South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 113

| Noteup | LawCite

S v Stigling en 'n Ander (204/83) [1984] ZASCA 113 (25 September 1984)

Download original files

PDF format

RTF format


204/83

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLFDELING)

In die saak tussen:

JAN STIGLING Eerste Appellant

MARTIN ANDREWS .. Tweede Appellant

en

DIE STAAT Respondent
Coram : VILJOEN, BOTHA, ARR et SMALBERGER, WAR
Verhoordatum : 24 AUGUSTUS 1984 Leweringsdatum : 25 SEPTEMBER 1984

UITSPRAAK VILJOEN, AR
Die twee appellante is, nadak hulle skuldig gepleik het, deur 'n landdros van Johannesburg skuldig

bevind/

2.

bevind oan die diefstal van vicr telefoontoestelle

waarvan die waarde gcstel is op R160,00 en is elk

tot 9 maande gevangenisstraf gcvonnis. Teen dic

vonnls het hulle sonder sukses geappelleer na die
Transvaalse Provinsiale Afdeling wat ook 'n aansoek
om verlof om na hierdie hof te appelleer, geweier het.
Hierdie hof het egter aan die appellante verlof toe-
gestaan om te appelleer.

Uit antwoorde op vrae wat die landdros die

twee appellante ingcvolge a 112(1) (b) van Wet 51 van
1977 gevra het, blyk dit dat albei van hulle vir die
Departement van Poswese telefone herstel het by die
Carlton Hotel in Johannesburg en dat hulle saam aldaar
vier van die telefoontoestelle geneem het met die doel

om dit/

3. om dit vir eie gewin te verkoop. Die eerste appellant

het reeds twee van die telefoontoestelle verkoop been

R35,00 stuk; dit blyk egter nie wat van die ander

twee telefoontoestelle geword het nie. Beide die
appellante is eerste oortreders. Die landdros het,
ingevolge 'n aanbekening op die oorkonde die "beskuldig-
des se vonnisregte verduidelik" waarop hulle die
volgende vertoë gelewer het ter versagting van vonnis:

"BESKULDIGDE l:

Ek verstaan. Ek spreek net Hof toe. Ek is
getroud met kind. My vrou is tans 7 maande

swanger. My vrou werk nie. Ek het my werk

verloor as gevolg van die voorval. Dit is

van die nuwe telefone wat ek geneem het.

Ek het dit geneem om te gaan verkoop. Ek

het std. 9 geslaag. Ek het R511,00 verdien

by die Poskantoor."

"BESKULDIGDE 2:

Ek het verstaan. Ek praat net waar ek staan.

Ek is/

4.

Ek is enigste broodwinner. Ek sorg vir my

moeder en twee broers. My moeder werk nie. My broers is 15 en 16 jaar. Hulle werk nie. Ek is werkloos. Ek het my werk verloor as gevolg van die voorval. Ek het R511,00 verdien hy die Poskantoor. Ek het std. 10 geslaag op skool."

In sy redes vir vonnis meld die landdros dat

die hof van oordeel is dat hy 'n vonnis moet vel wat

sal dien as afskriktmiddel en ter beskerming van die

algemeno publiek. Diefstalsake is aan die orde van die

dag in Johannesburg se omgewing en dit is niks snaaks

om op 'n dag tussen 30 en 50 van hierdie tipe sake te

sien nie, sê hy. Hy stel dit ook dat diefstalsake
waar werknemers van hulle werkgewers steel die "afgelope
klompie maande geweldig gestyg" het. Diefstal is altyd
'n ernstige misdaad en wanneer diefstal nog gepaard gaan

met die/
5. met die feit dat 'n werknemer van sy werkgewer steel

dan word die diefstal nog ernstiger, meen hy. Hy
wys daarop dat die twee beskuldigdes die posisie van
vertroue waarin hulle verkeer het, misbruik het -
hulle het van hulle werkgewer se goedere geneem en dit
gaan verkoop met die uitsluitlike doel om hulleself
te verrryk. Die landdros verwys onder andere na die
volgende passasie in R v Karg 1961(1) SA 23l(A):

" but the element of retribution,

historically important, is by no means absent from the modern approach. It is not wrong that the natural indignation of interested persons of the community at large should receive some recognition in the sentence that courts impose, and it is not irrelevant to bear in mind that if sentences for serious crimes are too lenient, the administration of justice may

fall/

6

fall into disrepute and injured persons may be inclined to take the law into their own hands."

