South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 101

| Noteup | LawCite

S v Gumede (432/83) [1984] ZASCA 101 (14 September 1984)

Download original files

PDF format

RTF format


Saaknommer 432/83 WHN

DAVID GUMEDE Appellant

en

DIE STAAT Respondent

JOUBERT, AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING

In die saak tussen:
DAVID GUMEDE Appellant
en
DIE STAAT Respondent

Coram: RABIE, HR., JANSEN, JOUBERT, CILLIé et VAN HEERDEN, ARR.

Verhoor: 23 Augustus 1984 Gelewer: 14 September 1984

UITSPRAAK JOUBERT, AR.

/Die
2

Die appellant, 'n 24 jarige Swart man, is in die Rondgang Plaaslike Afdeling te Springs voor KIRK-COHEN R. en twee assessore op klagte 1 aangekla van moord deurdat hy op Maandag 14 Junie 1982 die oorledene Kitise William Mangane in die distrik van Delmas vermoor het. Hy is op klagte 2 aangekla van roof met verswarende omstandighede,deurdat hy die oorledene op dieselfde datum en plek van ongeveer R20 beroof het. Op klagte 1 het die appellant skuldig op gewone aanranding gepleit en het hy erken dat hy die oorledene aangerand het. Die Staat het geweier om hierdie pleit te aanvaar. Op klagte 2 het die appellant onskuldig gepleit. Simon Day Hlope wat beskuldigde 2 sou wees,

/was ...

3

was afwesig omdat hy na bewering uit aanhouding ontsnap het. Die verhoor is teen die appellant alleen voort= gesit. Hy is op klagte 1 skuldig bevind aan moord sonder versagtende omstandighede en hy is die doodvonnis opgelê. Op klagte 2 is hy onskuldig bevind. Die verhoorregter het die appellant se aansoek om teen sy

skuldigbevinding aan, moord en die bevinding dat daar

geen versagtende omstandighede was nie te appelleer van die hand gewys.

Met spesiale vergunning appelleer die appellant na hierdie

Hof teen sy skuldigbevinding aan moord en die doodvonnis.

Lusenga het vir die Staat getuig. Hy was die leier van 'n groep bestuurders wat ses nuwe

/motorkarre ......

4

motorkarre op Maandag 14 Junie 1982 omstreeks 6.30 nm. vanaf Silverton, Pretoria, via Delmas na Amanzimtoti in konvooi sou bestuur. Die reël was dat 'n sekere bestuurder altyd voor in die konvooi moes ry en dat die ander voertuie in die konvooi hom nie mag verbysteek nie maar hulle mag mekaar in die konvooi wel verbysteek. Die bestuurders moes ook twee karlengtes van mekaar in die konvooi ry. Die oorledene het 'n Mazda 323 in die vierde plek van voor in die konvooi bestuur. Lusenga was die bestuurder van die laaste voertuig in die konvooi. Nadat die res van die konvooi reeds weg was, het hy sowat 15 na 20 minute later vertrek. Toe hy ongeveer 15 km uit

/Delmas

5

Delmas op pad na Leslie is, het hy oorledene se voertuig met sy noodligte wat geflikker het, op die grondstrook aan die linkerkant van die teerpad sien staan. Dit was reeds donker. Hy het ondersoek ingestel maar daar was niemand in die voertuig nie. Die deure van die voertuig was toe. Hy het die bestuurder se deur oopgemaak en die sleutel uitgetrek. Ene Rabie het daar gekom en met behulp van sy soeklig het hulle die oorledene in die gras langs die heining sien lê. Dit was omtrent 10 tree vanaf die oorledene se voertuig. Die oorledene was reeds dood. Spoedig daarna het die polisie opgedaag. Speurder-adjudant-offisier Lombard en 'n ander polisiebeampte het

/die

6

die oorledene se klere uitgetrek en toe sien hy die
oorledene het twee wonde nl. een aan die linkerkant van sy
bors en een aan die regterkant van sy bors. Die oorledene
het geen skoene aangehad nie. Hy het teruggegaan na die
oorledene se voertuig om ondersoek in te stel. Op die
agterste sitplek het hy die appellant se identiteitsboekie
gevind. Agter die bestuurder se sitplek het hy los sent=

stukke gesien. Hy het links voor in die voertuig 'n klip

gevind. Die oorledene se skoene was voor in die voertuig.

