South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >>
2014 >>
[2014] ZAGPPHC 508
| Noteup
| LawCite
Smeets v Herman Grobler en Vennote and Others (41170/14 , 6837/2014) [2014] ZAGPPHC 508 (2 July 2014)
Download original files |
REPUBLIC OF SOUTH AFRICA
IN HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(NOOORD GAUTENG AFDELING: PRETORIA)
2 JULIE 2014
SAAK NR: 41170/14
6837/14
VOOR SY EDELE REGTER RABIE
In die saak tussen:
T.H.V.S.J.M. SMEETS......................................................................................................................Applikant
en
HERMAN GROBLER EN VENNOTE............................................................................Eerste Respondent
S. WEIDEMAN...................................................................................................................Twede Respondent
M.R. AUGOSTINE..............................................................................................................Derde Respondent
S. WEIDEMAN PROKUREURS......................................................................................Vierde Respondent
DIE PROKUREURSORDE VAN DIE
NOORDELIKE PROVINSIES...........................................................................................Vyfde Respondent
UITSPRAAK
1. Hierdie is 'n dringende aansoek waarin die applikant twee vorme van regshulp teen die eerste vier respondente aanvra plus koste teen hulle gesamentlik en afsonderlik op 'n prokureur en kliënt skaal. Geen bevel word teen die 5de respondent gevra nie behalwe 'n kostebevel indien die 5de respondent die aansoek opponeer.
2. Aangesien hierdie 'n dringende aansoek is gaan ek nie na al die feite van die saak en die betoë wat gelewer is, verwys nie, maar slegs na die hoofaspekte daarvan.
3. Die eerste vorm van regshulp wat die applikante aanvra is vir 'n bevel dat 1ste tot 4de respondente gelas word om gesamentlik en afsonderlik aan die applikante die bedrag van R600 000,00 te betaal binne 3 ure vandat die hof sy bevel gegee het. Die tweede vorm van reshulp is vir 'n bevel dat indien die geld nie betaal woord nie, die 1ste tot 4de respondente gelas moet word om onmiddellik op te hou praktiseer as prokureurs en om ook verbied te word om enigsins met die trustgeld wat in hulle trustrekenings deponeer is of deponeer gaan word, te handel, hangende 'n volledige ondersoek deur die 5de Respondent.
4. Die agtergrond en feite van die saak is kortliks die volgende: Die 1ste respondent is 'n ou firma van prokureurs wat besigheis bedryf het in Groblersdal. Teen die begin van 2012 was die 3de respondent die enigste praktiserende prokureur in die 1ste respondent. Op 1 Maart 2012 het die 2de respondent by horn aangesluit en hulle het as vennote besigheid bedryf in die naam van die 1ste respondent. Ongeveer twee jaar later, op 12 Februarie 2014, het die 2de respondent as vennoot van die 3de respondent bedank en op 1 Maart 2014 het sy op haar eie, in die naam van die 4de respondent, as prokureur begin praktiseer. Aangesien die 2de respondent die kantore van die 1ste respondent in Groblersdal oorgeneem het, en die 3de respondent nie 'n beëdigde verklaring in hierdie aansoek liaseer het nie, is dit nie bekend wat die status van die 1ste resppondent is nie en ook nie of 3de respondent nog daar, of op enige ander plek, praktiseer nie. Die applikant het beweer dat hy in diens van die 4de respondent is maar die 2de respondent het dit ontken. Daar draai nie veel om hierdie dispuut nie. 3de Respondent is egter steeds op die rol van praktiserende prokururs.
5. Die applikante en sy broer Didier Meets (hierna "Didier") was kliënte van 1ste respondent en meer in besonder van die 2de respondent terwyl sy nog as vennoot van die 3de respondent by 1ste respondent gewerk het. Gedurende Oktober 2013 het die applikant en Didier, wat die enigste twee lede van 'n beslote korporasie was, besluit dat die applikant Didier se lede-aandeel sou oorkoop vir R600 000,00. Hulle het die 2de respondent genader en haar opdrag gegee om 'n geskrewe kontrak vir hulle op te stel en ook gevra dat sy die voile koopprys in ontvangs neem en in die trust rekening van die 1ste respondent deponeer vir latere betaling aan Didier wanneer die ledebelang oorgedra word. 2de Respondent het die opdrag aanvaar en die besonderhede van die 1ste respondent se trustrekening aan die applikant gegee. 2de Respondent het daarop op 18 Oktober 2014 die bedrag van R600 000,00 inbetaal in die trust rekening van die 1ste respondent. Bevestiging van betaling van die bedrag in die trustrekening van die 1ste respondent is later deur Didier van die 1ste respondent ontvang sowel as bevestiging dat die 2de respondent besig is met die opstel van die koopkontrak.
