South Africa: High Courts - Gauteng

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: High Courts - Gauteng >>
2009 >>
[2009] ZAGPHC 29
| Noteup
| LawCite
Pieterse en Andere v Minister van Veiligheid en Sekuriteit en Andere (30396/05) [2009] ZAGPHC 29 (13 February 2009)
Download original files |
REPORTABLE
DELIVERED: 13 February 2009
/bh
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)
SAAK NOMMER: 30396/05
IN DIE SAAK TUSSEN:
DAVID JACOBUS PIETERSE EERSTE EISER
DAVID PIETERSE TWEEDE EISER
SUSANNA ZACHARIA PIETERSE DERDE EISER
JASON PIETERSE VIERDE EISER
EN
DIE MINISTER VAN
VEILIGHEID EN SEKURITEIT EERSTE VERWEERDER
SHANE FOURIE TWEEDE VERWEERDER
V D’ALMEIDA DERDE VERWEERDER
KADFRASEN NAIDOO VIERDE VERWEERDER
LIEZEL D’ALMEIDA VYFDE VERWEERDER
ANDRE VAN JAARSVELD SESDE VERWEERDER
UITSPRAAK
Prinsloo, R
[1] Hierdie verhoor het voor my gedien oor ’n tydperk van vyf dae. Me Olivier het vir die eisers verskyn en mnommer Phaswane het vir die verweerders opgetree.
Kort opsomming van die agtergrondsfeite en die geskilpunte
[2] Op Saterdag 16 Oktober 2004 het die gesin Pieterse opgeruk na Loftus Versveld in Pretoria om die semi-finaal van die Currie beker kompetisie tussen die Blou Bulle en die Transvaalse Leeus by te woon.
[3] Die eerste eiser, David Jacobus Pieterse, is die hoof van die gesin. Die oudste seun, ook David, is die tweede eiser. Me Susanna Pieterse, die moeder, is die derde eiser en ’n jonger seun, Jason, is die vierde eiser. Die seun, David, se eggenote was ook by en so ook die jonger seun, Jason, se vriendin, wat later sy eggenote geword het. Nog ’n jonger seun het ook saam gegaan.
[4] Doelmatigheidshalwe sal ek na die eisers verwys as “E1”, “E2”, “E3” en “E4” onderskeidelik.
[5] Die eerste verweerder is die minister van veiligheid en sekuriteit. Die ander vyf verweerders is polisie beamptes. Van hulle het diens gedoen as reserviste. Dit is gemenesaak dat almal opgetree het binne hulle diensbestek met die eerste verweerder. Om sake te vergemaklik sal ek ook na hulle verwys as “nommer 1”, “nommer 2”, “nommer 3”, “nommer 4” “nommer 5” en “nommer 6” onderskeidelik.
[6] Na afloop van die rugby wedstryd het ’n reeks voorvalle plaasgevind wat die gesin Pieterse nie in die vooruitsig gestel het toe hulle die uitstappie beplan het nie.
[7] Terwyl E2 en E4 saam met hulle gades, na wie ek verwys het, die stadion by die hek agter die Suidelike paviljoen verlaat het, het ’n ander groep omstanders onsedelike opmerkings teenoor E2 se vrou gemaak. Hy het hulle berispe en die groepie het verder gestap. Die boosdoeners het hulle agtervolg en aanhoudend gekoggel. Een van die koggelaars het vir E2 gekonfronteer en vasgegryp. Toe E4 wou tussenbeide tree, is hy deur ’n ander boosdoener teen die kop geslaan. E4 het beserings aan sy gesig opgedoen, en het geval en sy bewussyn verloor. Hy was bebloed, en dit het gelyk asof hy stuiptrekkings het.
[8] Hierop het E2 die aanvaller in ’n kopklem vasgegryp en sy vrou gevra om die polisie te bel. Die eerste polisieman op die toneel was konstabel Van Jaarsveld, nommer 6. E2 het die aanvaller aan van Jaarsveld oorhandig vir bewaring, aan hom verduidelik wat aangaan en gesê dat hy eers na E4 wil omsien. Nadat dit geblyk het dat E4 gestabiliseer is, is E2 terug na nommer 6 net om te vind dat laasgenoemde die aanvaller laat loop het. Die aanvaller het in die skare verdwyn.
[9] E2 het aangedring daarop dat nommer 6 sy besonderhede, soos sy naam en magsnommer moes openbaar aangesien E2 stappe wou doen weens nommer 6 se versuim om sy pligte na behore uit te voer. Nommer 6 het aanvanklik geweier om die besonderhede te verskaf. E2 het aangedring daarop dat hy die inligting benodig.
[10] Later het nommers. 2, 3, 4 en 5 ook op die toneel verskyn.
[11] E2 se vrou het ook vir E1 en E3 geskakel aangesien laasgenoemde nie saam met hulle gestap het toe hulle aanvanklik die stadion verlaat het nie. E1 en E3 asook die gesin se jongste seun het ook by die toneel opgedaag. Daar was ’n meningsverskil tussen E1, E2 en E3 aan die een kant en nommers 2, 3, 4, 5 en 6 aan die ander kant. Die aard en omvang van hierdie meningsverskil of onderonsie is iets waaroor die twee kampe verskil. Die eisers voer aan dat hulle bloot hulle regte uitgeoefen het deur te vra vir nommer 6 se inligting waarop E2 sonder rede en sonder ’n lasbrief gearresteer is en in die polisie vangwa (“die Venture”) geplaas is. Sy regte is nie aan hom voorgelees nie. Hy het hom nie verset nie. Toe E1 navraag doen oor waarom sy seun gevange geneem is, het ene kaptein Nel, wat in siviele drag daar teenwoordig was, die ander verweerders opgedra om die vader E1 ook te arresteer. Hulle het op hom toegesak en hom ook in die Venture geboender. In die proses is beide E2 en E1 ook aangerand. E1, E2 en E3 voer ook aan dat die verweerders onwelvoeglike taal teenoor hulle geuiter het.
[12] Die verweerders, daarenteen, voer aan dat E2 aggressief was en vir nommer 6 met sy vinger op die bors “getik” het. Hy en E1 en E3 het ook onverdiende kritiek teenoor die polisie uitgespreek as gevolg van hulle beweerde pligsversuim. E2 is in die Venture geplaas sodat die saak by die polisie stasie uitgepluis kon word. Hierop het E1, op gewelddadige wyse, probeer om sy seun te ontset deur hom met alle mag uit die Venture te probeer pluk. E3 het vir E1 ondersteun om hierdie “ontsnapping” te probeer bewerkstellig. In die proses het E1 ook vir nommer 5 en ’n ander polisieman, ene Victor, met sy swaaiende vuiste raak geslaan. Dit die rede waarom E1 ook gearresteer is.
[13] Terwyl hierdie drama hom afgespeel het, het ene Nieuwenhuizen, ’n vryskut fotograaf en koerantman, ’n reeks foto’s geneem sonder dat die hoof rolspelers daarvan bewus was. Die foto’s (27 van hulle) is te vinde in bewysstukke A178 tot A184, wat deel uitmaak van die dokumente bundel, bewysstuk “A”. Die status van die foto’s, naamlik dat dit deur Nieuwenhuizen op die toneel geneem is, is nie in geskil nie. Nieuwenhuizen het ook getuig.
[14] Dit is gemenesaak dat E1 en E2 toe met die Venture na die Brooklyn polisiestasie afgevoer is.
[15] Die aard van die behandeling wat E1 en E2 by die polisiestasie ontvang het is ook in geskil.
[16] Dit is gemenesaak dat die polisie geweier het om E1 en E2 die Saterdag middag of aand vry te laat en dat hulle in ’n sel aangehou is tot die Sondag middag om ongeveer 13:30. Dit is gemenesaak dat hulle vir net minder as 24 uur in aanhouding was. Vanaf ongeveer 17:00 op die Saterdag tot ongeveer 13:30 op die Sondag.
[17] E1 en E2 is toe aangekla van onder andere aanommeranding en verset teen arrestasie. Hulle is die Sondag op borg vrygelaat. Hulle het twee of drie keer in die strafhof verskyn, en aan die einde van die Staat saak is hulle ontslaan in terme van artikel 174 van die Strafproseswet, 51 van 1977.
[18] Op advies van hulle prokureur, het E1, E2, E3 en E4 hierdie siviele geding teen die verweerders aanhangig gemaak.
[19] Die verskillende eisers, na gelang van die omstandighede, vorder skadevergoeding vir, onder andere, aanommeranding, injuria, onwettige arrestasie en aanhouding en kwaadwillige vervolging. Die besonderhede van die eise en die pleit wat deur die verweerders aangebied is sal aanstons aandag geniet.
Opsomming van die getuienis, en enkele opmerkings oor die bewyslas
[20] Dit blyk uit ’n ontleding van die getuienis dat daar ten opsigte van sekere van die geskilpunte direk teenstrydige weergawes aangebied word deur die twee kampe.
