South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley >> 2006 >> [2006] ZANCHC 56

| Noteup | LawCite

S v Van Rooyen (65/2006) [2006] ZANCHC 56 (10 November 2006)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(NOORD-KAAPSE AFDELING)

KIMBERLEY

SAAK NO.: 65/2006

DATUM GELEWER: 10 November 2006


In die Hersieningsuitspraak van:


DIE STAAT


teen


JAN VAN ROOYEN


CORAM: WILLIAMS R et OLIVIER R

U I T S P R A A K


WILLIAMS R:


1. Die beskuldigde in hierdie saak het skuldig gepleit op ‘n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer en is soos volg gevonnis.


1. 12 (twaalf) maande gevangenisstraf wat in geheel opgeskort is vir 5 (vyf) jaar op voorwaarde dat beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan aanranding met die opset om ernstig te beseer gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie.


2. Dat beskuldigde R900,00 aan die klaer Isak Maroo betaal. Alle betalings moet by die Klerk van die Hof Carnarvon in die bedrag van R160 per maand gedoen word.

Uitstelboete verleen:

R160, 00 vanaf 30-04-2006

R160, 00 op 30-05-2006

R160, 00 op 30-06-2006

R160, 00 op 31-07-2006

R160, 00 op 31-08-2006

R100,00 op 30-09-2006”


2. Hierdie R900,00 ter sprake in die tweede gedeelte van die vonnis is die bedrag wat die klaer getuig het, gedurende die vonnisverrigtinge, hy verloor het in inkomste aangesien hy na die aanranding op hom vir 5 dae in die hospitaal opgeneem is en vir ‘n maand lank nie kon werk nie. Die beskuldigde het ingestem om hierdie bedrag aan hom te betaal in paaiemente. So ‘n versoek is ook deur die aanklaer aan die verhoorhof gerig.


3. Die aangewese manier vir die verhoorhof om hierdie versoek vanaf die aanklaer in die vonnis in te lyf sou wees om die skadevergoeding betaalbaar ’n voorwaarde van die opgeskorte vonnis te maak (artikel 297 van die Strafproseswet).


4. Die uiteensetting en bewoording van die vonnis is egter van so ‘n aard dat dit ‘n aparte en losstaande sanksie van die opgeskorte vonnis daarstel. So ‘n vergoedingsbevel kan slegs onder artikel 300 van die Strafproseswet gemaak word en slegs ten opsigte van ‘n misdryf wat “skade aan of verlies van goed (met inbegrip geld) behorende aan ‘n ander persoon veroorsaak het.”


In S v Liberty Shipping and Forwarding (Pty) Ltd and Others 1982(4) SA 281 (D & CLE) het Didcott R beide die Engelse en Afrikaanse tekste van artikel 300(1), soos in paragraaf 4 hierbo aangehaal, ontleed en tot die slotsom gekom dat die enigste skade wat gedek word deur ‘n vergoedingsbevel in terme van artikel 300(1) die van skade tot goed is en geen ander skade gely nie.


Hierbenewens word ‘n bevel in terme van artikel 300 uitgevoer soos ‘n siviele vonnis {artikel 300(3)} en kon die hof dus nie ‘n datum bepaal wanneer die vergoeding betaal moet word nie, soos in die onderhawige geval gedoen is.


6. Die vergoedingsbevel is na my mening dus ongeoorloof en die landdros het op navraag ook toegegee dat die bevel ter syde gestel behoort te word. Ek is egter van mening dat die vonnis in sy totaliteit tersyde gestel behoort te word en terug verwys word na die landdros om vonnis opnuut te oorweeg na aanleiding van die bevel hieronder gamaak.


Die volgende bevele word dus gemaak:


a) Die skuldigbevinding word bekragtig.

b) (i) Die vonnis word tersyde gestel.

(ii) Die aangeleentheid word terugverwys na die landdros om opnuut vonnis op te lê na daar oorweging geskenk is of dit gepas sou wees, na gelang van die beskuldigde se huidige omstandighede, om ‘n bevel tot skadeloosstelling ‘n opskortingsvoorwaarde tot gevangenisstraf te maak





______________________

C.C WILLIAMS

REGTER



Ek stem saam.



_______________________

C. J OLIVIER

REGTER