South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1984 >>
[1984] ZASCA 137
| Noteup
| LawCite
Gordon v R&H Motors (Edms) Bpk. (41/83) [1984] ZASCA 137 (23 November 1984)
Download original files |
14/83 N v H
S M J GORDON teen-R & H MOTORS (EDMS) BPK SMALBERGER, Wn AR:-
14/83 N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
MEV SUSANNA MARIA JOHANNA GORDON Appellante
en
R & H MOTORS (EDMS) BEPERK Respondent
CORAM: KOTZe, JOUBERT, ARR,
et SMALBERGER, Wn AR
VERHOORDATUM: 8 NOVEMBER
1984
LEWERINGSDATUM: 23 NOVEMBER 1984
UITSPRAAK
SMALBERGER, Wn AR:-
Die appellante, behoorlik bygestaan deur haar
man, met wie sy binne gemeenskap van goed getroud is, het in die Oranje Vrystaatse Provinsiale Afdeling 'n eis om
skadevergoeding /
2 skadevergoeding teen die respondent ingestel voortspruitend
uit die
respondent se beweerde kontrakbreuk. Die partye, met die hof a quo se
goedkeuring, het ooreengekom om die verhoor te beperk tot die beslegtingvan
slegs die meriete van die appellante se geding, en
enige oorblywehde geskil=
punte met betrekking tot haar skade vir latere beslissing te laat oorstaan. Na
aanhoor van die getuienis
het die verhoorregter. teen die appéllante
bevind, en absolusie is aan die respondent toegestaan, met koste. Die appel=
lante
kom nou in hoër beroep teen hierdie bevel.
Die volgende feite is óf gemene saak óf word nie betwis nie. Die appellante en haar man het vroeg die oggend van 15 April 1980 in verskillende voertuie vanaf hulle plaás na Kroonstad gereis, 'n distansie van nagenoeg
sewe /
3
sewe kilometers. Die appellante het met 'n Peugeot 404, wat etlike maande
vantevore tweedehands aangekoop is, gery. Sy en haar man
het vooraf afgespreek
om by
'n sekere vulstasie in Kroonstad te ontmoet waar hulle brandstof sou
ingooi. Daarvandaan sou die appellante na Welkom gaan. Toe die
appellante
Kroonstad binnegaan, het die Peugeot se remme onklaar geraak. Met die trap van
die rempedaal het dit tot teenaan die vloer
gesak sonder dat daar enige remkrag
was. Die appellante het tevergeefs herhaalde pogings aangewend om die remme te
laat vat deur
die rempedaal op en af te beweeg (te "pomp"). Sy het versigtig
sonder remme voortbestuur na die vulstasie waar sy haar man sou kry.
Na haar
aankoms daar het haar man die Peugeot se remme getoets, maar hy het ook
gevind
dat /
4 dat hulle nie werk nie. Hy het twee botteltjies remvloeistof
gekoop en die inhoud van een botteltjie gebruik om die remvloeistof
in die
Peugeot se remstelsel aan te vul. Dit het geen verbetering in die
toestand—
van die Peugeot se remme teweeggebring nie. Die
appellante is toe deur haar man aangese om die Peugeot na
die respondent
se motorhawe te neem, wat sy wel gedoen
het.
Daar is etlike geskille tussen die appellante
en die
respondent aangaande wat by die motorhawe plaasge=
vind het. Volgens die
appellante het sy 'n werknemer
van die respondent, ene Lindeque, ingelig oor
die voor=
afgaande gebeure en die toestand van die Peugeot se
remme, en
gevra dat hulle reggemaak word. Lindeque
het /
5
het daartoe ingestem, en 'n werktuigkundigé aangewys
om die nodige herstelwerk te doen. Sy het buite gewag
terwyl daar aan die Peugeot gewerk is. Die werktuig=
kundige het haar later kom sê dat die Peugeot gereed is.
