South Africa: High Courts - Gauteng
You are here: SAFLII >> Databases >> South Africa: High Courts - Gauteng >> 2009 >> [2009] ZAGPHC 43 | Noteup | LawCiteRossouw v Du Preez (55201/2008) [2009] ZAGPHC 43 (24 February 2009)
Download original files |
Nie rapporteerbaar nie
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Transvaalse Provinsiale Afdeling)
Datum : 6 en 24 Februarie 2009
Saaknommer: 55201/2008
In die aangeleentheid tussen
ROSSOUW APPLIKANT
DU PREEZ RESPONDENT
Rule 43 - reciprocal duty on husband and wife to support each other - when husband supports wife to a greater extent than required by the said obligation (in this case fully) wife not entitled to the same support when they live apart pending a divorce, when she is in a position to contribute to her upkeep, even if only by way of her assets.
Rule 43 - no obligation to pay maintenance for past expenses which have been taken care of - in praeteritum non vivitur
UITSPRAAK
Van Rooyen Wn R
[1] Die Applikant doen aansoek kragtens Reel 43 om tussentydse onderhoud, 'n bydrae tot regskoste en koste van die terugtrek na haar huis. Die Respondent opponeer die aansoek en beweer dat die Applikant vir haarself kan sorg.
[2] Die Applikant en die Respondent is in Januarie 2005 buite gemeenskap van goedere en met uitsluiting van die aanwasbedeling getroud.Vir beide was die huwelik 'n tweede huwelik. Die Respondent is "n pensioentrekker, terwyl die 65-jarige Applikant by die aanvang van die huwelik ophou werk het in die kunshandel, maar weer middel 2007 deeltyds die handel betree het as werknemer en teen Februarie 2008 uitgetree het. Die Applikant het die gemeenskaplike woning verlaat in die middel van 2008 en terug getrek na haar eie woning, wat sy gedurende die tydperk wat sy by die Respondent gewoon het, teen R4400 per maand verhuur het.
[3] Die Applikant gaan redelik breedvoerig in op die gronde waarom die huwelik verbrokkei het en sy gee die Respondent die skuld daarvoor. Die Respondent ontken dit. Die geskil voor my gaan egter nie nou oor wie se skuld dit was dat die huwelik verbrokkei het nie; dit is in elk geval nie "n saak wat noodwendig eens by die egskeiding self oorweeg sal word nie. Die vraag is of die Applikant 'n saak uitgemaak het vir die tussentydse regshulp waarvoor sy aansoek doen. Is sy geregtig op onderhoud, koste van verskuiwing en 'n bydrae tot haar regskoste? Die kemvraag is dus of haar redelike, tussentydse lewenskoste redelikerwys deur die Respondent betaal moet word.
[4] Wesentlik kom die eis van die Applikant op die volgende neer: tydens die huwelik het sy haar huis teen R4400 per maand verhuur en die Respondent het haar verder R3000 per maand gegee om op haarself te spandeer. Die gewone kostes van die huishouding het Respondent betaal. Die terugtrek na haar huis en gevolglike veranderings wat sy aan haar huis moes aanbring, het haar R23 652 gekos. As gevolg van wat Applikant die "direkte optrede" van die Respondent beskou, het sy die R4400 huur en R3000 toelae per maand verloor. Sy was reeds na die uittrek uit die huis verplig gewees om van haar skilderye te verkoop, ten einde lewenskoste te dek. In die huidige ekonomiese klimaat sou dit nie sinvol wees om van haar skilderye verder te verkoop nie. Applikant eis gevolglik die betaling van die R23 652, n maandelikse onderhoud van R9585 (wat strook met haar uitgawes) en 'n bydrae tot regskoste van R10 000.Sy meld verder dat die Respondent daarop aangedring het dat sy ophou werk toe hulle getroud is en eers later in 2007 ingestem het dat sy deeltydse werk by 'n kunshandelaar doen. Sy het in Februarie 2008 bedank toe die eienaars van die kunsgallery haar meegedeel het dat die besigheid "stabiliseer" het; dit was ook nie meer prakties uitvoerbaar om te werk nie, vanwee die egpaar se gereelde afwesigheid uit Pretoria. Haar bedanking het met die voile goedkeuring van die Respondent plaasgevind.
