South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1984 >>
[1984] ZASCA 118
| Noteup
| LawCite
S v Gcwabe (248/1983) [1984] ZASCA 118 (27 September 1984)
Download original files |
LL Saak No. 248/1983
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING |
In die saak tussen:
ESTER GCWABE Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: JOUBERT, HOEXTER, BOTHA ARR
VERHOORDATUM: 20
SEPTEMBER 1984 LEWERINGSDATUM: 27 SEPTEMBER 1984
UITSPRAAK
/BOTHA AR ...
2.
BOTHA AR:-
Die appellant is in die landdroshof, Wynberg, skuldig bevind aan 'n
oortreding van artlkel 2 (a) van Wet 41 van 1971, deurdat sy handel
gedryf het
in Mandrax-tablette, wat 'n verbode afhanklikheidsvormende medisyne, metakaloon,
bevat. Sy is gevonnis tot 5 jaar ge-vangenlsstraf.
Sy het tereggestaan saam met
'n mede-beskuldigde, wat op dieselfde aanklag skuldig bevind is en dieselfde
vonnis opgelê is.
Die medebeskuldigde was beskuldigde 1 by die verhoor en
die appellant be-skuldigde 2; ek sal voortaan aldus na hulle verwys.
'n
Appèl teen hul skuldigbevindings is deur die Kaap die Goeie Hoop
Provinsiale Afdeling van die hand gewys.
'n Aansoek om verlof om verder te
appelleer na hierdie Hof is deur die Provinsiale Afdeling afgewys in die geval
van beskuldigde 1,
maar toegestaan in die geval van beskuldigde 2.
/Die ...
3.
Die Staat se saak teen die beskuldigdes het
voortgespruit
uit 'n lokval wat op 28 September 1981
in werking gestel is deur
speurder-konstabel Lazarus,
met gebruikmaking van 'n lokvink, ene Frankie
Davids.
Lazarus en Davids is die enigste twee getuies wat namens
die Staat
getuig het. Hulle getulenis stem ooreen
in die volgende opsigte. Davids se
besigheid is |
diê van 'n smous. Hy het vantevore al opgetree as 'n
beriggewer en 'n lokvink van die polisie. 'n Paar weke voor 28 September
1981
het hy aan Lazarus berig gedoen dat "pille" by beskuldigde 2 se woonplek verkoop
word. Haar woonplek is geleë in Guguletu,
in 'n straat wat genoem word NY
78. Gedurende die oggend van 28 September 1981 het Lazarus aan Davids opdrag
gegee om te probeer
om Mandrax te koop te kry by beskuldigde se se woonplek.
Later die oggend het Davids Lazarus ge-bel en aan hom verslag gedoen dat
daar
wel Mandrax by
/beskuldigde 2 ...
4.
beskuldigde 2 te koop is. Daar is toe gereël dat Davids die aand om halfagt met sy bakkie na die poli-siestasie in Guguletu sou gaan. Dit het Davids ge-doen. Die bakkie en die persoon van Davids is deur die polisie deursoek en daar is vasgestel dat daar geen Mandrax-tablette in die bakkie of aan sy persoon was nie. Van die polisiestasie het Davids in sy bakkie gery na beskuldigde 2 se woonplek, gevolg deur Lazarus en ander polisiebeamptes in 'n ander voertuig. By beskuldigde 2 se woonplek is Davids na binne. Na 'n kort tydjie het hy uitgekom, in sy bakkie geklim en rondgery in 'n paar strate, en toe weer teruggekeer na beskuldigde 2 se woonplek. Hy is weer na binne. Na 'n rukkie het hy weer eens uitgekom en na 'n ander straat in Guguletu gery, bekend as NY 1. Daar het hy stil-gehou. Lazarus en die ander polisiebeamptes, wat agter Davids aan gery het, het 'n entjie daarvandaan
/stilgehou ...
5.
stilgehou. 'n Rukkie later het 'n bruin Granada motor, wat aan beskuldigde 2 behoort, en wat vroeër.by haar woonplek gestaan het toe Davids daar in en uit is, verby gery gekom. Davids het agterna gery. 'n Ent verder het die Granada tot stilstand gekom, en Davids se bakkie ook, kort en skuins agter die Granada. Beskuldigde 1 het uit die bestuurdersitplek van die Granada geklim en met n geel plastieksak in sy hand na Davids se bakkie gestap. Op hierdie stadium het Lazarus en sy kolle-gas op die toneel toegeslaan. Beskuldigde 1 het die plastieksak laat val en teruggespring in die Granada. Hy is in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op die plastieksak.
Vervolgens moet daar verwys word na aspekte van Lazarus en Davids se getuienis waaroor slegs die een of die ander van hulle getuig het, asook na aspekte van die gebeure waaroor hulle beide getuig het maar ten
/opsigte ...
6.
opsigte waarvan hulle getuienis verskil. Ek begin met die getuienis van Lazarus.
