South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1984 >>
[1984] ZASCA 149
| Noteup
| LawCite
S v Moloi (151/84) [1984] ZASCA 149 (28 November 1984)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die appèl van : -
HYASINTH MOLOI appellant
teen
DIE STAAT respondent
Coram: RABIE HH , CILLIE AR et C.GALGUT Wn AR.
Datum van
verhoor: 16 November 1984
Datum van uitspraak: 28 November 1984
U I T S P R A A K
GALGUT Wn AR:
Die appellant is in die streekhof te Klerks-
dorp aan die onwettige besit van 'n M A B Espanola pistool
(klag 1) en
vier 7.65 mm patrone (klag 2) skuldig bevind.
/ Kragtens
2
Kragtens art 2, gelees met (; artikels 39(2) en 40, van Wet
75
van 1969 ("die Wet") rnag geen persoon 'n wapen in sy be-
sit hê
nie tensy hy 'n lisensie hou om daardie wapen te besit.
Kragtens art 36 van
dle Wet mag geen persoon in besit van
ammunisie wees nie tensy hy in
regmatige besit is van 'n
wapen waaruit die ammunisie afgeskiet kan word. Die twee
aanklagte is saamgeneem vir doeleindes van vonnis en 'n vonnis
van agtien
maande gevangenisstraf is hom opgeLê. 'n Appel
teen die vonnis na die
TransvaaJ.se Provinsiale Afdeling ("TPA")
is afgewys . Met verlof van die TPA
is die onderhawige appêl
teen die genoemde vonnis gerig.
Appellant het ten tyde van die summiere verhoor
in die streekhof op beide
aanklagte skuldig gepleit. Daarná,
en in ooreenstemming met art 112(2)
van Wet 51 van 1977, het
hy die volgende skriftelike erkennihgs gemaak:
"Ek, HYASINTH MOLOI, erken hiermee:
1. dat ek op 3 Augustus 1978 en te Klerks-
dorp wederregtelik en
onwettiglik in besit
/ was .
3
was van 'n M.A.B. Espanola pistool sonder dat
ek die houer van 'n lisensie is om gemelde
wapen te besit , welke wapen in werkende
toestand is;
2. dat ek op die voormelde datum en te
Klerksdorp wederregtelik en onwettiglik
in besit was van 4 (vier) 7.65 rondtes
ammunisie;
3. dat ek nie 'n gelisensiëerde handelaar
is nie ;
4 . dat ek nie in wettige besit was
van 'n
wapen waaruit die ammunisie afgeskiet kan
word nie."
Die erkennings is uitgelees en ingelewer as bewysstuk A .
Vervolgens is hy
skuldig bevind aan beide aanklagte.
Áppellant het, ter vcrsagting van vonnis,
getuienis afgelê.
Dit blyk dat hy die vuurwapen (en
patrone) vir nege maande in sy besit gehad
het. Hy het dit
op 'n voetpad naby die Skoonspruit in Klerksdorp
opgetel.
Sy reaksie op die vonds blyk uit die volgende getuienis:
"Toe jy dit optel, wat wou jy daarmee
maak?— Ek vvas baie biy
gewees, Ek wou
mos sê dis nou vny geluk .
Hoekom was jy baie bly en gedink dis
jou geluk? - - Want ek het al in die
koerant
/ gelees
4
gelees, Edelagbare, dat besigheidsmanne
vuurwapens kan besit en toe ek dit optel
het ek bly geword en gesê
nou het ek maar
een vir myself.
Wat het jy met hierdie vuurwapen gemaak
toe jy dit opgetel het?--
Ek het niks daar-
mee gedoen nie Edelagbare; ek het dit altyd in my voertuig
gehou Edelagbare ; ek het
somtyds daarvan vergeet want ek het baie
dinge
wat ek doen .
Waar in die voertuig het jy dit gehou?-- .
Onder die sitplek Edelagbare
.
Weet jy hoe 'n vuurwapen werk?-- Nee
Edelagbare, ek het dit nooit
gebruik nie en
ek weet nie hoe dit werk nie."
Hy het getuig dat hy 42 jaar oud is; dat hy getroud is ;
dat sy
vrou nie werk nie ; dat hy drie kinders het; dat
een op universiteit is en
twee op skool; dat sy suster
oorlede is en dat hy vir haar kinders sorg; dat
hy vir sy sewentigjarige moeder sorg ; dat hulle almal saam met,
hom in sy
huis bly ; dat hy die eienaar is van 'n melkery
waar hy melk verkoop en
vanwaar hy melk aflewer aan klante;
dat hy heeltyd van vroeg in die oggend
tot elfuur die aand
in die winkeltjie moet wees; dat die inkomste van die
melkery
/ R300
5
R300 per maand is; dat hy in Jouberton,
die dorp waar hy woon,
'n bekende persoon is; dat hy vir elf jaar eers
raadslid en
toe voorsitter van die Jouberton Adviserende Raad was en
die afgelope ses jaar president van die Kamer van Kleinhandel.