Toe sy daarna die werkswinkel binnegaan, het sy ene
Pearson, die respondent se diensbestuurder, vir die
eerste keer daardie oggend opgemerk, en het hy, op haar
versoek, onderneem om haar man se rekening met die koste
van die herstelwerk te debiteer. Daarna is sy van die
motorhawe af weg.
Lindeque ontken dat hy die betrokke oggend by
die motorhawe was en dat die appellante enige versoek in
verband met die Peugeot se remme aan hom gerig het.
Pearson het getuig dat die appellante hom genader het met
'n versoek /
6
'n versoek om die Peugeot se remme te bloeí. Hy het
'n werktuigkundige, ene Van der Watt, aangesê om dit te doen. Van der Watt bevestig dat hy die opdrag ontvang het, en dit uitgevoer het. Volgens Pearson en Van der Watt het die appellante langs die Peugeot gestaan terwyl die remme gebloei is. Nadat Van der Watt die remme gebloei het, moes hy die remvloeistof aanvul. Die appellante het hom 'n botteltjie remvloeistof wat in die Peugeot was vir dié doel aangebied, en hy het daarvan gebruik. Volgens Pearson was daar geen werkskaart ' uitgemaak nie omrede geen remvloeistof dêur die respondent verskaf is nie, en die bloei van die remme 'n betreklike geringe werk was wat as 'n guns vir die appellante gedoen is. Daar was ook geen sprake dat die appellante se man
met enige /
7 met enige herstelkoste gedebiteer sou word nie. Na hy die
remme gebloei het, het van der Watt die rempedaal getoets en hom sodoende
tevrede gestel dat die remme behoorlik werk. Die Peugeot is toe aan die
appellante terugbesorg. Die appellante het verder getuig
oor die gebeure nadat
sy die motorhawe verlaat het. Met die
wegry het sy die remme getoets deur die rempedaal te
trap. Die remme het normaalweg gevat. Op pad uit ^
Kroonstad onderweg na Welkom, het die remme skynbaar,
behoorlik gefunksioneer. Nadat sy 'n tydlank met die
Kroonstad-Welkom hoofweg gery het, het sy 'n aantal
stadig-bewegende voertuie ingehaal. Tot op daardie
stadium het sy geen fout met die Peugeot se remme en
stuurstelsel agtergekom nie.
Toe / .
8
Toe sy by die voertuie kom, was sy genoodsaak om hard ,
rem
te trap. Met die aanwending van die remme het die Peugeot skielik na regs
uitgeswaai, oor die pad beweeg en teen 'n staalreling
aan die teenoorgestelde
kant van die pad gebots. Daarna het die Peugeot in die pad in terugbeweeg en op
die appellant se verkeerde
kant van die pad met 'n aankomende voertuig, bestuur
deur ene Myburgh, gebots. As gevolg van die botsing het die appellante verskeie
beserings opgedoen. Dit is die appellante se saak dat die peugeot se skielike
swenk na regs toe die remme aangewend is, daaraan te
wyte was dat die
regtervoorwiel se rem, weens vuiligheid in die rem= stelsel, vasgeslaan het.
Die /
9 Die geskilpunte in die onderhawige saak gaan oor die terme van
die ooreenkoms wat tussen die partye aangegaan is, en die nakoming
daarvan al
dan nie deur die respondent. Die appellante steun op 'n ooreenkoms waarkragtens
die respondent sou onderneem het om die
remme van die Peugeot te herstel.
Volgens die respondent was die ooreenkoms beperk tot die bloei van die Peugeot
se remme, dws, die
suiwering van die Peugeot se hidrouliese remstelsel van enige
lug. Die respondent aanvaar dat enige ooreengekome werk uitgevoer moes
word op
'n behoor= like en vakkundige wyse. Die appellante beweer dat die ooreenkoms
waarop sy steun nie behoorlik deur die respondent
nagekom is nie aangesien alle
vuiligheid en onsuiwerhede nie uit die Peugeot se remstelsel verwyder is nie,
met
die /
10
die vasslaan van die rem en die daaropvolgende botsing tot
gevolg. Daarteenoor maak die respondent staat
op die feit dat die Peugeot se
remme behoorlik gebloei
is deur sy werktuigkundige.