6. Dit het later geblyk dat die rekeninghouer van die trust rekening waarskynlik die 3de respondent is. Veel draai ook nie op hierdie stadium om hierdie punt nie. Ek meld dit derhalwe slegs terloops dat dit lyk of die 3de respondent, op die stadium voordat hy en die 2de respondent vennote geword het, die trust rekening in sy eie naam gehad het en nie in die naam van die 1ste respondent nie, en verder ook dat na die totstandkoming van die vennootskap, dieselfde trustrekening steeds gebruik is en niks ten opsigte daarvan verander het nie. Dit is nie bekend of die 2de respondent tekenregte ten opsigte van daardie rekening ontvang het nie.
7. Op 28 Maart 2014 het die applikant en Didier die finale aspekte van hulle ooreenkom bygelê en die 2de respondent aangesê om die R600 000,00 aan die 2de applikant oor te betaal. Op 1 April 2014 is die instruksie in skrif aan Didier bevestig.
8. Teen 25 April 2014 was die geld nog nie oorbetaal nie en die applikant het navrae gedoen. Dit was nie suksesvol nie en latere afsprake gedurende April en Mei wat 1ste applikant met die 2de respondent gereël het, is telkens ter elder ure afgelas. Die applikant is na 'n nuwe prokureur maar ook sy navrae het op dowe ore geval. Uiteindelik was die 2de respondent weer bereid om die aangeleentheid te bespreek, die keer op 4 Junie 2014. Op die laaste nippertjie het sy egter die vergadering kanselleer. Die huidige dringende aansoek is op 18 Junie 2014 geloods.
9. Die 1ste tot 4de respondente het deur middel van een prokureur kennis van hulle opponering van die aansoek gegee. Op 19 Junie 2014 het die prokureur namens 1ste en 3de respondente onttrek. Geen prokureur het weer namens hulle op rekord gekom nie en geen verklaring is namens hulle liaseer nie. Die 2de respondent het namens haarself en haar firma, die 4de respondent, twee verklarings liaseer. Daarin het sy die geskiedenis uiteengesit en ook verduidelik dat sy eers na haar aansluiting by 3de respondent, agtergekom het dat hy nie sy ouditeursverslae vir die periode eindigende Februarie 2011 aan die 5de respondent gestuur het soos wat hy verplig was om te doen nie. Dit het tot gevolg gehad dat die verslae vir die tydperke eindigende Februarie 2012 en 2013 ook nie ingestuur was nie. Sy sê dat die 3de respondent se verkoning was dat dit bloot veroorsaak is omdat hy van een stelsel na 'n ander oorgeslaan het. Aan die begin van 2014 het sy begin agterkom dat die 3de respondent se probleme groot is en het sy besluit om uit die vennootskap te bedank.
10. Die 2de respondent sê verder dat aangesien die probleme nie aan haar toedoen te wyte was nie, het die 5de respondent wel aan haar 'n Getrouheidswaarborgfondssertifikaat uitgereik. Die 3de respondendent het nie so 'n sertifikaat ontvang nie. In Maart 2014 het sy weer vir so 'n sertifikaat aansoek gedoen en dit weer ontvang. Hoe die 5de respondent aan een vennoot 'n sertifikaat kan gee terwyl die ander vennoot nie daarvoor kwalifiseer nie, is nie verduidelik nie en ek laat dit daar.
11. Opsommend was dit dus die 3de respondent se saak dat sy nooit iets verkeerd gedoen het nie, dat sy nie verantwoordelik was vir die 1ste respondent se boekhouding nie en dat daar deurgaans deur die 1ste respondent se boekhouer en deur die 3de respondent aan haar voorgehou was dat alles in orde is. Sy kon egter nooit daarin slaag om die saldo van die trustrekening vas te stel nie. Sy sê verder dat sy reeds weg was van die 1ste en 3de respondente op die stadium dat die applikant sy geld aangevra het en dat daardie versoek derhalwe aan die 1ste en 3de rspondente gerig moet word.
12. Die 5de respondent het wel op die aansoek geantwoord. Die hoof doel van die antwoord was om sekere formele inligting van die 5de respondent se kant te openbaar en dan ook om 'n aansoek wat vroeër reeds vir doeleindes van 'n interdik teen die 3de respondent liaseer is, terselfdertyd voor hierdie hot te plaas vir beregting. Ek sal later weer na daardie aansoek terugkeer.
13. Ek handel vervolgens eerste met die aansoek om die 1ste tot 4de respondente te verhoed om te praktiseer. Die applikant het nie die reg om sodanige regshulp aan te vra nie. Daardie reg setel ingevolge die bepalings van die Wet op Prokureurs, Wet 53 van 1997, in die 5de respondent. Hierdie aspek was ook deur die 5de respondent in sy beëdigde verklaring geopper en die applikant was genoodsaak om hierdie aspek tydens die betoog voor die hot toe te gee.
