South Africa: North West High Court, Mafikeng Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: North West High Court, Mafikeng >> 2005 >> [2005] ZANWHC 7

| Noteup | LawCite

Pretorius v Wessels, Pretorius v Wessels (814/03, 184/05) [2005] ZANWHC 7 (1 January 2005)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(BOPHUTHATSWANA PROVINSIALE AFDELING)

SAAKNR: 814/03


In die saak tussen:


BENJAMIN CHRISTOFFEL PRETORIUS EISER

ʼn minderjarige seun bygestaan en verteenwoordig

deur sy vader en voog SAMUEL RICHARD PRETORIUS


en


STEPHANUS WESSELS VERWEERDER




EN



SAAKNR: 184/05




SAMUEL RICHARD PRETORIUS EISER

in sy persoonlike hoedanigheid en namens sy

minderjarige seun BENJAMIN CHRISTOFFEL PRETORIUS


en


STEPHANUS WESSELS VERWEERDER

in sy hoedanigheid as verteenwoordiger en

natuurlike voog van ALBERT WESSELS





UITSPRAAK



LANDMAN R:


Inleiding


[1] Albert Wessels, Gerhardt Herbst, Wouter de Vos, Bennie Pretorius, Bernice Bloem en Margriet Bodenstein, almal omtrent 16 jaar oud en almal skoolvriende, het met Mnr Wessels (snr) se bakkie op ‘n openbare grondpad naby Maretsane gery. Albert het bestuur. Hy het ‘n “handbreak turn” uitgevoer. Ek is meegedeel dat terwyl die bakkie teen 40/50 km per uur ry, die handrem word opgetrek sodat die bakkie 360 grade tol. Albert het die bakkie slegs 60 grade laat tol. In die proses het Bennie van die bakkie afgeval of is uitgeslinger. Hy is ernstig beseer en het breinskade opgedoen. As gevolg hiervan was Bennie nie in staat om te getuig nie.


[2] Vir vier jaar het die maats volgehou dat ‘n voetganger skielik die pad oorgesteek het. Albert het uitgeswaai om te keer dat hy die persoon doodry en met die swaai het Bennie van die bakkie afgeval. Die weergawe is kort voordat die Wesselsgesin deur Adv B Roux SC, wat namens die verweerders verskyn, te woord gestaan is, openbaar.


[3] Bennie se vader het in sy persoonlike hoedanigheid en as Bennie se voog eise teen Mnr Wessels snr (saaknommer 184/05) en Albert (saaknommer 814/03) ingestel. Die aksies is gekonsolideer en, op versoek van die partye, is dit gelas dat die verhoor van die meriete van die kwantum geskei word.


[4] Albert het erken dat hy nalatig was. Sover dit die saak ten opsigte van Albert aangaan, is dit die taak van die hof om te bepaal of Bennie bydraend nalatig was en, indien wel, tot welke mate. Wat mnr Wessels snr betref moet ek bepaal of hy persoonlik aanspreeklik is op grond van sy eie doen of late.


Die feite


[5] Albert woon by sy ouers en suster op die plaas Wienan in die distrik van Maretsane. Hy het sy maats Gerhardt, Wouter en Bennie uitgenooi om die naweek op die plaas vanaf 1 tot 2 Maart 2002 deur te bring. Die seuns het Vrydagmiddag by die Wesselse se plaas aangekom. Bennie het ‘n bottel brandewyn saamgebring.


[6] Die aand wou die seuns vir Bernice Bloem gaan kuier omdat Magriet ook daar oornag het. Ongeveer 19:00, met mnr Wessels se toestemming, het Albert en die seuns met die bakkie tot by die Bloems se plaas gery. Die Bloems se plaas is sowat 15 km van die Wesselse s’n. Albert was te jonk om ‘n bestuurderlisensie te bekom. Twee seuns het agterop die bakkie gery. Toe die seuns daar aangekom het, het mnr Wessels hulle deur middle van radio gekontak om seker te maak dat hulle veilig aangekom het. Die seuns het by die meisies tot ongeveer ____gekuier en hulle is toe weer terug na die Wesselse se plaas saam met Marnus, vir wie hulle by die Bloems gekry het.


[7] Albert het huis toe bestuur. Die volgende oggend, Saterdag 2 Maart, het die seuns aan tafel vir mev Wessels genoem dat hulle springhase op ‘n ander maat, Marnus Bothma, se plaas wil gaan jag. Mev Wessels het hulle goed laat verstaan dat mnr Wessels nie Albert sal toelaat om sy bakkie te gebruik nie. Albert het slegs eenkeer in die verlede sy pa se bakkie sonder toestemming geneem en raas gekry.


