South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >> 2017 >> [2017] ZAGPPHC 1199

| Noteup | LawCite

Die Gerhard Labuschane Familietrust and Another v Malan (2444/2014) [2017] ZAGPPHC 1199 (6 December 2017)

Download original files

PDF format

RTF format


HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

(GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

 

(1)      NOT REPORTABLE

(2)      NOT OF INTEREST TO OTHER JUDGES

(3)      REVISED

Saak nr. 2444/2014

6/12/2017

 

In die saak tussen:

 

DIE GERHARD LABUSCHAGNE FAMILIETRUST                             Eerste Applikant

C & C DELWERYE BK                                                                               Tweede Applikant

 

en

 

D.F. MALAN                                                                                                  Respondent

UITSPRAAK

RABIE, R

1.         Hierdie is twee aansoeke om verlof om te appelleer teen die uitspraak van hierdie hof ten gunste van die respondent (as applikant) teen die eerste en tweede applikante (eerste en tweede respondente). Ek verwys voorts na die partye soos hulle in die eerste instansie na verwys is.

2.          Die vraag wat ek op hierdie stadium moet oorweeg is of 'n ander hof   redelikerwys tot 'n ander bevinding kan kom as die een waartoe ek gekom  het.

3.         Na oorweging van die getuienis voor my en die argumente deur  die partye en  veral die argumente namens die eerste respondent wat eers tydens die aansoek om verlof om te appelleer geopper is, is ek tevrede dat 'n saak wel uitgemaak  is  vir die toestaan van hierdie aansoeke om verlof om te appelleer. Uit hoofde van hierdie bevinding is dit nie nodig of gepas dat ek die argumente  en die meriete  van die saak verder hierin bespreek nie. Ek is van mening  dat  die  aspekte geopper nie die aandag van die Hoogste Hof van Appel verg  nie.

4.         Ek is verder tevrede dat die gewone bevel ten opsigte van koste ook in hierdie saak gemaak moet word.

5.          In die lig van die voorgaande  word die volgende bevel gemaak:

1.       Seide die aansoeke om verlof om te appelleer word toegestaan na die Volbank van hierdie afdeling.

2.       Die koste van hierdie aansoek sal koste in die geding wees.

 

 

 

C.P. RABIE

JUDGE OF THE HIGH COURT

 

17 December 2016