Op die grond by die agterste linkerwiel het hy die oorledene

se mus opgetel. In die kattebak het hy gevind dat al die

gereedskap (insluitende die slinger van die domkrag)van die voertuig

aanwesig was.

/Speurder- ....

7

Speurder-adjudant-offisier Lombard het vir die Staat getuig. HY het saam met adjudant-offisier Kumbi by die toneel van die misdaad gekom en hy bevestig Lusenga se getuienis met betrekking tot waar die oorledene se lyk gelê het. By die lyk van die oorledene het hy 'n polshorlosie opgetel waarvan die leerbandjie gebreek is. Agter die oorledene se voertuig het hy spore op die grondstrook gevind. Ongeveer 4 tree direk agter die voertuig het hy sleepmerke op die grondstrook gekry wat deur die gras tot by die plek waar die oorledene se lyk gelê het, gegaan het. Dit was 'n breë sleepmerk. Aan die gras het hy bloed gevind tot by die oorledene se lyk.

/sy

8

Sy indruk was dat die oorledene aan sy arms gesleep is want op die grondstrook was daar twee sleepmerke wat die oorledene se voete kon gemaak het. Bowendien was die oorledene se baadjie oor sy kop gerol en was die baadjie skoon gewees. In die voertuig het hy by die voorste passasier se kant 'n klip toegedraai in 'n sakdoek gevind. Op die agterste sitplek het sentstukke versprei gelê. In die kattebak het hy 'n leertassie bevattende klere en 'n kombers gevind. In 'n plastiese sakkie het hy die gereed= | skap (insluitende 'n slinger van die domkrag) gevind.

Adjudant-offisier Julius Mgengo het vir die Staat getuig dat hy op 1 Julie 1982 die toneel van die

/misdaad

9

misdaad met die appellant en Hlope besoek het. Hy het toe 'n leë leerhouer (Bewysstuk 8) in die gras gevind waar die oorledene se lyk gelê het. Dit is gemene saak dat in die leerhouer notegeld geplaas kan word maar nie munt= stukke nie.

Maria Mangane, weduwee van die oorledene, het getuig dat die oorledene 58 jaar oud was en dat hy lank en fris gebou was. Sy het die oggend van 14 Junie 1982 aan hom 'n Rl0 noot gegee wat hy in sy leerhouer (Bewysstuk 8) gesit het. Sy het die skoene, die mus en die horlosie as die oorledene se eiendom herken. Wat die sakdoek betref, was haar antwoord: „Nee, ek weet nie".

/Volgens

10

Volgens die distriksgeneesheer, dr Sparrius, wat 'n lykskouing op die lyk van die oorledene gedoen het, is die oorledene dood as gevolg van bloedverlies wat deur vyf steekwonde in die borskas en die nek veroorsaak is. Twee van die steekwonde wat baie bloedverlies veroorsaak
het, het hy as dodelik bestempel, nl. (I) 'n wond aan die |

linkerkant van die nek wat 'n aar afgesny het en die oorledene onmiddellik sou verswak het en (2) 'n wond onder die linker= tepel wat tot in die linkerlong binnegedring het en bloeding in die borskasholte veroorsaak het. Indien laasgenoemde bloeding vinnig plaasgevind het, sou die oorledene binne 1 of 2 minute nie meer in staat gewees het om doeltreffend

/asem

11

asem te haal nie. Die ander drie steekwonde was nie dodelik nie en hulle sou op sigself nie die dood veroorsaak het nie. In kruisondervraging het hy toegegee dat dit moontlik is dat die oorledene 'n steekwond aan sy regtersy gehad het wat hy nie opgemerk of genotuleer het nie ofskoon hy van mening was dat dit nie die geval was nie.

Die staat het verder gesteun op 'n verklaring wat die appellant op 1 Julie 1982 voor 'n landdros te Delmas gemaak het. Hierdie verklaring is by ooreenkoms ingehandig as Bewysstuk D. Die relevante gedeelte van hierdie verklaring is soos volg :

