South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >> 2014 >> [2014] ZAGPPHC 848

| Noteup | LawCite

J.F.V.R v J.P.V.R (47783/2013) [2014] ZAGPPHC 848 (15 October 2014)

Download original files

PDF format

RTF format


SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy



IN DIE HOË HOF VAN SUID AFRIKA

[GAUTENG AFDELING, PRETORIA]

SAAKNOMMER: 47783/2013

DATE: 15 OCTOBER 2014

In die saak tussen:

J[...] F[...] V[...] R[...]

(ID. NO: […])...............................................................................................................................APPLIKANT

en

J[...] P[...] V[...] R[...]

(ID. NO: […])............................................................................................................................RESPONDENT

UITSPRAAK

1.

Die Applikant doen aansoek by wyse van ’n Kennisgewing van Mosie gedateer 22 Julie 2013 vir bevele dat die primêre residensie van J[...] v[...] R[...] en R[...] v[...] R[...], synde die minderjarige kinders van die Applikant en die Respondent, aan die Applikant toegestaan word. Tweedens word ’n bevel aangevra wat sekere toegangsregte aan die Respondent toesê en derdens word ’n bevel aangevra dat die Gesinsadvokaat ’n verslag moet opstel met ’n aanbeveling rakende primêre residensie en toegang. Verder word ’n bevel aangevra dat die koste van die aansoek aan die Applikant toegestaan word en verdere of alternatiewe regshulp. Die aangeleentheid was terrolle op 14 Maart 2014 voor Webster, R en het hy beveel dat die saak van die rol verwyder word en dat die Respondente die koste van die uitstel betaal met verwysing na ’n skrywe gedateer 10 Maart 2014, ’n afskrif waarvan nie op die hoflêer is nie.

2.

Die Respondente het by wyse van ’n opponerende beëdigde verklaring wat geliasseer is op 18 September 2013 die aansoek geopponeer. Die Respondente versoek dat die aansoek van die hand gewys word maar stem toe daartoe dat daar wel ’n verslag by die Gesinsadvokaat aangevra word, soos wat versoek word deur die Applikant. Sy voer egter aan dat beveel moet word dat die kinders moet bly waar hulle tans is totdat die Gesinsadvokaat se verslag opgestel is. (Sien paragraaf 14 van die opponerende beëdigde verklaring).

3.

Die partye is van mekaar geskei op 27 Januarie 2011 en in terme van die egskeidingsbevel is beveel dat die twee kinders se primêre versorging en residensie by die Respondente sal wees met uitgebreide toegangsregte vir die Applikant wat insluit alternatiewe naweke en alternatiewe lang en kort skool-vakansies per jaar. Dit is nie tans nodig om die toegangsregte volledig te bespreek nie.

4.

In terme van ’n onderlinge reeling tussen die Applikant en die Respondente het Johan gedurende 2012 by die Applikant op Secunda gaan woon. Die de facto posisie was dat Johan tot en met 27 Junie 2014, gevolglik vir ongeveer 2 ½ jaar, by die Applikant woonagtig was in terme van die onderlinge reeling.

5.

Die Respondente voer in haar opponerende beëdigde verklaring aan dat die onderlinge reëling slegs van korte duur sou wees. Volgens haar moes Johan teen die begin van 2013, wanneer hy Graad 1 toe moes gaan, na die Respondente teruggaan. Die Applikant ontken nie dat daar so ’n ooreenkoms was nie.

6.

Beide ouers maak aanspraak daarop om die primêre residensie van die kinders te hê. Die Respondente het, ten tye van aflewering van die opponerende beëdigde verklaring ingesien dat ’n rondskuif van die kinders hangende afhandeling van die aansoek nie raadsaam is nie en in paragraaf 14 van die opponerende beëdigde verklaring toegestem (korrek so in my eerbiedige mening) dat “die kinders moet bly waar hulle tans is totdat sodanige Gesinsadvokaatsverslag opgestel is en voor die Hof kan dien”.

7.

Intussen egter het die Respondente Johan vir die Julie skoolvakansie op 27 Junie 2014 by die Applikant kom afhaal en daarna geweier om Johan weer aan die Applikant terug te gee. Hierdie feite blyk uit die Applikant se beëdigde verklaring wat op 8 September 2014 geliasseer was en wat voorkom in ’n duplikaat hoflêer wat aan my opgehandig is.

8.

Dit is duidelik uit die aansoekstukke dat Johan goed versorg was by die Applikant en die arbeidsterapie ontvang wat hy benodig en redelike vordering maak in die skool.

9.

Dit is ’n onaanvaarbare situasie dat Johan na ongeveer 2!4 jaar se residensie by die Applikant, op die wyse soos hierbo beskryf, ontwrig word. Daar is geen aanduiding, hetsy teen die Applikant, hetsy teen die Respondente dat hulle swak ouers is nie. Ek maak nie tans uitsprake of bevindinge met betrekking tot welke ouer uiteindelik primêre residensie van die kinders behoort te hê nie. Die probleem is egter dat Johan vir ongeveer TA jaar by die Applikant woon, skool toe gaan en gevolglik op Secunda by die Applikant gevestig is. Die Respondente self voer aan in paragraaf 10 van haar opponerende beëdigde verklaring dat Johan aan haar gesê het dat hy nie sy huidige skool op Secunda waar hy by die Applikant ingewoon het, wil verlaat nie.

