South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley >> 2005 >> [2005] ZANCHC 22

| Noteup | LawCite

S v Kubalo (CA&R 112/03) [2005] ZANCHC 22 (12 May 2005)

Download original files

PDF format

RTF format


Verslagwaardig: JA / NEE

Sirkuleer Aan Regters: JA / NEE

Sirkuleer Aan Landdroste: JA / NEE



IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

(Noord-Kaapse Afdeling / Northern Cape Division)



Saakno: / Case number: CA&R 112/03

Datum verhoor: / Date heard: 12/05/2005

Datum gelewer: / Date delivered: 12/05/2005



In die saak van:




BONGIWE KUBALO Appellant


en


DIE STAAT Respondent


Coram: Majiedt R et Lacock R



UITSPRAAK OP APPÉL



LACOCK R:



  1. Die appellant, me. Bongiwe Kubalo, is in die Distrikshof, Jan Kempdorp, skuldig bevind aan aanranding met die opset om ersnstig te beseer, en gevonnis tot 18 (agtien) maande gevangenisstraf waarvan 9 (nege) maande voorwaardelik vir ‘n periode van 5 (vyf) jaar opgeskort is.


Sy kom nou in hoër beroep teen die vonnis haar opgelê.


  1. Die tersaaklike getuienis waarop die appellant skuldig bevind is, was nie in geskil nie, en kan kortliks as volg saamgevat word:


Terwyl die appellant en haar vriend in ‘n taverne gesit het, het die klaagster na haar vriend gekom, hom omhels en gesoen, en toe die taverne verlaat.


Kort hierna het die appellant haar vriend en die klaagster agter die taverne aangetref waar hulle gestaan en gesels het. Die appellant het kwaad geword en die klaagster met ‘n gebreekte bottel aangeval as gevolg waarvan die klaagster snywonde aan haar kop, gesig en bors opgedoen het. Die appellant het erken dat die klaagster haar geen rede gegee het om haar aldus aan te rand nie.


Gesien die aard van die wapen waarmee die appellant die klaagster aangerand het, die plekke op die liggaam van die klaagster waar die appellant haar beseer het en die aard van die beserings deur die klaagster opgedoen, is die skuldigbevinding duidelik geregverdig.



  1. Wat vonnis aanbetref blyk dit uit die oorkonde dat die Landdros alle tersaaklike faktore behoorlik in ag geneem en oorweeg het, asook die persoonlike omstandighede van die appellant.


Die Landdros het geen mistasting begaan met vonnisoplegging nie, en myns insiens kan ook nie gesê word dat die vonnis die appellant opgelê skokkend onvanpas was nie. Die appellant het die klaagster ooglopend bloot uit jaloesie wreedaardig met ‘n uiters gevaarlike voorwerp aangeval en haar gesig geskend.


Hierdie tipe van vergryp kan nie geduld word nie, en persone wat op hierdie wyse andere se reg op privaatheid skend, moet na behore besoek word deur die plig van die howe as beskermer van die openbare belang.


Die appél teen die vonnis die appellant opgelê kan vervolgens nie slaag nie.


  1. Die volgende bevel word hierin verleen:


    1. Die appél word afgewys, en die skuldigbevinding en vonnis word bekragtig.







_______________

HJ Lacock

REGTER





Ek stem saam.






_______________

SA Majiedt

REGTER






Namens appellant: Adv T Fourie (i.o.v. Regshulpsentrum, Kimberley)

Namens respondent: Adv TT Mashalane