/„Ons

12

„Ons was by kruising en ons het duimgegooi. Toe kom 'n 'garage voertuig'. Die voertuig het stilgehou by ons. Bestuurder het gevra waarheen gaan ons. Gesê ons gaan Brakfontein toe. Ons het toe ingeklim. Ons het gery tot by Delmas Koolmyn se aansluiting. Ons het vir bestuurder gesê ons gaan afklim. Bestuurder het gesê ons moet hom betaal. Hy het gesê ons moet elkeen R5 betaal. Toe ons het gesê ons het nie R5 hie maar ons het elkeen R1. Toe sê oorledene ons mag nie met hom speel nie. Toe haal die oorledene 'n yster uit. Toe wou hy my maat slaan. Ek het hom gevang. Toe haal ek mes uit en hom gesteek, twee

keer. Op linker en op regter sy. Die oorledene het op die gras geval. Toe haal my maat ook mes uit en die oorledene gesteek. Ons het die oorledene daar gelos en geloop. Dit was die slinger van die domkrag waarmee oorledene my maat wou slaan."

/Nadat
13

Nadat die Staat al hierdie getuienis oor die meriete, d.w.s. oor die eerste fase van die verhoor, aangebied het, is die verdedigingsaak gesluit sonder dat enige getuienis oor die meriete vir die verdediging afgelê is.
Ek moet daarop wys dat die appellant wel by die tweede fase van die verhoor wat op die aanwesigheid van versagtende omstandighede al dan nie betrekking het getuienis afgelê het wat ook op die eerste fase van die verhoor betrekking het. Die appellant se advokaat het aanvanklik betoog dat hierdie Hof by die oorweging van die vraag of die appellant tereg deur die verhoorhof aan moord

/skuldig

14

skuldig bevind is ook daardie getuienis van die appellant in ag moes neem wat hy tydens die tweede fase van die verhoor oor die meriete afgelê het. Toe hy egter besef dat hierdie getuienis van die appellant oor die meriete tydens die tweede fase van die verhoor moontlik baie nadeliger vir die appellant kon wees as die getuienis wat die Staat oor die meriete tydens die eerste fase van die verhoor aangebied het, het hy van standpunt verander, nl. dat hierdie Hof by oorweging van die appèl ten aansien van die skuldigbevinding aan moord slegs die getuienis van die eerste fase van die verhoor in ag moes neem omdat dit die getuienis was aan die hand waarvan die appellant

/deur

15

deur die verhoorhof skuldig bevind is. Dit is dan ook die benadering wat ek gaan volg.
In die onderhawige saak het die appellant deur sy pleit van skuldig aan aanranding op die oorledene hom op die toneel van die misdaad geplaas. Hierbenewens is daar die appellant se verklaring voor die landdros (Bewys= stuk D) waaruit dit blyk dat hy en 'n vriend passasiers in die voertuig van die oorledene was wat hulle opgelaai het. Die appellant se aanwesigheid in die voertuig word ondersteun deur die feit dat sy identiteitsboekie op die agterste sitplek van die voertuig gevind is. Dit blyk verder uit Bewysstuk D dat daar 'n bakleiery tussen

/die

16

die oorledene aan die eenkant en die appellant en sy
vriend aan die anderkant oor geld ontstaan het. Volgens die aanvaarbare getuienis was die oorledene 'n groot frisgeboude man en is dit 'n redelike afleiding dat hy homself sou verset het. Daar is egter geen stawing vir die appellant se bewering in Bewysstuk D as sou die oorledene gedreig het om die appellant se vriend met die slinger van 'n domkrag te slaan nie omdat al die gereedskap (insluitende die slinger) in die kattebak van die voertuig toegesluit gevind is en geen ander slinger is buitekant die voertuig op die toneel van die misdaad gevind nie. Die feit dat die oorledene se mus op die grondstrook by

/die

17

die linkerkantse agterwiel gevind is asook die spore agter die voertuig op die grondstrook strook met die plaasvind van 'n bakleiery buitekant die voertuig. Hierbenewens is daar die direkte bewering van die appellant in Bewysstuk D dat hy die oorledene gevang het en twee keer met sy mes gesteek het. Weliswaar is sy bewering dat hy die oorledene op sy linkersy en op sy regtersy gesteek het, nie in ooreenstemming met die mediese getuienis oor die posisie van die 5 steekwonde nie. Wat egter van besonder groot belang is, is die bewering in Bewysstuk D dat die oorledene op die gras gêval het. Volgens die konteks waarin hierdie bewering gemaak word, het dit

/plaasgevind

18

plaasgevind nadat die appellant die oorledene twee steekwonde toegedien het en voordat die appellant se vriend die oorledene gesteek het. Hierdie feit dat die oorledene geval het nadat die appellant hom gesteek het regverdig die afleiding wat die verhoorhof gemaak het met inagneming van die mediese getuienis dat die
appellant een van die twee dodelike steekwonde toegedien het voordat die oorledene geval het - te meer waar die appellant nagelaat het om self tydens die eerste fase van die verhoor te getuig oor die besonderhede van sy aanranding op die oorledene waarvan hy eerstehandse kennis gedra het.