Lazarus het getulg dat Davids nie vantevore saam met hom persoonlik as beriggewer en lokvink gewerk het nie, maar wel saam met ander lede van die polisiemag. Dit is die praktyk dat beriggewers vergoed word. Op die onderhawige geleentheid is daar nie tussen Lazarus en Davids afgespreek watter vergoeding laasgenoemde vir sy dienste sou ontvang nie, maar volgens Lazarus het Davids geweet hy. sal vergoed word vir sy werk. Die betrokke aand om halfagt by die polisiestasie het Lazarus aan Davids opdrag gegee om na beskuldigde 2 se woonplek te gaan en daar Mandrax te koop, maar op so 'n wyse dat gereël sou word vir die aflewering van die pille in straat NY 1, naby sekere hostels daar, waar die polisie dan sou wag om tydens die lewering toe te slaan. Davids het om ongeveer kwart voor agt vir die eerste keer by
/beskuldigde ...
7.
beskuldigde 2 se woonplek ingegaan, en wel by die agter-deur, terwyl hy deur Lazarus vanuit laasgenoemde se voertuig dopgehou is. Toe Davids uitkom en wegry, het Lazarus agterna gery, en toe Davids "doelloos" begin rondry, volgens Lazarus, het hy hom gestop, aangesien dit nie deel van die plan was nie, en van hom verneem wat aan die gang was. Davids het toe aan hom gesê dat beskuldigde 2 aan Davids gesê het om eers 'n entjie rond te ry en dan terug te gaan na beskuldigde 2 se woonplek. Toe Davids teruggegaan het, het hy weer by die agterdeur ingegaan. Dit was toe ongeveer 5 minute voor agt. Laber, toe die polisie in straat NY 1 toegeslaan het, het beskuldigde 1 die geel plas-tieksak laat val in die straat aan die regterkant van Davids se bakkie, teenoor die bestuurder se sitplek waar Davids gesit het. Lazarus het in die sak 1 000 pille gevind. Daar is later vasgestel dat dit
/Mandrax-tablette ...
8.
Mandrax-tablette was. (Die Staat het hierdie feit behoorlik by wyse van beëdigde verklaring bewys en diê getuienis is nie betwis nie.) Toe beskuldigde 1 daar op die toneel in hegtenis geneem is, het hy, voordat enigiemand na Mandrax verwys het, gesê dat hy niks weet van "die Mandrax" nie. Daar was 'n paar jeugdige pas-sasiers in die Granada, onder andere kinders van beskul-digde 2. Nadat Lazarus beskuldigde 1, die kinders en Davids na die aanklagkantoor geneem het, het hy heel-wat later in die aand na beskuldigde 2 se woonplek ge-gaan. Hy het haar meegedeel dat hy 'n saak ondersoek dat Mandrax in haar huis verkoop is. Sy het dit ont-ken. Sy het aan hom gesê dat sy na Johannesburg was om ornamente te koop (sy doen besigheid in die ver-koop van ornamente) en dat sy om halfagt daardie aand teruggekeer het. Sy het gesê dat sy per vliegtuig van Johannesburg teruggekom het. Lazarus het die
/huis ...
9.
huis deursoek, maar kon geen ornamente vind nie. Daar was reistasse wat leeg was en een het 'n oënskynlik ou vliegtuig-kaartjie op gehad. Later het Lazarus vas-gestel dat beskuldigde 2 nie daardie dag op 'n vliegtuig van Johannesburg gereis het nie. Toe hy dit 2 dae later aan haar stel (sy is toe eers gearresteer), het sy aan hom gesê dat sy in der waarheid met mense van Suidwes in 'n motor van Johannesburg teruggekeer het. Sy kon egter nie hulle name of adresse verstrek nie.
Nou kom ek by Davids se getuienis. Hy het getuig dat hy op een vorige geleentheid reeds met Lazarus saamgewerk het as beriggewer en lokvink, en op 'n paar geleenthede met ander pollsiebeamptes. Hy het egter nooit vergoeding ontvang vir sy dienste nie en daar is nooit gepraat oor vergoeding nie. Sy getuienis in hierdie verband kom daarop neer dat hy maar net dit as sy plig beskou het om die polisie behulpsaam te wees
/in ...
10.
in die bekamping van misdaad. In die loop van sy besigheid as smous het hy by beskuldigde 2 se woonplek aangedoen en gesien dat daar "pille" verkoop word. Toe hy 'n paar weke voor 28 September 1981 daaroor aan Lazarus berig gedoen het, was dit as gevolg van 'n navraag van Lazarus aan hom om inligting oor die bedrywighede by beskuldigde 2 se woonplek. Op die betrokke dag, toe Lazarus hom opdrag gegee het om by beskuldigde 2 se woonplek Mandrax te koop te probeer kry, het hy om tien-uur die oggend soontoe gegaan. Hy beskryf beskuldigde 2 se woonplek as 'n woonstel in 'n blok woonstelle wat almal op grondvlak is. Hy is in die woonstel in en het met beskuldigde 2 in 'n slaapkamer gepraat. Hy het haar gevra of hy 1 000 Mandrax-pille by haar kon koop. Sy het ingewillig om die pille aan hom te ver-koop teen 'n prys van R4 stuk, dit is R4 000 in totaal, maar sy het aan hom gesê dat hy die aand na sewe-uur
/moes ...