[8] Albert het Saterdagoggend in Lichtenburg rugby gaan oefen. Die ander seuns is opgelaai en het die oggend op Bothma se plaas deurgebring. Mnr en mev Wessels het vertrek om ‘n huweliksplegtigheid op Ottosdal te gaan bywoon. Albert en sy suster het tuisgebly. Albert sê dat hy het sonder toestemming die bakkie se sleutels van die rak geneem en die seuns by Marnus gaan haal.


[9] Op pad terug het hulle by ‘n winkel stilgehou en ‘n pak van ses biere gekoop. By die huis gekom, het hulle telefonies met die meisies kontak gemaak. Hulle is daarheen met mnr Wessels se bakkie. Albert het bestuur. Bernice het die bakkie na die Wesselse se plaas terugbestuur. Die meisies het ‘n bottel rosè wyn saamgebring.


[10] Die seuns het geswem en daarna vleisgebraai. Toe Albert ‘n bier drink, het sy suster gedreig om haar ouers daarvan te vertel. Wouter het twee biere gedrink. Bennie en Gerhardt het brandewyn gedrink. Die meisies het wyn, met Schweppes gemeng, gedrink. Niemand was besope nie. Volgens die getuies was hulle daaraan gewoond om te drink. Bennie se toestand is as “vrolik” beskryf.


[11] Die meisies moes terugkeer na die Bloems se plaas. Albert het bestuur. Bennie en Gerhardt het vir die passasier se sitplek binne die kajuit gewedywer. Die eer het Gerhardt te beurt geval. Magriet het agter op die bakkie aan die agterkant van die passasiers se plek gestaan en aan die rolstaaf vasgehou. Wouter het agter haar gestaan en met sy arms om haar ook vas gehou.


[12] Bernice het langs haar op die regterkant van die bakkie gestaan dws agter Albert, die bestuurder. Bennie het agter Bernice gestaan en ook aan die rolstaaf vasgehou. By die T-aansluiting van die plaaspad en die openbare pad (‘n grond pad) het Albert stilgehou en Bennie beveel om vas te hou.


[13] Albert het regs uit die plaaspad gedraai en ongeveer 130 meter verder is die “handbreak turn”, met tragiese gevolge, uitgevoer.


[14] Dit is belangrik om te bepaal wat voor die tyd ten opsigte van die “handbreak turn” gesê is. Om dit te doen moet ek die verskillende weergawes van die getuies uiteensit.


[15] Bernice en Magriet het vir die eisers getuig. Bernice het my veral beïndruk. Sy sê dat terwyl hulle gery het, het Albert deur die oop venster op die agterkant van die kajuit vir die mense agterop gesê: “Sit, houvas, ek gaan ‘n “handbreak turn” gooi en onmiddellik daad by die woord gesit. Bernice, Magriet en Wouter het gehurk of gesit. Bennie het bly staan en hy is van die bakkie afgeslinger. Magriet het die weergawe beaam.


[16] Albert sê dat hy nog nie van te vore ‘n “handbreak turn” uitgevoer het nie. Hy het getuig dat seuns besluit het dat hulle die beweging die naweek gaan uitvoer. Hy sê ook dat almal agter op die bakkie, die meisies inkluis, “handbreak turn! handbreak turn!” gesing het. Hy sê toe “sit, houvas” en het toe die beweging uitgevoer. Hy het nie gekyk of die mense agter gesit en vasgehou het nie. Hy het nie sy pa se toestemming gehad om die bakkie die dag van die ongeluk te bestuur nie.


[17] Wouter de Vos beaam Albert se getuienis maar vertel ‘n ander weergawe van wat hy en Bennie gedoen het toe die “handbreak turn” afgekondig is. Hy sê dat Bennie en die meisies gehurk het maar hy het bly staan en die rolstaaf vasgehou. Bennie het eers gehurk en toe opgestaan en met diè is hy van die bakkie afgeslinger.


[18] Die probleem met Wouter se weergawe is dat dit nooit aan die meisies gestel is nie. Die saak is so deeglik voorberei en afgebaken dat ek aanvaar dat hy die weergawe nie aan die verweerders se advokaat openbaar het nie. Dit is ‘n versinsel.


[19] Ek het ook ‘n soortgelyke probleem met Albert se getuienis. Dit is gemenesaak dat Albert by die T-aansluiting stilgehou het. Wouter ondersteun Albert se weergawe dat hy Bennie beveel het om vas te hou en om op te hou om met Albert deur die bestuurder se venster te gesels.


[20] Dit is aan die meisies gestel dat Albert by die T-aansluiting stilgehou het en vir almal gesê het dat hy ‘n “handbreak turn” gaan uitvoer. SIT houvas. Weereens is daar nie ‘n aanvaarbare verduideliking waarom die stelling gemaak is nie word nóg Wouter nóg Albert het daaroor getuienis gelewer.


