South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1984 >>
[1984] ZASCA 10
| Noteup
| LawCite
Standard General Versekeringsmaatskappy Bpk v Malantswane and Another (161/82) [1984] ZASCA 10 (8 March 1984)
Download original files |
161/82 N.v.H.
STANDARD GENERAL VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK
en
ANNA MALANTSWANE BETTY MAIFADI
MILLER, AR :-
161/82 N.v.H.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
STANDARD GENERAL
VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK Appellant
en
ANNA MALANTSWANE Eerste Respondent
BETTY MAIFADI Tweede Respondent
CORAM: MILLER, JOUBERT et NICHOLAS, ARR
VERHOORDATUW: 2 MAART 1984
LEWERINGSDATUM: 8 MAART 1984
UITSPRAAK
MILLER, AR :-
Die appellant was ten alle tersaaklike
tye die versekeraar, ingevolge die bepalings van Wet 56
van 1972 /
2
van 1972, van 'n motorvoertuig. Gedurende
September
1978 het die versekerde voertuig, terwyl dit bestuur
is deur mnr
Dikgari, met 'n motorvoertuig wa t bestuur
is deur mnr Molema, gebots. Di e
respondente was
passasiers in laasgenoemde voertuig en albei het
beserings
opgedoen en heelwat skade gely as gevolg van
die botsing. Hulle het elk, in
die Transvaalse
Provinsiale Afdeling, 'n afsonderlike aksie teen d ie
appellant ingestel, waarvolgens skadevergoeding ge= eis is t.o.v. hulle
beserings,
wat na bewering veroor = saak is deur nalatige bestuur van sy
voertuig deur genoemde Dikgari.
Die /
3 Die twee aksies is deur die Hof a quo, op versoek van die
partye, gekonsolideer vir doeleindes van verhoor. Die appellant het reeds
voor
die verhoor, ingevolge d ie bepalings van reël 13 van die Eenvormige
Hofreëls, teen Molema 'n derdeparty-kennisgewing
uitgereik en dit bestel,
waarvolgens beweer is dat hy, Molema, nalatiglik bestuur het en dat sy
nalatigheid of die uitsluitlike oorsaak
van die botsing was, óf daartoe
bygedra het. Molema het geen pleit op sodanige bewering ingedien nie en blykbaar
geensins
daarop gereageer nie. Na aanhoor van getuienis het die Hof a quo
(PREISS, R) bevind dat beide bestuurders nalatig was en dat sodanige
nalatigheid
in kousale
verband /
4 verband met die botsing gestaan het. Die geleerde Regter het verder bevind dat "die mate van nalatigheid van die betrokke bestuurders" (met betrekking tot die
skade wat gely is) "was 80% aan die kant van
Molema en 20% aan die
kant van Dikgari".
Bygevolg het die Hof a quo die ooreengekome bedrae skadevergoeding aan die
eiseresse,onderskeidelik, toegestaan met koste teen die
Verweerder en die derde
party, gesamentlik en afsonderlik. Die appellant kom nou in hoer beroep teen
daardie bevele.
Die botsing het teen ongeveer 16h00 op die Rosslyn/Orchards
Kruising, Pretoria, plaasgevind. Molema het van oos na wes gery en Dikgari
in
die
teenoorgestelde /
5 teenoorgestelde rigting. In sy uitspraak het PREISS,
R, die getuienis wat afgelê is taamlik breed= voerig uiteengesit en
ontleed.
Gesien die aard en die noue omvang van die wesentlike geskil wat tans
nog bestaan tussen die partye, i s ek nie van voornemens om
in hierdie uitspraak
die feite te herhaal nie. Dit was in hierdie Hof gemene saak dat Molema sy motor
op nalatige wyse bestuur het.
Sy verduideliking dat Dikgari se voertuig van kant
tot kant van die pad vorentoe beweeg het en uiteindelik teen Molema se kar, wat
stilstaande was, vasgery het, is regtens deur die Hof a guo verwerp. Dit kan
redelik aanvaar word dat Molema bedoel het om in die
kruising regs te draai
en
dat /
6 dat daar opmerklike aanduidings was dat hy moontlik
so iets sou aanvang en daardeur 'n gevaarsituasie
kon skep, aangesien hy deur regs te draai die weg
van die ankomende voertuig van Dikgari sou versper.