Appellant
het ook getuig van 'u voorval wat by sy winkel.
gebeur het . Die volgende
uittreksel uit sy getuienis
is veelseggend:
"Dit was eendag, ongeveer 1.1-uur die oggend,
Edelagbare, was ek daar besig met die geld
gewees, die geld moes gebank gaan word Edel-
agbare. Daar het toe vier persone ingekom
en hulle het die geld gevat , en het toe met
die geld weggehardloop. Ek het hulle toe met
hierdie voertuig van my gevolg waarin die
vuurwapen was. Ek het die een gevolg wat die
geld gevat het en toe ek by hom kom, het hy
toe gestaan; ek het by die voordeur uitgeklim
en ek het toe reguit na hom toe gegaan.
Hy het toe'n mes uitgepluk en hy het toe
probeer om my daarmee aan te val. Ek het toe
my gedagte gebruik, Edelagbare, om hom te
wen. Ek het hom toe arresteer en na die
polisie toe gebring. Maar ek weet nie wat
het toe van daardie saak geword nie Edelagbare.
Met wat het jy hom
oorweldig?— Ek het
so 'n little of karate gebruik Edelagbare.
Waar was die rewolwer op daardie stadium?--
Dit was onder die sitplek
gewees .
/ Hoekom
6
Hoekom het jy nie die rewolwer gevat om te oorweldig?-- Ek het heeltemal
daarvan
vergeet, Edelagbare, dat ek 'n vuurwapen het ."
Die landdros het etlike vrae aan die appellant
gestel. Ek heg waarde aan
die volgende tersaaklike vrae
en antwoorde daarop:
"Het jy ooit aansoek gedoen om 'n
vuurwapenlisensie?-- Nee, ek het
nooit
probeer aansoek doen nie Edelagbare.
Waarom nie?- Omdat ons by ons vergaderings
in die sakekamer daar
ooreengekom het, Edel- agbare , dat ons as 'n komitee aansoek sal doen
vir
vuurwapens vir ons mense wat besighede
het. Na hierdie vergadering was daar
weer
verkiesings gewees Edelagbare, en toe was ek nie
weer die president
gewees nie en net daarna het
ek toe in hierdie moeilikheid beland en
ek is
baie jammer daaroor.
Maar waarom het jy nie persoonlik aansoek
gedoen om 'n vuurwapenlisensie
nie?-- Ek het
nie daaraan gedink om dit persoonlik te doen
nie
Edelagbare.
Omdat jy nie 'n vuurwapen nodig gehad het
nie?-- Verskoon Edelagbare?
Omdat jy nie 'n vuurwapen nodig gehad het
nie?-- Ek het dit nodig
Edelagbare, maar ek
het toe gedink in dié dat ons as 'n
komitee
aansoek sal doen , sal dit meer aanvaarbaar wees
as wat ek dit
alleen moet doen. . '
Hoe Lank is jy in hierdie besigheid?—
Sestien jaar Edelagbare.
/ En.............
7
En al sestien jaar het jy klaargekom sonder
'n vuurwapen?-- Ja Edelagbare, maar gedurende
hierdie tyd was daar al nege roofsake wat ek
hangend gemaak het by die Polisie wat nooit
toe afgehandel was nie.
Maar ek volg jou nie. Jy vertel die hof
jy het 'n vuurwapen nodig vir noodv/eer of self-
beskerming maar jy gebruik nie hierdie een wat
jy het nie?-- Ek het dit nie gebruik nie
Edelagbare, want ek het dit nie wettiglik in
my besit nie en my bedoeling is ook nie om
dood te maak nie en ek weet ook nie hoe dit
werk nie ."
Appellant is nie 'n eerste oortreder
nie. Sy
vorige veroordelings en vonnisse is soos volg:
1956 - 6 weke gevangenisstraf vir ontsnapping;
1965 - R60 of 9 dae gevangenisstraf vir diefstal; 1966 - 180 dae gevangenisstraf vir diefstal ;
1974 - R40 of 20 dae
gevangenisstraf - Geen
transportsertifikaat of vrystelling.
Soos later sal blyk, het die landdros met die oplegging
van vonnis die
erns van die onderhawige misdade beklemtoon. Hy
het aangehaal uit 'n hele
aantal gewysdes waarin op die erns van
die onwettige besit van 'n vuurwapen
en ammunisie gewys word.
Dit is langs hierdie weg wat hy tot die
gevolgtrekking geraak
/ het
8
het dat 'n vonnis van 18 maande gevangenisstraf gepas sou wees.
IN sy redes vir die oplegging van die vonnis het die landdros
appellant se
persoonlike omstandighede uiteengesit en ook
melding gemaak van die nege
roofsake wat appellant by die
polisie aanhangig gemaak het . Die volgende
aanhalings uit
die landros se redes vir vonnis is belangrik (die nommers deur my aangebring)
( 1 ) "Die Hof moet nie hierdie vorige veroordelings
te veel beklemtoon
nie . Daar is nie 'n enkele
vorige veroordeling wat dergelik is aan die
onderhawige twee misdrywe nie en dan is dit
ook nodig dat die hof in
aanmerking moet neem dat behalwe die laaste veroordeling in 1974 wat gegaan
het oor 'n betreklike
geringe misdryf onder die motortransportasiewet, is die
ander vorige veroordelings reeds oud en,
soos tereg betoog deur jou raadsman,
toe jy die diefstal en ontsnapping gepleeg het was jy 'n
vee1 jonger man."