[21] Waar die eisers dus byvoorbeeld moet bewys dat hulle aangerand is en/of dat daar beledigende en kwetsende opmerkings teenoor hulle gemaak is wat hulle geregtig sal maak op skadevergoeding in terme van die actio iniuriarum, behoort die inherente waarskynlikhede en die geloofwaardigheid van die getuies in ag geneem te word ten einde te bepaal watter weergawe aanvaar behoort te word.
[22] Die beginsel word soos volg geïllustreer in die bekende saak van National Employers’ General Insurance v Jagers 1984 (4) 437 (OK) op 440D-G:
“It seems to me with respect, that in any civil case, as in any criminal case, the onus can ordinarily only be discharged by adducing credible evidence to support the case of the party on whom the onus rests. In a civil case the onus is obviously not as heavy as it is in a criminal case, but nevertheless where the onus rests on the plaintiff as in the present case, and where there are two mutually destructive stories, he can only succeed if the satisfies the court on a preponderance of probabilities that his version is true and accurate and therefore acceptable and that the other version advanced by the defendant is therefore false and mistaken and falls to be rejected. In deciding whether that evidence is true or not the Court will weigh up and test the plaintiff’s allegations against the general probabilities. The estimate of the credibility of a witness will therefore be inextricably bound-up with a consideration of the probabilities of the case and, if the balance of probabilities favours the plaintiff, then the court will accept his version as being probably true. If however, the probabilities are evenly balanced in the sense that they do not favour the plaintiff’s case any more than they do the defendant’s, the plaintiff can only succeed if the court nevertheless believes him and is satisfied that his evidence is true and that the defendant’s version is false.”
[23] Ek voeg by dat, wat betref die eise ten opsigte van beweerde onwettige arrestasie en aanhouding, die bewyslas op die verweerders is om te beweer en te bewys dat hulle regmatig opgetree het. Sien Amler’s Precedents of Pleadings, 6de uitgawe deur Harms, p40 en gesag wat daar aangehaal word. Myns insiens behoef dit vermelding dat die verweerders in hierdie geval in hulle pleit bloot ontken dat die arrestasie en aanhouding onwettig was. Hulle bied geen verweer aan nie, soos byvoorbeeld ’n verwysing na artikel 40 van die Strafproseswet, 51 van 1977.
[24] Wanneer ek die getuienis hieronder kortliks ontleed, is ek voornemens om terselfdertyd te verwys na my indrukke ten opsigte van die geloofwaardigheid van die getuies en ten opsigte van wat ek beskou as die inherente waarskynlikhede.
Die getuienis namens die eisers
[25] Die vierde eiser, Jason Pieterse (“E4”) het eerste getuig. Hy is 27 jaar oud en ’n tegniese laboratorium assistent. Hy werk vir Field Service Engineering.
[26] Na die wedstryd het hy en E2 met laasgenoemde se vrou en sy eie meisie (nou sy vrou) agter die suidelike paviljoen verby geloop na die stadion hek. ’n Groepie mans het onbehoorlike aanmerkings ten opsigte van E2 se vrou gemaak. E2 het hulle berispe en gevra om nie so met sy vrou te praat nie.
[27] Die mans het hulle begin uitjou en onbehoorlike taal gebruik. Hulle het agter die groepie aangeloop. Een van hulle het E2 gegryp. Toe E4 wou keer, het een van die ander hom aan die kant van sy kop geslaan waarop hy sy bewussyn verloor het. Volgens E2 se vrou en sy meisie was hy vir ongeveer 10 minute bewusteloos.
[28] Hy was nie heeltemal by sy positiewe nie, maar weet dat sy pa en broer later gearresteer is.
[29] Later moes hy steke kry aan die binnekant van sy mond en voor by sy lip.
[30] Hy sou graag ’n klag wou lê teen die aanrander en ook ’n siviele eis wou instel. Hy kon dit nie doen nie omdat nommer 6 die aanrander los gelaat het. Sy eis om skadevergoeding lê teen nommer 1 en laasgenoemde se werknemer nommer 6.
[31] Hy kon nie ’n klag by die polisie lê nie want hy weet nie wat die identiteit van sy aanvaller is nie.
[32] Sy jonger broer, Shaun, was ook op die toneel.
[33] Die getuie het ’n goeie indruk gemaak. Sy getuienis is eintlik nie in geskil nie.
[34] David Pieterse, die tweede eiser of “E2”, was die volgende getuie. Hy was 26 jaar oud toe die voorval plaasgevind het. Hy werk vir Executive Hospital Management Services as IT bestuurder. In hierdie hoedanigheid is hy Netcare se streeksbestuurder en hy werk vanaf die Montana Hospitaal.
[35] Hy en sy vrou, sy broer (E4) en dié se meisie het agter die suidelike paviljoen verby geloop na die wedstryd. ’n Onbekende groep mans het suggestiewe aanmerkings teenoor sy vrou gemaak. Hy het die mans daarop gewys dat hy getroud is met die vrou en dat hulle kru taal nie waardeer word nie. Hulle het omgedraai en weggestap. Die groep boosdoeners het hulle agtervolg. Een van hulle het op hom afgestorm en E4 het toe probeer keer. E4 is toe teen die kant van sy kop geslaan. Hy het dit gesien gebeur. Hy het geskrik. E4 het geval en sy mond was vol bloed en hy het gelê en ruk.
[36] Die getuie het toe die aanvaller gegryp en sy vrou gevra om die polisie te ontbied. Toe ’n polisieman opdaag (dit het later geblyk nommer 6 te wees) het hy die aanvaller aan die polisieman oorhandig en hom gevra om die man in bewaring te hou terwyl hy kyk wat sy beweerde broer se toestand is aangesien hulle ’n aanommeranding saak wil aanhangig wil maak.
[37] By E4 het hy gesien dat laasgenoemde sy bewussyn begin herwin en toe hy terug is na die polisieman het hy gesien dat die aanvaller weg is. En toe hy die polisieman vra waar is die aanvaller, sê laasgenoemde hy weet nie waarvan hy praat nie. Toe die polisieman omdraai het hy hom gevra om nie te loop nie en sy persoonlike besonderhede te verskaf vanweë sy pligsversuim.
[38] Hy was ontsteld en bekommerd oor E4 en teleurgesteld met die gedrag van die polisieman. Die polisieman wou in ’n voertuig klim en weg ry, maar hy het aangedring daarop dat hy eers die besonderhede van die polisieman wou hê.
[39] Op daardie stadium het ’n ander polisieman (nommer 2) by hulle aangesluit en vir die getuie gesê: “Jou klein poes, jy sal nie vir ons sê wat om te doen nie.”
[40] Die getuie was geskok deur hierdie woorde en het verneder gevoel. Hy is nie gewoond aan sulke taalgebruik nie.
[41] Intussen het sy vrou sy vader (E1) gebel en laasgenoemde het opgedaag. Toe E1 vra wat aangaan, sê nommer 2 ook vir hom: “Bly stil ek poes jou ook.” Nommer 2 was baie aggressief en het dreigend op sy pa afgestorm. Hulle het albei teruggestaan en hy het ook vir sy pa gevra om weg te kom vanweë die aggressie van die polisie. Lede van die publiek het vir die polisie verkwalik omdat hulle so met die mense praat.
[42] Dit is gerieflik om op hierdie stadium daarop te wys dat beide E1 en E2 in hulle besonderhede van eis spesifiek gepleit het dat nommer 2 hierdie woorde aan hulle toegevoeg het en dat hulle dit as neerhalend en vernederend ervaar het. Dit was deel van hulle skadevergoedingseise gebaseer op die actio iniuriarum.
[43] Wat betref die woorde wat teenoor E1 gebesig is, is gepleit dat die woorde eintlik was: “You must not push me around” en wat betref die woorde wat teenoor E2 gebesig is, is gepleit dat daar eintlik gesê is: You are not going to tell met what to do.” Hierdie beweerde woorde is gepleit as die presiese woorde wat gebruik is. Beide E1 en E2 het getuig dat daar op geen stadium met hulle Engels gepraat is deur die polisie nie en hulle het volstaan by hulle getuienis.
[44] Ek vind dit inherent onwaarskynlik dat hierdie getuies sulke woorde uit hulle duim sou suig of sou fabriseer.
[45] Volgens E2 het E1 bloot gevra wat die omvang van die saak is. Hy het gesê hy sien sy een seun (E4) sit op die grond in ’n beseerde toestand en hy wou weet wat aangaan.
[46] Die getuie sien toe dat nommer 6 met ’n ander polisie offisier praat. Hy het nader gestaan waarop nommer 2 vir hom vra wat hy soek. Hy het weer gesê dat hy nommer 6 se besonderhede soek. Nommer 6 sê toe: “Man jy is nou besig om my af te pis.” Iemand het gesê hy moet gearresteer word. Die volgende oomblik het een polisieman hom aan die arm gegryp en ’n ander een hom begin deursoek.
