South Africa: North West High Court, Mafikeng

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: North West High Court, Mafikeng >>
2006 >>
[2006] ZANWHC 41
| Noteup
| LawCite
Kesolofetse and Others v Impala Platinum Beperk (862/2004) [2006] ZANWHC 41 (8 June 2006)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(BOPHUTHATSWANA PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNR. 862/2004
In die saak tussen:
A T KESOLOFETSE EERSTE APPLIKANT
I F MOTLADI TWEEDE APPLIKANT
D & A G FOURIE BK h/a CASH FOR CASH
FINANCIAL SERVICES DERDE APPLIKANT
en
IMPALA PLATINUM BEPERK RESPONDENT
UITSPRAAK
LANDMAN R
[1] Die applikante verlang verlof om teen die geheel van die uitspraak wat ek in die hoofaansoek op 7 Februarie 2006 gelewer het, te appelleer.
[2] Die gronde waarop verlof tot appèl versoek word, word in the aansoek uiteengesit.
[3] Die submissies ten opsigte van diskriminasie is weereens voorgehou maar met ʼn klemverskuiwing. Die applikante beweer dat die respondent onderskei en diskrimineer tussen die applikante (en ander laer besoldigde werknemers wat aan die klokkaartstelsel onderhewig is) en hoër besoldigde werknemers ten opsigte van die wysiginge van hul bankbesonderhede.
[4] Die submissie gaan nie op nie. Die feitlike onderbou is nie gelê nie. Die applikante het nie ʼn hoër besoldigde werknemer geidentifiseer nie. Bowendien is daar ʼn algehele gebrek aan inligting ten opsigte wat ʼn hoër besoldigde werknemer moet doen ten einde sy of haar bankbesonderhede by die respondent te kan wysig.
[5] Ek is van mening dat ʼn ander hof nie redelikswys tot ʼn ander besluit sal raak nie en derhalwe word die aansoek met koste van die hand gewys.
_______________
A A LANDMAN
REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF
VERSKYNING:
VIR DIE APPLIKANTE : ADV J L M SNIJMANN SC
VIR DIE RESPONDENT : ADV P G CILLIERS
PROKUREURS:
VIR DIE APPLIKANTE : GERHARD MAREE
VIR DIE RESPONDENT : VAN ROOYEN TLHAPI & WESSELS
DATUM VAN VERHOOR : 2 JUNIE 2006
DATUM VAN UITSPRAAK : 8 JUNIE 2006