(2) "Die hof kan nie uit die oog verloor, beskuldigde,
dat jy nie
'n eerste oortreder is nie alhoewel die
hof nie te veel klem wil laat val op
jou vorige
veroordelings nie."
(3) "Jou eie woorde is dat jy soms vergeet het van
hierdie vuurwapen . Die
hof is ook nie deur jou getuienis oortuig van die noodsaaklikheid
om 'n
vuurwapen te besit nie want toe jy nou
tuidens jou eie getuienis beroof is
van geld,
/ het..........
9
het jy geensins die wapen gebruik nie. Sonder
'n vuurwapen het jy daarin geslaag om 'n man
wat jou geld geneem het in hegtenis te neem
ofskoon hy 'n mes gehad
het."
(4) "Na sorgvuldige oorweging van al die omstan-
dighede van hierdie saak
is dit die hof se
bevinding dat die klem wel moet val op die
erns van die
misdaad. Die hof se bevinding
is dat die enigste gepaste vonnis
gevangenis-
straf in die omstandighede van die saak is."
Ad (1) en (2) hierbo:
Ek is van mening dat maar min klem gelê moes
gewees het op die
vorige veroordelings en wel om die redes
uiteengesit in (1).
Ad (3) hierbo:
Met alle eerbied kan ek nie met die landdros
se
beredenering saamstem nie. As die bovermelde roof en die
nege sake wat by
die polisie aanhangig gemaak is in gedagte
gehou word, dan, na my mening, is
dit goed te verstaan dat
die appellant wel gedink het dat dit ten minste baie
wenslik is,
indien nie noodsaaklik nie, om 'n vuurwapen te besit. Die
/ feit
10
feit dat appellant ten tyde van die agtervolging van die
rower die
vuurwapen nie gebruik het nie, tel in die guns
van die appellant. Hy het die
rower met sy (appellant)
voertuig agtervolg; die vuurwapen was in die
voertuig;
die feit dat hy dit nie gebruik het nie versterk appellant
se
weergawe dat hy nie die moeite gedoen het om te leer hoe
om di e vuurwapen te
hanteer nie en dat hy wel by tye daarvan
vergeet het. Uie landdros het
gefouteer om nie die appellant
se optrede in die lig van wat hierbo gese is
te beoordeel
nie. Myns insiens was dit 'n wesentlike mistasting.
Ad (4) hierbo:
Dit is onbetwis dat die appelant nie die
vuurwapen opsetlik verkry het nie en dat hy nie die vuurwapen
vir 'n kwade
doel verkry of besit het nie . Dit blyk dat die
sakekamer in beginsel aanvaar
het dat dit wenslik is dat eienaars van besighede vuurwapens moet besit en dat
appellant
beïnvloed was deur dié mening van die sakekamer. Dit
is
/ duidelik ...........
11
duidelik uit die landdros se redes vir vonnis dat hy nie
genoegsame
oorweging aan hierdie feite gegee het nie.
Ek is van mening dat hy gefouteer
het om dit nie te doen
nie.
In S v David Rara, 'n ongerapporteerde
saak
wat in hierdie hof op 12 November 1981 beslis is, het
TROLLIP Wn AR
die volgende gesê :
"I turn now to the question as to what sen-
tence we should
substitute. This problem
has been recently considered by this Court
in
S v Matoma 1981 (3) SA 838, S v Mkhabela and S v Maseko
(judgments delivered on 28.9. 1981)
These cases point out that , while such
offences should generally be regarded by courts as
serious, especially in or
in connection witb
Black urban residential areas, care must be
exercised
not to over-emphasize such general
considerations at the expense of the
personal
circumstances of the particular accused or
the peculiar
circumstances of the particular
case , since those factors may otherwise
get
overlooked, ignored or be given insufficient
weight . "
By ontleding van die landdros se benadering
blyk dit dat hy die erns van die oortredings oorbeklemtoon
/ het
12
het in die omstandighede van dié geval. Elke saak moet
in die lig
van die beskuldigde se persoonlike omstandighede
en van die besondere
omstandighede van die geval oorweeg word
Gesien wat in (3) en (4) hierbo
uiteengesit is, en appellant
se persoonlike omstandighede in ag genome , is
ek van mening, nieteenstaande die feit dat die onwettige besit van 'n
vuur-
wapen en ammunisie 'n ernstige oortreding is , dat 'n
opgeskorte
vonnis van 9 maande in dié geval voldoen aan die
doelstellings
van strafoplegging.
Die appèl slaag en die vonnis van 18 maande
gevangenisstraf word gewysig om te lees:
"9 maande gevangenisstraf opgeskort vir
vyf jaar op voorwaarde dat die
beskuldigde
nie skuldig bevind word aan 'n oortreding
van art. 2 of art-
36 van Wet 75 van 1969
gepleeg gedurende die tydperk van
opskorting
nie".
O GALGUT
RABIE, HR) STEM SAAM
CILLIE, AR)