11.
moes terugkom om die transaksle deur te voer. Hy het
toe aan Lazarus per telefoon verslag gedoen van sy ge-
sprek met beskuldigde 2, en volgens afspraak met Lazarus
het hy om ongeveer halfagt die aand na die polisiestasie '
gegaan. In sy getulenis maak hy geen melding daarvan
dat Lazarus by die polisiestasie met hom gereël het
dat die
aflewering van die pille in NY 1 sou geskied
nie. Hy sê verder dat toe hy in die uitvoering van
Lazarus se opdrag
na beskuldigde 2 se woonstel gegaan
het, hy nie bewus was daarvan of Lazarus
en sy kollegas
agterna gery het of nie. By beskuldigde 2 se woon-
stel het hy by die voordeur ingegaan. Beskuldigde
2 het aan hom gesê hy "moet net 'n paar minute aanhang,
die goed is geloop haal". Hy het toe uitgegaan en
"so drie minute so om die blok gery". Hy sê dit was
bloot sy ele keuse om te gaan ry eerder as om daar by
die woonstel te wag. (Hy weerspreek dus by noodwendige
/implikasie ...
12.
implikasie dat beskuldigde 2 sou gesê het hy moet eers
'n entjie gaan ry.) Nadat hy 'n paar minute rondgery het, is hy terug.
Terwyl hy so gery het, het hy nie die polisie gesien nle; hulle
was nie daar
nie. Vir Lazarus in die besonder het hy, sedert hy van die polisie-stasie weg
is, eers weer gesien toe hy later in NY
1 op die toneel gekom het waar Davids en
beskuldigde 1 mekaar ontmoet het. (Hy weerspreek dus by noodwendige implikasie
Lazarus se
getuienis oor hulle ontmoeting terwyl hy rondgery het.) Toe hy terug
is na beskul-digde 2 se woonstel, is hy weer by die voordeur
in. Beskuldigde 1
was in die kombuis, besig om na plate te luister. Davids het weer met
beskuldlgde 2 gepraat, skynbaar in 'n ander
kamer. Sy het aan hom gesê om
te ry na NY 1 en daar te wag; die pille sou met haar motor soontoe gestuur word
en daar aan hom
gelewer word. Alhoewel NY 1 'n lang hoofpad is, is daar nie 'n
spesifieke
/plek ...
13.
plek genoem waar hy moes wag nie. Daar is niks ge-praat oor of hy die geld by hom gehad het nie. (Inder-daad het hy nie koopprys se geld by hom gehad nie.) Later, in NY 1, nadat beskuldigde 2 se bruin Granada verby hom gery het, hy agterna is, en die twee voertuie bymekaar stilgehou het, het beskuldigde 1 uitgeklim uit die Granada en met die geel plastieksak na die pas-sasierskant van die bakkie gekom. Toe Lazarus en sy kollega op die toneel kom, het beskuldigde 1 die plastieksak aan die linkerkant van die bakkie in die straat laat val, langs die passasiersitplek, waar Lazarus dit opgetel het.
Uit die voorgaande oorsig van die getuienis van Lazarus en Davids is daar twee opvallende en belang-rike gevolgtrekkings te maak, watdadelik genoem kan word, en waarop ek later weer sal terugkom. Die eerste is dat dit enkel en alleen die getuienis van Davids is
/oor ...
14.
oor die gesprekke wat hy met beskuldigde 2 sou gevoer het in die oggend en in die aand, wat die grondslag sou kon wees van 'n skuldigbevinding van beskuldigde 2. Die tweede is dat die getuienis van Davids in etlike opsigte onversoenbaar is met die getuienis van Lazarus.
Vervolgens moet daar verwys word na die getuie-nis wat die beskuldigdes afgelê het. Beskuldigde 1 se getuienis hoef slegs baie kortliks opgesom te word. Hy sê dat hy op die betrokke dag gedurende die middag by beskuldigde 2 se woonplek was in die geselskap van haar seun, wat 'n vriend van hom is. Beskuldigde 2 was nie tuis nie. Hy is om ongeveer sesuur die mid-dag daar weg. Hy het met beskuldigde 2 se motor gery omdat hy deur iemand in die familie gevra is om na Langa te gaan, om navraag te doen oor 'n ander persoon wat daar aangerand was. Hy is egter eers na sy eie
/verblyfplek ...
15.
verblyfplek en het eers na sewe-uur na Langa vertrek.
Op pad soontoe het hy in NY 1 gery. Daar het hy stil-
gehou omdat van die kinders in die motor wou water af-
slaan. Voordat hy weer kon vertrek, en terwyl hy
in die motor gesit het,
het die polisie opgedaag en
hom gearresteer. Daar is niks deur iemand
gepraat
van Mandrax nie. Beskuldigde 2 het hom geen opdragte
gegee in
verband met Mandrax nie en hy het geen Mandrax
by hom gehad nie. Davids was
glad nie op die toneel
nie.
Beskuldigde 2 se getuienis kan soos volg opgesom word. Sy was per motor na Johannesburg saam met mense van Suidwes wat in Soweto wou ornamente koop. Sy het om halfagt die aand van die betrokke dag per motor tuis-gekom. Die motor was die van die mense van Suidwes, wat dadelik weer vertrek het na hulle tuiste toe. Toe sy teruggekom het, was beskuldigde 1 nie daar nie en
/haar ...
