South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley >>
2005 >>
[2005] ZANCHC 92
| Noteup
| LawCite
De Villiers v Potgieter N.O and Others (432/03) [2005] ZANCHC 92 (1 July 2005)
Download original files |
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Datum Verhoor: 2005-07-01
Datum Gelewer: 2005-07-01
In die saak van: SAAKNOMMER: 432/03
ANDRIES NOLTE DE VILLIERS APPLIKANT
en
PIETER J POTGIETER NO EERSTE RESPONDENT
ANNA C E POTGIETER NO TWEEDE RESPONDENT
PETRUS J POTGIETER NO DERDE RESPONDENT
Coram: WILLIAMS R
UITSPRAAK
WILLIAMS R:
Hierdie is ‘n aansoek om verlof om te appelleer na die Hoogste Hof van Appél alternatiewelik die Volbank van hierdie Afdeling teen my uitspraak onder hierdie saaknommer gelewer op 22 Oktober 2004.
Die korrektheid van my uitspraak word op die volgende saamgevatte gronde aangeval:
1. Dat ek fouteer het deur nie die applikant se punt in limine te handhaaf, dat daar geen repliek namens die respondent geliasseer is nie.
2. Dat ek fouteer het deur te bevind dat aangesien daar ‘n kansellasie ooreenkoms tot stand gekom het, op welke wyse ookal, daar nie van ‘n dubbele verkoop in die onderhawige geval ter sprake is nie en dat die kennisleer gevolglik nie toepaslik is nie.
3. Dat ek fouteer het deur die teenaansoek van die hand te wys met koste in stede daarvan om dit sine die uit te stel.
Wat Grond 1 betref handel ek hiermee in my uitspraak te bl. 5 daarvan. Mnr. Guldenpfennig wat vir die applikant optree se betoog dat al drie die trustees ‘n repliserende eedsverklaring moet maak, alvorens dit as repliek aanvaar kan word, gaan na my mening nie op nie. Die aansoek is gebring deur al drie die trustees en het hulle hulself daartoe verbind. In Desai-Chilwan NO v Ross and another 2003(2) SA 644 te 650 J en verder sê Ngwenya R die volgende:
“It should be noted that, unlike directors in a company, the trustees, irrespective of their number, hold one office. Even if they hold different views, they still bind one another, regardless of the dissenting views. The powers, which the trustees have, vest in them jointly. In Adam and Others v Dada and Others 1912 NPD 495 at 503, Broom J said:
‘The trustees must be regarded as having acted together as one body during their common periods of office. . . . .We see no reason why the general rule should not be applied that where one or two or more trustees allow trust funds to be under the sole control of the other/s, they are each and all liable jointly and severally, to make good to the trust estate the loss arising from any misapplication of trust monies during their tenure of office. . . . . A trustee who, not having resigned, left the performance of his duties in the hands of a partner or agent must of course be regarded as continuing to hold office and is liable for the acts of his representative.’'’
Wat Grond 2 aanbetref het ek volledig hiermee gehandel in my uitspraak en volstaan ek by my redes soos daarin uiteengesit.
Sien ook in dié verband: Preller and Others v Jordaan 1956(1) SA 483 (AD) te 496 E-F.
‘n Interressante betoog van Mnr. Van Niekerk wat namens die respondent optree, wat nie betoog is in die hoofaansoek nie maar wel ter sake is, is dat die kennisleer om ‘n verdere rede nie van toepassing is nie en dit is omdat die goed wat verkoop is aan applikant nie dieselfde goed is wat verkoop is aan die respondente nie. Aan die applikant is aandele verkoop en aan die respondente die plaas.
Ek is nie van mening dat ‘n Hof van Appél redelikerwys tot ‘n ander bevinding kan kom wat hierdie aspekte betref nie.
Ten opsigte van Grond 3 het Mnr. Guldenpfennig betoog dat dit duidelik was dat die teenaansoek nie ryp was vir verhoor nie, dat daar nog nie betekening was op die teenparty nie en dat daar nog voeging moes wees. Hierdie betoog is nie heeltemal korrek nie. Die teenaansoek was wel op die teenkant beteken. Die repliserende eedsverklaring verwys na die teenaansoek en wys juis die applikant daarop dat sekere partye ‘n wesenlike belang sou hê by die verlening van ‘n bevel soos aangevra in die teenaansoek en dus gevoeg behoort te word. Die repliserende eedsverklaring is reeds twee en ‘n half maande voor die aanhoor van die aansoek geliasseer en het die applikant genoeg tyd gehad om die gebreke daarin reg te stel. Die teenaansoek is egter nie net afgewys as gevolg van die gebreke daar in nie, ten opsisgte waarvan ek my diskresie uitgeoefen het nie, maar ook as gevolg van my bevindings in die hoofaansoek. Gevolglik is ek op hierdie grond ook nie tevrede dat daar ‘n redelike moontlikheid van sukses op appél is nie.
In die omstandighede word die volgende bevel gemaak:
Die aansoek om verlof om te appelleer word van die hand gewys met koste.
_______________
CC WILLIAMS
REGTER
ADVOKAAT NAMENS APPLIKANT : ADV GULDENPFENNIG
IN OPDRAG VAN : DUNCAN & ROTHMAN
ADVOKAAT NAMENS RESPONDENTE : ADV J VAN NIEKERK SC
IN OPDRAG VAN : HAARHOFFS INGELYF
DATUM VAN VERHOOR : 2005-07-01
DATUM VAN UITSPRAAK : 2005-07-01