[5] Respondent ontken dat hy die oorsaak van die verbrokkeling van die huwelik was. Soos vermeld, is ek nie tans geroepe om die aspek te besleg nie. Hy ontken ook dat hy daarop aangedring het dat sy moes ophou werk toe hulle in die huwelik getree het. Hy meld verder dat die Applikant aan hom gemeld het dat sy tans betrokke is by 'n hele paar kunstransaksies en dat sy dus klaarblyklik weer 'n inkomste het. Hy betwyfel ook die waarde wat sy op haar skilderye plaas.Hy sit sy inkomste en uitgawes uiteen en wys daarop dat hy "n tekort van ongeveer R1000 per maand het (inkomste R13312 en uitgawes R14338) en dat hy met R50 000 oortrokke is by die bank. Hy meld egter nie die waarde van sy vaste bates nie.
Evaluasie
[6] Dis geykte reg dat eggenote "n wederkerige onderhoudsverpligting het.1 Die Respondent het die Applikant onderhou gedurende die tyd wat hulle saam gewoon het. Hy het ook vir haar die geleentheid geskep om haar eie inkomste te behou en ook nog 'n R3000 per maand persoonlike toelaag bygevoeg. Hy het ook die balans van 'n Opel Astra betaal, wat Respondent aandui as R120 000 en wat op Applikant se naam is.Volgens haar eedsverklaring was die waarde van haar skilderye toe hulle getroud is R70 000. Aplikant het daarna nog die uitbetaling van 'n belegging van R250 000 gebruik om nog verdere skilderye aan te koop. 'n Meenthuis is verkoop waarvoor sy R85000 gekry het; weer eens is dit aangewend ter afbetaling van die vermelde skilderye. Applikant het R5000 per maand verdien by die kunsgallery toe hulle getroud is. Toe sy in Junie 2007 weer vir die kunsgaliery gaan werk het, het sy R7000 per maand verdien - maar slegs vir drie maande wat sy gewerk het. Sy het haar inkomste vir haarself gebruik en ook bydraes gemaak vir haar kinders en haar moeder. Applikant meld ook dat "n verdere bate die meubels in haar huis is.Sy plaas egter nie "n waarde daarop nie.
[7] Respondent meld dat alhoewel hy nie "n kenner van skilderye is nie, hy verstom is oor die lae waarde wat Applikant op haar skilderye plaas. Ongeveer aan die einde van 2005 het die Applikant en haar versekeringsmakelaar 'n waarde van R1 miljoen op haar skilderye geplaas. Die Applikant het na haar skilderye verwys as "haar pensioen". Met verwysing na Appplikant se stelling dat sy nie haar skilderye in hierdie ekonomiese klimaat wil verkoop om aan die lewe te bly nie, se Respondent dat sy klaarblyklik verwag dat hy sy bates in die huidige ekonomiese klimaat moet verkoop ten einde haar te onderhou.
[8] Vir sover dit die eis vir koste reeds aangegaan betref, het Me Van Niekerk tereg betoog dat reeds betaalde koste nie teruggeeis kan word nie : non quisquam in praeteritum vivitur aut alendus est.1 Hierdie adagium, afkomstig uit die Gemenereg, beteken dat onderhoud nie vir die verlede betaal word nie. Die reel geld nie as die skulde nog nie betaal is nie, of as daar reeds "n onderhoudsbevel is en die bevel nie nagekom is nie. Die koste van die trek is reeds deur die Applikant betaal en sy is nie geregtig op vergoeding daarvoor nie.