[47] Ek voeg by dat bewysstuk “A178” bestaan uit vier van Nieuwenheuzen se foto’s (foto’s 1-4). Dit toon die getuie by die agterkant van die Venture met sy linker pols in die greep van ’n polisieman se regterhand terwyl hy deursoek word deur ’n ander polisieman. Dit lyk na nommer 3. Die getuie is ’n skraal jong man geklee in ’n hemp en ’n kortbroek. Hy het getuig, op ’n vraag wat ek gevra het, dat hy 74kg weeg en 1,72m lank is. Die uitdrukking op sy gesig op “A178” is een van verbasing en verslaenheid.
[48] Volgens E2 het E1 toe nader gestaan en gevra waarom die polisie hom arresteer. Geen klag is aan hom gestel nie en geen regte is aan hom verduidelik nie. Hy sê sy hande is in die lug gehou (soos op A178) want hy was geskok en verbaas en het gevoel dat hy niks verkeerd gedoen het nie.
[49] Toe sy vader, E1, vra hoekom hy gearresteer word, het ’n omstander met ’n swart hemp wat ook te sien is op A178 (foto’s 1 en 2), en wat later geïdentifiseer is as kaptein Nel, geskree het dat hulle E1 ook moet arresteer.
[50] Nommer 3 en nommer 4 het hom in die Venture gelaai en toe E1 nader staan om uit te vind hoekom het hulle dit doen het vier of vyf polisiemanne op E1 afgestorm en hom gegryp. Op daardie stadium het nommer 4 die getuie in die gesig geslaan toe hy reeds in die Venture was.
[51] Hy is beseer deur die vuishou. Sy neus het gebloei. Op A183 kan duidelik gesien word hoe die getuie sy neus vashou en die bloed is sigbaar op die foto. Die getuie was vreesbevange en hy het ook nie geweet of sy neus gebreek was nie. Hy het hom op geen stadium teengesit nie. Hy weet nie hoekom hy aangerand is nie. Hy het geen polisieman beledig of aangerand nie. Al wat hy gedoen het was om vir nommer 6 te vra waar hy gestasioneer is en wat sy naam en magsnommer is.
[52] In die proses het hy ook gesien hoe nommer 3 vir E1 teen die kop slaan. Hy het dit herhaaldelik gedoen. Op A182, foto’s 17, 18 en 19 kan duidelik gesien word hoe nommer 3 met sy regterhand, en eenkeer ook met sy linker hand, teen E1 se kop slaan.
[53] Volgens die getuie was nommer 2, 3, 5 en 6 deurentyd betrokke by hierdie voorval.
[54] Toe E1 ook in die Venture gedruk is, het hulle weg gejaag “soos besetenes” na die Brooklyn polisie stasie. Hulle het om ongeveer 16:45 daar aangekom.
[55] By die Brooklyn polisiestasie moes hy en E1 in ’n gang staan. Nommers 2, 3, 4, 5 en 6 was ook daar. Hulle het begin om dokumentasie in te vul. ’n Senior offisier, later geïdentifiseer as kaptein Scheepers, het vir die konstabels geadviseer wat om in hulle verklarings te skryf. Hy het byvoorbeeld gesê: “Onthou, kap hulle sommer op artikel so en so.” Ek vind dit inherent onwaarskynlik dat die getuie so iets uit sy duim sou suig of fabriseer. Hierdie getuienis is deur E1 gestaaf. Van die verdediging se getuies het ook bevestig dat kaptein Scheepers daar was.
[56] Daar is nooit aan hulle gesê dat hulle gearresteer word as gevolg van bepaalde redes nie.
[57] Terwyl en E1 in die gang gestaan het, het nommers 3 en 6 verby gestap en aan hulle gestamp asof hulle konfrontasie wou uitlok.
[58] E2 het gesê dat hy vreesbevange en onseker gevoel het. Hy was teleurgesteld dat die polisie so met onskuldige mense kon werk. Hy was geskok. Sy menswaardigheid was van hom weggeneem.
[59] Terwyl hulle in die gang gestaan het, het nommer 3 voor E1 gaan staan en vir hom gesê: “Toe Fris Chris, kom try my nou, ek buig jou, jou vet gat.”
Ek voeg by dat die gewraakte woorde soos dit deur E1 in sy besonderhede van vordering gepleit is die volgende is:
“Toe jou Fris Chris, kom slaan aan my, jy is ’n regte poes en ek gaan jou buig.”
Ek vind dit inherent onwaarskynlik dat die twee getuies woorde met hierdie strekking sou fabriseer of sonder rede uit hulle duim sou suig. Die bewerings is ook behoorlik deur E1 in sy besonderhede van vordering gepleit. Hy het ook gepleit dat hy deur hierdie woorde verneder en verkleineer gevoel het. In die pleit is hierdie bewerings van E1 deur ’n blote ontkenning ontmoet.
In sy hoofgetuienis het E2 die woorde soos gepleit deur E1, supra, bevestig. Hy het bygevoeg dat nadat hierdie woorde, soos gepleit, gebesig is, nommer 3 ook vir sy pa gesê het dat hy ’n vetgat is. Die indruk van E2, wat hy ook teenoor E1 uitgespreek het, was dat die verweerders besef dat hulle verkeerd opgetree het en die twee aangehoudenes toe probeer uitlok het om iets verkeerd te doen.
[60] Volgens die getuie het die polisiemanne ook gesê dat hulle vir E2 en E1 by verskillende polisie stasies gaan opsluit. Die een in Soshanguve en die ander in Atteridgeville. Hierdie getuienis is deur E1 bevestig. Weereens dit inherent onwaarskynlik dat die twee getuies so iets uit hulle duim sou suig.
[61] Hierna is E1 en E2 na die polisie selle begelei waar hulle skoenveters afgehaal is, hulle gordels afgehaal is en hulle persoonlike besittings aan die polisie oorhandig is. Dit was nommer 3 en nommer 6.
[62] Sekere dokumente is deur die polisie voltooi en aan hulle voorgelê om te teken. E1 het op sy dokument geskryf dat hy nie saamstem met die klagtes teen hulle nie. Die dokumente waarna verwys word is die sogenaamde “Notice of Rights in Terms of the Constitution.” Dit is ’n gedrukte vorm wat te doen het met die regte soos voorgeskryf by artikel 35 van die Grondwet. Daarop kan duidelik gesien word hoe E1 twee keer geëndosseer het: “stem nie saam met aanklag”. Volgens E2 is hulle gedwing om hierdie dokumente te teken. Hulle regte is nooit aan hulle verduidelik nie. Die klagtes het te doen gehad met aanommeranding en verset teen arres.
[63] Die sel waarheen hulle geneem is was baie vuil. Daar was dun matrasse en vuil komberse wat na urine geruik het. Die getuie is oorweldig deur ’n gevoel van magteloosheid en minderwaardigheid. Hy kon nie glo wat met hom gebeur nie. Sy neus het ophou bloei maar was verstop van die bloed. Hy het die polisie gevra om ’n geneesheer te stuur. Die versoek is geïgnoreer.
[64] Hulle is oornag aangehou. Met behulp van E3 is ’n prokureur ontbied maar hy kon hulle nie help nie. Dit blyk dat die ondersoekbeampte verdwyn het. Hulle is die volgende dag om ongeveer 13:30 vrygelaat. Deur die nag was dit baie koud. Hulle het ander komberse gevra wat nie soos urine ruik nie. Hierdie versoek is geweier. Hy kon nie slaap nie want hy was bang dat hulle verskuif sou word na Soshanguve of Atteridgeville soos daar gedreig is. Hy was vreesbevange. Die toestande was haglik.
[65] Die volgende dag om 13:30 is hulle op R100-00 borg vrygelaat.
[66] Na twee of drie verskynings in die stafhof is hulle ontslaan. Dit was na die staatsaak.
[67] Gedurende die hele saga het hy nooit ’n polisieman aangerand of geïntimideer of hom teen arres verset nie.
[68] E2 is aan deurkastende kruisondervraging onderwerp. Soos sy gesinsgenote het hy ingewillig om in Engels ondervra te word alhoewel hy Afrikaans sprekend is en sy hoof getuienis in Afrikaans afgelê het. Hy het hom uitstekend van sy taak gekwyt. Hy het ’n baie goeie indruk gemaak. Hy is kennelik ’n welopgevoede, welsprekende jong man.
[69] ’n Onoortuigende stelling is aan hom gemaak dat die bloed in sy gesig wat gesien is op A183 (foto’s 21 en 22) eintlik nie bloed is nie. Geen basis vir hierdie stelling is gelê nie. Die bloed is duidelik sigbaar. Fotograaf Nieuwenhuizen het ook bevestig dat dit bloed is, en dat hy nie met die foto’s gepeuter het voordat dit vrygestel is nie.
[70] Namens nommer 6 is dit aan E2 gestel dat nommer 6 op die bakleiery tussen E2 en die aanommerander van E4 afgekom het en toe die aanommerander weg gegryp het (“grabbed that person away”.) Dit is nie wat nommer 6 self getuig het nie. Nommer 6 het erken dat E2 die aanommerander aan hom oorhandig het vir bewaring.