10.

Die aangeleentheid kan nie tans afgehandel word nie. Adv De Lange vir die Applikant het geargumenteer dat, selfs hangende die verkryging van ’n Gesinsadvokaatsverslag, dit in die beste belang van die kinders is om beide by die Applikant te wees.

11.

Dit dien hier uitgewys te word dat daar geen verskyning namens die Respondente was nie ten spyte daarvan dat die plasingskennisgewing sowel as die aanvullende beëdigde verklaring op die Respondente se prokureurs van rekord afgelewer is. Ek het gevolglik nie die voordeel gehad van enige submissies vanaf die kant van die Respondente nie. Ek het ook geen verduideliking vanaf die Respondente se kant vir die, op die oog af, ontoepaslike optrede om te weier om Johan terug te gee aan die Applikant na die Julie 2014 skoolvakansie nie.

12.

Op die feite voor my is dit duidelik nie in die beste belang van Johan om op hierdie wyse ontwrig te word nie. Dit is selfs die Respondente se eie saak dat die kinders, hangende ’n Gesinsadvokaatsverslag moet bly waar hulle is, met ander woorde Rachelle by die Respondente en Johan by die Applikant. Ek is van voorneme om tussentydse bevele in hierdie verband te maak ten einde die status quo, soos wat dit was onmiddellik voor 27 Junie 2014, te herstel hangende afhandeling van die aansoek.

13.

Ek is deur Adv De Lange meegedeel dat ’n Gesinsadvokaatsverslag ten minste 6 maande neem om te voltooi en dat dit nie enige uitwerking het om te versoek dat daar so spoedig moontlik ’n verslag geliasseer word nie. Ek is nietemin van voorneme om die Gesinsadvokaat ernstig te versoek om so gou as moontlik ’n verslag in hierdie geval uit te bring.

14.

Uit die beëdigde verklarings is dit duidelik dat Johan en Rachelle die behoefte het om saam te wees. Ek is van voorneme om te reel dat die toegangsregte wat die Applikant tot Rachelle verkry en Respondente tot Johan verkry, so uitgeoefen moet word dat die twee kinders saam met mekaar is wanneer naweek- en vakansietoegangsregte uitgeoefen word. Dit is nie in belang van die kinders dat daar ’n uitruiling van die kinders tussen Applikant en Respondente plaasvind wanneer toegangsregte uitgeoefen word nie. Die Applikant en die Respondente moet hulle toegangsreëlings so uitoefen dat die kinders tesame by ’n betrokke ouer is wanneer die ouer wat nie primêre residensie van een van die kinders het, sy/haar toegangsregte uitoefen.

15.

Gevolglik word die volgende bevel gemaak:

15.1 Die Gesinsadvokaat word versoek om so spoedig enigsins moontlik verslag te doen oor die lewensomstandighede en versorging van die minderjarige kinders Johan van Rooyen en Rachelle van Rooyen.

15.2 Die Gesinsadvokaat word versoek om in die betrokke verslag ’n aanbeveling te maak oor by welke van Applikant of Respondente die primêre residensie van die minderjarige kinders behoort te hê, ingeslote ’n aanbeveling of dit raadsaam is om die kinders se primêre residensie te skei sodat een by die Applikant en een by die Respondente primêre residensie het.

15.3 Die Gesinsadvokaat word verder versoek om in die verslag ’n aanbeveling te doen met betrekking tot die kontakregte ten opsigte van die minderjarige kinders vir die betrokke ouer wat nie primêre residensie van een of beide van die kinders het nie.

15.4 Hangende die Gesinsadvokaatsverslag en sonder om die egskeidingsbevel gedateer 27 Januarie 2011 te wysig, geld die volgende bevel met betrekking tot die ouerlike regte en ouerlike verantwoordelikhede van die Applikant en die Respondente:

15.4.1 Die primêre versorging en residensie van die seun Johan Frederick van Rooyen word aan die Applikant toegeken;

15.4.2 Die primêre versorging en residensie van Rachelle van Rooyen bly by die Respondente;

15.4.3 Die ouer wat nie primêre residensie van die betrokke kind het nie, het die reg van toegang tot die betrokke kind as volg:

15.4.3.1 Een naweek per maand;

15.4.3.2 Een kort skoolvakansie per jaar; en

15.4.3.3 Die helfte van elke lang skoolvakansie, sodat die kinders elke Kersvakansie roterend by die ander ouer deurbring;

15.4.4 Die toegangsregte in paragraaf 15.4.3 word so uitgeoefen dat die twee kinders saam met mekaar die betrokke naweke en vakansies deurbring.

15.5 Die aansoek word sine die uitgestel hangende ontvangs van die Gesinsadvokaatsverslag;

15.6 Die koste word voorbehou.

GETEKEN TE PRETORIA OP HIERDIE 15th DAG VAN OKTOBER 2014.

AJ LOUW: WAARNEMENDE

REGTER