16..
haar Granada motor ook nie. Sy het later verneem dat haar seun se vrou aan beskuldigde 1 toestemming gegee het om met haar motor te ry. Sy het ontken dat sy Davids die oggend of die aand geslen het en dat sy ooit met hom oor Mandrax gepraat het. Sy het ont-ken dat sy ooit met beskuldigde 1 oor Mandrax gepraat het. Sy weet nie of beskuldigde 1 die dag Mandrax by hom gehad het nie. Later die aand, toe Lazarus by haar huis gekom het, het hy haar gesê die polisie wil die plek deursoek, maar hy het nie gesê hoekom nie. Sy ontken dat sy aan Lazarus gesê het dat sy per vlieg-tuig van Johannesburg teruggereis het; sy het wel gesê dat sy met 'n motor van mense van Suidwes om half-agt die aand van Johannesburg tuisgekom het. Sy sê daar was ornamente in die huis waarmee sy besigheid gedoen het, en as Lazarus die woonstel deursoek het, moes hy dit gesien het. Met betrekking tot die stelling
/dat ...
17.
dat Davids tussen kwart voor agt en agtuur die aand by haar woonplek was, het sy Davids as 'n leuenaar be-stempel.
Die getuienis soos hierbo opgesom, is deur die
landdros in sy uitspraak
breedvoerig uiteengesit en bespreek, en daarna het hy tot die volgende
gevolgtrek-king gekom:
"Die Hof is tevrede dat ten spyte van al die weersprekings in die Staatsgetuienis, beide getuies geloofwaardig is en dat hulle weergawe baie meer aanvaarbaar is as diê van die be-skuldigdés."
Die landdros het in sy bespreking van die getuie-nis dit vooropgestel dat Davids se getulenis met "die grootste omsigtigheid" benader moes word, omdat hy 'n lokvink is (met verwysing na S v Tsochlas 1974 (1) SA 565 (A)), en dat hy 'n enkelgetuie is ten opsigte van die beweerde onderhandelinge met beskuldigde 2, met die
/gevolg ...
18.
gevolg dat die versigtigheidsreël ten aansien van enkel-getuies dus ook op hom van toepassing is (met verwysing na S v Webber 1971 (3) SA 754 (A) en S v Sauls and Others 1981 (3) SA 172 (A) op 180). Die versigtigheidsbena-dering het die landdros verder soos volg beklemtoon:
"Soos die Hof alreeds aangedui het, moet die
Hof baie versigtig wees met Frankie [Davids]
se getuienis. Hy is die enigste persoon wat
kan getulg oor wat in die huis plaasgevind het.
Hy is die enigste een wat met beskuldigde nr
2 onderhandel het en wat haar impliseer."
Die benadering wat die landdros hom ten doel gestel het om toe te pas, is ongetwyfeld korrek. Die kernvraag in hierdie appêl is of die landdros inderdaad daarin geslaag het om daardie benadering behoorlik toe te pas in die geval van beskuldigde 2. Om hierdie vraag te beantwoord, is dit ter aanvang nodig om die uiteindelike slotsom waartoe die landdros gekom het, soos uiteengesit aan die einde van sy uitspraak, van
/naderby ...
19.
naderby te ontleed. Dié slotsom was dat die beskuldig-des se weergawe nie as "redelik moontlik waar" aanvaar kan word nie. Die landdros se beredenering ±n hier-die verband was soos volg:
"Die verdediging verwag dat die Hof moet
aanvaar dat beskuldigde nr 2" [dit is 'n klaar-blyklike fout: dit moet wees beskuldigde nr 1] "terwyl hy rustig op pad na Langa was, en stilgehou het om kinders te laat water afslaan, deur die Polisie voorgekeer is; dat sy voer-tuig sonder enige rede gevisenteer is; dat hyself sonder enige rede gevisenteer is; dat daar niks op hom of die voertulg gevind word nie; dat hy geboei word sonder dat aan hom gesê word waarom dit alles geskied; geen woord van tablette gepraat nie; hy word na die Po-lisiestasie verwyder; die Polisie gaan toe na beskuldigde nr 2 se huis; ook aan haar meld hulle geen woord van tablette nie; sê nie hoekom hulle daar kom nie; visenteer net haar huis; noem niks vir haar van tab-lette nie en arresteer haar 'n paar dae later.
Intussen reël die Polisie dat Frankie Davids 'n getule sal wees, sê hulle vir hom voor wat om in die Hof te kom vertel, fabriseer hulle 'n storie teen die twee beskuldigdes; kry hulle êrens 1000 Metakoloon, wat bekend is as Mandrax tablette; sit hulle dit in 'n geel plastiese
/sak ...
20.
sak en sê hulle die beskuldigdes het daarmee handel gedryf.
In die lig hiervan moet dle Hof aanvaar dat die Polisie dus doelbewus 'n saak teen die beskuldigdes opgemaak het.
Hierdie weergawe is so vergesog en so onwaarskynlik dat die Hof dit nie as redelik moontlik waar kan aanvaar nie en verwerp dit as sulks.