[71] Hy het ’n stelling ontken dat hy aan nommer 6 gestamp het of hom op die bors getik het. Hy het daarop gewys dat nommer 6 waarskynlik twee keer groter as hy is. Dit is op hierdie punt wat hy bevestig het dat hy 1,72m lank is en 74kg weeg. Toe nommer 6 getuig het, het hy in antwoord op my vraag gesê dat hy 1,87m lank is en 120kg weeg. Hy is baie groot en fors gebou. Dit is inherent onwaarskynlik dat E2 aan so ’n groot polisieman sou stamp of stoot.
[72] Hy het die gewraakte woorde wat nommer 2 gebesig het, en waarna ek verwys het, bevestig. Hy het ook bevestig dat hy hom nie verset het toe hy deursoek is en in die Venture geplaas is nie. Hierdie getuienis word duidelik bevestig deur die beelde wat te sien in op A178, foto’s 1, 2, 3 en 4.
[73] In antwoord op ’n vraag het hy bevestig dat hy na sy vrylating uit die sel na die Pretoria Wes Hospitaal gegaan het vir mediese behandeling. Hy het bevestig dat hy in besit is van die mediese rekords en aangebied om dit voor die hof te plaas. Hierdie uitnodiging is nie aanvaar nie.
[74] Hy het ontken dat sy vader, E1, aggressief was toe sy seun gearresteer is. Hy het bevestig dat E1 slegs navrae gedoen het oor wat aan die gang is. Hierdie getuienis vind ek inherent meer waarskynlik as die verdediging se weergawe, supra, dat E1 (met die hulp van E3 nogal!) met geweld probeer het om die seun te ontset uit polisie aanhouding. E2 se veronderstelling dat E1 gearresteer is omdat die man in swart siviele klere, wat later geblyk het kaptein Nel te wees, die arrestasie beveel het, vind ek ook inherent waarskynlik.
[75] Dit is aan E2 namens nommer 5 gestel dat E1 vir nommer 5 aangerand het deur haar met die vuis in die gesig te slaan en op die been te skop. E2 het dit ten sterkste ontken en ook verwys na bewysstuk A179 en 180 wat foto’s is van die wyse waarop die polisie op E1 toegesak het om hom in die Venture te druk. Nommer 5 staan effens in die agtergrond en dit blyk onwaarskynlik te wees dat E1 in die proses so ver sou kon kom om haar aan te rand.
[76] Ek voeg by dat nommer 5 self, in haar getuienis, ontken het dat E1 haar op die been gekop het. Sy het aangevoer dat E1 haar teen die kop geslaan het in sy poging om weer uit die Venture te kom nadat hy in die eerste plek daar ingedruk is. Haar pogings om hierdie beweerde vuishou as opsetlik te beskryf, het ek onoortuigend gevind. Ek voeg by dat geeneen van die ander verdedigingsgetuies gesê het dat E1 weer probeer “ontsnap” het nadat hy in die eerste plek in die Venture gedruk is nie.
[77] Ek voeg verder by dat die beweerde aanommeranding deur E1 op nommer 5 nie gepleit is nie. Wat wel gepleit is dat E3 nommer 5 aangerand het deur haar op die been te skop en met die vuis op die bors te slaan. Wat hier gepleit is, strook ook nie met nommer 5 se getuienis nie.
[78] Daar is verskeie voorbeelde van stellings wat namens verdedigingsgetuies gemaak is, wat hulle self nie bevestig het nie. Daar is ook voorbeelde van getuienis namens die verdediging wat nie strook met die pleitstukke nie. Ek is nie voornemens om al hierdie voorbeelde te ontleed nie.
[79] Teen hierdie agtergrond, is dit gerieflik om op hierdie stadium reeds die opmerking te maak dat ek die getuienis van die verweerders as onbevredigend ervaar het en dit ook as inherent onwaarskynlik beskou vir redes wat ek reeds genoem het en waarna ek weer kortliks sal verwys.
[80] Ek herhaal dat E2 ’n uitstekende getuie was. Hy beklee ’n senior pos by die Moot Hospitaal en is wel opgevoed. Hy het ’n Nasionale Diploma in Computer Engineering Systems. Sy getuienis het hy op ’n indrukwekkende wyse aangebied. Hy is gladnie van stryk gebring onder kruisondervraging nie. Daar is niks in sy getuienis wat ek inherent onwaarskynlik of twyfelagtig vind nie.
[81] Die volgende getuie namens die eisers was die eerste eiser, David Jacobus Pieterse. Dit is E1. Sy getuienis was net so bevredigend en indrukwekkend as dié van sy seun, E2. Hy het laasgenoemde se weergawe in alle wesenlike opsigte gestaaf. Ek is nie voornemens om hierdie getuie se getuienis in soveel besonderhede te ontleed soos wat gedoen is in die geval van E2 nie.
[82] Hy en sy vrou, E3, het net voor die einde van die wedstryd opgestaan om gou uit te kom en die verkeer te probeer mis. Naby hek 5 het sy skoondogter hom gebel en vertel van die aanommeranding op E4. Hy het vooruit gehaas en vir E3 gevra om hom te volg. By die toneel het hy vir E4 bebloed op die grond gesien sit. Hy het vir E2 gevra wat gebeur het. Laasgenoemde het hom die hele verhaal vertel, insluitende die feit dat nommer 6 die aanommerander laat loop het. Daar was reeds twee of drie polisiemanne op die toneel.
[83] E2 het met nommer 6 gepraat en sy besonderhede gevra. Nommer 6 se naamplaatjie was blykbaar afgehaal.
[84] Nommer 2 het erge kru taal gebruik en vir E2 gevloek. Hy het ook vir E1 gesê dat hy niks met die saak te doen het nie en “Ek sal jou sommer poes.” Hierdie woord het hy gereeld gebruik.
[85] In sy besonderhede van vordering het E1 ook hierdie woorde gepleit ter ondersteuning van sy eis gebaseer op die actio iniuriarum. Hy het gepleit dat hy hierdie optrede as beledigend en verkleinerend ervaar het.
Hy het ontken dat nommer 2 vir hom gesê het: “You must not push me around”. Hy het bevestig dat geen Engels gepraat is teenoor hom deur die polisiemanne nie. Hy het die optrede van nommer 2 as skokkend en onaanvaarbaar beskryf.
[86] Hy wou eintlik net uitvind wat aangaan en wou ook nommer 6 se besonderhede hê. Nommer 3 en nommer 5 het later opgedaag, asook sy jongste seun. Op ’n stadium het die jongste seun hom geroep en gesê hy moet kom kyk want E2 word gearresteer. Hy het E2 met sy hande in die lug aangetref waar hy deursoek word. Hy het weer verwys na A178. Soos ek gesê het is dit duidelik dat E2 in ’n verslae toestand was en hom kennelik nie verset het of wangedra het nie.
[87] Volgens E1 het die polisie toe vir E2 in die Venture ingestoot waarop nommer 4 hom met die vuis in die gesig op die neus geslaan het. E1 het dit gesien gebeur. Hierna het ek reeds verwys. E1 het dit as “iets vreeslik” beskryf. Hy was diep geskok. Op hierdie stadium het iemand geskree: “Arresteer die poes ook”. Hierop het ’n aantal polisiemanne “soos wilde diere” op hom gespring. Hy was stomgeslaan. Hulle het hom binne in die Venture ingeslaan. Die een wat hom in die gesig en op die bors geslaan het was nommer 3. Nommer 3 was die groot aanspoorder.
[88] Ek vind stawing vir E1 se getuienis by besigtiging van die foto’s wat te vinde is op A179, A180 en A181. Soos ek reeds gesê het, is daar ook op A182 duidelike bewyse van hoe nommer 3 E1 teen die kop slaan. Ek het ook reeds gesê dat die polisie kennelik nie daarvan bewus was dat Nieuwenhuizen besig was om hierdie foto’s te neem nie.
[89] E1 het getuig dat hy nie beswaar sou hê om op uitnodiging in die Venture te klim om na die polisie stasie te gaan om die saak by te lê nie. Hierdie houding is ook deur E2 uitgespreek toe hy getuig het. Ek beskou hierdie as sinvolle getuienis. Daarteenoor het van die verdedigingsgetuies gesê dat hulle vir E1 en E2 probeer oorreed het om saam met hulle na die polisie stasie te gaan maar E1 en E2 het geweier. Daardie getuienis vind ek totaal onwaarskynlik. Geen rede was aangevoer waarom E1 en E2 sou weier om na die polisie stasie te gaan nie.
[90] Volgens E1 is sy regte nooit aan hom verduidelik nie en hy is ook nie gesê dat hy gearresteer word nie. Toe hy in die Venture is het hy iemand hoor skree: “Arresteer die bitch ook”. Dit was ’n verwysing na sy eggenote. Op A182 foto’s 17, 18 en 19, kan me. Pieterse, E3, duidelik gesien word by die agterkant van die Venture terwyl nommer 3 besig is om E1 te verrinneweer. Sy kom verslae en geskok voor. Die getuienis van onder andere nommer 5 dat me. Pieterse aggressief was en onder andere probeer help het om haar seun te laat ontsnap verwerp het as belaglik en totaal onwaarskynlik.