Die las rus op die appellante om die ooreen=
koms
waarop sy steun, en die nie-nakoming daarvan deur
die respondent, te bewys.
(Kriegler v Minitzer and
Another 1949(4) SA 821 (A); Topaz
Kitchens (Pty) Ltd v
Naboom Spa (Edms) Bpk 1976(3) SA 470 (A) ).
In die
verband het die verhoorregter bevind dat die appellante
haar nie
van hierdie las gekwyt het nie, en dat sy "nie
'n ooreenkoms béwys het
wat buite die bloei-proses gaan
met die doel om die lug in die pype te
verwyder nie".
Na my mening is die verhoorregter se bevinding in die
verband /
11
verband onaanvegbaar.
Die appellante se getuienis bots in
wesenlike opsigte met die van Lindeque, Pearson en Van der Watt. Die appellante
se bewering dat
sy 'n ooreenkoms met Lindeque aangegaan het, strook nie met die
bewering in haar pleitstukke nie dat sy Pearson opdrag gegee het
dat "die
remstelsel behoorlik herstel moes word". Dit is waarskynlik dat sy met Pearson
sou onderhandel het aangesien sy hom geken
het, en haár man
'n haar
uitdruklik gesê het om Pearson te gaan sien in verband met die
remprobleem. Die waarskynlikhede dui ook daarop dat Pearson,
wat aan die
verhoorregter as "'n platweg eerlike en reguit besigheidsman" voorgekom het,
alleenlik deur die appellante versoek was
om die
remme /
12 remme van die Peugeot te bloei. Normaalweg sou daar nie van 'n
dame soos die appellante verwag word om so 'n tegniese versoek te
rig nie. Aan
die hand van die getuienis van die deskundige getuies, Greyvenstein en Snyman,
is dit egter duidelik dat die probleem
met die Peugeot se remme waarmee die
appellante te make gehad het, veroorsaak is deur die aanwesigheid van lug indien
Peugeot se
remstelsel as gevolg waarvan daar geen drukking in die remstelsel was
nie. Die appellant se man beskik oor 'n mate van kennis van
remstelsels, en het
op sy plaas aan sy eie voertuie se remme gewerk. Hy het ongevraagd in sy
getuienis van die bloei van die Peugeot
se remme gepraat, en blyk dit uit sy
getuienis in die geheel gesien dat hy in gedagte gehad het dat die bloei van die
remme
die /
13 die remprobleem sou oplos. Hy ontken dat hy die appellante
opdrag gegee het om te versoek dat die remme gebloei word. Met die oog
op sy eie
kennis en ondervinding is dit uiters waarskynlik dat hy dit sou gedoen het, en
dat die appellante Pearson dienooreen= komstig
sou versoek het. Van der Watt se
getuienis dat die appellante die benodigde remvloeistof verskaf het vir die
aanvulling van die remvloeistof
in die remstelsel is ook meer waarskynlik as die
appellante se ontkenning tot die teendeel. Dit is logies en waar= skynlik dat
die
appellante se man die oorblywende bottel= tjie remvloeistof aan haar sou
gegee het ingeval sy dit benodig eerder om dit na sy plaas
te neem waar hy reeds
'n voorraad remvloeistof gehad het. Dat by die respondent
se / .
