South Africa: North West High Court, Mafikeng Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: North West High Court, Mafikeng >> 2012 >> [2012] ZANWHC 33

| Noteup | LawCite

S v Truyens en Ander (CA44/09) [2012] ZANWHC 33 (28 June 2012)

Download original files

PDF format

RTF format


IN THE NOORDWES HOOGGEREGSHOF

(MAFIKENG)

SAAK NO.: CA44/09

In die saak tussen:


JOHANNES H TRUYENS …........................................EERSTE APPELLANT

CORNELIUS J VAN ZYL …......................................TWEEDE APPELLANT


en



DIE STAAT …..............................................................................RESPONDENT


KRIMINELE APPЀL


LANDMAN R EN GUTTA R


______________________________________________________________


UITSPRAAK


_______________________________________________________________



LANDMAN R:




Inleiding


[1] Op 15 Junie 2012 het die hof die volgende bevel gemaak:


1. Die aansoek om uitstel word van die handgewys.

2. Die appèl word van die rol geskrap.


[2] Ek het aangedui dat redes vir hierdie besluit sou volg. Hierdie is die redes.


[3] Adv De Beer, namens die respondent, doen aansoek vir die skraping van die appèl op grond daarvan dat die appellante nie aan Reël 51(4) voldoen het nie. Dit is gemene saak dat die appellante se hoofde van betoog nie geliasseer is nie.


[4] Adv Zwiegelaar, wat namens die appellante optree doen aansoek om `n uitstel.


Die feite


[5] Beide appellante het op 7 Maart 1997 in die Rustenburg Streekshof verskyn. Die saak is verskeie kere uitgestel totdat die verhoor op 3 Desember 1997 voor Streekslanddros C P Nel in Rustenburg Streekshof begin het. Tien klagtes van veediefstal is gestel aan die appellante rakende gebeure wat plaasgevind het gedurende die tydperk 1 September tot 31 Oktober 1996. Op 24 Januarie 2000 het die agbare Streekslanddros hom, op versoek van die appellante, onttrek. Die verhoor het de novo op 5 Augustus 2003 voor waarnemende Streekslanddros D I Matlapeng begin.


[6] Uitspraak is op 9 Mei 2005 gelewer. Die appellante is aan vyf oortredings van die Veediefstalwet skuldig bevind en tot gevangenisstraf gevonnis. Op dieselfde dag is verlof tot appèl en borg hangende aan beide appellante toegestaan. Op 25 Mei 2005 is die appellante se gronde vir appèl geliasseer en die volmagte om te appelleer is op 27 Mei 2005 geliasseer.


[7] Die oorkonde is deur die appellante laat tik en op 25 Julie 2005 aan die klerk van die Strafhof in Rustenburg oorhandig. Streekslanddros Matlapeng het sy redes vir skuldigbevinding en vonnis verskaf op 17 Augustus 2005 verskaf. Aanvullende gronde van appèl is op 7 September 2005 geliasseer.


[8] Op 13 November 2009 het die appellante se prokukeur `n telefoongesprek gevoer met Advokaat Van Niekerk. Sy het hom meegedeel dat die Direkteur van Openbare Vervolging onbewus was van die huidige appèl. Dit het tot sy kennis gekom toe die eerste appellant appèl in die tweede vonnis aangeteken het.


[9] Op 23 September 2010 is `n kennisgewing van plasing van die appèl op die appellante se prokureur gestel. Die appèl word 29 Oktober 2010 aangehoor. Op 29 Oktober 2010 is die appèl uitgestel, onder andere, omdat geen volledige afskrif van die oorkonde tot die appellante se prokureur se beskikking gestel, is nie.


[10] Die appellante se prokureur sê dat die appellante hom onverwyld in fondse geplaas het om ‘n afskrif van die oorkonde te bekom op sy versoek. Hy het op 1 November 2010 die klerk van die Strafhof versoek dat sy aan hom ‘n afskrif van die oorkonde moet verskaf. ‘n Afskrif van die oorkonde is voor 23 November 2010 aan die appellante se prokureur beskikbaar gestel.


[11] ‘n Reeling is met die Direkteur se personeel getref dat die huidge appèl oorstaan totdat die Hoogstehof van Appèl uitspraak in die tweede appellant se ander appèl gelewer het. Die tweede appellant se appèl het gedeeltelik geslaag en die appellante se prokureur is op 3 Junie 2011 hiervan in kennis gestel.