[91] Net voordat die Venture se deur toegeslaan is, het E1 daarin geslaag om sy selfoon en sleutels, wat hy die heeltyd by hom gehad het, vir sy vrou te gee en haar te vra om hulle na die polisie stasie te volg.
[92] E1 se weergawe van wat by die polisie stasie gebeur het, staaf die weergawe van sy seun, E2, in alle wesenlike opsigte. Ek is nie voornemens om alles te herhaal nie.
[93] In die gang het nommer 3 vir hom gesê: “Toe jou fris Chris hoekom slaan jy my nie nou nie, lig op jou hande jou poes.” Soortgelyke opmerkings het nommer 3 verskeie kere gemaak. Dit sluit die opmerking in wat E1 gepleit het in paragraaf 5.3 van sy besonderhede van eis: “toe jou fris Chris, kom slaan aan my, jy is ’n regte poes en ek gaan jou buig.” Ek het reeds gesê dat hierdie woorde na behore gepleit is ter ondersteuning van E1 se eis gebaseer op die actio iniuriarum. Hy het ook behoorlik gepleit dat hy hierdie opmerkings as neerhalend en vernederend ervaar het. Hy het ook bevestig dat nommer 3 hom in die verbygaan in die gang gestamp het met die skouer sodat hy “teen die elektriese kragboks” beland het. Ek kan nie sien, op die waarskynlikhede, dat E1 sulke getuienis uit sy duim sou suig nie. Dit is ook gestaaf deur E2.
[94] Hy het ook bevestig, soos E2 gesê het, dat die polisie gedreig het om hulle apart in Atteridgeville en Soshanguve op te sluit, waar hulle “reg gesien” sal word. E1 was absoluut beangs. Hy het reeds gerugte gehoor van wat met mense in tronke gebeur.
[95] Hy het verduidelik waarom hy op die verklaring van regte in terme van artikel 35 van die Grondwet, waarna ek verwys het, geskryf het: “Ek stem nie saam met die aanklagtes nie”.
[96] Hy bevestig dat die prokureur, mnommer Gerneke, hulle nie kon help om vrygelaat te word nie. Hy het bevestig dat sy seun gevra het vir mediese hulp vir die beseerde neus en dat dit geweier is. Hy het die vuil toestand van die sel beskryf. Hy het die aand niks geslaap nie. Toe die getuie getuig het dat hy magteloos gevoel het om die kind wat hy grootgemaak het onder die omstandighede te beskerm, het hy gehuil.
[97] Die volgende dag is hulle op R100-00 borgtog vrygelaat en in die strafsaak is hulle ontslaan na die staat se saak.
[98] E1 was vir 24 jaar in die onderwys. Hy was ook die rugby afrigter van Noord Transvaal skole. Hierdie ervaring was vir hom ’n vernedering. By funksies is hy uitgevra of hy die onderwyser is wat in die tronk beland het. Koerantberigte van die voorval was ook deel van die bundel bewysstuk “A”. In sekere kringe is hy as die “tronk onderwyser” beskryf. Die nagevolge van hierdie voorval het hom laat besluit om uit die onderwys te bedank. Hy probeer tans ’n skrynwerk besigheid aan die gang kry.
[99] Hy het die bewering dat hy nommer 5 sou geskop het ontken. Hy het nooit enige polisieman aangerand of geïntimideer nie en hom ook nie verset teen arrestasie nie. Hy het net gekeer. Van die polisiemanne was “dubbel my gewig en dubbel my grootte.” Op my vraag het hy gesê dat hy in die ou taal vyf voet nege en ’n half duim lank is en 78-79kg weeg.
[100] Hierdie getuie is ook deurtastend in Engels ondervra. Hy het ’n baie goeie indruk gemaak en het op geen stadium afgewyk van sy weergawe of iets gesê wat sy getuienis onder verdenking kon plaas nie. Hy het bewerings dat hy byvoorbeeld vir nommer 2 sou aangerand het ten sterkste ontken. Toe daar aan hom gestel is dat hy nommer 2 met sy vuis in die gesig geslaan het, het hy gelag en gesê “definitely not”. Hy was ’n sterk en indrukwekkende getuie. Die stelling dat hy nommer 5 sou geskop het, het hy ook as lagwekkend afgemaak. Ek het reeds gesê dat nommer 5 ook nie hierdie getuienis gestaaf het nie. Hy het ook ontken dat hy haar met die vuis teen die gesig geslaan het.
[101] Ek voeg by dat die onwaarskynlike getuienis namens die verweerders dat E1 hulle sou aanommerand en hom sou verset teen arrestasie nog verder onder verdenking geplaas word deur die feit dat hy die hele tyd sy pet en sy selfoon in sy regterhand gehad het. Dit kan duidelik gesien word op A180 foto 9. Hy het eers daarvan ontslae geraak net voordat die Venture se deur toegeklap het, soos ek reeds gesê het. Hierdie feit is deurgaans teenoor die verdedigingsgetuies geopper. Hulle het nie betwis dat E1 deurgaans hierdie artikels in sy regter hand gehad het nie. Die scenario wat die verdediging voorstaan kom dus neer op ’n tenger man wat net sy linker hand vry het, wat ’n oormag groter polisiemanne probeer aanommerand en in die proses ook sommer sy seun probeer laat ontsnap uit polisie aanhouding. Een van hulle, nommer 5, sê dat hy self ook probeer ontsnap het nadat hy vir die eerste keer in die Venture geplaas is. Die ander verdedigingsgetuienis staaf hierdie getuienis nie. Dit het ek reeds gesê. Die weergawe van die verdediging is so onwaarskynlik dat dit nie aanvaar kan word nie. Dit word verwerp. Die weergawe van E1 en E2 word gestaaf deur die foto’s.
[102] E1 het ook bevestig dat E2 se neus bebloed was en dat dit bloed is wat sigbaar is op A183.
[103] Soos sy seun, het hierdie getuie ’n uiters gunstige indruk op my gemaak. Ek aarsel nie om sy getuienis te aanvaar nie.
[104] Craig John Nieuwenhuizen was ook by die rugby op 16 Oktober 2004. Hy het toe vir Beeld gewerk by die IT afdeling. Hy was ook ’n vryskut sportfotograaf vir Rapport.
[105] Na die wedstryd het ’n vriend, Etienne Vaal, hom gebel en gesê dat daar ’n bakleiery buite die stadion is en voorgestel dat hy foto’s gaan neem. Dit is iets waarvoor hy betaling kan ontvang. Die foto’s in bewysstuk A het hy geneem. Hy het nie daarmee gepeuter nie. ’n Koerantfotograaf word nie toegelaat om tydens die ontwikkelingsproses met foto’s te peuter of sekere dele bv. weg te laat nie. ’n Fotograaf kan vir sulke optrede afgedank word.
[106] Hy het bevestig dat E2 op A178 verslae voorgekom het. Sy handpalms was na bo asof hy wou sê: “What now”.
[107] Die polisie was baie aggressief. Hy aanvaar dat die beseerde neus op A183 bebloed is. Die uitdrukking op E2 se gesig het hy as een van ongeloof beskryf. Die optrede teenoor E1 het hy as “kidnap” beskryf. Daar was vyf mense om hom en hy kan nie sien hoe E1 iemand kon aanommerand onder die omstandighede nie.
[108] Terwyl hy die foto’s neem, het ’n vroue polisie offisier (later het dit geblyk nommer 5 te wees) hom gelas om pad te gee en aangedui dat hy nie toegelaat word om foto’s te neem nie. Volgens Nieuwenhuizen was hy wettiglik op die toneel en hy dink hy is weggejaag toe die polisie besef dat hy foto’s geneem het.
[109] Die polisie het vuil taal teenoor E1 gebesig.
[110] Toe hy uitgevra is na die algemene optrede van die polisie het hy dit as “utterly poor” beskryf. Oor ’n tydperk van 8 jaar hy nog nie sulke aggressie by die polisie gesien nie. Hy vergesél dikwels die taakspan van Sunnyside om byvoorbeeld Nigeriese dwelmhandelaars hok te slaan. Hulle gebruik nie eers sulke sterk taktiek nie.
[111] Die volgende dag het hy na die Brooklyn polisie stasie gegaan om die nodige opvolgwerk te doen. Daar het hy E3, me. Pieterse, aangetref. Sy het aan hom gerapporteer dat sy aangerand en op die been geskop is. Hy het ’n foto van haar beseerde knie geneem. Dit is foto 27 op A184. Foto 26 op A184 het hy geneem van ’n polisie man wat sy vinger na hom wys terwyl hulle weg ry. Die polisie man het vir hom gesê: “Who the fuck do you think you are taking my picture?”