Die landdros het ook verwys na die volgonde

passasie in die saak S v Gunter 1967(1) PH H32:

"A court may properly impose a punishment which will not benefit but may actually harm a convicted person where the interests of the community have to be taken into account."

Die hof het ook in gedagte gehou wat gese is
in S v Holder 1979(2) SA 70(A), sê die landdros en hy
eindig soos volg:

"Die hof het weens bogenoemde redes besluit teen 'n opgoskorte vonnis. Die hof is van oordeel dat in die onder-hawige geval gevangenisstraf die enigste gepaste straf is."

Dit blyk dus uit die landdros se redes dat

hy hom/

7. hy hom ten doel gestel het. om 'n vonnis te vel wat

sou dien as afskrikmiddel en ter beskerming van die

algemene publiek. Op welke wyse die vonnis van

gevangenisstraf die publiek sou beskerm, is egter nie

vir my duidelik nie. As die landdros bedoel dat die
publiek beskerm sal word omdat die twee appellante
vanweë die gevangenisstraf nie die geleentheid sal hê
om weer te steel nie, is dit voor-die-hand-liggend dat
die publiek slegs vir die tydperk van gevangesetting
aldus beskerm sal word. Voorkoming vir 'n redelike kort
tydperk is, na my oordeel, nie wat die landdros bedoel
het nie. Hy het waarskynlik bedoel "ter beskerming van
die belange van die algemene publiek", en die belange,
so blyk dit uit sy verwysing na Karg en Gunter se sake,

meen hy/

8.
meen hy te beskerm deur die element van vergelding 'n

aansienlike rol te laat speel in die vonnis. In Karg

se saak supra het die appellant op 'n grof nalatige wyse
met 'n vuurwapen gevuur op oortreders op sy vader se

eiendom as gevolg waarvan een gedood is. Dié
appellant is skuldig bevind aan strafbare manslag
en 'n vonnis van twee jaar gevangenisstraf opgelé.
Die passasie waarop die landdros steun kom voor in
die uitspraak van Schreiner AR wat die appèl teen
die vonnis met die eenparige goedkeuring van twee
ander appelregters van die hand gewys het. In die geval
van Gunter supra waarna die landdros verwys is 91 persone
dood as gevolg van die ernstige nalatige hestuur van 'n
trein deur die appellant. In beide gevalle was die

gegriefde/
9. gegriefde gevoelens van die ouers en naasbestaandes

van die oorlede slagoffers en verontwaardiging van
die algemene publiek 'n belangrike oorweging wat deur
die betrokke verhoorhowe in aanmerking geneem is,
en dit is in hierdie verband waarin geoordeel is
dat die vergeldingselement toreg 'n belangrike rol
in die betrokke vonnisse toegeken moes word.
Die diefstal van vier telefone van die poskantoor wek
nie dieselfde emosie by die algemene publiek as wat die
doodslag van mense dit doen nie. Na my oordeel het die
landdros die element van vergelding te swaar laat weeg
by die toemeting van straf aan die twee appellante.
Ek is ook die mening toegedaan dat, omdat die landdros
spesifiek verwys na 'n opgeskorte vonnis wat hy "weens

bogenoemde/

10. bogenoomde redes" nie oorweeg het nie, die afleiding

geregverdig is dat hy geen ander alternatiewe vonnis

oorweeg het nie. Heelwaarskynlik het hy alleen 'n
opgeskorte vonnis met negatiewe voorwaardes in gedagte

gehad, en het hy nooit oorweeg om as voorwaarde, of een

van die voorwaardes, vergoeding aan die poswese te stel

nie. Indien hy dit oorweeg het,sou hy ongetwyfeld
ondersoek ingesbel het na wat van die ander twee telefoon-
toestelle wat nie verkoop is nie, geword het.