14. Die eerste en mees direkte gevolg van die verval van hierdie regshulp was dat die dringendheid van die applikant se aansoek verval het. In die funderende stukke het die applikant die dringendheid van sy aansoek juis beasser op die feit dat prokureurs wat nie trustgelde kan terugbetaal nie, nie mag praktiseer nie. In hierdie omstandighede het Adv Keet, namens die 2de en 4de respondente, betoog dat al wat van die applikant se saak oorgebly het was 'n geldeis, en dat dit nooit dringend kan wees nie.
15. Ek stem in beginsel saam met die betoog van Adv Keet maar ek sal nietemin verwys na die betoog namens die applikant tydens die verhoor van die aansoek. Adv Heyns het toe, onder andere, voorgehou dat dit 'n kwade dag sal wees as prokureurs wat geld aan hulle kliënte skuld, veral trustgeld, nie dringend voor die hof gedaag kan word nie. Dit sou, volgens die betoog, nie in die belang van geregtigheid wees nie. Ek is nie oortuig van die grondslag van die argument nie maar dit mag vrywel moontlik wees dat die dringende hof in 'n gegewe uitsonderingsgeval, en waar daar geen twyfel oor die meriete van die eis is nie, wel sy weg sal oopsien om in die omstandighede van so 'n saak, 'n geldeis of ander tipe bevel toe te staan.
16. Wat betref die meriete van die geldeis in die huidige aansoek, het beide partye (die applikant, aan die een kant, en die 2de en 4de respondente, aan die ander kant) heen en weer argumenteer oor wat beskou kan word as die skuld van die een of ander party, of die afwesigheid daarvan. Dit was ook die grondslag van die grootste gedeelte van die bewerings in die onderskeie beëdigde verklarings van die partye. Verwyte is veral deur die applikant geslinger en in die repliek is daar oor etlike aspekte met die 2de respondent in dispuut getree. Op haar beurt het die 2de respondent in 'n dupliek met daardie dispute gehandel.
17. Dit was eers tydens die beantwoordende betoog dat ek navraag gedoen het na die relevansie van baie van die dispute en veral die verwyte wat deur die applikant na die 2de respondent se kant geslinger is. Ek het die vraag geopper of die beginsels van die Vennootskapsreg nie bepaal dat na die ontbinding van 'n vennootskap, die vorige vennote gesamentlik en afsonderlik teenoor buitestaanders aanspreeklik is vir skulde van die vennootskap nie, en dat meeste, indien nie al die dispute voor die hof, eenvoudig irrelevant is nie.
18. Dit het Adv Heyns uiteraard nie lank geneem om hierdie opgesaalde perd te bestyg nie. Ongelukkig het hierdie selfde perd op Adv Keet se voet getrap en het hy sy bes gedoen om na die 2de respondent se onskuld te verwys en na die feit van die baie feitedispute. Hierdie argumente het nie goed water gehou nie en Adv Kemp het horn uiteindelik weer op die nie-dringendheid van die saak beroep.
19. Die vraag wat ek derhalwe ten eerste moet beoordeel, is of hierdie die tipe geval is waar die hof in die belang van geregtigheid die geldeis moet toestaan, ongeag dat die grondslag van dringendheid verval het.
20. Op die oog af is die 2de en 3de respondente gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir die skulde van hulle destydse vennootskap. Die vennootskap het reeds bestaan toe die applikante die geld daar inbetaal het. Die geld is weliswaar opgevra nadat die vennootskap reeds ontbind het, maar vanweë die aard van die ooreenkoms tussen die partye is dit waarskynlik nie relevant nie. Ek voeg egter onmiddellik by dat hierdie aspek nie namens die partye in betoog behandel is nie. In teendeel, nie een van die partye het of kon my toespreek oor die bestaan, al dan nie, van enige verweer wat die 2de respondent moontlik kon hê nie. Die hoof rede daarvoor is klaarblyklik omdat, enersyds, die saak op so 'n baie dringende basis gebring was en, tweedens, veral omdat die aangevraagde interdik wat al die prokureurs en hulle firmas verbied om te praktiseer, die kollig hopeloos gesteel het en inderwaarheid die aandag van almal getrek het. Die inhoud van die onderskeie beëdigde verklarings was primêr op hierdie aspek gerig en op die vraag wie vir hierdie toedrag van sake verwyt en aanspreeklik gehou moet word. Omdat die skuld element so op die voorgrond was, het geeneen van die partye werklik die nodige bewerings in die stukke gemaak of die nodige argument gevoer om die beginsels van die Vennootskapsreg, en veral die gevolge van die ontbinding van 'n vennootskap, korrek te kon inspan.