[21] Albert en Wouter het klaarblyklik saamgespan om getuieinis te lewer wat hulle nie vooraf aan mnr Roux geopenbaar het nie. Dit laat die indruk dat hulle getuienis op die aspekte vals is.


[22] Ek verkies Bernice se weergawe. Ek aanvaar dat die seuns die uitvoering van ‘n “handbreak turn “ bespreek het. Ek kan egter nie bevind dat hulle ‘n afspraak gehad het om dit die betrokke dag uit te voer nie.



Bydraende nalatigheid?


[23] Bennie het nie getuig nie. Ek bevind dat hy genoeg alkohol ingeneem het in so ʼnmate dat hy “vrolik”voorgekom het. Dit was vir Albert nodig om by die T-aansluiting stil te hou om hom maan om te sit en vas te hou. Bennie moes daarvan bewus gewees het dat passasiers agterop ‘n bakkie in meer gevaar verkeer as passasiers wat binne die kajuit sit. Hy wou voor sit. Hy het geweet dat Albert nie ‘n voertuig op ‘n openbare pad mag bestuur nie.


[24] Albert het die bakkie bestuur. Hy beskik nie oor ‘n bestuurderslisensie nie omdat hy te jonk is om een te bekom. Hy het betreklik min ondervinding om op openbare paaie te bestuur. Hy het meer gedrink as wat hy bereid was om te erken. Tog was hy in ‘n nugterder toestand as Bennie. Hy het immers Bennie se optrede dopgehou en die bakkie tot stilstand gebring om hom aan te sê om te sit en vas te hou. Die bespreking onder die seuns ten opsigte van die uitvoering van ‘n “handbreak turn” sou sekerlik groepsdruk op hom uitgeoefen het.


[25] ʼn “Handbreak turn” is ‘n gevaarlike beweging. Dog een wat wel nut het in sekere omstandighede. Maar dit is nie ‘n beweging wat die gewone alledaagse bestuurder moet uitvoer nie. Die uitvoering daarvan met ‘n vrag passasiers op ‘n oop bakkie was ‘n onbesonne daad. Albert het in ieder geval te min waarskuwing van sy voornemens gegee. Hy het ook nie seker gemaak dat sy passasiers sy bevele gehoorsaam het voordat hy die beweging uitgevoer het nie. Alles in ag genome skat ek Bennie se nalatighied op 35% en die van Albert op 65%.



Wessels snr


[26] Dit word aangevoer dat mnr Wessels toestemming aan Albert verleen het om die bakkie op Saterdag 2 Maart 2002 te bestuur en dat hy onder die omstandighede persoonlik aanspreeklik is vir die skade wat die eisers gelei het.


[27] Die eisers maak staat op ‘n “eisvorm” wat mnr Wessels op 14 Maart 2002 onderteken het. Dit wil voorkom asof mnr Wessels bedoel het om kennis vir versekeringdoelindes te gee. Dit doen egter nie afbreuk aan die erkenning daarin vervat nie. Die vorm verklaar dat die bestuurder van die bakkie, Albert, tydens die voorval, die bakkie met die toestemming van die eienaar, mnr Wesssels, bestuur het.


[28] Die vorm is deur mnr Rossouw ingevul in die teenwoordigheid van mnr Wessels. Mnr Wessels ʼn boer en is ook ‘n direkteur van NWK Bpk. Die vorm is deur mnr Wessels onderteken en ook op twee ander plekke op die voor- en agterkant onderteken. Die blokke wat handel in verband met die bestuurder van die bakkie tydens die insident, is spesifiek onderteken.


[29] Mnr Rossouw, wat die vorm ingevul het, is ‘n werknemer van die NWK. Hy het verduidelik dat hy eers ‘n ander vorm ingevul het. En toe die huidige vorm. Hy het dit ingevul na aanleiding van die antwoorde wat hy van mnr Wessels ontvang het. Hy het toe die korrekte vorm in die hande gekry en het toe na mnr Wessels se plaas gery om dit daar te voltooi. (Ek meen dat die tweede vorm ook nie die korrekte vorm nie.) Hy het die vrae gevra en die antwoorde wat mnr Wessels gegee het, ingevul.


[30] Die gedeelte gemerk “Bestuurder” vereis die naam van die bestuurder van die betrokke voertuig. Hy het mnr Wessels gevra wie bestuur het. Mnr Wessels se antwoord was dat hy reeds al die vrae beantwoord het. Mnr Rossouw voltooi die gedeelte deur Albert Johannes Wessels se naam in te skryf. Beroep en geboortedatum van die bestuurder is gevra: dit is ingevul skolier 7/05/85.