Vanwee die mistastings waarna ek hierbo

verwys het, kan hierdie hof ongebonde 'n gepaste vonnis
oorweeg. Dat die appellante van hulle werkgewer gesteel

het en dus die vertrouensposisie waarin hulle was,
geskaad het, is 'n geldige oorweging. Hierteenoor, egter,

is die/

11.

is die bedrag betrokke naamlik R160,00 'n redelike klein bedrag en die appellante is nog jonk en is eerste oortreders. Die vereiste van afskrikking wat belangrik is in hierdie geval sal myns insiens bevredig word deur die oplegging van 'n boetevonnis, veral waar die diefstal gepleeg is met die oog op geldelike gewin. Die vereiske van voorkoming, wat ewe-eens belangrik is, sal na my oordeel bevrediq word deur 'n opgeskorte vonnis. Soos ek hierbo aangedui het sou ek, indien ek die saak verhoor het, oorweeg het om, as een van die voorwaardes van die opgeskorte vonnis, te stel dat die veroordeeldes ook vergoeding bebaal, maar daar blyk nie genoegsame gegewens uit dio oorkonde vir die bepaling van so 'n voorwaarde nie. Ek sal dus moet volstaan met

'n opgeskorte/
12. 'n opgeskorte vonnis met negatiewe voorwaardes. Ek

meen verder dat 'n opgeskorte vonnis van gevangenisstraf

gekoppel aan 'n boete-vonnis ook aan die vereiste van

vergelding wat, meen ek, in hierdie saak 'n ondergeskikte

rol behoort te speel, sal voldoen.

Alles in ag genome sal, na my oordeel, die

volgende vonnis vir elk van die appellante 'n gepaste

een wees onder die omstandighede naamlik 'n boeke van

R250,00 of, by wanbetaling, 3 maande gevangenisstraf

plus 6 maande gevangenisstraf opgeskort vir 5 jaar vanaf

die datum van skuldigbevinding deur die landdros

(4/12/81) op voorwaarde dat in daardie tydperk hy

nie 'n oortreding begaan van diefstal of bedrog waaraan

hy skuldig bevind word nie.

Die appèl /

13. Die appèl teen die vonnis slaay dus en die
vonnis waarna in die voorgaande paragraaf verwys is,
word ten aansien van elk van die appellante in die
plek gestel van die vonnisse wat die landdros opgelê
het.

APPèLREGTER
LL Saak No. 204/1983

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING

In die saak tussen:
JAN STIGLING Eerste Appellant
MARTIN ANDREWS Tweede Appellant
en
DIE STAAT Respondent

CORAM: VILJOEN, BOTHA ARR et SMALBERGER WN AR
VERHOORDATUM: 24 AUGUSTUS 1984 LEWERINGSDATUM: 25 SEPTEMDER 1984

UITSPRAAK

/BOTHA AR ...

2.

BOTHA AR:-

Ek stem saam met die bevel wat uiteengesit word in die uitspraak van my kollega VILJOEN, maar om ander redes as dié wat blyk uit sy uitspraak.

Ek is, met eerbied, nie oortuig daarvan dat die landdros in sy vonnisoplegying mistastings begaan het wat van so 'n aard is dnt hierdie Hofr op daardie grond kan ingryp en die vonnisse verandor nie, aan die hand van die oorwegings uiteengesit deur TROLLIP AR in S v Pillay 1977 (4) SA 531 (A) op 535 A - G. Waar die landdros verwys na 'n vonnis wat sou dien as afskrik-middel en ter beskerming van die algemene publiek, het hy na my mening in gedagte gehad dat die vonnis uiting moes gee aan die gemeenskapsbelang (en dus ook die ge-meenskapsgevoel) wat verg dat die oortreders se straf, in verhouding tot die erns van die oórtreding, daartoe

/moet ...

