South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1984 >>
[1984] ZASCA 158
| Noteup
| LawCite
S v Groep (143/84) [1984] ZASCA 158 (29 November 1984)
Download original files |
JAMES JOHANNES GROEP
EN
DIE STAAT
143/84
143/83/AV
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(APPéLAFDELING)
In die saak tussen:
JAMES JOHANNES GROEP Appellant
EN
DIE STAAT Respondent
CORAM: Jansen, Joubert, ARR, Wessels, Galgut et Eloff, Wn ARR
VERHOOR: 5 November 1984
GELEWER: 29 November 1984
UITSPRAAK
WESSELS, Wnd AR
Appellant het. in die Provinsiale Afdeling Kaap die
Goeie Hoop voor regter WILLIAMSON en twee assessore op 'n
aanklag van moord terreggestaan. Die meerderheid van
die ...........
2.
die hof (die voorsittende regter en een assessor) het bevind
dat appellant skuldig is. Dit is voorts bevind dat geen
versagtende omstandighede by die pleging van die moord aan-
wesig was nie, en appellant is gevolglik ter dood veroordeel.
Die voorsittende regter het aan appellant verlof verleen
om na hierdie hof te appelleer.
Die oorledene, 'n 52-jarige Kleurlingman, het op
12 Desember 1982 gesterf as gevolg van bloedverlies veroor-
saak deur 'n snywond aan sy keel wat, onder meer, 'n groot
slagaar afgesny het. Uit die oorkonde blyk dit dat die
oorledene in die voorhuis van Ann Jansen te 271 Klipfontein-
Sendingstasie, Philippi, in die buitewyke van Kaapstad
met 'n mes aangerand is terwyl hy op 'n bankie
gerus .........
gerus het. Hy was blykbaar genooi om sy middagete daar
te nuttig.
Die enigste getuienis wat appellant as die aan-
rander uitken is dié van 'n Kleurlingseun, Jakoof de Villiers,
wat 12 jaar oud was toe hy getuig het. Die verhoor hët
op 8 Desember 1983 plaasgevind, en hy was dus 11 jaar ,oud
toe oorledene vermoor is. Hy het, onder meer, getuig
dat hy 'n skoolgaande kind is en in standerd drie was.
Gedurende die betrokke namiddag was Jakoof op pad na sy
huis om sy trui te gaan haal- Om by sy huis te kom moes
hy verby Ann Jansen se huis stap. Oor wat hy waargeneem
het toe hy by Ann Jansen se huis verby gestap het, getuig
Jakoof soos volg tydens hoofondervraging.
"Nou ..........
4.
"Nou maar goed, toe jy nou daar by die hui
stap, wat hoor jy toe? ... Ek hoor
soos iemand wat se mond toegedruk is
met die hand.
Sê weer en sê lekker hard? ... Ek hoor
soos iemand wat se mond toegedruk is
met die hand, meneer.
Jy hoor soos
iemand wat se mond met die
hand toegedruk is? ... Ja, meneer.
Maar as ek nou my hand voor my mond
sit
dan hoor ek niks. ... hy het geskreeu.
Ekskuus? ... So. (Getuie demonstreer).
Wat sê jy, wat het gebeur? ... Hy het
geskree, meneer.
WILLIAMSON R: 0 jy het gehoor iemand
skree? ... Ja meneer.
Maar dit klink of daar 'n hand oor die
mond? ... Ja meneer.
Wat maak jy toe jy nou die geluid hoor?
Of laat ek eers vir jou so vra, waar-
vandaan af kom die geluid? ... Die ge-. .
luid kom van. Aunt Antjies se huis af.
En wat maak jy toe jy die geluid hoor?
... Ek gaan nader, maar toe ek sien James
Groep kom uit toe hardloop ek agter 'n
bossie meneer.
Ja .............
5.
Ja, wag nou net. Ons vat dit weer 'n
bietjie
stadig. Wat sê jy wat doen jy
toe jy die geluid hoor? ... Toe hard-
loop ek nader.