Die Hof aanvaar nie dat Lazarus, indien hy die beskuldigdes vals wou impliseer, op so 'n omslagtige wyse te werk sou gaan nie.
Beide die beskuldigdes se weergawe is geheel en al ongelooflik. Die Hof kan hom-self nie vir een oomblik indink dat 'n Polisie-beampte met 'n lokvink sal konkel soos op hier-die manier om 'n saak teen die beskuldigdes te bewys nie.
Daar is geen motief aan Lazarus se kant om solets te doen nie - ook nie by Frankie nie."
Dit is duidelik dat die landdros in sy verwerping van die beskuldlgdes se getuienis beskuldigdes 1 en. 2 oor dieselfde kam geskeer het. Na my mening het die
/landdros ...
21 .
landdros in hierdie opsig gefouteer. In die geval van beskuldigde 1 kan daar wel gesê word dat sy getuie-nis nie waar kan wees nie, tensy Lazarus en Davids met mekaar "gekonkel" het op die wyse beskryf deur die land-dros; en 'n sameswering of 'n komplot tussen Lazarus en Davids om valse getulenis te "fabriseer" van die aard wat hulle teen beskuldigde 1 afgelê het, is wel so vergesog dat beskuldigde 1 se ontkenning van daardie getuienis teen hom bestempel kan word as nie redeliker-wyse moontlik waar nie. Maar 'n soortgelyke benadering tot die geval van beskuldigde 2 is sekerlik nie korrek nie. Dit was geen deel van háár verweer teen die aanklag dat beskuldigde 1 nie deur die polisie betrap is toe hy op die punt was om Mandrax aan Davids te lewer nie. Die landdros het in sy uiteindelike slotsom, soos hierbo aangehaal, wat betref beskuldigde 2 klaar-blyklik uit die oog verloor wat hy self vroeër in sy
/uitspraak ...
22.
uitspraak beklemtoon het, naamlik dat dit alleenlik Davids se getuienis oor sy gesprekke met beskuldigde 2 is wat haar aandadigheid aan die oortreding kan bewys. Om te veronderstel dat sy nie aandadig was aan die oor-treding nie, is dit hoegenaamd nie nodig om te bevind dat daar tussen Lazarus en Davids 'n komplot was om valse getuienis teen haar af te lê nie. Namens die Staat is daar in hierdie verband betoog dat die landdros met sy verwysing na 'n "gekonkel" tussen Lazarus en Davids, in soverre dit beskuldigde 2 aangaan, slegs bedoel het om te kenne te gee dat Lazarus se getuienis ook beskul-digde 2 impliseer, soos byvoorbeeld in die opsigte dat sy en haar motor na halfagt die aand by haar woonstel was toe Davids daarheen gegaan het, dat sy valse getuie-nis afgelê het oor haar reis per vliegtuig, die aanwesig-heid van ornamente in die huis, en so meer. Die uit-werking van Lazarus se getuienls as stawing van Davids se getuienis moet natuurlik in oorweging geneem word, en
/ek ...
23.
ek sal dit te gelegener tyd doen, maar dit is nie waar-om dit op die oomblik gaan nie. Na my oordeel is dit nie waarna die landdros in die passasie tans onder bespreking verwys het nie, en is die beredenering daar-in vervat nie vatbaar vir die vertolking daarvan wat namens die Staat voorgestaan word nie. Die hele kern van die landdros se beredenering is die vergesogtheid van die gedagte dat die polisie getuienis sou gefabriseer het en doelbewus 'n valse saak teen die beskuldigdes sou "opgemaak" het, deur met die lokvink te "konkel". Daar-dle oorweging is nie toepaslik op beskuldigde 2 nie, omdat dit slegs Davids is wat haar regstreeks by die oortreding betrek en Davids kon dit valslik gedoen het sonder dat Lazarus enigsins by 'n "gekonkel", 'n komplot of 'n sameswering met Davids betrokke hoef te gewees het. Dit was gevolglik nie korrek van die landdros om beskuldigde 2 se ontkenning van aandadigheid te verwerp
/op ...
24.
op grond daarvan dat sodanige ontkenning noodwendig 'n sameswering tot die fabrikasie van getuienis tussen Lazarus en Davids veronderstel wat so vergesog is dat dit nie redelik moontlik waar kan wees nie.
Die landdros se foutiewe gelykstelling van die posisie van beskuldigde 2 met die van beskuldigde 1 het tot gevolg gehad dat hy, met eerbied gesê, 'n ver-dere denkfout begaan het wat van fundamentele belang is in hierdie saak. Dit lê opgesluit in sy opmerking in die hierbo-aangehaalde passasie dat daar ook by Davids "geen motief" was "om soiets te doen nle". As die moontlikheid van 'n sameswering tussen Lazarus en Davids om beskuldigde 2 valslik by die oortreding te betrek buite rekening gelaat word, dan bly die oorweging dat Davids 'n motief gehad het om op sy eie en sonder die medewete van Lazarus beskuldigde 2 valslik by die misdaad te betrek steeds 'n faktor in die saak wat nou-
/lettende ...