/Vergelyk

19

Vergelyk in hierdie verband die volgende dictum van
MALAN AR. in R v Mlambo, 1957(4) SA 727 (A) wat met
goedkeuring deur hierdie Hof in S v Rama, 1966(2) SA 395(A) te
bl. 400 H aangehaal is, te wete :

"If an assault - using the term in its widest possible acceptation - is committed upon a person which causes death either instantaneously or within a very short time thereafter and no explanation is given of the nature of the assault by the person within whose knowledge it solely lies, a court will be fully justified in dráwing the inference that it was of such an aggravated nature that the assailant knew or ought to have known that death might result."

/Ten

20

Ten spyte van die betoog van die appellant se adyokaat tot die teendeel is ek van oordeel dat die Staat aan die hand van die getuienis as geheel wat tydens die eerste fase van die verhoor voorgelê is daarin geslaag het om bo redelike twyfel te bewys dat die appellant die oorledene 'n dodelike steekwond buitekant die voertuig toegedien het met die opset om hom te vermoor, soos die verhoorhof bevind het. In die lig van hierdie bevinding is dit volgens my mening onnodig om in te gaan op die alternatiewe grond waarop die verhoorhof die appellant ook skuldig aan moord op die oorledene bevind het, nl. dat die appellant en sy vriend in uitvoering van 'n gemeen= skaplike doel die oorledene aangerand het met die opset om hom te vermoor.
21 Ek gaan nou daartoe oor om die aangeleentheid van versagtende omstandighede te behandel. Die bewyslas om die bestaan van versagtende omstandighede op 'n oorwig van waarskynlikhede vas te stel, rus op die appellant. Om dit te kan doen, moet daar 'n feitebasis vir die verhoorhof wees waarvan die bestaan van versagtende omstandighede tentyde van die pleeg van die moord afgelei kan word.

Soos reeds vermeld, het die appellant tydens die tweede fase van die verhoor getuienis oor versagtende omstandighede afgelê maar hy het ook getuienis gegee wat op die eerste fase van die verhoor betrekking het.

Die strekking van die appellant se getuienis

/kan

22

kan in hooftrekke soos volg saamgevat word. Die betrokke aand het die appellant drie blikkies bier ("longtoms") gedrink voordát hy en sy vriend Hlope na 'n kruising is om te ryloop. Toe die oorledene hul 'n rit aangebied het, het hy en Hlope geen misdadige planne gehad nie. In kruisondervraging het hy erken dat hy in die oorledene se voertuig geklim het met 'n oop knipmes in sy sak omdat dit donker was en daar in die omgewing van Delmas baie skelms is. Volgens die verhoorhof se waarneming is die appellant 'n baie groot fris man. Die appellant het agter in die voertuig plek ingeneem terwyl Hlope links voor langs die oorledene gesit het. Die oorledene het blykbaar langs die teerpad stilgehou toe sy twee passasiers wou afklim.

/Daar

23

Daar het toe moeilikheid oor geld onstaan omdat die oorledene R5 van elkeen van hulle as betaling vir die rit wou hê terwyl hulle elk slegs Rl gehad het. Die appellant beweer dat dit hom baie kwaad gemaak het. Hy het ook kwaad geword omdat die oorledene gedreig het om vir Hlope met 'n slinger te slaan. Hierdie slinger het die oorledene te voorskyn gebring vanaf 'n plek naby die handrem tussen die twee voorste sitplekke. Hierdie slinger was baie dun en 'n bietjie langer as 'n halwe meter. Hlope het uit die voertuig geklim. Die appellant het die oorledene van agteraf om sy skouers gegryp en hom vasgehou. In kruisondervraging het die appellant beweer dat dit die laaste geleentheid was wat hy die slinger gesien het.