Nader waarnatoe? ... Na die huis toe
meneer.
Na die
huis toe? Terwyl jy besig was
om nader te gaan, wat het jy gesien? ...
Toe
het James Groep met die mes uitge-
kom, toe vee hy dit aan sy broek.af
en
toe stap hy weg, meneer.
Jy sê toe jy nader gaan toe sien jy vir?
... Vir James.
Wie? ... James.
James? Sien jy hom vandag hierso? ...
Ja meneer.
Waar is hy? ... Daar reg voor meneer.
Die beskuldigde? Waar het jy vir James
gesien? ... Uit Aunt Antjies se huis
uitkom meneer.
Ekskuus? Sê hard. ... Uit Aunt Antjies
se huis uitkom.
WILLIAMSON R: Is dit die voordeur of
die agterdeur of waar? ... Die voordeur
meneer.
MNR VAN WYK: Was hy besig om iets te
doen
6.
doen of het hy net daar uitgestap ge-
korn? ... Hy het uitgestap gekom en
die
mes afgevee aan sy broek en in sy sak
gesit.
Vertel vir die Hof wat
het hy gedoen? ...
Hy het uitgekom met die mes en die
bloed aan sy broek
afgevee en in sy sak
gesit en hy het weggestap.
WILLIAMSON R: Jy
sê hy vee 'n mes op sy broek af? ... Ja meneer.
Het jy die mes gesien?
... Ja meneer.
En toe hy klaar afgevee het wat maak hy?
... Toe stap hy
weg meneer.
Waar sit hy die mes? ... In sy sak, me-
neer.
Watter sak?
... Die kant se sak.
Jy wys die regterkant . se sak? ... Ja
meneer.
Toe
stap hy weg? ... Ja meneer.
MNR VAN WYK: Wat maak jy toe? ...
Wat
ek sien hy dinges meneer, toe gaan ek
oor die pad om vir Aunt Antjies
te gaan
roep, want ek kan ook nie in haar huis
nie, toe wil ek haar gaan
sê ek het
gesien James kom uit die huis met die.
mes en die bloed
van sy broek afgevee.
toe ..............
7
toe is sy nie daar nie en
toe wat ek
terugkom toe is sy daar.
Jy sê waarheen het jy gegaan?
... Na
Aunt Antjies se dogter.
Na Aunt Antjies se dogter toe? ...
Ja.
Hoekom het jy soontoe gegaan, wat wou
jy daar gaan maak? ... Want Aunt Antjies
is altyd daar by die dogter, meneer.
WILLIAMSON R: Het jy vertel
vir haar
wat jy gesien het? ... Ja meneer.
MNR VAN WYK: Het jy haar
gekry daar?
... Ja meneer.
Vir Aunt Antjies daar by haar dogter
gekry? ... Nee,
meneer. Toe ek terug-
kom toe is Aunt Antjies by die huis.
So jy
gaan na Aunt Antjies se dogter
toe om haar te gaan soek? ... Ja.
Het jy haar daar gekry? ... By Aunt
Antjies se dogter?
Ja? ... Nee meneer.
Toe van haar dogter af, waarheen
gaan
jy toe? ... Toe gaan ek weer na haar
huis toe, meneer.
Na Aunt
Antjies se huis toe? ... Ja
meneer.
En ...................
8
En toe jy daar kom? ... Toe was
Aunt
Antjies daar meneer.
Toe was Aunt Antjies daar? ... Ja
meneer.
Jakoof kan jy op 'n horlosie kyk? . . .
Nee meneer.
Nie? Kan jy
miskien vir die Hof sê,
kan jy enige aanduiding van tyd gee,
hoe
lank dit vir jou gevat het vandat
jy nou die beskuldigde daar uit die
huis uit sien kora het totdat jy weer
teruggekom het by die huis en toe
vir
Aunt Antjies daar by die huis gekry
het? ... 'n Paar minute meneer.