21. Daarvanweë en omdat ek nie oortuig is dat al die relevante feite voor die hof geplaas is nie, is ek baie huiwerig om 'n finale geldeis teen die 2de respondent toe te staan wat, soos ek reeds gesê het, nie dringend toegestaan hoef te word nie.
22. Daar is 'n tweede aspek wat my noop om af te sien van 'n finale bevel op hierdie dringende basis. Dit is omdat dit nie blyk dat enigiemand op hierdie stadium weet of die geld van die applikant nie dalk wel beskikbaar is nie. Dit sal herinner word dat die 2de respondent reeds by die 1ste respondent weg is op 12 Februarie 2014. Alhoewel sy 'n paar weke daarna vanuit dieselfde kantore in die naam van haar nuwe firma begin praktiseer het, is dit onbekend wat van 3de respondent en die 1ste respondent geword het. Maar wat ook al die geval, die 2de respondent het na die ontbinding van die vennootskap op 12 Februarie 2014 klaarblyklik nie meer die bevoegdheid gehad om goedsmoeds, of selfs enigsins, geld uit die 1ste respondent se trustrekening te onttrek nie. Sy was nie meer 'n vennoot nie en die rekening was boonop in die naam van die 3de respondent. Hierdie feit is van kardinale belang aangesien die eerste opdrag van die applikant aan die 2de respondent om die geld oor te betaal aan Didier, eers geskied het op 28 Februarie 2014 en dus nadat sy reeds die vennootskap ontbind het en die 1ste respondent verlaat het.
23. Dit is dus vrywel moontlik dat daar wel tans genoeg geld in die trustrekening, wat voorheen die trustrekenning van die vennootskap was, is om die applikant se skuld te betaal en dat die 2de respondent se versuim om dit te betaal uitsluitlik spruit uit haar fisiese onvermoë om toegang tot daardie rekening te verkry.
24. 'n Geldvonnis teen die 2de respondent sal, om klaarblyklike redes, geweldige drastiese en nadelige gevolge vir haar inhou. Hierdie hof moet dus uiters versigtig wees om nie goedsmoeds 'n bevel teen die 2de respondent te maak juis waar daar die moontlikheid bestaan dat die geld tog wel beskikbaar is maar bloot vanweë 2de respondent se onvermoë om dit te onttrek, nie beskikbaar is nie. (Dieselfde geld vir die geval waar moontlike ander verwere bestaan wat nie in die huidige aansoek aangespreek is nie). Dit is nie uitgesluit dat 'n behoorlike oorweging van die 1ste respondent se sake mag toon dat die applikant se geld wel beskikbaar is en dat 'n vonnis teen die 2de respondent nie nodig is nie (of om 'n ander rede nie gemaak kan word nie).
25. Ek moet sê dat al die partye, en aanvanklik ekself ook, bloot aanvaar het dat die geld nie beskikbaar is in die betrokke trustrekening nie. By heroorweging is ek egter tevrede dat daar eenvoudig nie genoeg feite voor die hof is om tot hierdie en tot al die ander nodige gevolgtrekkings te kom wat 'n bevel teen die 2de respondent sal regverdig nie. Ek glo dat dit eerstens die dringende basis is waarop die aansoek gebring was wat hierdie probleme tot gevolg gehad het en, tweedens, dat die aanvraag van die regshulp vir die interdik om te praktiseer, veroorsaak het dat die aandag van die partye afgelei is en op 'n dwaalspoor geplaas is.
26. Dit kan ook op hierdie stadium ook genoem word dat enige regshulp teen die 4de respondent, hoegenaamd nie geregverdig is nie. Die applikant se saak teen die 4de respondent was enersyds op die beginsels van skuld basseer en, andersyds, omdat daar 'n gemeenskaplikheid tussen die 2de en die 4de respondente is. Eerstens, is skuld nie relevant nie en, tweedens, het die 2de respondent se nuwe firma, op die feite voor hierdie hof, met die hele aangeleentheid niks te doen nie. Die aansoek teen die 4de respondent behoort dus sondermeer van die hand gewys te word.
27. Dit was egter, soos ek reeds gesê het, die feit dat die primêre klem op die beoogde interdik om te praktiseer, geplaas was en dat die bewerings van skuld die grondslag daarvan was, en laastens omdat alles op 'n basis van dringendheid voor die hof geplaas is, dat al die relevante feite nie voor die hof was nie en die partye se regsverteenwoordigers nie daarop voorberei was nie. In sulke omstandighede sou dit nie geregverdig wees om 'n bevel teen die 2de respondent te gee nie.