[12] Die appellante se prokureur sê in sy eedsverklaring dat:


Tydens hierdie telefoongesprek het ek Advokaat Zwiegelaar versoek om die afskrif van die oorkonde in hierdie saak wat in haar besit is, by haar te hou hangende verdere instruksies rakende hierdie appèl. Sy het aan my meegedeel dat die oorkonde onduidelik is rakende hierdie appèl. Sy het aan my meegedeel dat die oorkonde onduidelik is rakende die presiese inhoud van die vonnisse van die twee Applikante en dat dit belangrik is dat uitsluitsel daarvoor verkry word.”


[13] Die appellante se prokureur het met ‘n personeellid van die Direkteur gereël dat die appèl oorgehou word totdat die eerste appellant vrygelaat word uit die gevangenis. Op 24 Junie 2011 het die appellante se prokureur, Adv Jacobs van die Direkteur se kantoor per e-pos meegedeel dat hy nie die kwessie rondom die korrekte vonnis met die klerk van die Strafhof kon uitklaar nie. hy is dus van oordeel dat hulle die hof van die appèl se aandag op die korrekte vonnis, op bladsy 48 van die oorkonde, moet vestig.

[14] Adv Zwiegelaar is breveteer vir die appèl wat op 24 Februarie sou plaasvind. Die appèl is egter nie behoorlik terrolle geplaas is nie. Die appellante se prokureur sê dat Adv Zwiegelaar hom meegedeel het dat sy afskrifte van die skriftelike verduidelikngs, wat die appellante aan die Suid-Afrikaanse Polisie verskaf het, benodig en dat sy hom in kennis sal stel indien sy enige ander dokumente in verband met die appèl benodig.


[15] Op 16 Februarie 2012 ontvang die appellante se prokureur ‘n kennisgewing van terrolleplasing van die appèl. Die appèl word op 15 Junie 2012 aangehoor. Die appellante se betoogshoofde moet voor of op 25 Mei 2012 geliasseer word.


[16] Die appellante se prokureur sê dat hy op 2 Maart 2012’n afskrif van die kennisgewing van terrolleplasing aan Adv Zwiegelaar gestuur het. Hy het haar in kennis gestel dat hy later met haar ten opsigte van die betoogshoofde sou gesels.


[17] Die appellante se prokureur het op 9 Maart 2012 sy mangels laat uithaal en is op 26 Maart 2012 weer op kantoor. Hy het bloeding opgedoen en is weer gehospitaliseer. Hy is op 2 April 2012 vir korte tydperk weer op kantoor. Die appellante se prokureur sê:


Die gevolg van die mangeloperasie en die komplikasies daarna is dat ek vir ‘n tydperk van drie weke hoegenaamd nie kon werk nie en vir ‘n verdere tydperk van twee weke net met kort tussenposes aan dringende aangeleenthede aandag kon gee. Ek was eers vanaf 2 Mei 2012 weer in staat om volle werksdae op kantoor te bestee.


Die direkte gevolg van voorafgaande is dat ek heeltemal tred verloor het met my werk en is slegs daardie administratiwe werk wat deur my sekretaresse behartig is, op datum gehou.


Ek het twee sekretaresses en het my senior sekretaresse, Mev Oberholzer, op 2 April 2012 aan my meegedeel dat sy na meer as 35 jaar as sekretaresse in prokureurskantore wil aftree. Sy het dan inderdaad op 26 April 2012 haar laaste dag gewerk. Ek was vir ‘n tydperk van twee weke aangewese op slegs een sekretaresse. Dit is vir een persoon onmoontlik om al die administratiewe take in my kantoor te verrig. ‘n Direkte gevolg van die (onverwagte) aftrede van Mev Oberholzer is dat werk wat reeds agterstallig was weens my siekte en die herstelperiode, agterstallig gebly het.


Ek bevestig dan in besonder dat die lêer van die huidige Applikante agterweë gebly het sedert 26 Maart 2012, toe dit volgens my dagboekstelsel deur my sekretaresses aan my oorhandig moes word sodat ek aan hierdie aangeleentheid kan aandag gee. Ek het egter nie op die lêer gewerk op daardie dag nie omdat ek op ander lêers (wat bloot voor dit in dagboek was), gewerk het.