25.
lettende aandag verels. Dit is juis omdat 'n lokvink 'n motief het om 'n verdagte persoon se skuldigbevinding te bewerkstellig dat sy getuienis met versigtigheid benader moet word (kyk S v Tsochlas supra op 574 C). Waar dit uitsluitlik die getuienis van 'n lokvink is wat 'n beskuldigde met die misdaad verbind, lê die wesen-like gevaar van 'n foutiewe skuldigbevinding voor die hand. Des te meer tree daardle gevaar op die voor-grond in die huidige geval, waar die lokvink Davids geweet het dat die polisie op beskuldigde 2 se spoor was en waar die omstandighede waaronder die lokval uit-gevoer is, van so 'n aard was dat dit baie maklik vir Davids was om op sy eie die aandadigheid van beskuldigde 1 vas te koppel aan beskuldigde 2. Hierdie oorwegings het die landdros na my oordeel nie na behore in ag geneem in sy opweging van dle getuienis van Davids (en Lazarus) teenoor diê van beskuldigde 2 nie, soos verder sal blyk
/uit ...
26.
uit wat hieronder volg. In verband met 'n motief van
Davids se kant om
beskuldigde 2 valslik te betrek by
die oortreding, wil ek nog byvoeg dat ek
die waarheid
van Davids se getuienis dat hy geen vergoeding vir sy
hulp
aan die polisie verwag het nie, sterk betwyfel;
Lazarus was oortuig daarvan
dat Davids geweet het hy
kon vergoeding vir 'n suksesvolle optrede verwag
het,
en dit is waarskynlik so vanweë die praktyk waarna
Lazarus verwys het
en vanweë Davids se vorige optredes
as beriggewer en lokvink van die
polisie. Afgesien
daarvan, het Davids in sy getuienis onder kruisonder-
vraging erken dat hy gretig ("keen") was om die polisie
te help om beskuldigde 2 te "vang". Dis 'n belangrike
aspek van hierdie saak, want dit stel die grondslag
daar van 'n motief van Davids om beskuldlgde 2 (valslik)
by die misdaad te betrek, om watter rede ook al.
Om die voorgaande redes is dit vir hlerdie Hof
/noodsaakllk ...
27.
noodsaaklik om opnuut die getuienis van die Staat teen beskuldigde 2 in oorweging te neem, ten spyte van die landdros se indruk dat belde Lazarus en Davlds geloof-waardige getuies was. Wat Davids betref, is daar namens die Staat betoog dat dlt vir hierdie Hof nodig sou wees om te bevind dat Davids 'n meinedige getuie was, alvorens die appèl sou kon slaag, omdat dit alleen-lik op daardie grondslag is dat hierdie Hof daarvan oortuig sou kon wees dat die landdros se beoordeling van die getuienis verkeerd was. Ek stem nie saam met hierdie betoog nie. Om daarvan oortuig te wees dat die landdros se skuldigbevinding van beskuldlgde 2 verkeerd was, is dit geensins nodig om 'n positiewe bevinding te maak dat Davids doelkewus leuenagtige ge-tuienis teen beskuldigde 2 afgelê het nie. Dit sou voldoende wees as hierdie Hof van mening is dat daar
'n redelike moontlikheid bestaan dat Davlds se getulenis,
/wat ...
28.
wat beskuldigde 2 se aandadigheld betref, vals is, en dat die landdros behoort te bevind het dat daar 'n rede-like twyfel bestaan oor die waarheid van Davids se ge-tuienis in hierdie opsig. Dit is met hierdie be-nadering in gedagte dat dle verdere betoog namens die Staat oorweeg moet word, naamlik dat dle aanduidings van onbetroubaarheid in Davids se getuienis, wanneer dit vergelyk word met die getuienis van Lazarus, nie beteken dat Davids 'n meinedige getuie was nle, maar slegs dat hy aan 'n swak geheue gely het en bona fide foute gemaak het.
Soos vroeër geblyk het, het Lazarus en Davids mekaar op etlike punte weerspreek. Sommige van die weersprekings is op sigself nie van deurslaggewende belang nie, omdat hulle nie regstreeks betrekking het op die vraag van beskuldigde 2 se aandadigheid nle. Voorbeelde hiervan is Davids se stelling dat hy twee
/keer ...
29.
keer by die voordeur van beskuldigde 2 se woonstel in
en uit is, terwyl Lazarus sê hy is beide kere by die
agterdeur in en
ult, en Davids se stelling dat beskul-
digde 1 die plastieksak met pille aan
die linkerkant
van sy bakkie laat val het, terwyl Lazarus sê dit
was
aan die regterkant. Die belang van hierdie soort
weersprekings is dat
dit aantoon dat Davids 'n uiters
onbetroubare getuie is; waar sy getuienis
gekontroleer
kan word aan die hand van die van Lazarus, blyk
dit
onaanvaarbaar te wees. Dit dui egter nie noodwendig
op doelbewuste
leuenagtigheid (in teenstelling met ver-
geetagtigheid) nie. Wat dit betref, is daar egter
twee weersprekings in die getuienis van Davids en Lazarus
wat, in die
samehang van die gevaar wat daar skuil in
'n skuldigbevinding gegrond op die
enkele getuienis van
'n lokvink, na my oordeel van deurslaggewende belang
is in hierdie saak, en wat ek nou agtereenvolgens sal
/bespreek ...