/Hy

24

Hy weet nie wat daarna van die slinger geword het nie. Die oorledene het die appellant nooit met die slinger gedreig nie. Hlope het die oorledene vasgegryp aan die kraag van sy baadjie en begin om hom te trek na die linkerkantse voordeur van die voertuig. Toe die oorledene halfpad uit die voertuig getrek is, het die appellant sy mes uitgehaal en met 'n horisontale beweging die oorledene twee keer daarmee gesteek. In sy hoofgetuienis het die appellant beweer dat hy nie presies weet waar hy die oor= ledene gesteek het nie. In kruisondervraging het hy erken dat die oorledene toe hulpeloos was. Die appellant het uit die voertuig geklim. Hy en Hlope het die oorledene

/by

25

by die linkerkantse voordeur uitgetrek. Terwyl die appellant die oorledene buitekant die voertuig vasgehou het, het Hlope sy mes uitgehaal en die oorledene daarmee gesteek. Die oorledene het kragteloos geword en op sy knieë gestaan. Hlope het die oorledene 4 tree agter die motorkar geneem. Terwyl die oorledene nog geleef het, het hy en Hlope die oorledene na die gras getrek. Die oorledene.se voete het gesleep. Die appellant kon verskeie dinge nie verklaar nie soos bv. die klip in die sakdoek, die oorledene se skoene in die motorkar, die muntstukke en sy identiteitsboekie agter in die voertuig.

/Wat

26

Wat die appellant se drankinname betref, het hy in sy hoofgetuienis beweer dat hy kon voel dat hy wel gedrink het. In kruisondervraging het hy dit soos volg gestel: „Ek was 'n bietjie dronk gewees, nie so baie nie". Uit die getuienis as geheel blyk dit egter nie dat die drie biere subjektief die oordeelsvermoë en die verantwoordelikheidsin van die appellant aangetas het nie. Dat die appellant kwaad geword het omdat die oorledene R5 van hom gevra het, is verstaanbaar maar dit het in die omstandighede sy optrede teenoor die oorledene nie moreel minder laakbaar gemaak nie. Die appellant het in kruisondervraging toegegee dat die

/oorledene

27

oorledene hom nooit met die slinger gedreig het nie. Die oorledene sou vir Hlope binne in die voertuig met die slinger gedreig het maar Hlope het ongedeerd uit die voertuig geklim. In die omstandighede het niks die appellant en Hlope verhinder om weg te hardloop nie. In stede daarvan het die appellant die inisiatief ge= neem om die oorledene vas te gryp en hom met sy mes noodlottig te steek terwyl die oorledene weerloos was en deur Hlope halfpad uit die voertuig getrek is. Die appellant se verwysing na die slinger wat die oorledene in die motorvoertuig te voorskyn sou gebring het, kom as uiters onwaarskynlik voor in die lig van die volgende feite, nl.

/1. die

28

1. die laaste geleentheid wat die appellant die slinger !
by die oorledene gesien het, was onmiddellik voordat

hy die oorledene vasgegryp het;

2.daarna het die appellant nie meer die slinger gesien nie en was die oorledene nie meer in staat om die slinger te hanteer nadat die appellant hom in die motorvoertuig met sy mes gesteek het nie;
3.die slinger moes volgens die appellant se relaas voor in die voertuig of miskien op die grondstrook by die linkerkantse voordeur van die voertuig gewees het maar dit is nooit in die motorvoertuig

of buitekant die motorvoertuig op die toneel van die

/misdaad

29

misdaad gevind nier; en 4. die motorvoertuig se slinger was te alle relevante tye saam met die ander gereedskap in die kattebak van die motorvoertuig toegesluit.

Daar is na my mening geen feitebasis waarvolgens die appellant se drankinname en die sogenaamde provokasie van die oorledene om Hlope met die slinger te dreig, hetsy afsonderlik hetsy gesamentlik, as versagtende omstandighede op 'n oorwig van waarskynlikhede bevind kan word nie.

Na my oordeel het die verhoorhof in sy bevinding dat daar geen versagtende omstandighede is

/nie

30

nie geensins 'n mistasting of 'n ander onreëlmatigheid begaan nie. Bowendien in die lig van al die aanvaar= bare getuienis kan dit na my oordeel nie gesê word dat die verhoorhof nie redelikerwyse tot sy bevinding kon gekom het nie.

Die appèlteen die skuldigbevinding aan moord en die doodvonnis word afgewys.

C.P. JOUBERT, AR.

RABIE, HR. )

JANSEN, AR. )

Stem saam. CILLIé, AR. )

VAN HEERDEN, AR. )