South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 157

| Noteup | LawCite

S v Edwards (304/83) [1984] ZASCA 157 (29 November 1984)

Download original files

PDF format

RTF format


SAAK NO. 304/83

/ccc

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

PATRICK EDWARDS APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENT

CORAM: KOTZé, HEFER ARR et ELOFF Wnde AR

VERHOOR: 26 November 1984

GELEWER: 29 November 1984

UITSPRAAK

ELOFF/ ..........

2.

ELOFF, Wnde AR:

Die appellant is deur 'n

landdros skuldig bevind aan handeldrywe in 'n hoeveel

heid tablette bevattende metakaloon, en hy is ge

vonnis tot vyf jaar gevangenisstraf. Na 'n onsukses-

volle appèl na die Kaapse Provinsiale Afdeling (Regters

Burger en Vos), wat vervolgens verlof tot verdere

appèl geweier het, kom hy op appèl na hierdie hof

teen sy skuldig bevinding nadat verlof in terme va.n

artikel 21(3)(a) van Wet 59 van 1959 toegestaan is.

Die aanklag het voortgespruit

uit polisieoptrede waaraan 'n aantal konstabels o.a. Juon

en Jansen deelgeneem het. Volgens eersgenoemde se

getuienis/ .........

3.

getuienis het hy en ander lede van die mag 'n

sekere perseel in Claremont, Kaap, binnegegaan

om 'n klagte dat dagga gerook word, te ondersoek.

In die agterplaas het hy 'n aantal persone insluitende

die appellant aangetref. Hy het hulle deursoek, en

in die bosak van die appellant se hemp 'n aantal pille

in 'n sellofaan houer gevind. Omd'at hy gedink het dat

die pille Mandrax is wat metakaloon bevat, het hy op

die houer met pille beslag gelê en die appellant ge-

arresteer. Die ander aanwesiges is ook aangehou en

na. 'n polisievoertuig geneem. Op pad na die voertuig

het die appellant probeer ontsnap, maar konstabel Jansen

het 'n rewolwerskoot na hora gevuur en hom gewond. Hy

is/ ........

4.

is gevang, en later o.a. aangekla van die oortreding

van artikel 2(A) van Wet 41 van 1971. In die verhoor

het die staat ook getuíenis aangebied om te toon dat

die betrokke pille metakaloon bevat het.

Die appellant se relaas was dat

geen houer bevattende pille in sy hempsak gevind was

nie. Toe die voormelde lede van die polisiemag die

betrokke agterplaas binnegekom het was hy en die ander

aanwesiges besig om perskommentaar oor sekere perde

wedrenne te bespreek. Konstabel Juon het hulle deur-

soek, en toe hy by die appellant kom, het hy gebuk om

voorwerp op te tel wat op die grond tussen hom en 'n

vrouepersoon genaamd Shelley gelê het. Dit was 'n

houer/ .........

5.

houer met pille in. Hy was totaal onbewus van die

aanwesigheid van die voorwerp totdat Juon dit te

voorskyn gebring het. Juon het dit aan hom gestel

dat dit Mandrax pille was. Hy het egter nie toe

voorgegee dat die houer van die appellant se hempsak

afkomstig was nie. Die appellant is gearresteer en

tesame met die ander persone wat in die agterplaas was.

na die polisievoertuig begelei. Toe hulle naby die

polisievoertuig kom het hy, op die ingewing van die

moment, besluit om te probeer vlug. Soos voormeld is

hy egter gewond en weereens onder polisiebeheer gebring

In die landdrosverhoor was die

staat gedaag tot bewys daarvan dat die pille wat Juon

gevind/ ........

6.

gevind het, wel metakaloon bevat het. Die landdros

het bevind dat die betrokke bewering in voldoende mate

bewys is. Die bevinding is in betoog voor ons aangeveg

In die lig van die gevolgtrekking wat ek ten opsigte

van die ander aspek van die saak bereik het, is dit

onnodig dat ek daaroor uitsluitsel moet gee. Ek

ag dit egter nodig om kommentaar te lewer oor die

nalatigheid wat ek bespeur in die optrede van die

verantwoordelike amptenare in die daarstelling van be-

hoorlike rekords om te toon dat die pille waarop

konstabel Juon getuig het, dié was wat later deur die

Forensiesewetenskap-Laboratorium ontleed is. Konstabel

Juon was nie in staat om te getuig of hy self die

saaknommer/ .........

7.

saaknommer op die koevert waarin die pille in 'n

kluis in die Claremont polisiestasie geplaas is,

noteer het nie; die verantwoordelike amptenaar van

die Departement wat die pille by die polisiestasie

kom kry het, was vanweë die afwesigheid van kontemporêre

notas onseker of die pille los in 'n koevert, of in 'n

plastiese houer was; en die moontlikheid is gebied om die

voldoendenheid van bewys te bevraagteken. Dit is van

belang dat presiesheid van optrede ter aansien van

hierdie sake nagestreef word.

Ek wend my nou na die wesenlike feite-

dispuut in die saak. Benewens konstabel Juon het die

staat konstabel Jansen geroep. Sy getuienis was egter,

volgens/ ........

8
volgens die landdros se oordeel, van geen waarde,
en dit is geignoreer. Die. landdros was nogtans
gunstig beïndruk deur konstabel Juon, en kon geen
fout met sy getuienis vind nie.