'n Paar minute? Weet jy hoe lank 'n
minuut is? ... Ja, meneer, sestig
sekondes.
James Groep, die beskuldigde, het jy
hom geken voor hierdie dag? ... Ja meneer.
Waarvandaan ken jy hom? ... Van ons
daar bly.
Hoe lank is dit? ... Twee jaar terug,
meneer.
Ekskuus? . . . Twee jaar.
Nou ek is nie seker nie, die dag toe hier-
die ding gebeur het, die 12de Desember,
hoe lank het jy hom toe al geken? . . .
Al ............
9
Al lankal meneer.
Het jy hom
maar net in die straat ge-
sien of van waar af het jy hom geken?
... Nee meneer, voordat ons daar ge-
bly het het ek hom al geken.
Hoe het dit gebeur dat jy hom leer ken?
... Ek weet self nie meneer. Hy het
altyd na my ma toe gekom om 'n entjie te
vra .
Ekskuus? ... Hy het altyd na my ma toe
gekom om 'n sigaret te vra.
Na jou ma toe gekom om sigarette te vra?
... Ja meneer.
Net eenkeer? ... Nee, meneer, hy het
baie sigarette kom vra.
Baie keer? ... Ja.
Hoe ver van hom af was jy toe hy daar
by die deur uitgekom het, by die huis
se deur? . . . Net 'n paar treë weg van
hom.
Kan jy wys daar van jou af tot waar toe?
... Hiervandaan tot daar waar daardie
man sit, meneer.
Die polisieman hier agter? ... Ja meneer
WILLIAMSON R: So om en by tien treë.
Stem u saam mnr Schwietering?
MNR ...........
10
MNR SCHWIETERING: Ek sou sê om en by
tien ja.
MNR VAN WYK: Was daar enige iets wat
miskien tussen jou en die
beskuldigde
was of nie? ... Nee meneer, daar was niks
tussen ons nie.
En toe jy nou terugkom by die huis en
Aunt Antjies is daar, het jy toe
in-
gegaan in die huis in? ... Ja meneer.
En toe het jy gesien daar
lê 'n man op
die bank? ... Ja. Hoe was hy? ... Hy was 'n groot
gat
hierin meneer.
Groot gat in sy nek beduie jy? ... Ja.
Jy beduie aan die linkerkant van sy
nek,
is dit reg? ... Ja.
Het jy die man geken wat dood is? ...
Nee. "
Tydens kruisondervraging het Jakoof gesê dat hy
en appellant se
seun, Enslin, dikwels by mekaar gespeel het.
Sy, Jakoof se huis, en appellant
s'n was 'n paar treë weg van
mekaar. Ann Jansen se huis was omtrent 10
treë weg
van ..........
11
van sy (Jakoof) se huis. Jakoof is verwys na die
feit dat appellant
onskuldig bevind is op 'n aanklag dat
hy ene Japie Januarie vermoor het. Hy
het gehoor dat
mense in die omgewing ontevrede was met die feit dat
appel-
lant onskuldig bevind is. Dit is aan hom gestel dat
appellant sou
getuig dát
"hy is hier voor die Hof omdat julle
mense hom wil doodsweer omdat
julle
ontevrede is daaroor dat hy losgekom
het in die ander saak wat
gegaan het
oor Japie Januarie se dood."
Jakoof het dit ontken en bygevoeg dat hy en appellant se seun,
Enslin, nog
steeds goeie vriende is en met mekaar speel.
Hy het ook getuig dat appellant
hom nog nooit sleg behandel
het nie. Voorts het hy gesê dat hy te bang
was om met
appellant
12
appellant te praat toe hy laasgenoemde met 'n bloedbesmeerde
mes in sy hand gesien het. Hy het ook getuig dat appel-
lant 'n bietjie "dronkerig" gelyk het toe hy Ann Jansen se
huis verlaat het. Ann Jansen het in haar getuienis ver-
wys na die ontevredenheid wat in hulle omgewing geheers het
toe appellant in verband met Japie Januarie se dood onskul-
dig aan moord bevind is.
