on behalf of the Black community from the Community Council. There is furthermore the fact that you are contrite about what you have done, and that you have exhibited true remorse. I have already said that you have not sought to deny your guilt in EXHIBIT 2, although you tried unsuc= cessfully to explain it away.

These circumstances, this catalogue of

circumstances /

34.

circumstances, in cumulative effect, weighs heavily in your favour, but I must go on to consider the other element, that is to say, I have to be fair to society. I refer in this regard again to S v DU TOIT 1979 (3) SA 846 at 857. It is at 857 D, and I quote:

'Die belang van die gemeenskap by 'n

straf wat opgelê word, is veelledig. In sommige gevalle tree die belang na vore wanneer die gemeenskap beskerm moet word teen die gedrag van 'n bepaalde individu. In ander gevalle verdien die belang oorweging wanneer die orde en vrede in die gemeenskap ter sprake kom. In ander gevalle weer tree die belang na vore wanneer lede van die gemeenskap afgeskrik moet word. In die tyd waarin ons leef, is die misdade waaraan appellant skuldig bevind is, van so 'n aard dat die gemeenskap ter plaatse en ook te lande nie anders as besonder hewig geskok kon gewees

het /

35.

het nie, en 'n straf ter afskrikking moet gevolglik sterk oorweeg word. Wanneer die aard van die misdaad en die belang van die gemeenskap oorweeg word, is die beskuldigde eintlik nog op die agtergrond, maar wanneer hy as strafwaardige mens vir oorweging aan die beurt kom, moet die volle soeklig op sy persoon as geheel met al sy fasette gewerp word; sy ouderdom, sy geslag, sy agtergrond, sy geestes= toestand toe hy die misdaad gepleeg het, sy motief, sy vatbaarheid vir beinvloeding, en alle relevante faktore moet ondersoek en geweeg word.'

This is a most difficult exercise, but it seems to me that weighing your personal circumstances and the interests of society, the one against the other, a relevant factor which I have been concerned to emphasise throughout this judgment, seems to me to be that our society would be shocked and indeed probably was very shocked, by the

nature /

36.

nature and dimension of these crimes which you have committed; crimes which I have said strike at the root of the
maintenance of law and order in a

civilised society, by the very State

functionary who was appointed to achieve

that very object, of the maintenance of

law and order.. It seems to me that

taking all the factors into account, society in general requires of me as the one charged with expressing their disapproval of the crime committed by you to impose a severe sentence, not because it will have to be a deterrent to others who might be like-minded, but because of the high norms which our society sets in regard to a fair and just administration of justice in this country. It can never be allowed to be corrupt.
I do not wish to introduce the question of the ethnic composition of our country into the context of this case. I think it is not entirely irrelevant, but I think

that /

37.

that the fact that we are a country with several races, composing the population, makes that duty a very heavy one in the case of a judicial officer. Society requires in those circumstances all the more that our judicial officers should be careful, fair and just in their dealings with all accused persons of all races who come before them. It seems to me that the consideration of the interests of society weigh very heavily in favour of a severe sentence."

Hierna noem die verhoorhof die oorweging van genade, haal aan uit S v Narker and Another 1975 (1) SA 583 (A) op bl. 586, en lê dan gevangenisstraf van 5 jaar op, waarvan 2 jaar opgeskort word.

Die verhoorhof het tereg die appellant se

vergryp /

37(a)
vergryp in 'n baie ernstige lig besien en in sterk taal ver=
oordeel. Nietemin moet dit nie uit die oog verloor word

nie dat die appellant aan 'n poging tot verydeling van
die regsbedeling skuldig bevind is en dat dit nie
die Staat se saak was dat die betrokke beskuldigdes

inderdaad op appèl benadeel is nie trouens, dit is
moeilik in te sien hoe die wysigings waarop die tweede
aanklagte betrekking het, ongemerk sou gebly het.