28. Na my mening behoort die aansoek teen die 2de respondent uitgestel te word na 'n onbepaalde datum. Aangesien ek van oordeel is dat 'n bevel nie teen een vorige vennoot gegee kan word vir skulde van die vorige vennootskap sonder 'n gelyke bevel teen die ander vennoot nie, behoort die aansoek ten aansien van die eis vir betaling teen die 1ste en 3de respondent ook aldus uitgestel te word. In die lig van die bevel wat ek beoog om teen die 3de respondent te maak, sal die stand van die trustrekening na die ondersoek deur die 5de respondent waarskynlik beter rigting aan die applikante se saak gee.
29. Dit is nou nodig om na die 5de respondent se aansoek teen die 3de respondent te verwys. Die 5de respondent het onder saaknommer 6837/2014 op 28 Januarie 2014 'n aansoek teen die 3de respondent geloods waarin daar in wese gevra is dat die 3de respondent belet moet word om as prokureur te praktiseer. Dit behels ook, onder andere, dat die 3de respondent nie meer kan praktiseer of met sy trustrekening kan handel nie en dat 'n verteenwoordiger van die 5de respondent as kurator vir alle praktiese doeleindes in die skoene van die 3de respondent stap. Die respondent het kennis van sy voorneme om die aansoek te opponeer gegee maar het, ten spyte van 'n paar uitstelle, nog nie sy beantwoordende verklaring liaseer nie. Blykbaar is die respondent besig met sy ouditeur om te probeer om sy finansiële sake aan te spreek en state op te stel.
30. Na kennis aan die 3de respondent het die 5de respondent hierdie hof versoek om die aansoek teen die 3de respondent aan te hoor. In die aansoek teen die 3de respondent het die 5de respondent uiteengesit dat die 3de respondent reeds vir etlike jare sonder 'n Getrouheidswaarborgfondssertifikaat praktiseer. Die rede daarvoor is dat die 3de respondent versuim het om ingevolge Reel 70.4, gelees met Reel 70.3, van die Reëls van die 5de respondent, ongekwalifiseerde oudit verslae in te lewer vir die tydperke eindigende Februarie 2011 en Februarie 2012, welke verslae moes toon dat die 3de respondent behoorlike finansiële rekords en boeke gehou het soos vereis deur die Wet op Prokureurs en die 5de respondent se Reels en wat verder toon dat die 3de respondent genoegsame fondse in sy trustrekening het om die eise van trustkrediteurs te betaal.
31. So 'n ongekwalifiseerde oudit verslag is 'n voorvereisde vir die uitreiking van die Getrouheidswaarborgfondssertifikaat waarsonder 'n prokureur nie vir eie rekening mag praktiseer nie. Om dit te doen kom neer op 'n kriminele oortreding.
32. Vanweë die feit dat die 3de respondent sonder die genoemde sertifikaat praktiseer het en steeds so praktiseer, pleeg hy deurgaans 'n misdryf en is sy trust skuldeisers en die Getrouheidswaarborgfonds op risiko.
33. Die 3de respondent was op 12 November 2012 voor 'n dissiplinêre tribunaal geroep ten opsigte van sy versuim vir die jaar eindigende Februarie 2011. Hy het op 19 November 2012 skuldig gepleit en 'n boete van R3000,00 is horn opgelê.
34. 'n Verteenwoordiger van die 5de respondent is opdrag gegee om ondersoek na die 3de respondent se sake te doen en 'n verslag op te stel. Die 3de respondent het egter nie boekhou rekords gehad om na te gaan nie. Karige dokumente is oorhandig en rekords was nie opdateer nie. 3de Respondent het uitstel gevra maar dit het later geblyk dat die 3de respondent ook nie die nodige inligting aan sy ouditeur veerskaf het vir die periode eindigende Februarie 2012 nie. Die ouditeurs wou nie 'n mening gee oor die 3de respondent se finansiële rekords en trustrekening nie.
35. Gedurende Februarie 2013 het die 3de respondent self 'n trusttekort rapporteer wat hy gesê het hy reggestel het.
36. Die 5de respondent het in Januarie 2013 weer 'n ondersoek gehou van die 3de respondent se sake. Dieselfde tipe probleme is gevind. Die ouditeur het ook op navraag onreëlmatighede rapporteer. Vogens die ondersoek was daar op 26 Februarie 2013 'n trusttekort van meer as R1 miloen. Daar is gevind dat gedurende September 2013 het die 3de respondent R1 miljoen in sy trustrekening inbetaal. Die 5de respondent huldig die mening dat sulke tekorte nie alleen deur verkeerde inskrywings veroorsaak kon gewees het nie.