30.
bespreek.
In dle eerste plek is daar die eienaardige aspek van die Staatsaak dat Lazarus en Davids se getuienis heeltemal uiteenlopend is ten opsigte van dle vraag of Lazarus met Davids gepraat het tydens laasgenoemde se rondryery tussen sy eerste en tweede besoeke aan beskuldigde 2 se woonplek gedurende die aand. Hierdie aspek van die Staatsaak is in sy geheel agterdogwekkend, om versklllende redes, maar vir die doeleindes van hier-die uitspraak hoef ek net een onderdeel daarvan in oën-skou te neem, wat van groot belang is. Lazarus sê Davids het aan hom gesê dat beskuldigde 2 gesê het hy moet eers 'n draai gaan ry. Davids meld niks daarvan dat beskuldigde 2 so-iets sou gesê het nie, en getulg inteendeel dat dit sy eie besluit was om te gaan rondry eerder as om by beskuldigde 2 se woonstel te wag. Hier-oor sê die landdros die volgende:
/"Die ...
31.
"Die feit dat hy gesê het dat hy uit eie beweging rondgery het, terwyl Lazarus getuig het dat hy vir hom gesê het nr 2 het gesê hy moet ry, maan die Hof tot versigtigheid. Die Hof is egter tevrede dat Lazarus die waarheid praat. Hy het geen rede om so 'n valse be-wering uit sy duim te suig nie. Inteendeel, is dit glad nie onwaarskynlik dat dit so gebeur het nie, aangesien beskuldigde nr 2 wel op daar-die tydstip in die huis was."
Na my mening is die landdros se beredenering nie korrek nle, omdat dit nie die werklike probleem met Davids se getuienis onder die oë sien nie. As Lazarus die waazheid praat, soos die landdros bevind, hoe moet Davids se getuienis dan verklaar word? Lazarus se getuienis op hierdie punt is nie pertinent aan Davids gestel nie (daar was geen verpligting op beskuldigde 2 se regsver-teenwoordiger om dit te doen nie), maar Davids is wel indringend in kruisondervraging uitgenooi om te verduide-lik hoekom hy 'n draai gaan ry het. Al wat hy ter ver-duideliking kon aanbied, was dat beskuldigde 2 hom gesê
/het ...
32.
het "die goed sal nou kom", hy moet "'n paar mlnute aan-hang", en dat hy "gevoel het ek gaan nie sit nie, ek gaan ry om die blok"; en die enigste rede wat hy daar-voor kon aanvoer, was: "Dit was my verlange. Dit was my keuse om nie te sit nie," Ek vind dit bykans onmcontlik om te glo dat Davids tydens hierdie onder-vraging bloot sou vergeet het daarvan dat beskuldigde 2 aan hom sou-gesê het om te gaan ry; as dit werklik gebeur het, is dit in die hoogste mate waarskynlik dat hy dit sou onthou het en in sy getuienls sou vermeld het as die rede vir sy eienaardige optrede, toe hy daar-oor ondervra is. Dle advokaat van die Staat het aan dle hand gedoen dat Davids niks kon baat daarby om sy ontmoeting en sy gesprek met Lazarus tydens dle rond-ryery te verswyg nie. Dit is egter nie waarom dit gaan nie; daar kan maar veronderstel word dat Davids vergeet het van die ontmoeting en die gesprek. Waarom
/dit ...
33.
dit wel gaan, is sy stelling aan Lazarus, volgens laas-genoemde se getuienis, oor wat beskuldigde 2 sou gesê het, en die onwaarskynlikheid daarvan dat dit wel ge-beur het, in'die lig van sy eie getuienis. Op grond-slag van die aanvaarding van Lazarus se getuienis is dit dan verder waarskynlik dat Davids daardie aand aan hom 'n valse voorstelling gemaak het van iets wat be-skuldigde 2 sou gesê het. Daardie valse voorstelling kon, as 'n waarskynlikheid, slegs ten doel gehad het om beskuldigde 2 by die onderhandelinge te betrek, wat volkome sou inpas by 'n motlef, asook by die self-erkende gretigheid, van Davids om die polisie in staat te stel om beskuldigde 2 vas te trek. Op sy minste openbaar hierdie aspek van Davlds en Lazarus se getuienis 'n rede-like moontlikheid dat Davids beskuldigde 2 valslik by die oortreding wou betrek.
In die tweede plek is daar Davids se getuienis
/dat ...
34.
dat dit beskuldigde 2 se voorstel was dat hy na NY 1
moes gaan om lewering
van die pille daar te ontvang. Hieroor sê die landdros die volgende:
"Volgens Frankie het nr 2 nie vir hom gevra of hy die geld het nie, en het sy gereël waar-heen hy moes ry, naamlik NY 1. Lazarus het getuig dat hy vlr Frankie gesê het dat hy die aflewering by NY 1 moet reël. Weereens be-trek Frankie vir beskuldigde nr 2 op 'n aspek wat bots met Lazarus se getuienis. Die Hof is egter tevrede dat daar niks onwaarskynliks is in die onderhandelinge wat deur Frankie met nr 2 gevoer is nie."