[112] Onder kruisondervraging het die getuie nie afgewyk van sy weergawe nie. Die foto’s spreek vanself. Dit was ’n indrukwekkende getuie. Hy sê dat hy nie bevooroordeeld is teenoor die polisie nie en baie met hulle saamwerk. Sy getuienis en sy foto’s verleen duidelike stawing vir die getuienis van die eisers.
[113] Die derde eiser, me. Susanna Zacharia Pieterse, of E3, was die volgende getuie. Haar weergawe staaf die getuienis van E1 en E2.
[114] Me Pieterse het my beïndruk as ’n welopgevoede, waardige en ordentlike dame. Sy was ’n sterk en indrukwekkende getuie.
[115] Toe hulle die boodskap van haar skoondogter kry, het E1 vooruit gehardloop. By die toneel het sy vir E4 bebloed aangetref. Sy het gevra waar E1 is. Die jongste seun het gesê hy is by E2. Sy is daarheen en het gevra wat aangaan. E2 het haar vertel van die aanommeranding op E4 en die feit dat nommer 6 die aanvaller los gelaat het. Sy het ook vir nommer 6 gevra hoekom hy dit gedoen het waarop nommer 6 gesê het dat hy geen verduideliking aan haar verskuldig is nie. Hy het kru taal gebruik onder andere wat sy beskryf het as die “f” woord en die “p” woord. Hy het baie geskreeu en was aggressief.
[116] Daarna het nommer 5 haar genader en op haar begin skree. Sy het aanhoudend gepraat. Nommer 5 het “verskriklik” geskree en gevloek. Sy het haar ’n “bitch” genoem.
[117] Sy het nommer 5 gevra om nie so te skreeu nie en gevra wie sy is. Nommer 5 het haar uitgelag en gesê dat sy nie haar naam sal kan spel nie.
[118] Toe sy van haar jongste seun verneem dat E2 gearresteer word is sy saam met E1 daarheen. Sy het gesien hoe gryp die klomp polisiemanne vir E1 en dat hulle hom vashou en slaan. Sy het ook vir kaptein Nel in siviele drag gesien. Sy het gevra wat aangaan en gepleit dat hulle besig is om die verkeerde mense te arresteer. Hierdie weergawe beskou ek as inherent waarskynlik.
[119] Kaptein Nel, (soos hulle later sy identiteit vasgestel het) het haar gewaarsku om weg te gaan anders word sy ook gearresteer. Iemand het geskree: “Arresteer die bitch ook”.
[120] Nommer 5 het agter haar gestaan. E3 se handsak was oor haar linker skouer. Toe gryp nommer 5 haar aan die regter arm en draai dit agter haar rug. Sy het nommer 5 gevra om haar te los want sy maak haar arm seer aangesien sy kort tevore ’n operasie aan haar regter arm gehad het. Hierop het nommer 5 haar omgepluk en op haar knie geskop. Die beseerde knie is te sien op A184 foto 27.
[121] E1 het sy bril en hoed uit die Venture vir haar gegee en gevra om hulle te volg na die polisie stasie. Kaptein Nel het geskree dat enige iemand wat by die Brooklyn polisie opdaag gearresteer moet word.
[122] Die bewering in die pleit van die verweerders dat E3 vir nommer 5 op die been geskop het, het sy ten sterkste ontken. Sy het haar sterk uitgelaat oor die aggressie van die polisie en die onprofessionele gedrag wat hulle ten toon gestel het. Dit het gelyk asof hulle nie behoorlik opgelei is nie.
[123] Toe nommer 5 haar skop het die skare die polisie uitgejou. Verskeie persone het haar genader en hulle persoonlike besonderhede verskaf en onderneem om namens haar te getuig.
[124] Hierdie getuie is ook deurtastend in Engels gekruisvra. Soos haar seun en haar eggenoot het sy haar goed van haar taak gekwyt. Sy het my beïndruk.
[124] Sy het dieselfde dag na die Brooklyn polisie stasie gegaan ten spyte van Nel se dreigement dat sy gearresteer sou word. Sy het vir ene inspekteur Scheepers, na wie die ander getuies ook verwys het as synde die persoon wat die reserviste voorgesê het oor wat om in hulle verklarings te skryf, gevra vir hulp om ’n saak te maak teen die polisie. Scheepers het gesê dat hy haar nie kan help nie en dat sy na die Sunnyside polisie moes gaan.
[125] Sy het die bewerings dat E2 vir nommer 6 sou aangerand het ten sterkste ontken. Sy het ook ontken dat sy aggressiewe taal teenoor nommer 5 gebesig het. Sy het net met haar gepraat toe sy haar gevra het om op te hou om vir haar te skree en haar te vloek.
[126] Die knie waar nommer 5 haar geskop het was erg gekneus. Sy het dokter toe gegaan vir behandeling. Sy het die mediese verslae in haar besit en het aangebied om dit hof toe te bring.
[127] Die belaglike weergawe van die verdediging, supra, dat sy saam met haar man probeer het om haar seun uit polisie aanhouding te laat ontsnap, is nie eers aan haar gestel aan kruisondervraging nie.
[128] Soos ek reeds gesê het, was hierdie ’n baie indrukwekkende getuie. Ek aarsel nie om haar getuienis te aanvaar nie. Dit word gestaaf deur die getuienis van haar gesinslede. Dit word ook gestaaf deur die foto’s van Nieuwenheuzen.
Getuienis namens die verweerders
[129] Die eerste getuie was Andre Van Jaarsveld of nommer 6. Hy het nie sy rang verskaf nie maar ek het verstaan dat hy ’n konstabel was. Hy was op patrollie diens by Loftus op 16 Oktober 2004.
[130] Hy is meegedeel van die bakleiery en op die toneel het E2 ’n man aan hom oorhandig en hom gevra om die man vas te hou aangesien hy “moeilikheid maak”. Daar is aan hom verduidelik wat gebeur het. E2 het gesê dis die man wat sy boetie geslaan het.
[131] Die relaas van nommer 6 wat hierop volg, as ek dit reg verstaan het, kom daarop neer dat terwyl hy die man vashou, “die Pieterses” hom van agter genader het en aggressief geskree het. Toe hy omdraai en sien dat hulle na hom aankom het hy gesê hulle moet nie weer moeilikheid maak nie en die aanvaller laat los waarop laasgenoemde tussen die skare verdwyn het. Hierdie weergawe is myns insiens totaal onwaarskynlik. Daar is geen rede waarom “die Pieterses” aggressief teenoor nommer 6 sou wees terwyl hy juis die boosdoener op hulle versoek in bewaring hou nie. Nommer 6 het geen aanvaarbare verduideliking gegee vir sy besluit om die man te laat gaan nie. Op sy eie weergawe is die man in sy sorg toevertrou en is hy meegedeel dat die man die jonger Pieterse aangerand het.
[132] Nommer 6 se optrede, op sy eie weergawe, kom neer op pligsversuim. Sy optrede het E4 ontneem van die geleentheid om die aanommerander aan te kla en ook om sivielregtelik skadevergoeding van hom te vorder. In die bekende saak van Minister van Polisie v Ewels 1975 (3) SA 590 (A), waarop E4 steun vir sy skadevergoedingseis teen die verweerders, sê die geleerde hoofregter die volgende op 597A-D:
“Dit skyn of die stadium van ontwikkeling bereik is waarin ’n late as onommeregmatige bedrag beskou word ook wanneer die omstandighede van die geval van so aard is dat die late nie alleen morele verontwaardiging ontlok nie maar ook dat die regsoortuiging van die gemeenskap verlang dat die late as onommeregmatig beskou behoort te word en dat die gelede skade vergoed behoort te word deur die persoon wat nagelaat het om daadwerklik op te tree. Om te bepaal of daar onommeregmatigheid is, gaan dit, in ’n gegewe geval van late, dus nie oor die gebruiklike ‘nalatigheid’ van die bonus paterfamilias nie, maar oor die vraag of, na aanleiding van al die feite, daar ’n regsplig was om redelik op te tree.”
Myns insiens was daar ’n regsplig op nommer 6 om die boosdoener aan te hou en is hierdie ’n geval waar die regsoortuiging van die gemeenskap verlang dat die late van nommer 6 as onommeregmatig beskou behoort te word en dat die gelede skade vergoed behoort te word deur die polisieman en sy werkgewer (nommer 1) omdat daar versuim is om daadwerklik op te tree.
Myns insiens is hierdie beginsel in latere regspraak nog verder ontwikkel. Sien byvoorbeeld die saak van Carmichele v Minister of Safety and Security and Another [2001] ZACC 22; 2001 (4) SA 938 (CC).
[133] Die verdere getuienis van nommer 6 vind ek ook onwaarskynlik: hy sê nadat E2 hom gekonfronteer het omdat hy die boosdoener laat gaan het, het E2 aggressief teenoor hom opgetree en hom die heeltyd “op die bors getik”. E2 het dit natuurlik ontken, en hy is gestaaf deur E1 en E3. Ek het reeds daarop gewys dat E2 bykans die helfte kleiner as nommer 6 is. Ek vind dit inherent onwaarskynlik dat E2 nommer 6 sou te lyf gaan. Ek sê dit ook vanweë die gunstige indruk wat ek van E2 gekry het as ’n ordentlike goed gemanierde persoon.