37. Die huidige aansoek voor hierdie hof het die aangeleentheid meer dringend gemaak. Volgens die 5de respondent is dit vanweë die huidige klagtes van die applikante nodig om die 3de respondent se aansoek vroeër te laat aanhoor as wat andersins die geval kon wees. Die 5de respondent betoog dat 'n skorsing, gekoppel aan 'n bevel nisi vir die skrapping van die naam van die 3de respondent van die rol van prokureurs, die aangewese bevel is om te maak.
38. Ek is tevrede dat dit in die belang van geregtigheid is dat die 5de respondent se aansoek teen die 3de respondent ook deur hierdie hof verhoor behoort te word. Dit is eerstens vanweë die oorspronklike feite na verwys in daardie saak waarna ek hierbo kortliks verwys het, maar ook, tweedens, vanweë die feite wat uitkristalliseer het in die huidige aansoek van die applikant. Ek is tevrede dat die 3de respondent se gedrag, sonder verduidelikings van sy kant, van die standaard is wat sy skorsing sowel as sy skrapping kan regverdig.
39. Ten aansien van die feite wat bygekom het in die hoof aansoek is dit duidelik dat die applikant se geld in die 1ste respondent se trustrekening inbetaal was en dat die 3de respondent steeds voile beheer daaroor het. Alle trustkrediteure van geld in daardie trustrekening is op risiko, ten minste omdat daar nie behoorlike rekords bestaan nie en omdat daar moontlik 'n tekort is. Miskien is daar nie 'n tekort nie of moontlik kan die 3de respondent enige tekort self aanvul. Maar wat ook al die posisie, dit is duidelik dat die bestaande fondse beveilig moet word. Dit kan slegs geskied deur die tipe bevel wat die 5de respondent aan die hand doen.
40. Ek is verder ook geneë om die aangevraagde bevel te gee vanweë die 3de respondent se onrusbarende stilswye in hierdie saak. Hy het nie die hof in sy vertroue geneem deur die relevante inligting voor die hof te plaas nie.
41. Wat die koste van die 5de respondent betref is daar geen rede om af te wyk van die gewone bevel in sake van hierdie aard nie. Sodanige koste word voor voorsiening gemaak in die konsepbevel wat ten aansien van daardie aansoek 'n bevel gemaak sal word. Ek maak slegs bykomend die bevel dat die geheel van die koste van die 5de respondent se beëdigde verklaring en verskyning voor hierdie hof, koste in die skrappingsaansoek sal wees.
42. Wat betref die koste van die applikant se aansoek moet in ag gehou word dat die applikant misluk het ten aansien van 'n wesenlike deel van die aansoek en ook nie 'n bevel voor hierdie hof verkry het ten aansien van die ander deel van die saak nie. Teen die 4de respondent is geen saak uitgemaak nie.
43. Weshalwe word die volgende bevel gemaak:
1. In saak 41170/2014:
1.1. Die bevel aangevra teen 1ste, 2de en 3de respondente in paragraaf 2 van die kennisgewing van mosie, word sine die uitgestel.
1.2. Die bevel aangevra teen 1ste, 2de en 3de respondente in paragraaf 3 van die kennisgewing van mosie, word van die hand gewys.
1.3. Die applikant word gelas om die koste van die 2de respondent verbonde aan die verskynings voor hierdie hof, te betaal.
1.4.Geen bevel ten aansien van koste word ten aansien van die 1ste en 3de respondent se koste gemaak nie.
1.5. Die geheel van die aansoek teen 4de respondent word van die hand gewys.
1.6. Die applikant word gelas om die koste van die 4de respondent ten aansien van die aansoek te betaal.
2. In saak 6837/2014:
2.1. Die konsepbevel hierby aangeheg en gemerk "X" word 'n bevel van die hof gemaak.
2.2. Dit word verder gelas dat die applikant (Die Prokureursorde van die Noordelike Provinsies) se koste verbonde aan die opponerende verklaring en die verskynings voor hierdie hof in saak met nommer 41170/2014, deel sal wees van die koste in saak met nommer 6837/2014.
REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF
2 JULIE 2014
IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(GAUTENG HIGH COURT, PRETORIA)
Case no: 6837/2014
In the matter between:
THE LAW SOCIETY OF THE NORTHERN PROVINCES.........................................................Applicant
and
MARTIN RIAAN AUGOSTINE....................................................................................................Respondent
DRAFT COURT ORDER
Having read the papers filed of record and having heard the attorney for the Applicant,
IT IS ORDERED
1.1 That MARTIN RIAAN AUGOSTINE (hereinafter referred to as the Respondent) be suspended from practise as an attorney of the above honourable court;
1.2 That a rule nisi be and is hereby issued and the Respondent is called upon to show cause, if any, at 10h00 on 10 October 2014 why his name should not be removed from the roll of attorneys.