Rybewys: pyltjie – geen.


[31] Mnr Rossouw kom by die item wat soos volg lees: “Het hy/sy met u toestemming bestuur? Hy vra die vraag vir mnr Wessels. Mnr Wessels antwoord: “Ja”. “JA” word as die antwoord ingevul. En so het dit voortgegaan. Mnr Rossouw het erken dat mnr Wessels hom vertrou en dat hy nie die dokument gelees het voordat hy dit onderteken het.


[32] Dit is aan mnr Rossouw gestel dat mnr Wessels nie die vraag verstaan het as ‘n vraag of hy toestemming aan sy seun verleen het om te bestuur nie. Mnr Roussouw het gesê dat dit moontlik so kon wees.


[33] Mnr Wessels het getuig dat hy Albert soms toelaat om met die bakkie op openbare grondpaaie te ry al is hy nog te jonk om ‘n bestuurderslisensie te bekom. Albert was 15 jaar oud. Albert moet elke keer toestemming vra om die bakkie te gebruik. Behalwe eenkeer, het Albert nooit die bakkie sonder toestemming geneem en bestuur nie. Indien Albert wel met die bakkie gery het, was dit mnr Wessels se gewoonte om hom per radio te kontak om vas te stel of hy veilig by sy bestemming aangekom het en Albert moes mnr Wessels weer per radio kontak sodra hy huiswaarts vertrek het. Mnr Wessels het Albert per radio gekontak die aand toe die seuns na die Bloems se plaas gery het met die bakkie waartoe mnr Wessels toestemming gegee het.


[34] Op Saterdag 2 Maart ongeveer 13:00 het mnr Wessels en sy eggenote van die plaas vertrek om ‘n huweliksplegtigheid op Ottosdal by te woon. Hy het nie hierdie dag aan Albert toestemming verleen om met die bakkie te ry nie. Hy het die “eisvorm” onderteken sonder om dit te lees. Mnr Rossouw het geweet dat mnr Wessels nie die dag van die insident op die plaas was nie. Mnr Rossouw moes hom verkeerd verstaan het.


[35] Onder kruisondervraging getuig mnr Wessels dat hy nie geweet het dat Albert gedrink het nie maar voeg by dat hy per geleentheid Albert toelaat om ‘n ligte bier of tafelwyn te drink. Albert word verbied om op Saterdae te ry omdat plaaswerkers inkopies doen en die paaie gebruik. Hy sou nooit kon droom dat Albert ‘n “handbreak turn” sou uitvoer nie.


[36] Mnr Wessels het erken dat mnr Rossouw hom gevra het wie die bakkie bestuur het en dat hy sou geantwoord het “Albert”. Hy het ook erken dat hy aan mnr Rosoouw gesê het dat Albert nie oor ‘n bestuurderslisensie beskik nie. Ten opsigte van die vraag wat mnr Rossouw sou gevra het, toe hy die vorm invul, “Het hy/sy met u toestemming bestuur?”, het mnr Wessels gesê dat hy die vraag verkeerd verstaan het en dat hy onder die indruk was dat daar aan hom gevra is wie die voertuig bestuur het. Dit is aan hom gestel dat die vraag reeds tevore gevra is en dat die antwoord”JA” sinneloos sou wees. Mnr Wessels het bygevoeg dat hy nie tuis was nie en voer dit as rede aan waarom hy nie toestemming tot die gebruik van die bakkie verleen het nie.


[37] Mnr Wessels het nie gesê dat hy aan mnr Rossouw gesê het dat Albert nie toestemming gehad het om te bestuur nie.


[38] Mnr Wessels sê dat hy Albert vertrou en het die sleutels op die rakkie gelaat waar Albert dit sou kon kry.


Mev Wessels


[39] Sy het, toe die seuns van springhaas skiet praat, hulle meegedeel dat mnr Wessels nooit Albert sal toelaat om springhase met sy bakkie te jag nie. Sy bevestig dat Albert op Vrydagaand toestemming gevra het om na die Bloems se plaas te ry. Albert mag slegs met die bakkie ry as sy pa toestemming daartoe verleen het. Sy het ʼn half gevulde bottel brandewyn onder die bed in die rondawel op Sondag, gevind. Sy is meegedeel dat dit Bennie s’n is. Sy het nie die bottel weggegooi nie. Sy is nie bewus dat Albert alkohol gebruik nie. Albert drink nie cider of bier nie. Soms drink hy wyn op ʼn Sondag. Albert het wel eenkeer van tevore sy pa se bakkie sonder toestemming bestuur. Albert kon egter die bakkie geneem het want daar was niks en niemand om hom te keer nie. Sy sê dat Albert wel op openbare paaie ry tot soveel as ongeveer 1 tot 2 keer per maand.