Dit is heel duidelik dat Lubbes volgens hul normale
praktyk n eksemplaar van die oorspronklike transkripsie
behou en dat vir doeleindes van appèl faksimilees van
daardie oorspronklike aan beskuldigdes verskaf word.
So het dit dan ook in die onderhawige geval toe Peti
NomarwayL en Andere se appèl verhoor is, dit baie gou
geblyk dat die eksemplaar waarmee die appellante se

advokaat /

37(b)
advokaat werk, verskil van dié van die vervolger en dié voor die hof. Anders as wat die Staat nou aan die hand doen, is daar geen rede om te aanvaar dat die appellant reeds met sy ex tempore uitspraak enige kwade bedoelings gehad het nie. Die foute wat in die uitspraak voorgekom het is na alle waarskynlikheid te verklaar op grond van die buitengewone hoë spanning wat die aard van die toets= gtelsel die vorige maande meegebring het en wat vererger is deur die appellant se slegte gesondheid en die nodigheid om elke werksdag heen en weer vanaf Kirkwood per motor te ry. Die appellant se reaksie toe hy later die eksemplare van die notule ontvang en die vir hom onverstaanbare gebreke in die uitspraak

agterkom /
37 (c) agterkom, was nie alleen strydig met sy bykans

25 jaar se opleiding en ondervinding nie, maar
ook strydig met sy karakter soos deur die getuies
geskets. Dit is moeilik om die indruk te vermy
dat sy morele ineenstorting minstens ten dele deur
sy slegte fisiese en geestelike toestand bevorder
is .

Die verhoorhof het ook tereg die appellant

se persoonlike omstandighede geag as 'n gewigtige
faktor wat ter strafversagting moet tel. Die
kwessie van die gemeenskapsbelang is egter minder
duidelik.

Die /
38. Die verhoorhof wys tereg daarop dat voorkoming (afskrikking) en rehabilitasie nie oorwegings is wat in die onderhawige geval geld nie. Die onkreukbaarheid van die regterlike beamptes in ons land word nie daargestel deur 'n dreigement van straf nie, maar vloei voort uit hul eerbaarheid en pligsbesef. Daar is geen nodigheid vir voorkoming nie - die onderhawige is 'n unieke geval. Die appellant self sal nie weer die regbank beklee nie en ook nie die geleentheid hê om weer eens 'n misdaad soos die onderhawige te begaan nie. Die gemeenskap sal tereg diep geskok wees deur

die /

39.
die appellant se optrede, maar sal die gemeenskap verg dat die appellant noodwendig gevangenis toe gestuur moet word? Indien wel, sou dit bloot 'n eis om vergelding wees, 'n doelstelling by straftoemeting wat in moderne tye nie op sigself soveel soos vroeër weeg nie. (Vgl S v Falaza Khumalo en Andere, Appelafdeling 28 Maart 1984). Die appellant verloor as gevolg van sy vergryp die vrugte van bykans 25 jaar se diens, sy posisie, sy aansien, sy inkomste; en die enigste beroep wat hy ken na al die jare word hom ontsê. Hierdeur word reeds op ondubbelsinnige wyse kenbaar gemaak dat optrede soos dié van die appellant nie in ons regsbedeling geduld sal word nie.

Dit /

40.

Dit is nie noodwendig nodig om die hoë standaarde

van dié bedeling verder deur gevangesetting van

die appellant te aksentueer nie. M.i. het die

verhoorhof fouteer deur te veel klem te lê op die

gemeenskapsbelang.

In die omstandighede volg dit uit die aard

van dié fout dat hierdie Hof bevoeg is om die kwessie
van straftoemeting te heroorweeg. Met inagneming

van al die faktore kom dit gepas voor en ooreenkomstig
geregtigheid te wees om die straf te wysig tot 3 jaar
gevangenisstraf waarvan die geheel opgeskort word vir

5 jaar op voorwaarde dat die appellant nie binne

daardie termyn aan 'n misdaad van oneerlikheid skuldig bevind word en tot gevangenisstraf sonder die opsie van 'n boete gevonnis word nie.

Die /
Die appèl slaag: die vonnis op die tweede aanklag word dienooreenkomstig gewysig; die skuldigbevinding en vonnis op die eerste aanklag word tersyde gestel.

E.L. JANSEN AR.

MILLER AR.) Stem saam NICHOLAS AR.)