1.3 The Respondent is ordered to furnish the Applicant’s attorneys with his Answerina Affidavit, if any, in this regard on or before 15 September 2014
1.4 The Applicant is^ordered to furnish its Replying Affidavit, if any, on or before 11 September 2014
1.5 That, pending the return date:
1.6 That respondent hands and delivers his certificate of enrolment as an attorney to the Registrar of this Honourable Court;
1.7 That in the event of the respondent failing to comply with the terms of this order detailed in the previous paragraph within two (2) weeks from the date of this order, the sheriff of the district in which the certificate is, be authorised and directed to take possession of the certificate and to hand it to the Registrar of this Honourable Court;
1.8 That respondent be prohibited from handling or operating on his trust accounts as detailed in paragraph 1.9 hereof;
1.9 That Johan van Staden, the head: members affairs of applicant or any person nominated by him, be appointed as curator bonis (curator) to administer and control the trust accounts of respondent, including accounts relating to insolvent and deceased estates and any deceased estate and any estate under curatorship connected with respondent's practice as an attorney and including, also, the separate banking accounts opened and kept by respondent at a bank in the Republic of South Africa in terms of section 78(1) of Act No 53 of 1979 and/or any separate savings or interest-bearing accounts as contemplated by section 78(2) and/or section 78 (2A) of Act No. 53 of 1979, in which monies from such trust banking accounts have been invested by virtue of the provisions of the said sub-sections or in which monies in any manner have been deposited or credited (the said accounts being hereafter referred to as the trust accounts), with the following powers and duties:
1.9.1 immediately to take possession of respondent's accounting records, records, files and documents as referred to in paragraph 1.10 and subject to the approval of the board of control of the attorneys fidelity fund (hereinafter referred to as the fund) to sign all forms and generally to operate upon the trust account(s), but only to such extent and for such purpose as may be necessary to bring to completion current transactions in which respondent was acting at the date of this order;
1.9.2 subject to the approval and control of the board of control of the fund and where monies had been paid incorrectly and unlawfully from the undermentioned trust accounts, to recover and receive and, if necessary in the interests of persons having lawful claims upon the trust account(s) and/or against respondent in respect of monies held, received and/or invested by respondent in terms of section 78(1) and/or section 78(2) and/or section 78(2A) of Act No 53 of 1979 (hereinafter referred to as trust monies), to take any legal proceedings which may be necessary for the recovery of money which may be due to such persons in respect of incomplete transactions, if any, in which respondent was and may still have been concerned and to receive such monies and to pay the same to the credit of the trust account(s);
1.9.3 to ascertain from respondent's accounting records the names of all persons on whose account respondent appears to hold or to have received trust monies (hereinafter referred to as trust creditors) and to call upon respondent to furnish him, within 30 (thirty) days of the date of service of this order or such further period as he may agree to in writing, with the names, addresses and amounts due to all trust creditors;
1.9.4 to call upon such trust creditors to furnish such proof, information and/or affidavits as he may require to enable him, acting in consultation with, and subject to the requirements of, the board of control of the fund, to determine whether any such trust creditor has a claim in respect of monies in the trust account(s) of respondent and, if so, the amount of such claim;
1.9.5 to admit or reject, in whole or in part, subject to the approval of the board of control of the fund, the claims of any such trust creditor or creditors, without prejudice to such trust creditor's or creditors' right of access to the civil courts;
1.9.6 having determined the amounts which he considers are lawfully due to trust creditors, to pay such claims in full but subject always to the approval of the board of control of the fund;
1.9.7 in the event of there being any surplus in the trust account(s) of respondent after payment of the admitted claims of all trust creditors in full, to utilise such surplus to settle or reduce (as the case may be), firstly, any claim of the fund in terms of section 78(3) of Act No 53 of 1979 in respect of any interest therein referred to and, secondly, without prejudice to the rights of the creditors of respondent, the costs, fees and expenses referred to in paragraph 1.16 of this order, or such portion thereof as has not already been separately paid by respondent to applicant, and, if there is any balance left after payment in full of all such claims, costs, fees and expenses, to pay such balance, subject to the approval of the board of control of the fund, to respondent, if he is solvent, or, if respondent is insolvent, to the trustee(s) of respondent's insolvent estate;
1.9.8 in the event of there being insufficient trust monies in the trust banking account(s) of respondent, in accordance with the available documentation and information, to pay in full the claims of trust creditors who have lodged claims for repayment and whose claims have been approved, to distribute the credit balance(s) which may be available in the trust banking account(s) amongst the trust creditors alternatively to pay the balance to the Attorneys Fidelity Fund;
1.9.9 subject to the approval of the chairman of the board of control of the fund, to appoint nominees or representatives and/or consult with and/or engage the services of attorneys, counsel, accountants and/or any other persons, where considered necessary, to assist him in carrying out his duties as curator; and
1.9.10 to render from time to time, as curator, returns to the board of control of the fund showing how the trust account(s) of respondent has/have been dealt with, until such time as the board notifies him that he may regard his duties as curator as terminated.