[40] Albert is aangesê om nie die plaas te verlaat nie om rede hy sy suster moes oppas en ook vir eksamens moes leer.


Beoordeling


[41] Mnr Wessels het die versekeringsvorm onderteken en selfs sy handtekening op die blokkie wat handel oor die bestuurder se besonderhede, aangebring. Hy sê dat hy die vraag in verband met u toestemming bestuur, misverstaan het. Die vraag is duidelik uiteengesit en dit is onwaarskynlik dat mnr Wessels dit sou misverstaan het. Hy het getuig dat hy gedink het dit handel oor die naam van die bestuurder. Die vraag is reeds gevra en beantwoord. Sy verduideliking toe hy gevra is of hy sou gesê het dat hy nie toestemming verleen het nie, is onoortuigend. Hy sê dat hy gesê het dat hy nie op die plaas was toe die voorval plaasgevind het nie. Hy ontduik die vraag. Dit is ook nie aan mnr Rossouw gestel dat hy aan hom gesê het dat sy seun sonder toestemming gery het nie. Mnr Wessels ken en vertrou mnr Rossouw. Die gesprek tussen hulle sou nie slegs die formele vraag- en- antwoord formaat gevolg het nie. Tog is daar nie aan mnr Rossouw gesê dat Albert agterbaks was en dat hy sonder toestemming bestuur het nie. Mnr Wessels, wat ‘n gesiene boer en direkteur van NWK is, sou geweet het dat die vraagstuk in verband met toestemming verleen het al dan nie, asook die feit dat Albert nie oor ‘n bestuurderslisensie besit nie, kwelvrae is waarin die versekeraar belang sou stel.


[42] Albert sê dat sy pa nie toestemming verleen het nie. Vir die redes, wat ek reeds hierbo uiteengesit het, moet Albert se getuienis met versigtigheid bejeën word. Mev Wessels sou nie noodwendig geweet het of haar man aan Albert toestemming verleen het om die dag met die bakkie te ry nie.


[43] Ek is te vrede dat mnr Wessels Albert wel toestemming verleen het om die bakkie die betrokke dag te bestuur.


Die Reg


[44] Die eiser het die volgend in paragrawe 8 en 9 gepleit:


Verweerder is aanspreeklik vir die onregmatige en nalatige bestuur, deur sy seun, ALBERT WESSELS die sequelae daarvan en die skade wat uit hoofed daarvan deur die minderjarige kind gely is, op die volgende gronde:

  1. Ten tye van die botsing was die Verweerder die eienaar van die voertuig bestuur deur ALBERT WESSELS;


  1. Is die voertuig bestuur met die toestemming van die Verweerder deur ALBERT WESSELS;


  1. Is die voertuig bestuur gedeeltelik in belang van die Verweerder in die opsig dat:

    1. ALBERT WESSELS die plaaseiendom van die Verweerder ten toon gestel het aan inter alia die minderjarige kind en daardeur Verweerder se aansien en status bevorder het;

    2. Die teenwoordigheid van minderjarige kind en gemelde ALBERT WESSELS op die plaas eiendom en in die voertuig supra ten doen gehad he tom ongediertes en ander wilder diere wat skade op die plaas eiendom aanrig, uit te roei;

    3. In Verweerder se tydelike afwesigheid op die plaas eiendom, die plaas eiendom daardeur bewaar en opgepas is teen indringers en oortreders;


  1. Kort voor en ten tye van die botsing het Verweerder die plig asook die reg gehad om die wyse van bestuur deur ALBERT WESSELS te beheer en te beperk in een of meer of al die volgende opsigte:

    1. Hy het die voertuig tot ALBERT WESSELS se beskikking gestel terwyl hy bewus was van die feite dat ALBERT WESSELS nie oor ʼn gedilge rybewys beskik het nie, en passasiers op gemelde voertuig sou vervoer;

    2. Verweerder bewus was of redelikerwys moes voorsien het dat ALBERT WESSELS alkoholiese drank sou inneem voor of tydens die plaasvind van die botsing en daartydens onverskillig sou optree soos uiteengesit in paragraaf 3 supra;

    3. Verweerder in bovermelde omstandighede ALBERT WESSELS se beheer en toegang tot die voertuig te bestuur en sy toegang tot die voertuigsleutels te ontneem of te beperk.


