South Africa: North West High Court, Mafikeng Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: North West High Court, Mafikeng >> 2006 >> [2006] ZANWHC 46

| Noteup | LawCite

Wessels v Pretorius (814/03) [2006] ZANWHC 46 (30 June 2006)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(BOPHUTHATSWANA PROVINSIALE AFDELING)

SAAKNOMMER: 814/03

In die aansoek tussen:


STEPHANUS WESSELS APPLIKANT


en


BENJAMIN CHRISTOFFEL PRETORIUS RESPONDENT

(ʼn Minderjarige seun, bygestaan deur en

verteenwoordig deur sy vader en voog

Samuel Richard Pretorius)


UITSPRAAK




LANDMAN R:


[1] Stephanus Wessels, die verweerder in die hoofaksie doen aansoek om verlof om te appelleer teen my uitspraak wat op 2 Marrt 2006 gelewer is. Die bogemelde uitspraak handel ook met saak nr. 184/05. Ek aanvaar dat die appèl dus gemik is op die deel van die uitspraak wat op Stephanus Wessels (Wessels snr) betrekking het.


[2] Die gronde waarop Stephanus Wessels steun word in die kennisgewing van aansoek uiteengesit.


[3] Die eiser in die hoofaksie het nie die aansoek geopponeer nie, maar stem ook nie daartoe nie.


[4] Ek is van mening dat die feite van so ʼn aard is dat ʼn ander hof mag redelikerswys tot ʼn ander slotsom raak.


[5] Ek stem ook saam met Adv. B Roux SC dat:


“Daar nie regspraak bestaan wat spesifiek handel oor feite soortgelyk aan die huidige feite nie en dit in belang van geregtigheid is dat die saak deur die Hoogste Hof van Appèl oorweeg word.”


en dat


“Die skadevergoeding geëis deur die Respondent is substansieel en is dit in belang van geregtigheid, inaggenome die feite van die saak, dat verlof om te appelleer, verleen word.”


[6] Onder die omstandighede:


(a) Verlof word aan die applikant verleen om te appelleer na die Hoogste Hof van Appèl; en

(b) Koste van die aansoek word koste in die appèl.




________________

A A LANDMAN

REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF



VERSKYNINGS:


VIR DIE EISER : ADV A C FERREIRA (SC)


VIR DIE VERWEERDER : ADV B ROUX SC




PROKUREURS:


VIR DIE EISER : BOTHA COETZER & SMITH


VIR DIE VERWEERDER : VAN ROOYEN TLHAPI

& WESSELS


DATUM VAN UITSPRAAK : 30 JUNIE 2006



3