14 se motorhawe daar geen werkskaart uitgemaak is vir die aankoop
van remvloeistof nie, wat die geval sou gewees het as die respondent
dit moes
verskaf het, dui daarop dat die benodigde remvloeistof deur die appellante
verskaf is. Die feit dat die appellante by die
motorhawe gewag het terwyl daar
aan die remme gewerk is, dat geen werks= kaart uitgemaak is nie en die werk
sonder betaling as 'n
guns gedoen is, is ook aanduidend dat daar op 'n
betreklike geringe werkie ooreengekom is, naamlik, die bloei van die remme,
eerder
as die herstel van die remme, wat 'n groot werk kon gewees het. Gevolglik
moet die beweerde nie-nakoming van die ooreenkoms tussen
die appellante en die
respondent beoordeel word aan die hand van 'n ooreenkoms waarkragtens die
respondent onderneem het om die Peugeot
se remme te bloei.
Van der / .
15 Van der Watt, wat jarelange ondervinding as
'n
werktuigkundige het, het getuig dat hy die Peugeot se remme gebloei het deur die
bloeipunt op elke wiel om die beurt los te draai
sodat lug in die remstelsel kon
ontsnap. Dit is skynbaar die aanvaarde prosedure vir die bloei van remme.
Volgens Van der Watt het
hy opgemerk dat daar lugborrels uit die remvloeistof
ontsnap. Hy erken dat hy nie spesifiek opgelet het of daar vuiligheid in die
remvloeistof was nie. Na hy die remme gebloei het, het hy die remvloeistof
aangevul en die remme getoets deur die rempedaal te trap.
Die rempedaal het
normaal gevoel, wat 'n aanduiding was dat die lug uit die remstelsel ge= suiwer
is.
Namens die appellante is daar betoog dat al was daar net ooreengekom dat
die respondent die Peugeot
16 se remme sou bloei, die ooreenkoms nie nagekom
was nie aangesien, eerstens, daar nie op vuiligheid in die remstelsel gelet was
nie, en die remstelsel nie van bestaande vuiligheid gesuiwer was nie en,
tweedens, die Peugeot nie daarna op die pad getoets was
om vas te stel of die
remme doeltreffend werk of nie.
Die respondent se deskundige, Greyvenstein,
het getuig dat al wat met die bloei van remme be-oog word, is om lug uit die
remstelsel
te verwyder. Volgens hom is dit nie nodig om op vulligheid in die
remvloeistof te let nie tensy daar drukking in die remstelsel opgebou
het, wat
nie hier die geval was nie. Remvloeistof in die pype wat vanaf die
remhoofsilinder na die wiele van 'n voertuig loop word
nie met normale gebruik
so vuil dat
die /
17
die aanwesige vuiligheid enige uitwerking op die
rem=
stelsel kan hê nie., Van der Watt se opvatting van
wat die
bloei van remme behels strook met die van
Greyvenstein, te oordeel aan die
wyse waarop hy te werke
gegaan het met die bloei van die Peugeot se
remme.
Toe die appellante se deskundige, Snyman, gevra is wat
met die
bloei van remme bedoel word, en waarom remme
gebloei word, was sy antwoord:
"Wel, as daar lug in die
sisteem is, die enigste manier om lug uit die sisteem uit
te kry, is om hom te bloei". Hiermee het hy duidelik
te kenne gegee dat die bloei van remme net die verwydering
van lug in die remstelsel vereis. Eers later het hy
beweer dat dit 'n verdere vereiste was om op vuiligheid
in die remvloeistof te let en, indien daar is, die hele
remstelsel skoon te maak.
Ofskoon / ...
18
Ofskoon Van der Watt getuig het dat wanneer hy rem=
me bloei hy normaalweg die betrokke voertuig op
die pad toets,
blyk dit beide uit sy getuienis en dié van Pearson dat
so 'n
toets nie noodsaaklik is nie. Snyman het getuig oor
die
belangrikheid van 'n padtoets na die herstel van remme, maar
het
klaarblyklik uitgebreide herstelwerk in gedagte gehad
en nie net die bloei
van remme nie. Nadat die Peugeot se
remme gebloei was, is die rempedaal
getoets deur dit te trap
en het dit oënskynlik normaal gefunksioneer,
wat aandui dat
die bloeiproses suksesvol uitgevoer was. Die appellante
se eie ervaring met die remme nadat sy die motorhawe verlaat
het, was dat
hulle behoorlik gewerk het, en 'n padtoets sou
in elk geval waarskynlik nie meer as dit opgelewer het nie.
