South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1984 >>
[1984] ZASCA 113
| Noteup
| LawCite
S v Stigling en 'n Ander (204/83) [1984] ZASCA 113 (25 September 1984)
Download original files |
204/83
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLFDELING)
In die saak tussen:
JAN STIGLING Eerste Appellant
MARTIN ANDREWS .. Tweede Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram : VILJOEN, BOTHA, ARR et SMALBERGER,
WAR
Verhoordatum : 24 AUGUSTUS 1984 Leweringsdatum : 25 SEPTEMBER 1984
UITSPRAAK VILJOEN, AR
Die twee appellante is, nadak hulle
skuldig gepleik het, deur 'n landdros van Johannesburg skuldig
bevind/
2.
bevind oan die diefstal van vicr telefoontoestelle
waarvan die waarde gcstel is op R160,00 en is elk
tot 9 maande gevangenisstraf gcvonnis. Teen dic
vonnls het hulle sonder sukses geappelleer na die
Transvaalse Provinsiale
Afdeling wat ook 'n aansoek
om verlof om na hierdie hof te appelleer, geweier
het.
Hierdie hof het egter aan die appellante verlof toe-
gestaan om te
appelleer.
Uit antwoorde op vrae wat die landdros die
twee
appellante ingcvolge a 112(1) (b) van Wet 51 van
1977 gevra het, blyk dit dat
albei van hulle vir die
Departement van Poswese telefone herstel het by
die
Carlton Hotel in Johannesburg en dat hulle saam aldaar
vier van die
telefoontoestelle geneem het met die doel
om dit/
3. om dit vir eie gewin te verkoop. Die eerste appellant
het reeds twee van die telefoontoestelle verkoop been
R35,00 stuk; dit blyk egter nie wat van die ander
twee telefoontoestelle geword het nie. Beide die
appellante is eerste
oortreders. Die landdros het,
ingevolge 'n aanbekening op die oorkonde die
"beskuldig-
des se vonnisregte verduidelik" waarop hulle die
volgende
vertoë gelewer het ter versagting van vonnis:
"BESKULDIGDE l:
Ek verstaan. Ek spreek net Hof toe. Ek is
getroud met kind.
My vrou is tans 7 maande
swanger. My vrou werk nie. Ek het my werk
verloor as gevolg van die voorval. Dit is
van die nuwe telefone wat ek geneem het.
Ek het dit geneem om te gaan verkoop. Ek
het std. 9 geslaag. Ek het R511,00 verdien
by die Poskantoor."
"BESKULDIGDE 2:
Ek het verstaan. Ek praat net waar ek staan.
Ek is/
4.
Ek is enigste broodwinner. Ek sorg vir my
moeder en twee broers. My moeder werk nie. My broers is 15 en 16 jaar. Hulle werk nie. Ek is werkloos. Ek het my werk verloor as gevolg van die voorval. Ek het R511,00 verdien hy die Poskantoor. Ek het std. 10 geslaag op skool."
In sy redes vir vonnis meld die landdros dat
die hof van oordeel is dat hy 'n vonnis moet vel wat
sal dien as afskriktmiddel en ter beskerming van die
algemeno publiek. Diefstalsake is aan die orde van die
dag in Johannesburg se omgewing en dit is niks snaaks
om op 'n dag tussen 30 en 50 van hierdie tipe sake te
sien nie, sê hy. Hy stel dit ook dat diefstalsake
waar werknemers
van hulle werkgewers steel die "afgelope
klompie maande geweldig gestyg" het.
Diefstal is altyd
'n ernstige misdaad en wanneer diefstal nog gepaard
gaan
met die/
5. met die feit dat 'n werknemer van sy werkgewer steel
dan word die diefstal nog ernstiger, meen hy. Hy
wys daarop dat die twee
beskuldigdes die posisie van
vertroue waarin hulle verkeer het, misbruik het
-
hulle het van hulle werkgewer se goedere geneem en dit
gaan verkoop met
die uitsluitlike doel om hulleself
te verrryk. Die landdros verwys onder
andere na die
volgende passasie in R v Karg 1961(1) SA 23l(A):
" but the element of retribution,
historically important, is by no means absent from the modern approach. It is not wrong that the natural indignation of interested persons of the community at large should receive some recognition in the sentence that courts impose, and it is not irrelevant to bear in mind that if sentences for serious crimes are too lenient, the administration of justice may
fall/
6
fall into disrepute and injured persons may be inclined to take the law into their own hands."
Die landdros het ook verwys na die volgonde
passasie in die saak S v Gunter 1967(1) PH H32:
"A court may properly impose a punishment which will not benefit but may actually harm a convicted person where the interests of the community have to be taken into account."
Die hof het ook in gedagte
gehou wat gese is
in S v Holder 1979(2) SA 70(A), sê die
landdros en hy
eindig soos volg:
"Die hof het weens bogenoemde redes besluit teen 'n opgoskorte vonnis. Die hof is van oordeel dat in die onder-hawige geval gevangenisstraf die enigste gepaste straf is."
Dit blyk dus uit die landdros se redes dat
hy hom/
7. hy hom ten doel gestel het. om 'n vonnis te vel wat
sou dien as afskrikmiddel en ter beskerming van die
algemene publiek. Op welke wyse die vonnis van
gevangenisstraf die publiek sou beskerm, is egter nie
vir my duidelik nie. As die landdros bedoel dat die
publiek beskerm sal
word omdat die twee appellante
vanweë die gevangenisstraf nie die
geleentheid sal hê
om weer te steel nie, is dit voor-die-hand-liggend
dat
die publiek slegs vir die tydperk van gevangesetting
aldus beskerm sal
word. Voorkoming vir 'n redelike kort
tydperk is, na my oordeel, nie wat die
landdros bedoel
het nie. Hy het waarskynlik bedoel "ter beskerming van
die
belange van die algemene publiek", en die belange,
so blyk dit uit sy
verwysing na Karg en Gunter se sake,
meen hy/
8.
meen hy te beskerm deur die element van vergelding 'n
aansienlike rol te laat speel in die vonnis. In Karg
se saak supra het die appellant op 'n grof nalatige wyse
met 'n
vuurwapen gevuur op oortreders op sy vader se
eiendom as gevolg waarvan een gedood is. Dié
appellant is skuldig
bevind aan strafbare manslag
en 'n vonnis van twee jaar gevangenisstraf
opgelé.
Die passasie waarop die landdros steun kom voor in
die
uitspraak van Schreiner AR wat die appèl teen
die vonnis met die
eenparige goedkeuring van twee
ander appelregters van die hand gewys het. In
die geval
van Gunter supra waarna die landdros verwys is 91 persone
dood
as gevolg van die ernstige nalatige hestuur van 'n
trein deur die appellant.
In beide gevalle was die
gegriefde/
9. gegriefde gevoelens van die ouers en naasbestaandes
van die oorlede slagoffers en verontwaardiging van
die algemene publiek 'n
belangrike oorweging wat deur
die betrokke verhoorhowe in aanmerking geneem
is,
en dit is in hierdie verband waarin geoordeel is
dat die
vergeldingselement toreg 'n belangrike rol
in die betrokke vonnisse toegeken
moes word.
Die diefstal van vier telefone van die poskantoor wek
nie
dieselfde emosie by die algemene publiek as wat die
doodslag van mense dit
doen nie. Na my oordeel het die
landdros die element van vergelding te swaar
laat weeg
by die toemeting van straf aan die twee appellante.
Ek is ook
die mening toegedaan dat, omdat die landdros
spesifiek verwys na 'n
opgeskorte vonnis wat hy "weens
bogenoemde/
10. bogenoomde redes" nie oorweeg het nie, die afleiding
geregverdig is dat hy geen ander alternatiewe vonnis
oorweeg het nie. Heelwaarskynlik het hy alleen 'n
opgeskorte vonnis met
negatiewe voorwaardes in gedagte
gehad, en het hy nooit oorweeg om as voorwaarde, of een
van die voorwaardes, vergoeding aan die poswese te stel
nie. Indien hy dit oorweeg het,sou hy ongetwyfeld
ondersoek ingesbel het
na wat van die ander twee telefoon-
toestelle wat nie verkoop is nie, geword
het.
Vanwee die mistastings waarna ek hierbo
verwys het,
kan hierdie hof ongebonde 'n gepaste vonnis
oorweeg. Dat die appellante van
hulle werkgewer gesteel
het en dus die vertrouensposisie waarin hulle was,
geskaad het, is 'n
geldige oorweging. Hierteenoor, egter,
is die/
11.
is die bedrag betrokke naamlik R160,00 'n redelike klein bedrag en die appellante is nog jonk en is eerste oortreders. Die vereiste van afskrikking wat belangrik is in hierdie geval sal myns insiens bevredig word deur die oplegging van 'n boetevonnis, veral waar die diefstal gepleeg is met die oog op geldelike gewin. Die vereiske van voorkoming, wat ewe-eens belangrik is, sal na my oordeel bevrediq word deur 'n opgeskorte vonnis. Soos ek hierbo aangedui het sou ek, indien ek die saak verhoor het, oorweeg het om, as een van die voorwaardes van die opgeskorte vonnis, te stel dat die veroordeeldes ook vergoeding bebaal, maar daar blyk nie genoegsame gegewens uit dio oorkonde vir die bepaling van so 'n voorwaarde nie. Ek sal dus moet volstaan met
'n opgeskorte/
12. 'n opgeskorte vonnis met negatiewe voorwaardes. Ek
meen verder dat 'n opgeskorte vonnis van gevangenisstraf
gekoppel aan 'n boete-vonnis ook aan die vereiste van
vergelding wat, meen ek, in hierdie saak 'n ondergeskikte
rol behoort te speel, sal voldoen.
Alles in ag genome sal, na my oordeel, die
volgende vonnis vir elk van die appellante 'n gepaste
een wees onder die omstandighede naamlik 'n boeke van
R250,00 of, by wanbetaling, 3 maande gevangenisstraf
plus 6 maande gevangenisstraf opgeskort vir 5 jaar vanaf
die datum van skuldigbevinding deur die landdros
(4/12/81) op voorwaarde dat in daardie tydperk hy
nie 'n oortreding begaan van diefstal of bedrog waaraan
hy skuldig bevind word nie.
Die appèl /
13. Die appèl teen die vonnis slaay dus en die
vonnis waarna in die
voorgaande paragraaf verwys is,
word ten aansien van elk van die appellante
in die
plek gestel van die vonnisse wat die landdros opgelê
het.
APPèLREGTER
LL Saak No. 204/1983
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen:
JAN STIGLING Eerste Appellant
MARTIN
ANDREWS Tweede Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: VILJOEN, BOTHA ARR et SMALBERGER WN AR
VERHOORDATUM:
24 AUGUSTUS 1984 LEWERINGSDATUM: 25 SEPTEMDER 1984
UITSPRAAK
/BOTHA AR ...
2.
BOTHA AR:-
Ek stem saam met die bevel wat uiteengesit word in die uitspraak van my kollega VILJOEN, maar om ander redes as dié wat blyk uit sy uitspraak.
Ek is, met eerbied, nie oortuig daarvan dat die landdros in sy vonnisoplegying mistastings begaan het wat van so 'n aard is dnt hierdie Hofr op daardie grond kan ingryp en die vonnisse verandor nie, aan die hand van die oorwegings uiteengesit deur TROLLIP AR in S v Pillay 1977 (4) SA 531 (A) op 535 A - G. Waar die landdros verwys na 'n vonnis wat sou dien as afskrik-middel en ter beskerming van die algemene publiek, het hy na my mening in gedagte gehad dat die vonnis uiting moes gee aan die gemeenskapsbelang (en dus ook die ge-meenskapsgevoel) wat verg dat die oortreders se straf, in verhouding tot die erns van die oórtreding, daartoe
/moet ...
3.
moet strek om ander mense daarvan te weerhou om soort-gelyke
oortredings te pleeg. Soos ek sy uitspraak lees, het die landdros slegs
op
hierdie breë grondslag aangehaal uit R v Karg 1961 (1) SA 231 (A) en
S v Gunter 1967 (1) PH H32, en nie omdat hy die omstandighede in daardie
sake as vergelykbaar met dié in die huidige ge-val beskou het,
of omdat
hy die element van vergelding per se wou beklemtoon nie (die woord
"vergelding" word nie in sy uitspraak gebruik nie). Origens dink ek nie dat daar
bevind kan word
dat die landdros nie 'n boete-straf tesame met opgeskorte
gevangenisstraf oor-weeg het nie, net omdat hy dit nie uitdruklik as 'n
moontlikheid genoem het nie.
Na my oordeel is daar 'n ander grondslag waarop die vonnisse wat die landdros opgelê het deur hierdie Hof verander moet word. Die twee appellante is elk 21 jaar oud. Hulle ander persoonlike omstandighede en
/die ...
4.
die aard van die oortreding blyk uit my kollega se uit-spraak. As ek in die eerste instansie belas was met die taak van vonnisoplegging in hierdie saak, sou ek in die opweging van die belange van die gemeenskap en die belange van die appellante nie hierdie jeugdige eerste oortreders tronk toe gestuur heb nie. Ek sou hulle die geleenbheid gegun het om hulleself te rehabiliLeer sonder om die ontwrigkende uitwerking van gevangenisstraf op hulle te plaas; en ek sou geoordeel het dat daar genoegsaam voldoen sou word aan die vereistes van af-skrikking en die yemeenskapsbclang deur hulle te straf by wyse van 'n stywe boete, volgens hulle vermoë, gekoppel aan 'n opgeskorte tydperk van gevangenisstraf. Ek sou 'n vonnis opgelê het soos dié wak in my kollega se uib-spraak uiteengesit word. D.ie verskil tussen daardie vonnis en dié wat die landdros opgelê het, is so uit-gesproke dat daar 'n treffende wanverhouding bestaan (vgl S v Gross 1982 (1) SA 593 (A) op 600 C - E), met die
/gevolg ...
5
gevolg dat hierdie Hof behoorb in te gryp. Op daar-die grondslag stem ek
saam met die gevolgtrekking waar-toe my kollega gekom het.
A.S. BOTHA AR
204/83 N v H
JAN STIGLINGH Eerste Appellant
MARTIN ANDREWS Tweede Appellant
en
DIE STAAT Respondent
SMALBERGER , WND AR
204/83 N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
JAN STIGLING Eerste Appellant
MARTIN ANDREWS Tweede Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: VILJOEN, BOTHA, ARR, et
SMALBERGER, WND AR
VERHOORDATUM: 24 AUGUSTUS
1984
LEWERINGSDATUM: 15 SEPTEMBER 1984
UITSPRAAK
SMALBERGER, WND AR:-
Ek het die voordeel gehad om die uitsprake van beide van my kollegas te lees. Ek stem saam dat
die /
2 die appèl teen die vonnis ten aansien van elk
van die appellante moet slaag, en dat die vonnisse genoem in die uitspraak
van
my kollega Viljoen in die plek gestel moet word van die deur die landdros
opgelê.
Na my mening is inmenging met die landdros se vonnisse
geregverdig beide omdat daar 'n treffende wan= verhouding bestaan tussen die
vonnisse deur die landdros opgelê en wat ek in al die omstandighede as
gepas sou beskou (soos deur my kollega Botha bevind)
sowel as op grond van
mistastings deur die landdros (soos deur my kollega Viljoen bevind).
J W SMALBERGER WAARNEMENDE APPèLREGTER
See original judgement table.

RTF format