3.

moet strek om ander mense daarvan te weerhou om soort-gelyke oortredings te pleeg. Soos ek sy uitspraak lees, het die landdros slegs op hierdie breë grondslag aangehaal uit R v Karg 1961 (1) SA 231 (A) en S v Gunter 1967 (1) PH H32, en nie omdat hy die omstandighede in daardie sake as vergelykbaar met dié in die huidige ge-val beskou het, of omdat hy die element van vergelding per se wou beklemtoon nie (die woord "vergelding" word nie in sy uitspraak gebruik nie). Origens dink ek nie dat daar bevind kan word dat die landdros nie 'n boete-straf tesame met opgeskorte gevangenisstraf oor-weeg het nie, net omdat hy dit nie uitdruklik as 'n
moontlikheid genoem het nie.

Na my oordeel is daar 'n ander grondslag waarop die vonnisse wat die landdros opgelê het deur hierdie Hof verander moet word. Die twee appellante is elk 21 jaar oud. Hulle ander persoonlike omstandighede en

/die ...

4.

die aard van die oortreding blyk uit my kollega se uit-spraak. As ek in die eerste instansie belas was met die taak van vonnisoplegging in hierdie saak, sou ek in die opweging van die belange van die gemeenskap en die belange van die appellante nie hierdie jeugdige eerste oortreders tronk toe gestuur heb nie. Ek sou hulle die geleenbheid gegun het om hulleself te rehabiliLeer sonder om die ontwrigkende uitwerking van gevangenisstraf op hulle te plaas; en ek sou geoordeel het dat daar genoegsaam voldoen sou word aan die vereistes van af-skrikking en die yemeenskapsbclang deur hulle te straf by wyse van 'n stywe boete, volgens hulle vermoë, gekoppel aan 'n opgeskorte tydperk van gevangenisstraf. Ek sou 'n vonnis opgelê het soos dié wak in my kollega se uib-spraak uiteengesit word. D.ie verskil tussen daardie vonnis en dié wat die landdros opgelê het, is so uit-gesproke dat daar 'n treffende wanverhouding bestaan (vgl S v Gross 1982 (1) SA 593 (A) op 600 C - E), met die

/gevolg ...

5
gevolg dat hierdie Hof behoorb in te gryp. Op daar-die grondslag stem ek saam met die gevolgtrekking waar-toe my kollega gekom het.

A.S. BOTHA AR

204/83 N v H

JAN STIGLINGH Eerste Appellant

MARTIN ANDREWS Tweede Appellant

en

DIE STAAT Respondent

SMALBERGER , WND AR

204/83 N v H

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

JAN STIGLING Eerste Appellant

MARTIN ANDREWS Tweede Appellant

en

DIE STAAT Respondent
CORAM: VILJOEN, BOTHA, ARR, et

SMALBERGER, WND AR
VERHOORDATUM: 24 AUGUSTUS 1984
LEWERINGSDATUM: 15 SEPTEMBER 1984

UITSPRAAK

SMALBERGER, WND AR:-

Ek het die voordeel gehad om die uitsprake van beide van my kollegas te lees. Ek stem saam dat

die /

2 die appèl teen die vonnis ten aansien van elk van die appellante moet slaag, en dat die vonnisse genoem in die uitspraak van my kollega Viljoen in die plek gestel moet word van die deur die landdros opgelê.
Na my mening is inmenging met die landdros se vonnisse geregverdig beide omdat daar 'n treffende wan= verhouding bestaan tussen die vonnisse deur die landdros opgelê en wat ek in al die omstandighede as gepas sou beskou (soos deur my kollega Botha bevind) sowel as op grond van mistastings deur die landdros (soos deur my kollega Viljoen bevind).

J W SMALBERGER WAARNEMENDE APPèLREGTER

See original judgement table.