South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 155

| Noteup | LawCite

S v Shongwe (144/1984) [1984] ZASCA 155 (29 November 1984)

Download original files

PDF format

RTF format


LL
Saak No. 144/1984

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPèLAFDELING

Insake die appèl van:
RICHARD SHONGWE
Appellant

en
DIE STAAT
Respondent

CORAM:
RABIE, HR, VAN HEERDEN, AR
et GALGUT, WAR


VERHOORDATUM:
26 NOVEMBER 1984


LEWERINGSDATUM:
29 NOVEMBER 19 84


UITSPRAAK

/VAN HEERDEN, AR .......

2.

VAN HEERDEN, AR:

Die appellant het op rondgang in die Trans-
vaalse Provinsiale Afdelìng tereggestaan op aanklagte
van verkragting en roof met verswarende omstandighede
waarop hy skuldig gepleit het. Na skuldigbevinding is hy op die aanklag van verkragting die doodvonnis
opgelê. Met verlof van die verhoorregter (Curlewis, R) is sy appèl slegs teen dié vonnis gerig.

Dit blyk dat die klaagster, 'n blanke dame
in haar dertigerjare, op 'n plaas in die distrik van
Nelspruit woonagtig was. Omstreeks 12 nm. op 23
Mei 1983 het sy en haar vierjarige seuntjie vanaf die
lande na die opstal teruggekeer. Terwyl haar seuntjie
buite gespeel het, was sy in die kombuis doenig. Na-
dat sy die honde hoor blaf het, het sy die appellant
in die binnehof van die huis aangetref. Hy het gesê

/dat ...
3.

dat hy werk soek. Skielik het hy nader beweeg en
haar gegryp. Sy het geskrik en gestoei waarop hy
gesê het dat hy geld wou hê. In die huis het sy toe
R40 plus kleingeld aan hom oorhandig. Hy het ook
haar horlosie en 'n gordel geneem waarna hulle weer na
buite is. Voor die kombuis het die appellant die
klaagster se hande vasgebind en aangedui dat hy met
haar gemeenskap wou hê. Sy het geweldig gestoei en
hy het haar met die vuis op haar linkeroog geslaan.
Daarna het hy haar tot in die kombuis gesleep en met
geweld tot op die vloer gestamp. Omdat sy nie haar
bene wou oopmaak nie, het hy haar op die reedsbeseerde
oog geklap. Hy het ook gedreig om haar keel met 'n
mes af te sny. Nadat die appellant die klaagster
se broek afgeskeur het, het hy haar toe verkrag.

Die appellant het getuig dat hy die betrokke
dag na die klaagster se huis gegaan het om werk te soek,

/Terwyl ...

4
Terwyl hy die oggend by verskillende huise om 'n werk-
geleentheid aangeklop het, het hy op 'n geleentheid 'n
sigaret by 'n onbekende Swart man gekry en dit gerook.
Dit het hom dronk laat voel en meegebring dat hy die
misdade gepleeg het. Na verkryging van die reeds-
genoemde bedrae en artikels het, soos hy dit stel,
"die Satan toe gekom en vir my toe versoek om met
haar [die klaagster] gemeenskap te hou sonder haar
toestemming."

Die verhoorhof het bevind dat die appellant
'n onbevredigende getuie was en het sy suggestie dat
hy onder die invloed van dagga was, verwerp. By
vonnisoplegging het die verhoorregter bevind dat die
appellant minstens vyf en twintig jaar oud was. Wat
betref 'n vorige veroordeling vir verkragting in 1979
is die volgende gesê:

"His age is relevant to a consideration

/of ...

5.
of whether the death penalty" should be im-
posed rather than any other form of impri-
sonment. His previous conviction for rape
is not."

Indien die regter te kenne wou gee dat in
geen verkragtingsaak 'n vorige veroordeling vir daardie
misdaad in ag geneem moet word nie wanneer oor 'n gepaste
vonnis - en veral die moontlikheid van die oplegging
van die doodvonnis - besin word, kan ek nie akkoord
gaan nie. Klaarblyklik kan so 'n veroordeling wel
relevant wees. Ek keer later terug na die gewig
wat in die onderhawige geval aan die appellant se vorige
veroordeling toegeken behoort te word.

Die verhoorregter het voorts gesê dat indien
hy die doodstraf sou oplê, hy dit nie sou doen nie van-
weë 'n oordeel dat die appellant 'n bedreiging vir die

gemeenskap was of vanweë die moontlikheid dat hy na
uitdxening van gevangenisstraf weer sou verkrag nie.

/Hy .......

6.
"I know the terrible and the just anger of
the community and its claim that its women-
folk should be protected in their homes
against being savagely ravaged."
Hy het vervolgens gewys op die feit dat die klaagster
'n verfynde dame was; dat aansienlike geweld gebruik
is, dat sy ten tyde van die verhoor nog soms 'n vrees-
gevoel ondervind het, en dat sy as't ware alleen in
haar huis en sonder enige uitlokking aan haar kant oor-
weldig is. In laasgenoemde verband is gesê:

Die appellant se advokaat het betoog dat die
verhoorregter in 'n aantal opsigte misgetas het en ek
meen dat hy gelyk gegee moet word. In eerste instansie
is by skuldigbevinding gesê dat die appellant nie na
die klaagster se huis gegaan het met die doel om werk
te soek nie maar wel om te roof en te verkrag indien
dit moontlik was. Hierdie bevinding is nie gemotiveer
nie en kom vir my onaanvaarbaar voor. Daar is niks

/wat ...