Alles inaggenome kan dit myns insiens nie gesê word dat die appellante bewys het dat die ooreenkoms om die
Peugeot /
19
Peugeot se remme te bloei meer vereis het as die
ver=
wydering van lug van die remstelsel nie, wat wel gedoen
is. Dat die
werk nie net uitgevoer is nie, maar ook
behoorlik en doeltreffend gedoen is, spreek vanuit die
feit dat die appellante, nadat sy die motorhawe verlaat
het, geen probleme
met die Peugeot se remme ondervind
het wat gekoppel kan word aan 'n versuim
om die remstelsel
behoorlik van lug te suiwer nie. Dit is gemenesaak dat
die Peugeot,nadat daar aan sy remme gewerk is, geen tekens
van lug in sy
remstelsel getoon het nie. Snyman skryf
ook nie die skielike swaai van die Peugeot net voor die
botsing aan lug in die remstelsel toe nie, maar wel aan
die opbouing van drukking in die remstelsel, wat teen=
strydig is met die aanwesigheid van lug daarin.
Gevolglik /
20 Gevolglik het die appellant nie daarin geslaag om
kontrakbreuk aan die kant van die respondent te bewys nie.
Al was die
ooreenkoms tussen die partye sodanig dat die respondent kontraktueel onder 'n
verpligting was om die Peugeot se remstelsel
van enige vuiligheid te suiwer, en
versuim het om dit te doen, bestaan daar nogtans nie voldoende bewys dat dit die
oorsaak van die
botsing was nie. Die appellante beweer dat met die laaste
aanwending van die Peugeot se remme voor die botsing het die regtervoorwiel
vasgeslaan en veroorsaak dat die Peugeot skielik na regs uitswaai. Volgens
Snyman was dit die direkte gevolg van vuiligheid in die
remstelsel. Dit is nie
nodig om 'n gedetaileerde beskrywing van die
Peugeot /
21
Peugeot se hidrouliese remstelsel te gee nie, of
in
besonderhede op die deskundige getuienis in te gaan
nie. Vanaf die
remhoofsilinder word remvloeistof deur
middel van pype na 'n silinder op elke
wiel gelei wat die
drukking op die rem op daardie wiel beheer.
Wanneer
daar krag op die rempedaal uitgeoefen word, word daar
suiers in
die remhoofsilinder in werking gestel. Die
werking van die suiers veroorsaak
druk in die remstelsel
wat deurgevoer word na die silinder op elke wiel en
die
inwerkingstelling van die remme tot gevolg het. Na
aanleiding van wat hy
bevind het toe hy die Peugeot se
regtervoorwiel en remstelsel na die botsing
ondersoek
het, het Snyman getuig dat daar weens vuiligheid in die
remvloeistof 'n blokkasie was in die pyp wat gelei het na
die /
22 die remsilinder op die regtervoorwiel. Dit het die behoorlike
heen en weer vloei van die remvloeistof in die hidrouliese stelsel
belemmer, en
veral die terug= vloei van remvloeistof na aanwending van die remme gedeeltelik
gestuit. Gevolglik het daar druk opgebou
op die rem op die regtervoorwiel, dit
het oorverhitting van die rem veroorsaak en met die laaste aanwending van die
remme voor die
botsing het die rem vasgeslaan weens totale blokkasie van die pyp
op daardie tydstip. Volgens Snyman, toe hy die regtervoorwiel van
die peugeot na
die botsing ondersoek het, het hy gevind dat dit stram was en nie wou draai nie.