9.1. Alternatiewelik tot paragraaf 8 het daar ʼn regsplig op die Verweerder gerus om toe te sien dat ALBERT WESSELS:

9.1.1 Nie in die heersende omstandighede en sonder ʼn geldige rybewys toegang tot die voertuig het nie;

9.1.2 Nie toegang tot die voertuigsleutels het nie;

9.1.3 Nie die voertuig sonder enige teenswoordige toesig bestuur nie;

9.1.4 Nie passasiers in en op die voertuig vervoer nie.


9.2. Verweerder het gemelde regsplig verbreek deurdat hy:

9.2.1 ALBERT WESSELS toestemming gegee he tom gemelde voertuig ten tye van die voorval supra te bestuur;

9.2.2 Versuim het om toe te sien dat daar behoorlike toesig oor ALBERT WESSELS gehou word ten einde te voorkom dat hy gemelde voertuig bestuur alternatiewelik roekeloos bestuur;

9.2.3 Toegelaat het dat ALBERT WESSELS toegang het tot gemelde voertuig en die sleutels terwyl hy bewus was alternatiewelik bewus moes gewees het dat ALBERT WESSELS alkoholiese drank sou gebruik voor of tydens die bestuur van die motorvoertuig supra;

9.2.4 Versuim het om te verhoed dat ALBERT WESSELS passasiers in en op die voertuig vervoer.


9.3. Die verbreking van die regsplig supra was nalatig deurdat Verweerder moes voorsien dat ALBERT WESSELS nalatig sou bestuur soos uiteengesit in paragraaf 3 supra en Verweerder dit kon voorkom het soos uiteengesit in 4 supra, welke paragrawe Eiser hierin inkorporeer asof spesifiek en afsonderlik gepleit.


9.4. Uit hoofde van die verbreking van die regsplig supra, is die minderjarige kind beseer en het hy skade gely, soos uiteengesit in paragrawe 3, 4, 5, 6 en 7 supra, welke paragrawe Eiser hierin inkorporeer asof spesifiek en afsonderlik gepleit.”

[45] As ʼn algemene stelling is ʼn Vader nie verantwoordelik vir die delikte gepleeg deur sy minderjarige kind nie. Sien Lawsa vol 8 deel 1 bls 45 fn 17. Daar is enkele uitsonderings maar die eisers maak nie hierop staat nie. Mnr Ferreira, wat met mnr P Nel namens die eisers optree, maak nie staat op middellike aanspreeklikheid nie.


[46] Namens die eisers het mnr Ferreira betoog dat mnr Wessels verantwoordelik is vir die skade wat die eisers gely het op grond van sy eie persoonlike nalatigheid. Mnr Ferreira het staat gemaak op Cassiem and another v Rohleder and others 1962 (4) SA 739 (NPD) wat soos volg lees:


[47] W E Cooper Delictual Liability in Motor Law 1996 430 – 431 som die saak op en lewer kommentaar soos volg:


“In the same year as Paton v Caledonian Ins was decided the Cape court had to decide an owner-passenger’s liability where he had ‘control’ but no intrest in tehuse to which the driver was putting the owner’s vehicle. In Cassien v Rohleder Camroodien lent his motor vehicle to Cassiem to fetch vegetables at a market. Camroodien accompanied Cassiem to the market merely to keep him company. Owning to Cassiem’s negligence Camroodien’s vehicle was involved in a collision with another vehicle. Among the issues the court had to decide was whether Camroodien was liable for Cassiem’s negligence. On appeal the court accepted the magistrate’s finding that Camroodien had retained control, but that did not dispose of the issue.

Rosenow J said that the court still had to consider whether there was a de facto relationship of master and servant, or possibly of principal and agent, between Cmaroodien and Cassiem.


The learned judge accepted that when a motor vehicle is being used by the driver exclusively for his own purposes the owner cannot be liable vicariously, ‘for unless the journey is the journey of the owner there can be no question of any right of control being retained by him.’

The learned judge then considered whether Camroodien was personally liable for the collision. He referred to Henning J’s statement in Paton v Caledoniam Ins, viz:

. . . [T]he owner of a potentially dangerous thing, such as a motor vehicle, who retains control of it, although he allows another to handle it, is vicariously responsible to others for the harm caused by such handling.’


Rosenow J, however, agreed with the view that

. . . control of a potentially dangerous thing involves a duty to take reasonable precautions, but the liability consequent upon a failure to take such precautions is for personal, not vicarious negligence’.

On the evidence Rosenow J found:

. . . Camroodien was engrossed in a newspaper, and was unaware that an emergency had arisen. In view of the fact that Cassiem drove the car regularly, and was presumably considered by the owner to be a competent driver, I do not think that, even if Camroodien had fallen asleep, this in itself could in the circumstances be held to constitute negligence.’

The learned judge accordingly found that Camroodien could not be either vicariously or personally liable for Cassiem’s acts.”


[48] Cassiem se saak maak dit duidelik dat die eienaar van ʼn voertuig verantwoorlik kan wees vir die skade wat ʼn bestuurder doen al is hy nie teenwoordig in die voertuig nie. Soos in die geval van mnr Wessels.