Aangaande die appellant se
getuienis het die landdros hom soos volg uitgelaat -

"The Accused's version of what occurred
on this particular day, differs to a
great extent from the evidence of the
Statë but it also differs from the line
of cross-examination on the State wit-
nesses. At first all the people
were looking through a paper but it later transpired that only some were
looking at the paper whilst the others
were looking at a race card. According
to the cross-examination levelled at
Constable Juon, he did not know what
kind of tablets it were and that he
asked the Warrant-Officer whether it

was/ ..........

9.

was Mandrax. According to the
Accused the other policeman, apparently
the Warrant-Officer, looked at the
tablets and decided that it was Mandrax.

In the evidence-in-chief the Accused
described his "escape", as "I just
thought why am I handcuffed, so I ran".
At closer examination it transpired
that the Accused ran because he saw
that the Constable's attention was diverted

for a moment. Under cross-examination
he told the Court he thought he had
been arrested for Mandrax. In other
words in his own words he thought that,

and in his own mind, he thought that
he was under due arrest and took the

opportunity to escape in contrast to
what he told the Court through his

Legal Representative what his defence
would be on Count 2. In evidence

he therefore diverted from what he

had told the Court earlier and

therewith disclosed a guilty mind."

Ek vind die landdros se

redenasie/

10.

redenasie mees onoortuigend. Ek dink nie dat dit

wat tydens kruisondervraging gestel is, wesenlik

verskil van dit wat die appellant oor getuig het nie.

Ek volg nie watter belang die landdros heg aan die

feit dat dit in kruisondervraging aan Juon gestel was

dat hy aanvanklik onseker was watse pille dit was nie

Volgens die staatsgetuies het Juon inderdaad hom na

adjudant-offisier Barkhuizen, wat daar aanwesig was,

gewend om te hoor watse pille dit was.

Ek dink ook dat die landdros

oormatiglik gewig heg aan die feit dat die appellant

probeer vlug het. Dit is te begrype dat die

appellant paniekbevange geraak het toe hy gearresteer

en/.......

11.

en geboei was. Selfs al was die houer met pille
net in sy nabyheid gevind, was daar vir die appellant
rede tot groot kommer. Dit was 'n onbesonne daad om
te probeer ontvlug, maar dit is volgens my oordeel, in
die besondere omstandighede van die geval, nie nood-
wendig bewys van skuldbesef nie.

Wat Juon se getuienis aanbetref
ontstaan die vraag natuurlik: hoekom sou hy Valslik
beweer dat die houer met pille in die appellant se sak
was? In die verband beskou ek die volgende uitlating van
Miller R in S v Dladla 1974(2) S.A. 689(N) te 691 van
nut -

"The improbability which induced the
magistrate to find that the accused's

evidence/

12.

evidence was completely unworthy of
belief was that a detective constable
would

'single out ... an innocent person ...
from a group of passengers and link
him with a bag standing on the ground
nearby".
The magistrate did not found this im-
probability upon the merits or integrity
of the particular constable whose evidence
was in issue; he appeared to regard it
as inherently improbable that a constable
would do what the accused said this parti-
cular constable did. A different problem
would have arisen if the magistrate
had, for example, relied upon his knowledge
and experience, gained in the course of
his judicial duties, of the qualities of
the particular constable concerned (cf
R v L., 1955(1) S.A. 575(T) at p. 577;
R v. P., 1955(2) S.A. 561 (A.D.) at p.
564). While I gladly accept that it
is not usual to find that innocent persons
are deliberately saddled by the police
with the crimes of others, in a case

such/

13.

such as this, where the accused gave a
detailed account of what he carried
when he alighted from the bus and how
it came about that he was charged with
the possession of dagga found in a suitcase
which was never in his possession, some-
thing more is required to justify rejection
of his evidence than simply that it is
unlikely that a constable would act in
such fashion. In essence, the magistrate
assumed that the constable concerned
would not falsely, or in error, attribute
possession of the suitcase to the accused and,
building upon that assumption, the magis-
trate found that the accused's evidence
was so utterly improbable as to be un~
worthy of belief. Such an assumption
begs the very question posed by the accused's
evidence. Whether or not the conduct
attribúted to the constable was improbable
conduct would depend in large measure upon
the court's assessment of the constable's
integrity and reliability. It would
also depend upon the answer to a specific

fact/

14.

fact deposed to by the accused,
namely, that when he alighted from the bus
he was carrying only an umbrella and a
brief-case. In effect, by making an
assumption in favour of the State regard-
ing the constable's integrity and re-
liability, the magistrate rejected the
accused's evidence that on that day he
carried an umbrella in one hand and a
brief-case in the other and that the
suitcase was at no time being carried
by him."

Vanweë die gebrek in die landdros

se uitspraak van gegronde redes om die appellant se
getuienis te verwerp, kan dit nie gesê word dat sy
relaas nie redelik moontlik waar was nie.

Ek wil, ten slotte, daarop wys

dat dit nooit die staat se saak was dat die appellant

getref/

15

getref was deur enige statutêre vermoede vanweë

die nabyheid van die houer met pille aan hom nie

Ek kom derhalwe tot die gevolg-

trekking dat die skuldigbevinding nie gegrond was

nie.

Die appèl slaag. Die skuldig-

bevinding en vonnis opgelê deur die landdros word

ter syde gestel.

ELOFF, Wnde AR

KOTZé AR )
) STEM SAAM
HEFER AR )