Omdat ek agter was met al my werk en die lêers op datum moes bring, het ek sistematies al die lêers in my kantoor begin deurwerk en het ek spesifiek op 28 Mei 2012 op hierdie lêer afgekom. Ek het opgemerk dat die tydperk vir liassering vand betoogshoofde deur die Applikante die vorige Vrydag verstryk het en het ek daarom onverwyld vir Advokaat Jacobs geskakel en gevra of hy gereed is om voort te gaan met die appèl op 15 Junei 2012. Hy het aan my meegedeel dat hy nie kan voortgaan met die appèl nie omdat die Applikante se betoogshoofde nie tydig afgelewer is nie en dat hy beoog om voort te gaan met ‘n aansoek om die appèl te skraap.


Ek het Advokaat Zwiegelaar op 30 Mei 2012 geskakel. Sy het aan my meegedeel dat sy byna die betoogshoofde voltooi het en dat dit op 1 Junie 2012 afgelewer sal word. Ek het aan haar meegedeel wat Advokaat Jacobs aan my meegedeel het rakende ‘n skrappingsaansoek en het sy daarop gesê dat sy die aangeleentheid met hom sal bespreek


. . . . .


Advokaat Zwiegelaar het ook aan my meegedeel dat sy tydens finalisering van die betoogshoofde vasgestel het dat die oorkonde wat deur die Klerk van die Strafhof aan my verskaf is, onvolledig is en dat daar van die bewysstukke ontbreek.


Advokaat Zwiegelaar het dan inderdaad op 5 Junie 2012 ‘n memorandum gedateer 4 Junie 2012 gestuur waarin sy gehandel het met die gebreke in die oorkonde, haar pogings om die betoogshoofde te finaliseer en haar gesprekke met Advokaat Jacobs.


Ek bevestig dat die Applikante in hierdie saak salig onbewus was van enige probleme in die voortsetting van die appèl. Soos reeds voorheen gemeld, was my reëling met hulle dat ek hulle sou kontak indien enige verdere inligting van hulle benodig het ten einde die betoogshoofde te finaliseer. Ek het geen sodanige inligting van hulle benodig nie en het hulle dus nie gekontak nie, totdat die probleem in verband met die voortsetting van appèl 15 Junie 2012 geblyk het en ek beide versoek het om my van instruksies te voorsien.


Ek doen met eerbied aan die hand dat die huidige toedrag van sake totaal en al buite beheer van die twee Applikante was en dat slegs ek geblameer kan word vir die feit dat die betoogshoofde nie betyds geliasseer kon word nie.”


Evaluasie


[18] Ek wil my, na aanleiding van die uitsprake in S v Nel 2000 (1) SACR 295 (W) en Napier v Tsaperras 1995 (2) SA 665 (A), nie volledig ten opsigte van die meriete van die aansoek uitlaat nie. Die appellante sal waarskynlik aansoek doen om die herinstelling van die appèl en ek wil die aansoek nie vooruit loop nie.


[19] Dit is voldoende om dit te stel dat nog die oorkonde nog die appellante se hoofde van betoog op 29 Oktober 2010 toe die appèl uitgestel is, beskikbaar was nie. Agtien maande later is die oorkonde nog steeds nie in orde nie. Die hoofde van betoog names die appellant is nog steeds nie geliasseer nie. Die situasie is total onaanvaarbaar. Dit is onvermydelik dat die aansoek om uitstel sal misluk. Die appèl is nie behoorlike voor die hof nie. Die aansoek vir die skraping van die appèl moet dus slaag. Om hierdie redes is die Bogenoemde bevel gemaak


Bykomstige bevel


[20] Die appellante behoort nie die verkwiste koste te betaal nie.


[21] Daarom word die volgende bykomstige bevel gemaak:


3. No costs may be recovered from the appellants in respect of the application for postponement and the appearance on 15 June 2012”.









A A LANDMAN

REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF



Ek stem saam



N GUTTA

REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF



VERSKYNINGS:


Datum van Verhoor : 15 Junie 2012

Datum van Uitspraak : 28 Junie 2012


Advokaat vir Appellante : Adv c zwiegelaar

Advokaat vir Respondente : Adv de beer


Prokureur vir Appellante : Smit & Stanton Inc

Prokureur vir Respondent : Direkteur van Openbare Vervolging