[49] In Messina Associated Carriers v Kleinhaus 2001 (3) SA 868 (SCA ) soortgelyke geval as die huidige. Die feite . . . .


[50] In die loop van die beslissing het Scott AR ʼn aantal vonnisse ondersoek insluitende Cassiem en die beslissings is in perspktief geplaas. Op 875H-I raak Scott AR tot die slotsom dat:

Ultimately . . . sufficielty analogous to the case of an employee driving in the course and scope of his employment. . .

[51] Omdat mnr Ferreira staatmaak op mnr Wessels se eie nalatigheid is dit vanpas om Prosser Law of Torts4de uitgawe 871 – 3 (soos dit in Godfrey and others v Campbell 1997 (1) SA 570 (C) op 756 – 577 aangehaal is) ook hier aan te haal:


Since the relation of parent and child involved no such fusion of legal identity as in the case of husband and wife, the common law, unlike that of the civil law countries, never has made the parent vicariously liable as such for the conduct of the child. The infant, as a separate legal individual, has been held liable for his own torts, and the parent has, at common law, no legal responsibility for them. With the child usually quite irresponsible financially, and the parent not liable at all, the result has been a rather serious problem of uncompensated juvenile depredation, which in recent years has led to the adoption, in some nineteen states, of statutes imposing vicarious liability upon the parent. These statutes have varied considerably in their provisions, as to whether personal injury is to be covered as well as property damage, and as to the financial limit of the liability, which usually has been set in the vicinity of 300 US dollars.”


[52] Die algemene beginsels van die diliktuele aanspreeklikheid is anlangs soos volg in Telimatrix (Pty) Ltd t/a Matrix Vehicle Tracking v Advertising Standard Authority SA 2005 (2) SA 264 (W) : 1 ALLSA (6) 8 (SCA) saamgevat.


[53] Harms AR sê die volgende in paragrawe 11 tot 16:


In spite of a spate of judicial pronouncements on ‘wrongfulness’ by different panes of this court, all stating more or less the same in more or less the same terminology a restatement using the words of others is sometimes inevitable. This is because, depending on the issues in the case, different matters have to be emphasized.

The first principle of the law of delict, which is so easily forgotten and hardly appears in any local text on the subject, is, as the Dutch author Asser points out, that everyone has to bear the loss he or she suffers. The Afrikaans aphorism is that ‘skade rus waar dit val.’ Aquilian liability provides for an exception to the rule and, in order to be liable for the loss of someone else, the act or omission of the defendant must have been wrongful and negligent and have caused the loss. But the fact that an act is negligent does not make it wrongful although foreseeability of damage may be a factor in establishing whether or not a particular act was wrongful. To elevate negligence to the determining factor confuses wrongfulness with negligence and leads to the absorption of the English law tort of negligence into our law, thereby distorting it.


When dealing with the negligent causation of pure ecomonic loss it is well to remember that the act or omission is not prima facie wrongful (‘unlawful’ is the synonym and is less of a euphemism) and that more is needed. Policy considerations must dictate that the plaintiff should be entitled to be recompensed by the defendant for the loss suffered (and not the converse as as Goldstone J once implied unless it is a case of prima facie wrongfulness, such as where the loss was due to damage caused to the person or property of the plaintiff). In other words, conduct is wrongful if public police considerations demand that in the circumstances the plaintif has to be compensated for the loss caused by the negligent act or omission of the defendant. It is then that it can be said that the legal convictions of society regard the conduct as wrongful, something akin to and perhaps derived from the modern Dutch test ‘in strijd . . . met hetgeen volgens ongeschreven recht in het maatschappenlijk verkeer betaamt’ (contrary to what is acceptable in social relations according to unwritten law).

To formulate the issue in terms of a ‘duty of care’ may lead one astray. It cannot be doubted that the ASA owed a duty towards the plaintiff to consider and arrive at a decision without negligence, in a manner that was fair, justifiable and reasonable, and within the ambit of the complaint, but it does not follow that a failure to have done so created an obligation to compensate. To illustrate: there is obviously a duty – even a legal duty – on a judicial officer to adjudicate cases correctly and not to err negligently. That does not mean that a judicial officer who fails in the duty, because of negligence, acted wrongfully. Put in direct terms: can it be unlawful, in the sense that the wronged party is entitled to monetary compensation, for an incorrect judgment given negligently by a judicial officer, whether in exercising a discretion or making a value judgment, assessing the facts or in finding, interpreting or applying the appropriate legal principle? Public or legal policy considerations require that there should be no liability, ie, that the potential defendant should be afforded immunity against a damages claim, even from third parties affected by the judgment. As Botha JA said in somewhat similar circumstances:

That is not to say that the local authority need not exercise due care in dealing with applications; or course it must, but the point is that it would be contrary to the objective criterion of reasonableness to hold the local authority liable for damages if it should turn out that it acted negligently in refusing an application, when the applicant has a convenient remedy at hand to obtain the approval he is seeking. To allow an action for damages in these circumstances would, I am convinced, offend the legal convictions of the community.’