Nadat hy die bloeipunt by die regtervoorwiel
losgedraai het, kon hy die wiel
weer draai,
'n aanduiding dat daar drukking op die wiel se rem was wat
deur /
23 deur die losdraai van die bloeipunt vrygestel is. Snyman het
ook getuig dat hy vuiligheid in die vorm van klein klonte in die pyp
wat na die
regtervoorwiel lei, gevind het.
Die appellante se getuienis onderskraag egter
nie die deskundige mening van Snyman nie. Dit blyk duidelik uit Snyman se
getuienis
dat as daar 'n opbouing van drukking in die remstelsel was op die wyse
deur hom voorgestel, die appellantesou agtergekom het dat
die Peugeot al hoe
meer regs neig, en dat die rempedaal "hard" sou gewees het in die sin dat dit
nie behoorlik ingetrap sou kon geword
het nie. Dit kom, onder andere, uit die
volgende vraag en antwoord tydens Snyman se kruisonder= vraging voor:- "U teorie
kan net
water hou indien mev
Gordon /
24
Gordon voordat sy die rem getrap het al 'n geleidelike
trek of
neiging na regs gevoel het en toe sy die rem
getrap het, die rempedaal hard,
styf moes gewees het?
Dit is korrek".
Die appellante het nooit getuig
dat die Peugeot 'n neiging om regs te trek getoon het op enige stadium voordat
dit na die laaste aanwending
van die remme kort voor die botsing skielik na regs
beweeg het nie. Verder is haar getuienis duidelik dat toe sy die rempedaal op
die laaste geleentheid getrap het dit nie styf was nie maar meegegee het en
amper tot teenaan die vloer platgetrap was.
Greyvenstein was van mening dat daar nie vuiligheid tot so 'n mate in die Peugeot se remstelsel
aanwesig / . ."
25
aanwesig kon gewees het dat dit die remme kon
laat
vasslaan het nie, en het skynbare weloorwoë redes vir
hierdie mening gegee. Hy het verder getuig dat indien
vuiligheid in die
remvloeistof drukking in die remstelsel
veroorsaak het, dit noodwendig al
vier wiele moes geaffek=
teer het, en nie net een nie. Gedagtig daaraan dat
die
regtervoorwiel van die Peugeot met die reling langs die
pad gebots
het, het hy vier moontlike redes verstrek
waarom die regtervoorwiel na die
botsing stram kon gewees
het en nie wou draai nie. Moontlik verduidelik hier=
die redes nie waarom,
volgens Snyman, die wiel weer gedraai
het nadat hy die bloeipunt op die
regtervoorwiel losgedraai
het nie. Snyman se getuienis in die verband is egter
te betwyfel, want toe hy die rempedaal getoets het,
skynbaar voor hy die bloeipunt losgedraai het, het
dit /
26 dit normaal gewerk. As daar drukking op die wiel deur die rem
was wat eers vrygestel is toe hy die bloeipunt losgedraaihet, moes
die
rempedaal, toe hy dit getoets het, hard of styf gewees het vanweë sulke
drukking, en nie normaal soos hy dit gevind het
nie.
Dit is nie nodig om op
verdere aspekte van die getuienis in te gaan wat Snyman se teorie verder onder
verdenking plaas nie soos, byvoorbeeld,
die afwesigheid van aanvaarbare
getuienis dat daar 'n wielsleepmerk oor die pad was, wat die geval moes gewees
het as Snyman se teorie
juis was. Al word die appellante se getuienis aangaande
die gebeure wat die botsing onmiddellik vooraf= gegaan het aanvaar, bly daar
myns insiens onvoldoende bewys dat die botsing veroorsaak is deur vuiligheid
in
die /
27 die Peugeot se remstelsel.
Die appèl word bygevolg afgewys, met
koste.
J W SMALBERGER WAARNEMENDE APPèLREGTER
KOTZé, AR )
) STEM SAAM JOUBERT, AR )