South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 21

| Noteup | LawCite

S v Kotze (19/84) [1984] ZASCA 21 (22 March 1984)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen:

HEINRICH KOTZE Appellant

EN

DIE STAAT Respondent
Coram: CILLIé, VILJOEN et SMUTS, Wn AR Verhoor: 6 Maart 1984 Gelewer: 22 Maart 1984

UITSPRAAK CILLIé, AR :

Die appellant kom in hoër beroep
teen die vonnis wat die Hooggeregshof, Afdeling Kaap
die Goeie Hoop, hom na skuldigbevinding aan

verkragting .... / 2

2

verkragting opgelê het. Namens die appellant

is nie aangevoer dat daar enige onreëlmatigheid

of wanvoorligting by sy verhoor of die vonnisop-

legging voorgekom het nie. Daar is slegs betoog

dat die vonnis van tien jaar gevangenisstraf bui-

tensporig en onvanpas is, 'n vonnis wat 'n hof nie

redelikerwys in die omstandighede sou opgelê het

nie. Dit is derhalwe nodig om al die relevante

besonderhede van die misdaad, die omstandighede
van sowel die appellant as die klaagster en die
belange van die gemeenskap in oënskou te neem.

Die appellant, 'n Witman van
Worcester, was ten tye van die onderhawige gebeur-
tenisse twintig jaar oud en 'n getroude man. Toe

hy.../3

3

hy op Maandagmiddag, 1 Maart 1982, met sy motor by sy tuiste stilhou, het hy die klaagster voor hom in die straat opgemerk. Sy is 'n Kleurling-vrou. Die appellan,t se getuienis dat sy vir hom sou gewink het en dat hy kon aflei dat sy met hom seksuele omgang wou hê, is deur die Verhoorhof verwerp. Dat hy met háár omgang wou hê, blyk uit sy onmiddelikke voorbereidings. Hy het dade-lik 'n kondoom in die huis gaan haal, teruggekom en met sy motor agter haar aangery. Hy het langs haar stilgehou en gevra waarheen sy gaan. Sy het geantwoord dat sy op pad was na die skool toe. Dit blyk uit die getuienis dat sy 'n vriendin
wat by die Hoër Tegniese Skool Drostdy gewerk het,

wou .... / 4

4

wou besoek om aan haar 'n bedrag geld te betaal
en ook om haar te vra of daar nie vir haar by die

skool werk was nie. Toe sy aan die appellant
vertel waarheen sy gaan en wat sy gaan doen, het
hy gesê dat hy by die skool werk, daarheen op pad

is en haar sou saamneem dan sou sy gouer werk kry.
Sy het hom geglo en sy aanbod aanvaar. Hy het
vir haar die regter agterdeur van die motor oop-
gemaak en sy het ingeklim.

Hulle het verder gery. Toe
die klaagster opmerk dat hulle nie afdraai na die
skool toe nie, het sy die appellant daarop gewys.
Hy het haar beveel om stil te bly en vinniger ge-
ry sodat sy nie kon uitspring nie. 'n Endjie

verder .... / 5

5

verder het hy in 'n digte bloekombos ingedraai.
Hy het stilgehou en haar beveel om uit te klim.

Hy het haar gevra om met hom geslagtelike gemeen-

skap te hê. Sy het geweier en ook aan hom gesê
dat sy onwel was. 'n Later bevinding van die
distriksgeneesheer was "dat minimale menstruasie
teenwoordig was". Toe die klaagster weier om
aan sy versoek te voldoen het die appellant haar
gegryp en probeer om haar klere uit te trek. Sy
het haar verset. Daarop het hy 'n "slagtersmes"
met 'n lem wat meer as veertien sentimeter lank was,
uit sy motor gehaal. Toe hy haar met hierdie
mes dreig, het sy geen weerstand meer gebied nie.

Die appellant het haar verkrag. Hy is daarna

terug .... / 6

6

terug na sy motor toe met haar handsak en haar skoene. Die artikels het hy naby die motor neergesit en alleen weggery.
Die klaagster het kaalvoet teruggeloop dorp toe want sy het nie gesien dat die appellant die skoene en die handsak in die bos agtergelaat het nie; die polisie het dit later daar gevind. Haar jakkie wat in die wor-steling geskeur is, het sy oor haar arm gedra. Sy het die appellant in die straat opgespoor en hom gevra om haar handsak terug te gee. Hy het haar uitgevloek en te lyf gegaan. Dit was 'n betreklike ernstige aanval want dit het gelei
tot 'n aanklag van aanranding, 'n skuldigbevinding

en .... / 7

7

en 'n vonnis van ses maande gevangenisstraf.

Daar is geen appèl aangeteken teen hierdie skul-

digbevinding en vonniswat betrekking het op die

tweede aanklag by die verhoor nie.

Van die klaagster moet die

volgende gesê word. Ten tye van die gebeurde
was sy 36 jaar oud en blykbaar van haar man geskei.

Sy het reeds aan twee kinders geboorte gegee. Sy

is nie in die verkragting beseer nie en die Ver-
hoorregter het dit as 'n versagtende faktor ten
gunste van die appellant beskou. Dit ly egter
geen twyfel nie dat sy gedurende die insident in
groot vrees verkeer het. Toe aan haar gevra is
waarom sy nie in een of ander stadium weggehardloop

het ..... / 8

8

het nie, het sy gesê:

"Want ek kan nie weghardloop nie want daar is die mes ... En ek was bang die baas gaan my agter-nasit."