7.
wat daarop dui dat die appellant vooraf geweet het dat
die klaagster (en haar seuntjie) kort voor middagete
alleen by die huis sou wees nie. En al sou hy ook
die moontlikheid van roof in gedagte gehad het, kan
nie bevind word dat hy ook vooraf verkragting oorweeg
het nie. Trouens, die getuienis dui daarop dat, soos
die appellant ook getuig het, hy eers na verkryging
van die geld en artikels as't ware op die ingewing van
die oomblik besluit het om die klaagster te verkrag.

Die genoemde bevinding is nie by vonnisopleg-
ging herhaal nie maar het waarskynlik 'n invloed gehad
op die verhoorregter se besluit om die doodstraf op
te lê. Sekerlik is nie in die guns van die appellant
in ag geneem dat hy waarskynlik of selfs moontlik im-
pulsief opgetree het nie.

Tweedens het die verhoorregter 'n verkeerde

/siening ...

8.
siening gehad van die mate van geweld wat aangewend
is. Hy het naamlik gesê dat die appellant vir die
klaagster herhaaldelik met die vuis op haar oog geslaan
het, terwyl sy van slegs een vuishou melding maak. Al-
leenstaande sou hierdie onjuiste siening nie veel gewig
kon dra nie, maar in samehang met die verkeerde bevind-
ing oor die doel waarmee die appellant na die opstal
gegaan het, is die mistastings na my mening van so 'n
aard dat dit hierdie hof vrylaat om opnuut 'n gepaste
vonnis te oorweeg.

Die feit dat die appellant die klaagster in
haar huis oorweldig het, is sekerlik verswarend, maar
in sigself regverdig dit nie die oplegging van die dood-
straf nie. Wat die aard van die verkragting betref,
is weliswaar aansienlike, maar nie buitengewone nie,
geweld aangewend. Die klaagster se oogbesering
het blykbaar redelik gou genees en behalwe vir die

/reedsgenoemde ...

9.

reedsgenoemde vreesgevoel het die gebeure nie perma-
nente of selfs langdurige psigiese letsels gelaat nie.
Die klaagster sê dat die penetrasie "taamlik" seer was
raaar haar vrouedele het nie opsigtelike beserings ge-
toon nie. Die geneesheer wat haar kort na die ver-
kragting ondersoek het,getuig naamlik dat die klaagster
geskok was maar dat haar vrouedele by ondersoek slegs
matig pynlik was.

Selfs met inagneming van die feit dat die
klaagster 'n verfynde getroude dame was, kan ek nie
bevind dat die misdaad in sigself so ernstig was dat
die doodvonnis aangewese is nie. Ek vind dit trouens
moeilik om te begryp waarom die verhoorregter die ver-
kragting as 'n uiterste geval, of, anders gestel, be-
sonder ernstig beskou het. Indien die appellant se
vorige veroordeling buite rekening gelaat word - soos
die verhoorregter gedoen het - en die onderhawige as

/'n ...

10.

'n uiterste geval beskou raoet word, sal daar seker nie
veel verkragtingsake voor 'n provinsiale of plaaslike
afdeling dien waarin die doodstraf nie aangewese
is nie.

Dit bring my dan by die vorige veroordeling.
Soos reeds genoem, het hy die betrokke daad gepleeg
toe hy nog redelik jonk was. Dat dit nie in 'n beson-
der ernstige lig beskou is nie, blyk daaruit dat hy
gevonnis is tot 7 houe met 'n ligte rottang. Indien
dan in aanmerking geneem word dat die appellant nog
nooit aan die remediërende effek van tronkstraf vir
'n geweldsmisdaad blootgestel is nie (vir sy enigste
ander veroordeling vir diefstal is hy trouens die keuse
van 'n boete gegee) en dat na uitdiening van 'n langter-
myn tronkstraf wanneer die appellant heelwat ouer sal
wees, sy drifte waarskynlik minder intens sal wees,
meen ek dat 12 jaar gevangenisstraf die aangewese

/vonnis ...

11.

vonnis is.

Ondanks aanwysings wat hierdie hof in die ver-
lede gegee het, het die verhoorregter nie 'n vonnis op
die roofklag opgelê nie maar beslis dat vonnisoplegging
moes oorstaan. Dat dit in die reël die verhoorreg-
ter se plig is om 'n beskuldigde op elke klag te vonnis -
ook al sou die doodstraf op 'n bepaalde klag opgelê word -
word onderstreep deur die onnodige koste en vertraging
wat 'n terugverwysing vir vonnisoplegging op die roof-
klag in hierdie geval sou meebring. Beide advokate
was dit egter eens dat hierdie hof die nodige vonnis
moet oplê, en aangesien die appellant reeds 'n geruime
tyd in die dodesel deurgebring het, meen ek dat aan
die advokate se standpunt gevolg gegee moet word.

Na my mening behoort die appellant tot 6 jaar
gevangenisstraf op die roofklagte gevonnis te word.

/Weens ....

12.

Weens die kumulatiewe effek van die twee vonnisse be-
hoort 'n helfte van die termyn van 6 jaar samelopend
met die vonnis op die aanklag van verkragting te wees.

Gevolglik slaag die appèl. Die doodvonnis
opgelê deur die verhoorregter word tersyde gestel en
deur die volgende vervang;

"Die beskuldigde word gevonnis tot 6 jaar
gevangenisstraf op die eerste klagte en tot
12 jaar gevangenisstraf op die tweede klagte.
'n Helfte van die termyn van 6 jaar sal same-
lopend met die straf op die tweede klagte wees."

H.J.O. VAN HEERDEN, AR

RABIE, HR

STEM SAAM
GALGUT, WAR