Stating that there are no general rules detetmining wrongfulness and that it always depends on ‘the facts of the particular case’ is accordingly somewhat of an overstatement because there are also some ‘categories fixed by the law’. For example, since the judgment in Indac, which held that a collecting bank owes a legal dury to the owner of a cheque, it is well-nigh impossible to argue that a collecting bank has no such duty, and all that may remain is to consider whether vis-à-vis the particular plaintiff the duty existed. However, as public policy considerations change, these categories may change, whether by expansion or contraction.


Many policy considerations can be determined without evidence, but if evidence is required, it has to be ‘relevant’, ie, relevant to policy considerations. As Nugent JA said,

When determining whether the law should recognize the existence of alegal duty in any particular circumstances what is called for is not an intuitive reaction to a collection or arbitrary factors but rather a balancing against one another of identifiable norms.’”

Regsplig


[54] Albert het by sy ouers gewoon. Hy was 16 jaar oud en ʼn skolier. Hy het, met die instemming van sy moeder, skoolvriende vir die naweek plaas toe genooi. Albert beskik nie ʼn bestuurderslisensie nie. Die gemeenskap beskou dit dat ʼn persoon van sy ouderdom te jonk is om selfsʼn leerlingbestuuderslisensie te bekom. Die wetgewer beskou persone onder 18 as te onvolwasse om ʼn motorvoertuig soos ʼn bakkie op openbare paaie te bestuur. Die wetgewer is ook van oordeel dat ʼn persoon met ʼn leerlingbestuurslisensie nie ʼn voertuig op ʼn openbare pad mag bestuur nie tensy die leerling-bestuurder deur ʼn persoon wat in besit is van ʼn volwaardige bestuurderslisensie vergesel is.


[55] Bowendien mag die leerlingbestuurder nie die voertuig bestuur terwyl passassiers daarin vervoer word nie. Sien ______


[56] Die maatreëls is bedoel om die bestuurder, die passasiers en ander padgebruikers te beskerm teen die bestuur van ʼn voertuig, wat gewoonlik van aard gewoonlik kan wees selfs waar dit deur ervare gelisensieerde bestuurders bestuur is, deur ʼn jong onervare persoon sonder bystand en wat nie ʼn objektiewe amptelik toets geslaag het.


[57] Dit lei geen twyfel dat mnr Wessels sou kon voorsien dat Albert die voertuig nalatig sou bestuur en, onder andere, dat sy nalatigheid passassiers op die voertuig sou kon beseer.


[58] Die voorsienbaarheid van skade beteken egter nie dat mnr Wessels verantwoordelik is vir die skade wat ingetree het nie. Sien . . .


[59] Deur toestemming aan Albert te verleen om die bakkie te bestuur en die “toestemming” aan Albert om die Padveiligheids- wette te oortree is in die omstandighede van hierdie geval, gelykstaande aan aanmoediging om die voertuig te gebruik ook waar dit voorsienbaar is dat Albert passassiers sou vervoer.


[60] Die skade wat Bennie opgedoen het, is veroorsaak deur die handeling van mnr Wessels omdat die handeling die sine qua non was van die skade.


[61] Die skade was voorsienbaar. Dit is nie deur ʼn novus actus intervenens onderbreek nie en dit sal redelik en billik wees dat die skade wat die eisers gelei het, deur mnr Wessels te vrede.


Sien Standard Chartered Bank of Canada v Nedperm Bank Ltd [1994] ZASCA 146; 1994 (4) SA 747 (A).


[62] Dit is nie nodig dat mnr Wessels die presiese aard van Albert se nalatigheid moes voorsien het nie.


[63] Die kuierguste was tot ʼn mate onder die toesig van mnr en mev Wessels.


[64] Die eisers het, op ʼn oorwig van waarskynlikhede bewys dat mnr Wessels aanspreeklik is vir die skade wat deur mnr Pretorius (senior) gely is in sy persoonlike sowel as in sy verteenwoordigende hoedanigheid. Hy is aanspreeklik vir die skade van mnr Pretorius (senior) in daardie hoedanighede. Hy is verplig om die kostes van die aksie pro tanto te betaal.


[65] Die verweerders is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik, om die een te betaal, die ander een kwytgestel te word vir die koste op hede wat die koste van twee advokate insluit.





____________

A A LANDMAN

REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF