South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 111

| Noteup | LawCite

S v Sephuti (470/1983) [1984] ZASCA 111; [1985] 1 All SA 173 (A) (25 September 1984)

Download original files

PDF format

RTF format


LL Saak No. 470/1983

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPèLAFDELING

In die saak tussen:
HERMAN MAILE SEPHUTI Appellant
en
DIE STAAT Respondent

CORAM: JANSEN, BOTHA ARR et

SMALBERGER WN AR
VERHOORDATUM: 21 AUGUSTUS 1984
LEWERINGSDATUM: 25 SEPTEMBER 1984

UITSPRAAK

/BOTHA AR

2.

BOTHA AR:-

Ek stem saam met my kollega SMALBERGER, om die redes vermeld in sy uitspraak, dat die verhoorhof se bevinding van 'n beplande, koelbloedige moord nie geregverdig was nie, dat die verhoorhof behoort te be-vind het dat die appellant se getuienis redelikerwyse moontlik waar was, en dat die appellant se skuld dus beoordeel moet word aan die hand van sy eie relaas van die gebeure. Ek stem egter, met eerbied, nie saam met my kollega se bevinding dat op hierdie grondslag die appellant nogtans skuldig is aan moord nie. Na my oordeel is die korrekte bevinding dat hy skuldig is aan strafbare manslag.

Die redes waarom my gevolgtrekking verskil van dié van my kollega is eerstens geleë in die beoor-deling van die appellant se getuienis dat hy nie bedoel

/het ...

3.

het om die oorledene raak te skiet nie. Waar my kol-lega hierdie getuienis as onaanvaarbaar beskou, is ek van oordeel dat dit, net soos die res van die appellant se relaas, ook redelikerwyse moontlik waar kan wees. Ek is nie bereid om 'n nadelige afleiding teen die appel-lant te maak uit die feit dat wat hy in hierdie verband in sy getuienis gesê het, nie weerspieël word in die verklaring wat kaptein Thoms van hom afgeneem nie, omdat daar na my mening wesenlike bedenkings bestaan oor die betroubaarheid van die verklaring as 'n akkurate en vol-ledige weergawe van wat die appellant aan Thoms sou gesê het. Thoms het ontken dat hy by die afneem van die verklaring gebruik gemaak het van 'n tolk in die persoon van sersant Mithani, maar die appellant het deurgaans volgehou dat die verklaring wel afgeneem is deur middel van Mithani as tolk. Mithani was as 'n getuie by die hof beskikbaar. As hy Thoms se getuienis kon bevestig

/(volgens ...

4

(volgens Thoms was hy wel aanwesig toe die verklaring afgeneem is), is dit verbasend dat die Staat hom nie as getuie geroep het nie. Ongelukkig het die ver-hoorregter dit ook nie gerade geag om hom te laat roep as 'n getuie aan die einde van die saak nie, om redes wat, te oordeel ná wat in die uitspraak hieroor gesê word, nie oortuigend is nie. Hierdie geskilpunt is dus nie opgelos nie en die verhoorhof het tot geen be-vinding daaroor gekom nie. Soos dit my voorkom, is daar geen genoegsame rede om op hierdie besondere punt Thoms se getuienis te aanvaar en dié van die appellant te verwerp nie. Op hierdie grondslag kan dit betwyfel word of die verklaring hoegenaamd as bewysmateriaal teen die appellant aangewend kan word. Hoe dit ook al sy, Thoms het in sy getuienis beweer dat hy woórdeliks neergeskryf het wat die appellant hom in Afrikaans mee-gedeel het, en dat die verklaring dus die appellant se

/eie ...

5
eie woorde presies weergee. Ek vind dit moeilik om dit te glo. As 'n mens die verklaring lees (en dit is 'n lang verklaring), dan blyk dit dat die woordge-bruik en sinsbou van so 'n aard is dat dit bepáald die indruk skep dat die outeur daarvan van huis uit Afri-kaanssprekend is. Die appellant het getuig dat hy Afrikaans nie goed magtig is nie. Ten opsigte van die sin in die verklaring wat lui:

"Ek het een skoot op hom gevuur en dit het hom in die gesig getref"

is dit na my mening minstens onwaarskynlik dat dit die appellant se eie woorde presies weergee; dit is baie waarskynliker Thoms se eie formulering van iets wat die appellant in ander woorde aan hom meegedeel het. Ge-volglik kan ek nie saamgaan met n bevinding dat wat die appellant aan Thoms gesê het, nie in ooreenstemming is

/met ...

6.

met die getuienis wat hy afgelê het nie. My bena-dering is dieselfde met betrekking tot die feit dat die appellant nie in sy getuienis beweer het dat hy aan Thoms gesê het dat hy nie bedoel het om die oor-ledene raak te skiet nie, maar dat dit nie in die ver-klaring opgeteken is nie. Die appellant het wel in ander opsigte beweer dat wat hy gesê het, nie volledig in die verklaring opgeneem is nie. Volgens my oor-deel sou dit onbillik en ongeregverdig wees om die ap-pellant se getuienis te kritiseer, en 'n nadelige af-leiding teen hom te maak, op grond daarvan dat hy in sy getuienis iets aangevoer het wat nie in sy verklaring voorkom nie, sonder dat hy in kruisondervraging daaroor aangeval is of ten minste die geleentheid gegun is om die oënskynlike afwyking te verduidelik. Dit is nooit gedoen met betrekking tot sy bewering dat hy nie bedoel het om die oorledene raak te skiet nie.

/Die ...

7.

Die appellant het in sy getuienis herhaaldelik beklemtoon dat hy geen bedoeling gehad het om die oor-ledene raak te skiet nie en dat hy 'n skoot afgevuur het alleenlik met die doel om die oorledene skrik te maak. Aan daardie positiewe getuienis word daar geen afbreuk gedoen deur die inhoud van die verklaring van die appel-lant soos Thoms dit opgeteken het nie, om die redes hierbo uiteengesit.

Vervolgens moet daar aandag geskenk word aan die demonstrasie wat die appellant in die hof gegee het van hoe hy die vuurwapen vasgehou het toe hy die skoot. afgevuur het: volgens opmerkings van die verhoorregter tydens die demonstrasie het die appellant eers die vuur-wapen in 'n opwaartse rigting van ongeveer 25 grade gehou, en daarna het die hoek vergroot tot 45 grade. Dit spreek vanself dat die vuurwapen nie so gehou kon gewees

/het ...

8
het toe die skoot afgegaan het nie; anders sou die oorledene natuurlik nie getref gewees het nie. Maar die feit dat die appellant se demonstrasie nie strook met die gevolg wat ingetree het nie is na my oordeel nie vernietigend van die appellant se getuienis aan-gaande sy bedoeling nie. 'n Mens durf nie uit die oog verloor nie dat die gebeure wat die appellant be-skryf het in feitlik 'n oogwink plaasgevind het, dat daar 'n emosie-belaaide en gespanne atmosfeer geheers het, en dat beide persone wat daarby betrokke was vin-nig aan die beweeg was. In laasgenoemde verband is dit insiggewend dat die appellant, toe hy in kruisonder-vraging aangeval is oor die demonstrasie wat hy gegee het, verklaar het dat die skoot nie die oorledene sou getref het as hy (die appellant) op die oomblik toe dit afgegaan het, sou stilgestaan het en nie beweeg het nie. In al die omstandighede is ek nie bereid om die appellant

/dit ...
9
dit te verkwalik dat hy nie in staat was om 'n presiese
demonstrasie of verduideliking te gee van hoe dit ge-
kom het dat die oorledene getref is nie. Sy onvermoë
om dit te doen regverdig myns insiens nie die afleiding
bo redelike twyfel dat hy die vuurwapen inderdaad op die
oorledene gemik het toe dit afgevuur is nie, en dit reg-
verdig ook nie die verwerping as vals bo redelike twyfel
van die appellant se getuienis dat hy slegs 'n waarskuwing-

skoot in die lug wou vuur om die oorledene skrik te maak

nie. Die appellant se ervarenheid in die gebruik van
'n vuurwapen skep wel in die algemeen 'n onwaarskynlikheid

dat hy die oorledene per ongeluk sou getref het, maar as
daar gelet word op die besondere omstandighede wat ge-

heers het toe die skoot afgegaan het, dan kan daar na my

oordeel nie bevind word dat die appellant se weergawe

so vergesog is dat dit nie redelikerwyse moontlik waar

kon wees nie.

/Uit ...

10.

Uit die voorgaande volg dit vanself dat daar geen ruimte is vir 'n bevinding dat die appellant die oorledene geskiet het met opset in die vorm van dolus
directus nie. Wat oorbly, is die vraag of daar by hom opset aanwesig was in die vorm van dolus eventualis. Die feite van hierdie saak noodsaak dat daar weer eens beklemtoon moet word hoe versigtig daar onderskei moet word tussen wat 'n beskuldigde, objektief beoordeel, behoort te voorsien het, enersyds, en andersyds, wat 'n

beskuldigde, subjektief beoordeel, werklik voorsien het (kyk bv S v Sigwahla 1967 (4) sa 566 (A) op 570 B-F). Hier is daar geen twyfel nie dat die appellant behoort te voorsien het dat hy moontlik die oorledene noodlottig sou kon tref. Of hy dit inderdaad bewustelik voorsien het toe hy die skoot afgevuur het, is 'n ander vraag, wat beantwoord moet word aan die hand van die afleiding wat uit die feite gemaak kan word aangaande die subjektiewe

/gemoedstoestand ...

11
gemoedstoestand van die appellant op die kritieke
oomblik. Die tersaaklike feite is in hoofsaak, aan
die een kant, dat die appellant twee tot drie tree weg
was van die oorledene toe hy geskiet het, maar aan die
ander kant, dat daar 'n skielike krisis-toestand vir
die appellant ontstaan het, dat die gebeure binne 'n
baie kort tydsbestek plaasgevind het, dat albei partye

aan die beweeg was, en dat dit 'n plotselinge besluit

van die appellant was om te skiet. Die kernvraag is:
was die appellant op daardie oomblik gedagtig aan die
moontlikheid dat hy die oorledene noodlottig kon tref

en was dit hom om die ewe of dit sou gebeur of nie?

Met die oog op die feite wat ek genoem het, kan hierdie

vraag na my oordeel nie bo redelike twyfel bevestigend

beantwoord word nie. Die appellant is geregtig op

die voordeel van die twyfel.

/Om ...

12.

Om die voorgaande redes is my gevolgtrekking dat die appellant níe skuldig bewys is aan moord nie, maar wel aan strafbare manslag.

Hierdie gevolgtrekking maak dit vir my onnodig om 'n standpunt in te neem oor die sienswyse wat in my kollega SMALBERGER se uitspraak uiteengesit word in ver-band met die ondersoek na die bestaan al dan nie van versagtende omstandighede op die grondslag van die slot-som waartoe hy geraak het aangaande die skuldigbevinding van die appellant. Om moontlike misverstand te voor-kom, wil ek egter net kortliks iets daaroor sê. Op die oog af kom my kollega se benadering my voor 'n aan-treklike een te wees wat (in ieder geval in 'n saak soos die huidige) tot bevredigende resultate sal lei, maar ook op die oog af het ek ernstige bedenkings oor die vraag of so 'n benadering in beginsel versoenbaar is met die standpunt van ons regspraak ten opsigte van die

/bewyslas ...

13.

bewyslas met betrekking tot versagtende omstandighede, soos onlangs herbevestig is in S v Theron [1984] ZASCA 1; 1984 (2) SA 868 (A). Ek sê "op die oog af" omdat hierdie aan-geleentheid nie na behore voor ons beredeneer is in die huidige saak nie. Ek verkies dus om geen mening daaroor uit te spreek nie en om die vraag heeltemal oop te laat vir toekomstige oorweging en beslissing in 'n gepaste saak.

Ten slotte, wat betref die vonnis wat die appellant opgelê moet word op grondslag van 'n skuldig-bevinding aan strafbare manslag, is ek van oordeel, met inagneming van al die tersaaklike omstandighede, dat 'n vonnis van 8 jaar gevangenisstraf gepas sal wees.

Die appèl slaag. Die appellant se skuldig-bevinding aan moord en die doodvonnis wat hom opgelê is, word tersyde gestel en vervang deur 'n skuldigbevinding

/aan ...

14.

aan strafbare manslag en 'n vonnis van 8 jaar gevangenis-straf.
A.S. BOTHA AR JANSEN AR STEM SAAM