Na my mening het die landdros weer eens, met eerbied
gesê, die werklike probleem met Davids se getuienis
nie onder die oë gesien nie, en in die proses misgetas.
Die lokval was uitdruklik deur Lazarus so gereel dat
die lewering van die pille in NY 1 moes geskied. Dit
is volkome ondenkbaar dat beskuldigde 2 toevallig ook
sou voorgestel het dat dit moet gebeur. Davlds se
getuienis op hierdie punt kan gevolglik nie waar wees
/nie ...
35.
nie. Ek kan my dit nie juis voorstel dat dit maar
net sy
geheue is wat hom in dle steek gelaat het op
so 'n eenvoudige aspek van die reëlings in verband met
die lokval
nie. Die afleiding is veel waarskynliker |
dat hy hier 'n doelbewuste leuen
vertel het, weer 'n keer
om beskuldigde 2 by die onderhandelinge te betrek,
ter
uitvoering van sy motief en gretigheid om dit te doen.
Op sy minste
openbaar hierdie getuienis van Davids 'n
onrusbarende sterk moontlikheid dat
hy probeer het om
beskuldigde 2 valslik by die pleeg van die misdaad
te
betrek.
Die voorgaande ontleding van die swakhede in Davids se getuienis lei tot die gevolgtrekking dat daar 'n ernstige leemte is in die Staatsaak teen beskuldigde 2. Met betrekking tot haar aandadigheid staan Davids se getuienis onder sulke ernstige verdenking dat haar skuldigbevinding na my mening slegs geregverdig sou kon
/word ...
36.
word as daar bevredigende stawing van Davids se getuie-
'
nis is in soverre dit haar impliseer. Na my oordeel
is daar geen sodanige stawlng nie. Namens die Staat
is daar verwys na Davids se berig aan Lazarus gedurende
dle oggend,
aangaande 'n transaksie wat in die aand be-
klink sou word, en na die feit
dat na Davids se besoek
aan die woonstel die aand, beskuldigde 2 se motor
daar
weggetrek het met 'n besending Mandrax, en op grond daar-
van is
betoog dat daar inderdaad afsprake moes gewees
het in verband met die verkoping en lewering van die
pille, soos deur
Davids getuig. Dat daar afsprake
was, kan aanvaar word, maar dan volg dit nog
nie dat
beskuldigde 2 daarby betrokke was nie. Die felt dat
dit slegs beskuldigde 1 is wat by die lewering van die
pille betrokke was, laat die moontlikheid oop dat be-
skuldigde 2 nie by die afsprake betrokke was nie. Dat
sy tydens Dav.ids se besoek in die aand tuis was en dat
/haar ...
37.
haar voertuig by die lewering van die pllle gebrulk
is, is
na my mening nie genoeg om die leemte in die
Staatsaak, voortvloeiend uit die
swakhede in Davids
se getuienis, te oorbrug nie. Dieselfde geld
ten
opsigte van die kritiek wat teen beskuldlgde 2 se ge-
tuienis geopper
kan word; dat sy leuens vertel het,
regverdig nie op sigself bo redelike
twyfel die afleld-
ing dat sy inderdaad deelgeneem het aan die onderhandel-inge met Davids, bo en behalwe beskuldigde 1 se waar-
skynllke deelname daaraan nie. In hierdle verband
kan die Staat se saak
teen beskuldigde 2 in die regte
perspektief gestel word deur as 'n hipotese
te postuleer
dat Lazarus se getuienis in elke opsig as waar en
korrek
aanvaar word: dan is beskuldigde 2 se aandadigheid
aan die oortreding nog geensins bewys nie. Wat haar
werklike deelname aan
die oortreding betref, is dit
uitelndelik slegs Davids se woord teenoor hare.
As
/die ...
38.
die nodige versigtigheidsbenadering teenoor Davids se getuienis toegepas word, met behoorlike inagneming van die swakhede daarin waarna ek verwys het, kan daar na my oordeel nie bevind word dat beskuldigde 2 se ontken-ning van aandadigheid aan die oortreding bo redelike twyfel vals is nie.
Ten slotte moet ek meld dat die feit dat dle Provinsiale Afdeling nie bereid was om van die landdros se uitspraak te verskii nie, namens die Staat gebruik
is ter ondersteuning van die betoog daar nie bevind kon word dat die landdros se skuldigbevinding van be-skuldigde 2 "duidelik verkeerd" was nle. Ek ag dit nie nodig om die besonderhede van die uitspraak van die Provinsiale Afdeling te behandel nie. Dit is genoeg om te sê dat ek daarin niks kan vind wat afbreuk doen aan die redes wat ek in hierdle uitspraak uiteen-gesit het vir my gevolgtrekking dat die landdros se
/skuldigbevinding ...
39.
skuldigbevinding van beskuldigde 2 nie staande gehou kan word nie.
Die appèl slaag. Die skuldigbevinding en vonnis van die appellant word tersyde gestel.
A.S. BOTHA AR
JOUBERT AR
STEM SAAM HOEXTER AR

RTF format