Wat ek nog meer onwaarskynlik vind is nommer 6 se getuienis dat nommer 3 vir E2 gewaarsku het om nie vir nommer 6 op die bors te tik nie anders kan hy gearresteer word. Ten spyte van hierdie waarskuwing, aldus nommer 6, het E2 aangehou om hom “op die bors te tik”. Hierdie getuienis is nie aan E2 gestel in kruisondervraging nie. Dit is in elk geval totaal onwaarskynlik, in die eerste plek dat hy nommer 6 sou te lyf gaan en, in die tweede plek, dat hy ten spyte van ’n waarskuwing van arrestasie sou voortgaan daarmee.
[134] Wat nog verder onwaarskynlik is, is nommer 6 se getuienis dat hy toe vir E2 uitgenooi het om die saak saam met hom by die Brooklyn polisiestasie te gaan uitsorteer maar dat E2 die uitnodiging van die hand gewys het. Net so onwaarskynlik is sy verdere getuienis dat hy dadelik, op E2 se versoek, sy besonderhede verskaf het. As dit waar was, was daar geen rede vir E2 en die res van sy gesin om voortdurend aan te dring op die besonderhede nie, en sou die voorval waarskynlik nooit plaasgevind het nie.
[135] Nommer 6 het gesê dat E1 en E2 baie goed behandel is by die polisiestasie.
[136] Ek korrigeer ’n vorige opmerking wat ek gemaak het naamlik dat daar nie getuienis was oor nommer 6 se rang nie. Hy het later getuig dat hy ’n inspekteur is maar in 2004 was hy ’n konstabel.
[137] Onder kruisondervraging het nommer 6 ietwat gedweë voorgekom. Hy het ook erken dat E1 die heeltyd sy pet, sonbrille en selfoon in sy regterhand gehad het. Hierna het ek reeds verwys.
[138] Vir al die redes wat ek genoem het, het ek hierdie getuie as onbevredigend beskou. Sy weergawe, ten opsigte van verskeie aspekte, is inherent onwaarskynlik.
[139] Shane Fourie (nommer 2) was die volgende getuie. Hy was vroeër ’n inspekteur in die polisie maar het nou sy eie skrynwerkersbesigheid. Op 16 Oktober 2004 was hy op diens by Loftus. Hy het gehoor van die bakleiery en het na die toneel gegaan.
[140] E2 het hom genader en was baie aggressief. Hy het gekla omdat die verdagte losgelaat is.
[141] E2 het na ’n groep mense gewys en gesê dat hulle saam met die aanvaller is. Hierdie getuienis is gladnie aan E2 gestel in kruisondervraging nie. Sy verdere getuienis dat E2 hom gevra het om die groep mans te arresteer is ook gladnie in kruisondervraging gestel nie.
[142] Hy het verder getuig dat E1 toe opgedaag het en hom ook begin rond stoot het. Dit is ook onwaarskynlik. Hy sê E1 het hom aan die arm gegryp, en toe hy E1 waarsku om hom nie rond te stoot nie het laasgenoemde hom in die gesig geslaan. Toe hy gevra is waarmee E1 hom geslaan het, het hy gesê “I don’t remember, maybe with the elbow, it was not a punch”. Hierdie is ook nie aan E1 gestel in kruisondervraging nie. Toe daar aan hom gestel is dat hy volgens die eisers die “p” woord gebruik het, het hy onseker voorgekom en gesê hy dink hy het net gesê dat hulle hom nie moet rond stoot nie.
[143] Sy getuienis dat E1 vir E2 probeer bevry het nadat laasgenoemde in die Venture geplaas is, is inherent onwaarskynlik. Hierna het ek reeds verwys.
[144] Hy het getuig dat hy gedink het E3 is ook gearresteer omdat sy haar teen nommer 5 verset het. Toe hy gevra is hoe E3 haar verset het kon hy die vraag nie antwoord nie.
[145] Hy het toegegee dat kaptein Scheepers miskien die reserviste by die stasie voorgesê het “Hoe hulle te werk moet gaan”.
[146] Hy het toegegee dat E1 die heeltyd sy pet, selfoon en sonbril in sy regterhand gehad het. Hy kon nie werklik verduidelik hoe E1 hom onder die omstandighede sou kon verset en selfs die polisie sou kon aanommerand nie. Hy weet ook nie uit hoofde van watter gesag E1 en E2 gearresteer is.
[147] Vir die redes wat ek genoem het, het hierdie getuie my nie werklik beïndruk nie. Sy getuienis is inherent onwaarskynlik.
[148] Edward James Victor, wat nie een van die verweerders is nie, het ook getuig. Hy het met die rang van sersant uit die polisie bedank. Hy was vir vier jaar in die polisie. By die rugby wedstryd was hy aan diens by Loftus. Hy was saam met nommer 3.
[149] Hy weet van die onderonsie en dat mense nommer 6 se besonderhede wou hê.
[150] E2 het vir nommer 6 teen die bors getik. Hy wou nie ophou voordat nommer 6 hom die besonderhede gee nie. Behalwe dat hierdie getuienis onwaarskynlik is omdat E2 soveel kleiner as nommer 6 is, is dit ook onwaarskynlik in die lig van nommer 6 se getuienis dat hy dadelik die besonderhede verskaf het.
[151] Toe hulle besig was om E2 te arresteer, het E1 gekom en vir hom en nommer 5 uit die pad gestamp. Dit is nie aan E1 gestel nie.
[152] Terwyl hulle besig was om E1 te arresteer het sy arm geswaai en die getuie teen die kant van sy kop getref. Dit is amper soortgelyk aan nommer 5 se weergawe dat E1 se vuis haar getref het gedurende die gestoei om hom in die Venture te kry. Beide hierdie getuie en nommer 5 het mediese verslae ingedien wat daarop dui dat hulle die aand ondersoek is vir geringe kneusings teen die kant van die kop. Dit is seker moontlik dat hulle gekneus is tydens die gestoei. Myns insiens neem dit die saak nie verder nie.
[153] Hy het ook getuig dat E1 sy seun uit die polisie voertuig wou verwyder. Hy sê E1 het so opgetree nadat hy verskeie kere gewaarsku is om die saak by die “jock” of “joint operations control room” te rapporteer. Hierdie getuienis is gladnie aan E1 gestel nie. In elk geval het ek reeds die mening uitgespreek dat dit onwaarskynlik is dat E1 sy seun sou wou ontset.
[154] In kruisondervraging het hy gesê hy weet nie waarom nommer 3 besluit het om E2 te arresteer nie. Sy getuienis dat E1 omgeswaai het en sy bril van sy gesig geslaan het tydens die arrestasie proses is ook nie aan E1 gestel nie. Hy glo nie E1 het geweet hy is agter hom toe hy met die vuis geswaai het nie.
[155] Ek het hierdie getuie nie werklik indrukwekkend gevind nie. In verskeie opsigte was sy getuienis vaag en ook onwaarskynlik.
[156] Liezel D’Almeida was die volgende getuie. Sy is nommer 5. Sy werk as ’n studente konstabel vir die polisie.
[157] Sy was op diens by Loftus versveld en het gehoor van die insident wat betref die aanommeranding op E4. Toe sy op die toneel kom het E3 haar vinger in haar gesig gedruk en haar “’n kabouter dogter” genoem en van korrupsie beskuldig. E3 het dit uit die bloute en sonder enige provokasie gedoen. Hierdie getuienis vind ek totaal onwaarskynlik, veral in die lig van my evaluering van E3 as ’n persoon en ’n getuie.
[158] Volgens hierdie getuie was E3 van die begin af aggressief en sy wou nie ophou nie. Sy het sommer net geskree. Hierdie getuie het dikwels haar getuienis herhaal en lang stellings gemaak in antwoord op kort vrae. Sy het ook gesê dat E1 probeer het om E2 weg te vat nadat hy gearresteer is. Sy het gesê dat E1 die polisie rond gestamp het en geweier het om saam te werk. Sy het gesê dat nadat E1 in die voertuig gedruk is, hy weer probeer ontsnap het. Sy is die enigste getuie wat hierdie bewering gemaak het. Dit is ook nie aan E1 gestel nie.
[159] Soos Victor het sy gesê dat E1 haar in die gesig geslaan het terwyl hulle besig was om hom in die kar te druk. Hiermee het ek reeds gehandel. Sy ontken dat sy E3 teen die been geskop het. Dit is onwaarskynlik dat E3 hierdie getuienis sou fabriseer. Die foto nommer 27 op A184 wat die besering aan die knie illustreer, verleen ook stawing aan E3 se weergawe.
[160] Toe dit in kruisondervraging aan haar gestel is dat dit hoogs onwaarskynlik is dat E3 uit die bloute en sonder rede ’n vinger in haar gesig sou steek en op haar sou skree het sy nie geantwoord nie.