[9] My taak is nou om te beslis wat redelikerwys betaalbaar is deur die Respondent. Wat Respondent moet betaal moet, in die lig van die wedersydse onderhoudsplig, afgeweeg word teen wat die Applikant self kan bydra tot haar onderhoud. Die partye is nog getroud en die wedersydse onderhoudsplig het nog nie deur egskeiding verval nie. Respondent het nie van Applikant verwag om iets by te dra tot die koste van die gemeenskaplike huishouding nie. Ek neem ook in ag dat die Applikant "n huis, meubels en skilderye het. Aan die ander kant is die Respondent "n pensioentrekker met 'n inkomste van R13 312 per maand en drie vaste bates by Sabie, Stilbaai en in Pretoria. Te oordeel aan die rente wat hy by twee instelings verdien, moet hy ook n kapitale bedrag he wat daarmee strook. Daar is drie annuiteite en ook 'n huurinkomste. Hy het kans gesien om die koste van die gesamentlike huishouding self te dra en selfs R3000 per maand aan die Applikant as sakgeld te gee. Respondent se bankrekening is wel oortrokke, maar onderhoudbetaling moet soms ook geskied deur selfs skuld aan te gaan. Ek neem ook in ag dat die Respondent daarop geregtig sou gewees het om 'n bydrae tot die gesamentlike kostes van die Applikant te geeis het toe hulle onder een dak gewoon het. Hy het dit nie gedoen nie, maar die situasie het nou verander en daar kan sekerlik nie nou van horn verwag word om dieselfde vrygewigheid aan die dag te le nie. Ongelukkig het beide partye nie openbaar wat die waarde van hul vaste bates is nie en die Applikant het nie die huidige waarde van haar skilderye openbaar nie.
[10] Die eis vir R9585 per maand is onredelik, inaggenome Respondent se inkomste en bates en die bates van die Applikant. Dit kom daarop neer dat die Applikant, anders as gedurende die huwelik, nie nou kan aanspraak maak op die besonder vrygewige benadering van die Respondent gedurende die tyd toe hulle onder een dak gewoon het nie. Hy kon net sowel gedurende die saamwoon-tydperk van die huwelik geverg het dat sy tot die huishoudingbydra, maar hy het me. Daarmee het hy die Applikant die kans gegun om haar huurinkomste te hou en sommer ook R3000 sakgeld ingegooi. Alhoewel Applikant tans die huurinkomste van haar woning verbeur, was dit 'n toevallige voordeel wat sy geniet het vanwee die huwelik en kan dit nie nou teen die Respondent gehou word nie. Die vraag of die Respondent haar gedwing het om op te hou werk, hoef ek nie te beslis nie: hierdie aansoek is nie gebaseer op onregmatige daad nie. Dit is gebaseer op 'n reg op onderhoud; "n reg wat sy grens vind in wat die Applikant se redelike lewenskoste is vir sover sy dit nie self kan betaal nie en wel redelikerwys bekostig kan word deur die Respondent. Die onderhawige geval is onderskeibaar van die geval waar 'n vrou voortaan die kinders uit die huwelik moet grootmaak en sy vir jare nie gewerk het nie, ten einde dit vir haar man moontlik te maak om 'n aansienlike boedel op te bou. Alles inaggenome, beskou ek R3000 per maand as "n billike bydrae tot die lewenskoste van Applikant. Die res van haar lewenskoste moet sy uit haar bates betaal of weer ln werk opneem.
[11] Vir sover dit regskoste ter voorbereiding van die egskeiding betref, is die RIO 000 eis van die Applikant nie te regverdig nie. Vergeleke met ander egskeidings, waar kinders betrokke is en die huwelik baie jare geduur het, sal die huidige geskil veel eenvoudiger wees. Dit gaan buitendien ook hier volgens Reel 43 oor "n bydrae2 tot die regskoste van *n hangende egskeidingsgeding. Die ander koste sal in die egskeidinghof self besleg word. Nietemin moet die Applikant op gelyke basis met die Repondent kan litigeer.3 Ek glo dat Respondent R3000 aldus moet bydra tot haar uitgawes in die verband.Die res sal die Applikant self moet finansier, indien nodig, selfs uit haar bates.
BEVEL
1. Dat die Respondent pendente lite R3000 per maand as onderhoud aan die Applikant in haar bankrekening inbetaal, die eerste bedrag vir Maart 2009 betaalbaar voor of op 21 Maart 2009 en daarna, elke maand, op of voor die 5de van die maand.
2. Dat die Respondent R3000 aan die Applikant voor of op I Julie 2009 betaal as bydrae tot haar regskoste.
3. Dat elke party sy of haar koste van hierdie Reel 43-geding betaal.
JCW van Rooyen 24 Februarie 2009
Waarnemende Regter van die Hooggeregshof
Vir die Applikant: Gerhard Wagenaar van Gerhard Wagenaar Prokureurs, Pretoria
Vir die Respondent : Natasha van Niekerk in opdrag van Van Zyl Le Roux en Hurter Ingelyf, Pretoria.