Dit blyk ook uit die getuienis dat sy ernstig
geskok en diep gegrief was veral omdat sy soveel
minagting van die appellant moes verduur. Op
'n kruisvraag was haar antwoord:

"Dit het my nog nooit oorgekom nie, en dit nog met 'n blanke nie, en dan het hy nog die reg om my so te slaan, nes ek 'n vrou is van hom."

Die laaste aanmerking is 'n verwysing na die latere
aanranding wat op haar gepleeg is.

Verder moet met betrekking
tot die vorige opmerking genoem word dat rasse-

verskille ..... / 9

9

verskille by die oplegging van vonnis in 'n geval

soos hierdie een 'n sogenaamde "neutrale faktor" is.
Daar is nie aangevoer dat die Verhoorregter in dié

opsig misgetas het nie. Behalwe in die aangehaal-
de opmerking het die klaagster by meer as een ge-

leentheid in haar getuienis, direk en indirek, na
die rasseverskille tussen hulle verwys. So het

sy deurgaans die appellant "die baas" genoem.

In die loop van die aanranding is daar deur die
appellant sowel as die klaagster van haar ras ge-
praat. Dit is egter nie met sekerheid vasgestel
dat die appellant met enige vermeende rassemeerder-
waardigheid sy doel probeer bereik het nie. Die
rasseverskil het geen rol gespeel in die oplegging

van .... / 10

10

van die vonnis nie.

Die appellant het 'n tragiese

jong lewe gehad. Sy vader is vroeg dood en sy
moeder het 'n "drank/probleem" gehad; sy was twee
keer in 'n inrigting vir dranksugtiges. Die ap-
pellant het, met terugslae, tot by standerd 8 in
'n tegniese skool gevorder. Ten tye van die be-
trokke voorval was hy in diens van die Suid-
Afrikaanse Spoorweë as 'n assistenttreindrywer met
'n vaste inkomste. Sy vrou was agtien jaar oud
en het ook gewerk. Hulle was gelukkig getroud
en het 'n normale verhouding gehad. Toe die ap-
pellant ter versagting van vonnis getuig het, het
hy gesê:

"Tot.../ 11

11

"Tot 'n mate is ek spyt oor wat gebeur het want ek het my vrou en my ouers, my vrou se ouers ongelukkig gemaak."

Hy het egter volgehou dat die klaagster toestem-

ming tot gemeenskap gegee het. Ten slotte moet

gemeld word dat hy geen vorige veroordelings het

nie.

In sy uitspraak oor die vonnis
het die Verhoorregter die ernstigheid van die mis-
daad benadruk en die relevante feite met betrekking
tot die appellant en sy getroude lewe aangehaal
en die aangeleenthede wat ten gunste van die appel-

lant tel ook in ag geneem. Na vermelding van die
klaagster se omstandighede, het die Verhoorregter
gesê:

"Wat.../ 12

12

"Wat die derde aspek betref, naam-lik die belange van die gemeenskap, moet die Hof in aanmerking neem dat dit 'n plig het om die gemeenskap teen hierdie tipe optrede te be-skerm. Verkragtings kom deesdae in groot getalle voor hierdie howe en die Hof het 'n plig teenoor die gemeenskap om hierdie tipe oortre-dings te bekamp. Die vonnis wat opgelê word, moet aan die gemeen-skap toon dat die Hof nie met dié tipe gedrag akkoord gaan nie en die mense wat miskien geneig sou wees om hierdie tipe misdade te pleeg, moet besef dat die Hof sterk teen-oor hulle gaan optree."

Na my mening het die Verhoor-
regter by die strafoplegging al die relevante aan-
geleenthede van die saak in ag geneem en nie een
of ander besondere aspek te veel beklemtoon of te

gering .... / 13

13

gering geskat nie. Maar al is 'n uitspraak aldus

ewewigtig kan dit nogtans in so'n mate buitensporig
wees dat 'n appelhof dit behoort te wysig. By die

bepaling of 'n straf wel te swaar is, is dit nie

altyd moontlik om die opgelegde vonnis te vergelyk
met ander vonnisse in soortgelyke gevalle nie;
gewoonlik is voorbeelde nie maklik bekombaar nie en
dikwels is dit moeilik om met 'n mate van sekerheid
vas te stel of die belangrike besonderhede van die
voorbeelde wesenlik ooreenstem met dié van die on-
derhawige geval. Die appelhof is dikwels, soos
hier, genoodsaak om uit die ondervinding van sy
lede te bepaal wat 'n gepaste straf sou wees.
Slegs as daar dan 'n treffende wanverhouding tussen

'n.../14

14

'n straf aldus bepaal en die opgelegde straf is, kan die hof bevind dat die strafoplegger nie sy diskresie op redelike wyse uitgeoefen het nie, of dat die hof nie so'n vonnis redelikerwys sou opgelê het nie; dan moet die appelhof ingryp.
Na oorweging van al die rele-vante omstandighede het ek tot die gevolgtrekking gekom dat die straf swaar was en dat 'n gepaste straf een of twee jaar minder kon gewees het. Die wanverhouding, indien dit so genoem kan word, is egter nie sodanig dat dit as treffend of skok-kend beskou kan word nie. Na my mening is 'n in-menging deur hierdie Hof dus nie geregverdig nie.
Die appèl kan derhalwe nie slaag nie.

Die .... / 15

15 Die appèl word afgewys.

P M CILLIé, AR

VILJOEN, AR ) Stem saam SMUTS, Wn AR )