Trouens, die getuienis
dui daarop dat sy voertuig
kort voordat die botsing plaasgevind het,regs
begin
swaai het.
Die vraag is of onder bogenoemde omstandig=
hede dit op 'n oorwig van
waarskynlikhede bewys is
dat Dikgari ook kousaal nalatig was.
Hierdie /
6 A Hierdie vraag is deur die Hof a quo bevestigend
beantwoord. Nadat daarop gewys is dat Dikgari se getuienis in sekere opsigte
"uiters
vaag" was en dat hy gepoog het "om sy posisie waarin hy hom bevind het
te ontduik", het die geleerde Regter hom soos volg uitgelaat:-
"Ek /
7
"Ek is van oordeel dat wat hier wel gebeur het is dat hy óf daardie motor (d.w.s. Molema s'n) nie gesien aankom het nie op die laaste minuut of dat hy wel gesien het dat hierdie voertuig wel aankom met sy flikkerligte aan en hy het maar sommer bloot aanvaar dat die voertuig nie vlak voor hom sou inbeweeg nie".
Verder is bevind dat Dikgari, in die besondere
omstandighede, behoort te besef het dat die moontlikheid
ontstaan dat Molema voor hom sou indraai en dat dit
derhalwe sy plig was om Molema se voertuig "te alle tye
dop te hou" en om self gereed te wees om doeltreffend
te kan optree ingeval die moontlikheid verwesenlik
word.
Namens /
8
Namens die appellant het mnr le Roux aangevoer dat die getuienis sodanige bevindings nie regverdig nie. Dit is waar dat bra min getuienis aan die Hof voorgelê is. Geeneen van die passasiers in Molema se voertuig het getuig. Wat die omstan-dighede van die botsing betref het slegs Molema en Dikgari getuig en soos reeds genoem, was hulle nie juis betroubare getuies nie. Ek is nogtans tevrede dat die genoemde bevindings van die Hof a quo geregverdig is. Dikgari het self onder kruisondervraging erken dat hy van die moontlikheid dat Molema se voertuig regs sou draai bewus was; hy het eintlik gesê
" dit is wat ek gedink het". Tog blyk dit,
weereens /
9 weereens uit sy eie getuienis, dat hy daarna sy "aandag van
hom (Molema) afgehaal het" omdat hy aangeneem het dat Molema tog nie
voor hom
sou indraai nie. Mnr le Roux het ook daarop gewys dat volgens Dikgari, sy
voertuig aan die linker voorkant beskadig is en
Molema se voertuig voor, in die
middel. Dit is betoog dat dit nie met die verhoofhof se bevindings rym
nie.
Dit moet egter in gedagte gehou word dat die botsing in September 1978
plaasgevind het. Die getuienis aangaande die skade aan die
voertuie is op 10
Maart 1982 afgelê. Dit blyk dat die polisie se dossier in die saak
vernietig is voordat aksie ingestel
is /
10 is en dat die konstabel wat die gebeurtenis op die toneel
ondersoek het, niks daarvan kan onthou nie. Onder hierdie omstandighede
sou dit
uiters gevaarlik wees om te probeer aflei van hierdie minimale getuienis met
betrekking tot die skade aan die voertuie, presies
hoe en in watter rigtings die
voertuie beweeg het tydens die botsing. Op sy sterkste, weeg die getuienis van
waar die vocrtuie beskadig
is nie op nie teenoor die erkenning van Dikgari dat
hy, ten spyte van wat hy waargeneem het met betrekking tot die beweging van
Molema
se voertuig, genoemde voertuig nie voor oë gehou het nie. Die
appèl kan derhalwe nie slaag nie.
Dit /
11
Dit dien daarop gelet te word dat die geleerde Regter a quo in die bevel wat hy gemaak het, verkeerdelik vir Molema beskou het as die versekerde bestuurder; dit is baie duidelik uit sy uitspraak dat bevind is dat Molema, nie Dikgari nie, 80% skuld het. Ook die bevel wat deur die Griffier uitgereik is, is nie 'n korrekte weergawe van die bedoelde bevele nie.
Die appèl word van die hand gewys, met koste.
S MILLER APPèLREGTER
JOUBERT, AR )
) STEM SAAM NICHOLAS, AR )