Ann Jansen het voorts getuig dat sy voor middagete
by 'n vriend gekuier het, en dat haar "man" (Johannes Stevens)
haar daar vertel het dat oorledene reeds vir middagete opge-
daag het. Sy het nog vir 'n tydjie gekuier en toe na haar
huis teruggekeer. Sy het oorledene op die rusbank ge-
sien lê en hora geroep. Hy het gelê asof hy slaap, en sy
het ............
13
het gesien dat sy oë "halfpad" oop was. Sy het haar
man", wat buite die deur gestaan het, geroep. Hy het
die kamer binne gekom en toe waargeneem dat oorledene dood
was. Daar was 'n groot "dam" bloed voor die rusbank.
Daar was geen tekens van 'n bakleiery nie. Sy het gesê
dat hy gelê het met sy linkerhand onder sy kop "soos een
wat slaap".
Johannes Stevens se getuienis het weinig lig ge-
werp op die omstandighede waaronder oorledene met noodlot-
tige gevolge aangerand is. Toe oorledene voor middag-
ete by die huis opgedaag het, het Stevens uitgegaan om vir
Ann Jansen te roep. Hy getuig dat toe hy die huis ver-
laat het, het oorledene op die rusbank gelê. Hy be-
vestig .............
14
vestig Ann Jansen se getuienis oor wat die toestand was toe
hulle by die huis aangekom het.
Appellant het onder eed getuienis afgelê en ontken
dat hy vir oorledene met 'n mes aangerand het. Hy was
die betrokke Sondag alleen by die huis; sy vrou het die na-
week by haar moeder gekuier. Vroeg die oggend was hy
besig om sy middagmaal voor te berei toe hy opgelet het dat
die oorledene verby sy huis stap. Na hy sy kos voorberei
het, het hy na Ann Jansen se huis gestap en van daar na 'n
sogenaamde smokkelhuis gegaan waar hy gedrink en domino
gespeel het. Later het die oorledene by hulle aangesluit
Daar was geen onenigheid hoegenaamd nie. Teen ongeveer
13h00 het hy huis toe gegaan om te eet. Toe hy vertrek
het .........
15
het was die oorledene nog in die smokkelhuis. Ná hy sy
kos geëet het, het hy besluit om Swartmense by die Cross
Roads plakkerskamp te besoek. Op pad soontoe het Jakoof
by homverby gestap in die rigting van sy huis (dit is Jakoof
s'n). Dit was ver van Ann Jansen se huis. By Cross
Roads het hy saam met die Swartmense gedrink. Hy weet
nie wie die eienaar van die Smokkelhuis is nie, en het ook
nie bekendes daar ontmoet nie. Later, op pad huis toe,
het 'n groep mense, waaronder ene Norman, hom voorgekeer en
hom daarvan beskuldig dat hy die oorledene vermoor het.
Hulle het hom aangerand. 'n Man, wat gesê het dat hy 'n
speurder was, het tussenbëide getree en te kenne gegee
dat hy appellant na die polisiestasie te Philippi sou neem
Appellant is toe na die polisiestasie geneem waar hy aange-
hou ...........
16
hou is. In verband met die Japie Januarie-saak het ap-
pellant getuig dat hy vrygespreek is omdat bevind is dat hy
in noodweer opgetree het. Die gemeenskap was ontevrede
met hierdie bevinding van die verhoorhof. Om daardie
rede wou die mense hom in verband met oorledene se moord
"doodsweer" .
Dit is in hoër beroep namens appellant betoog
dat Jakoof nie alleen 'n enkel getuie nie, maar ook 'n jeug-
dige van 11 jaar oud was toe hy die gebeure waaroor hy ge-
tuig het sou waargeneem hét. Dit is betoog dat sy getuie-
nis met die grootste omsigtigheid benader moes gewees het.