1.10 That respondent immediately delivers his accounting records, records, files and documents containing particulars and information relating to:
1.10.1 any monies received, held or paid by respondent for or on account of any person while practising as an attorney;
1.10.2 any monies invested by respondent in terms of section 78(2) and/or section 78 (2A) of Act No 53 of 1979;
1.10.3 any interest on monies so invested which was paid over or credited to respondent;
1.10.4 any estate of a deceased person or an insolvent estate or an estate under curatorship administered by respondent, whether as executor or trustee or curator or on behalf of the executor, trustee or curator;
1.10.5 any insolvent estate administered by respondent as trustee or on behalf of the trustee in terms of the Insolvency Act, No 24 of 1936;
1.10.6 any trust administered by respondent as trustee or on behalf of the trustee in terms of the Trust Properties Control Act, No 57 of 1988;
1.10.7 any company liquidated in terms of the Companies Act, No 61 of 1973, administered by respondent as or on behalf of the liquidator;
1.10.8 any close corporation liquidated in terms of the Close Corporations Act, 69 of 1984, administered by respondent as or on behalf of the liquidator; and
1.10.9 respondent's practice as an attorney of this Honourable Court, to the curator appointed in terms of paragraph 1.9 hereof, provided that, as far as such accounting records, records, files and documents are concerned, respondent shall be entitled to have reasonable access to them but always subject to the supervision of such curator or his nominee.
1.11 That should respondent fail to comply with the provisions of the preceding paragraph of this order on service thereof upon him or after a return by the person entrusted with the service thereof that he has been unable to effect service thereof on respondent (as the case may be), the sheriff for the district in which such accounting records, records, files and documents are, be empowered and directed to search for and to take possession thereof wherever they may be and to deliver them to such curator.
1.12 That the curator shall be entitled to:
1.12.1 hand over to the persons entitled thereto all such records, files and documents provided that a satisfactory written undertaking has been received from such persons to pay any amount, either determined on taxation or by agreement, in respect of fees and disbursements due to the firm;
1.12.2 require from the persons referred to in paragraph 1.12.1 to provide any such documentation or information which he may consider relevant in respect of a claim or possible or anticipated claim, against him and/or respondent and/or respondent's clients and/or fund in respect of money and/or other property entrusted to respondent provided that any person entitled thereto shall be granted reasonable access thereto and shall be permitted to make copies thereof.
1.13 That respondent be and is hereby removed from office as:
1.13.1 executor of any estate of which respondent has been appointed in terms of section 54(1)(a)(v) of the Administration of Estates Act, No 66 of 1965 or the estate of any other person referred to in section 72(1);
0.49in; border: none; padding: 0in; font-style: normal; font-weight: normal; line-height: 150%"> 1.13.2 curator or guardian of any minor or other person’s property in terms of section 72(1) read with section 54(1)(a)(v) and section 85 of the Administration of Estates Act, No 66 of 1965;
1.13.3 trustee of any insolvent estate in terms of section 59 of the Insolvency Act, No 24 of 1936;
1.13.4 liquidator of any company in terms of section 379(2) read with 379(e) of the Companies Act, No 61 of 1973;
1.13.5 trustee of any trust in terms of section 20(1) of the Trust Property Control Act, No 57 of 1988;
1.13.6 liquidator of any close corporation appointed in terms of section 74 of the Close Corporation Act, No 69 of 1984.
1.14 That, if there are any trust funds available the respondent shall within 6 (six) months after having been requested to do so by the curator, or within such longer period as the curator may agree to in writing, shall satisfy the curator, by means of the submission of taxed bills of costs or otherwise, of the amount of the fees and disbursements due to him (respondent) in respect of his former practice, and should he fail to do so, he shall not be entitled to recover such fees and disbursements from the curator without prejudice, however, to such rights (if any) as he may have against the trust creditor(s) concerned for payment or recovery thereof;
1.15 That a certificate issued by a director of the Attorneys Fidelity Fund shall constitute prima facie proof of the curator's costs and that the Registrar be authorised to issue a writ of execution on the strength of such certificate in order to collect the curator's costs.
1.16 That respondent be and is hereby directed:
1.16.1 to pay, in terms of section 78(5) of Act No 53 of 1979, the reasonable costs of the inspection of the accounting records of respondent;
1.16.2 to pay the reasonable fees and expenses of the curator;
1.16.3 to pay the reasonable fees and expenses of any person(s) consulted and/or engaged by the curator as aforesaid;
1.16.4 to pay the costs of this application on an attorney-and-client scale.
BY ORDER OF THE COURT