South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >> 2012 >> [2012] ZAGPPHC 37

| Noteup | LawCite

Brits v Land and Agricultural Development Bank of South Africa (42146/2010) [2012] ZAGPPHC 37 (9 March 2012)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF.

PRETORIA /ES (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA')


SAAKNO: 42146/2010

DATUM:09/03/2012


IN DIE SAAK TUSSEN

JAN FREDERIK NELL BRITS..........................................................................................EISER

EN

THE LAND AND AGRICULTURAL DEVELOPMENT

BANK OF SOUTH AFRICA................................................................................VERWEERDER


UITSPRAAK


PRINSLOO, R


[1] Hierdie uitspraak moet gelees word saam met die hoofuitspraak in die saak van Ryton Estates saakno 33482/2010 asook saam met die uitsprake in Le Roux, saakno 42140/2010, Buhrmann saakno 45190/2010 en Uitgezocht saakno 45192/2010.


[2] Ek is nie voornemens om opmerkings wat reeds in die ander uitsprake gemaak is te herhaal nie.


[3] In hierdie saak van Brits, het die verweerder nie 'n spesiale pleit van verjaring geopper nie, sodat daardie onderwerp glad nie ter sprake kom nie.


lnleiding

[4] Die eiser het drie eise ingestel op grond van die condictio indebiti vir terugbetaling van rente wat verkeerdelik deur die verweerder gehef is.


[5] Die lening ten opsigte van die eerste eis is op 13 Januarie 1998 toegestaan in die bedrag van R200 000,00. Daar is ook ooreengekom dat rente terugbetaalbaar sou wees en bereken sou wees op die saldo van tyd tot tyd op die kapitaal uitstaande.


Die totale bedrag wat die eiser op die lening van R200 000,00 terugbetaal het teen Junie 2010 het R752 291,56 beloop.


[6] Wat die tweede eis betref, is dit op 13 Januarie 1998 toegestaan in die bedrag van R200 000,00. Daar is ook bepaal dat rente bereken sou word op die saldo van die kapitaal wat van tyd tot tyd uitstaande was.

Op hierdie lening van R200 000,00 het die eiser tot 29 Junie 2010 'n bedrag van R534 838,76 terugbetaal.


[7] Die derde lening is op 14 April 1999 aan die eiser toegestaan deur die Land Bank in die bedrag van R300 000,00. Daar is ook ooreengekom dat die rente bereken word op die saldo kapitaal.


[8] Op hierdie lening van R300 000,00 het die eiser teen 29 Junie 2010 'n bedrag van R559 831,02 terugbetaal.


[9] Dit is gemene saak dat al drie die lenings afgelos is.


[10] Die pleit kom grootliks ooreen met die pleit in die "toetssaak" van Ryton Estates wat ek in die hoofuitspraak ontleed het.


[11] Waar daar nie 'n spesiale pleit van verjaring is nie, gaan ek daartoe oor om die toekennings wat gemaak moet word uiteen te sit.


Die toekennings wat gemaak moet word

[12] Ten opsigte van die eerste eis bepaal die oornag berekening dat 'n bedrag van R212 962,19 aan die eiser betaalbaar is. Die bedrag van Rl 14 367,27 is reeds terugbetaal, sodat die toekenning R98 594,92 moet beloop.


[13] Ten opsigte van die tweede eis toon die oornag berekening dat die bedrag van R69 660,35 aan die eiser betaalbaar is. Die bedrag van R15 955,02 is reeds aan horn terugbetaal sodat die toekenning R53 705,33 moet beloop.


[14] Ten opsigte van die derde eis toon die oornag berekening dat die bedrag van R53 257,47 aan die eiser betaalbaar is. R6 780,85 is reeds aan horn terugbetaal sodat die toekenning R46 476,62 moet beloop.


[15] In die ander uitsprake het ek reeds daarop gewys dat die oornag berekening (asook hierdie aftrekkings) deur die deskundiges Whelpton en Strydom gesamentlik bereken en geboekstaaf is.


Die mora datum

[16] Die ooreengekome mora datum vir berekening van rente op die toekenning is die datum van betekening van die dagvaarding, naamlik 23 Julie 2010.


Koste

[17] Ek het reeds aangedui waarom ek van mening is dat die koste van twee advokate in al hierdie sake toegestaan behoort te word. Ek sal dieselfde doen in hierdie saak.


Die bevel

[18] Ek maak die volgende bevel:

1. Ten opsigte van die eerste eis word vonnis teen die verweerder ten gunste van die eiser toegestaan in die bedrag van R98 594,92.

2. Ten opsigte van die tweede eis word vonnis teen die verweerder toegestaan ten gunste van die eiser in die bedrag van R53 705,33.

3. Ten opsigte van die derde eis word vonnis teen die verweerder toegestaan ten gunste van die eiser in die bedrag van R46 476,62.

4. Die verweerder word gelas om rente op al die vonnis bedrae te betaal teen 15,5% per jaar bereken vanaf 23 Julie 2010.

5. Die verweerder word gelas om die koste te betaal wat die koste van twee advokate sal insluit asook, waar van toepassing, die kwalifiserende fooie van die deskundiges Whelpton en Roodt.


W R C PRINSLOO

REGTER VAN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF

42146-2010


GEHOOR OP: 21 NOVEMBER TOT 12 DESEMBER 2011 (11 DAE)

VIR DIE EISER: A F ARNOLDI SC EN C F J BRAND

IN OPDRAG VAN: BOTHA COETZER & SMITH INGELYF

VIR DIE VERWEERDER: T W BECKERLING SC EN M SAWYER

IN OPDRAG VAN: VELILE TINTO EN VENNOTE ING