Die benadering van die meerderheid van die hof a quo blyk
uit die volgende passasie in die uitspraak:
"Looking ................
17
"Looking at the total picture we are
convinced that there
is no reasonable
possibility of mistaken identity.
We are likewise
convinced that there
is no reasonable possibility of Jacoef
either on his
own initiative or at
the instigation others deliberately
incriminating a
man he knows is in-
nocent, a man who is his neighbour
and with whose son
he regularly plays.
Jacoef was totally convincing as a wit-
ness, and even
making every allowance
for his tender years and the suggesti-
bility of
youth we are nevertheless
satisfied he is truthful and reliable.
So also
Ann Jansen who was most im-
pressive. On her evidence Jacoef came
straight
out with everything, and it
is inconceivable that if what she says
is
true, there was time for him to be
persuaded to wrongly incriminate
the
neighbour he knew so well. If it was
a deliberately false
incrimination of
the accused then she too must have been
in on the plot.
Having seen her and the
very fair way she gave evidence we are
convinced ....
18
convinced that any such suggestion
lacks all credulity.
The people we saw giving evidence are
just not the sort of people
capable
of either conceiving or seeing through
such a devilish plan."
Wat die appellant betref word die volgende in die
uitspraak gestel:
"The accused's version in vacuo is ob-
viously a story that
could reasonably
possibly be true. In vacuo there are
no
inherent improbabilities in it.
There is also the problem of there
being
no known motive for the accused
to kill the deceased. But no story
can
properly be evaluated in vacuo.
It must be judged in the light
of all
the cicumstances of the case. One of
the circumstances is that in
the view
of all three of us the accused was a
most unconvincing witness.
He is ob-
viously reasonably intelligent and well-
spoken, but there was
something about
his manner and attitude in the witness-
box ..........
19
box which filled all of us with the
deepest
suspicion.
It is true that demeanour can be a very
unsafe guide - see
Hoffmann and Zeffert,
SA Law of Evidence, 3rd
edition,
pages 476/7 - and we are deeply concio.us
of the need to be
particularly careful
on this score. However I would be fail-
ing in my
duty if I did not express
the very strong feeling of untrust-
worthiness
which the accused's demeanour
aroused. He was shifty and ill at
ease and
while his words said one
thing his eyes spoke another. His
voice and
intonation lacked all convic-
tion. It was as if he himself did
not
believe what he was saying. I know
that this is intangible and that we
do
not know what his normal behaviour
is like. Maybe he is normally a
shifty-
eyed sort of person whose statements
lack conviction. We have
searched our
consciences to see whether we are not per-
haps doing him an
injustice in this
regard, yet we cannot escape the over-
whelming reality
of our conviction
that ..........
20
that his demeanour is that of a lying
witness. This adverse finding as to
demeanour is one which should not
play too great a role and we therefore
regard it not as the cardinal factor
but as one of the factors which has
some weight, though not a very great one."
Vir sover gesuggereer is dat Jakoof beïnvloed
kon gewees het om
appellant as die moordenaar aan 'te wys
moet onthou word dat Jakoof kort na
die voorval die identi-
teit van die moordenaar aan sowel Ann Jansen as die
polisie
bekend gemaak het, en dat daar dus geen geleentheid was vir
iemand
om Jakoof te beïnvloed om die onskuldige appellant
valslik by die moord
te betrek nie.
Ek is nie in hoër beroep oortuig dat die meerder- heid van die hof a quo in enige opsig gefouteer het met die
bevinding .
21
bevinding dat appellant die oorledene vermoor het nie.
Die appèl word derhalwe afgewys.
P J WESSELS,
Wnd AR
JANSEN, AR. JOUBERT, AR
GALGUT, Wnd AR
ELOFF, Wnd AR
Stem saam

RTF format