[161] Die foto’s op A180 het sy beskryf as die illustrasie van die verset van E1 teen arrestasie. Die foto’s skep gladnie hierdie indruk nie. Op foto 9 staan E1 met sy besittings in sy regter hand. Hy is omring deur ’n aantal polisiemanne wat baie groter as hy is. Op die ander foto’s word hy deur die polisiemanne oorweldig terwyl nommer 5 ook deelneem aan die proses. Kaptein Nel is ook te sien op die foto’s. Die oorwig van die getuienis, en ook die foto’s, dui daarop dat E1 oorweldig is deur die klomp polisiemanne, waarskynlik in opdrag van kaptein Nel en nie as gevolg van enige wangedrag in die kant van E1 of E2 nie. Hierdie bevinding word ook gestaaf deur Nieuwenhuizen se getuienis.
[162] Nommer 5 het dit moeilik gevind om te verduidelik hoe E1 so aggressief kon optree terwyl hy sy besittings in sy regter hand gehad het en tenger van gestalte is vergeleke met die polisie.
[163] Die getuie het ook bevestig dat die verweerders se pleit tot die effek dat E3 haar aangerand het deur haar op die been te skop en met die vuis op die bors te slaan verkeerd is. Sy sê E3 het net met die vinger na haar gewys terwyl sy wel aan E3 se arm gevat het. Dit is nog ’n onbevredigende aspek van die verdediging se getuienis. Dit is moeilik om te verstaan waarom daar so gepleit is as nommer 5 nie in die eerste plek hierdie inligting verskaf het nie.
[164] Vir die redes wat ek genoem het, was ek, in die algemeen gesproke, nie beïndruk met hierdie getuie nie.
[165] Die volgende getuie was nommer 3. Jean Pierre D’Almeida. Hy is sedert 1994 in die polisie. Hy onthou die voorval na die rugby wedstryd. Toe hy op die toneel kom sien hy dat nommer 6 met ’n onbekende man in ’n woordewisseling betrokke is. Laasgenoemde het “grusame taal gebruik” en gevloek en die polisie daarvan beskuldig dat hulle iemand met opset laat gaan het. Hy het die persoon gevra om eenkant toe te kom om die saak uit te sorteer. Dit is nie gestel in kruisondervraging aan E2 nie. Die persoon (vermoedelik E2) het gesê “die SAP lede is deur die kak”. Dit is ook gestel in kruisondervraging.
[166] Hy getuig dat E2 vir nommer 6 herhaaldelik op die bors gestamp het. Ek het reeds my mening oor die waarskynlikheid hiervan uitgespreek. Hy getuig verder dat hy vir E2 gewaarsku het dat hy hom gaan arresteer as hy aanhou om die polisie beampte te stamp. Desnieteenstaande het E2 aangehou met die “aanommeranding”. Ek het reeds bevind dat hierdie getuienis inherent onwaarskynlik is. Die redes het ek genoem. Hy het ook gesê dat hy E2 toe ontbied het na die Venture toe en op pad sy regte vir hom gelees het. Dit is ook nie gestel nie.
[167] Sy getuienis dat E1 en E3 toe later vir E2 uit die Venture probeer ruk het, het ek reeds as absurd en onwaarskynlik verwerp.
[168] Toe hy gevra is of hy gesien het dat E2 bebloed is, het hy gesê hy kan nie onthou nie. Dit was nie oortuigend nie. Toe hy gevra is of die polisie ooit iemand aangerand het, het hy gesê nie sover hy kan onthou nie. Dit was ook nie oortuigend nie.
[169] Onder kruisondervraging het hy kleigetrap oor die getuienis namens die verdediging naamlik dat E1 die polisie aangerand het en sy seun probeer ontset het terwyl hy ’n aantal artikels in sy regterhand gehad het. Hy het gesê dat die gewraakte dade van E1 gepleeg is “seker nadat die foto’s geneem is”. Dit word verwerp as onsin. Die getuienis was duidelik dat E1 die artikels aan E3 oorhandig het nadat hy reeds in die Venture gedruk is. Daardie getuienis was nooit betwis nie.
[170] In kruisondervraging is hy gekonfronteer met die feit dat daar namens die verweerders gepleit is (bewysstuk “B21”) dat E1 hom (nommer 3) aangerand het deur hom met die vuis op die bors te slaan. Dit is nooit so deur nommer 3 getuig nie. Toe hy gekonfronteer is het hy gesê dat dit gebeur het tydens die gestoeiery. Toe hy gevra is waarom hy nie so getuig het nie, het hy gesê hy kan dit nie verklaar nie. Dit was onoortuigend.
[171] Hierdie getuie het my nie beïndruk nie. Wesenlike aspekte van sy getuienis was in elk geval inherent onwaarskynlik. Die redes hiervoor het ek genoem. Hy is 1,74m lank en weeg in die omgewing van 120kg. Hy is fors gebou. Dit maak die getuienis dat die tenger eisers hom te lyf gegaan het nog meer onwaarskynlik.
[172] Die laaste getuie namens die verdediging was Kadfrasen Naidoo. Hy is ’n verkoopsman van beroep maar werk ook vir die polisie as ’n reservis konstabel. Toe die voorval buite die stadion plaasvind is hy daarheen ontbied.
[173] Hy het afgekom op ’n groep kollegas wat probeer om ’n man (vermoedelik E1) in die Venture te kry. Hy het hand bygesit maar was nie daartoe in staat om die man fisies aan te rand nie. Toe hy gewys is op bewysstuk A180 foto 11 wat duidelik toon hoe hy E1 om die lyf beet het moes hy toegee dat sy getuienis verkeerd was.
[174] Toe hy gevra is of die polisie ooit die persoon aangerand het, het hy gesê: “not that I remember”. Dit is ’n onoortuigende antwoord, soortgelyk aan dié wat nommer 3 aangebied het.
[175] By die polisie stasie het hy nie gehoor dat die polisie kru taal teenoor E1 en E2 gebruik nie. Hy het ook nie gehoor dat iemand die polisie lede adviseer oor wat om in hulle verklarings te skryf nie.
[176] Hy het aanvanklik gesê hy kan nie onthou dat iemand die polisie opdrag gegee het om E1 te arresteer nie. In kruisondervraging is hy daarop gewys dat hy inderdaad in sy verklaring, A167, gesê het: “a captain came on the scene and instructed us to arrest the two white males.” Hierdie toegewing wat hy moes maak plaas hom op die toneel toe E2 gearresteer is, en verleen stawing aan E2 se getuienis dat dit hierdie getuie was wat hom op die neus geslaan het. In sy getuienis het Naidoo die indruk probeer skep dat hy eers op die toneel verskyn het nadat E2 gearresteer is.
[177] Hy kan nie onthou dat hy gesien het dat E1 enige iemand aanommerand nie. Toe hy daarop gewys is dat E2 aanvoer dat hy hom aangerand het, het hy gesê: “I don’t know”. Hy het wel later ontken dat hy E2 aangerand het.
[178] Hierdie getuie was uiters vaag en onoortuigend. Hy het gesê dat hy nie goed kan onthou nie want dit het lank terug gebeur en sy geheue is nie goed nie.
[179] Die getuienis het hiermee tot ’n einde gekom.
Gevolgtrekkings en slot opmerkings ten opsigte van die getuienis en die pleitstukke
[180] Ek het reeds die getuienis ontleed en my bevindings ten opsigte van geloofwaardigheid en die waarskynlikhede uitgespreek.
[181] In soverre die bewyslas op die eisers gerus het, het hulle die toets, soos uiteengesit in Jagers, supra, myns insiens met vlieënde vaandels geslaag. Hulle was almal uitstekende getuies. Hulle is ook ondersteun deur nog ’n goeie getuie, mnommer Nieuwenhuizen. Die foto’s wat Nieuwenhuizen geneem het, verleen ook onteenseglike stawing vir die weergawe van die eisers.
[182] Die getuienis van die verdediging is reeds ontleed. Ten opsigte van alle wesenlike aspekte, het ek bevind dat die weergawes wat namens die verdediging aangebied is inherent onwaarskynlik is. Die getuienis was ook onbevredigend. Die redes het ek vermeld. Die verweerders se pleit strook ook in verskeie opsigte nie met hulle getuienis nie.
[183] Waar die eisers die bewyslas gekwyt het, behoort hulle eise te slaag.
[184] Wat die beweerde onommeregmatige arrestasie en aanhouding betref, is die bewyslas op die verweerders. Sodra dit gemenesaak is dat daar ’n arrestasie was asook ’n aanhouding, moet die verweerder beweer en bewys dat die arrestasie en aanhouding wettig was. Ek het reeds gewys na Amler’s Precedents of Pleadings, 6de uitgawe deur Harms, p40 en die aangehaalde gesag.
Al wat die verweerders in hulle pleit aangebied het in hierdie verband, was ’n blote ontkenning dat die arrestasie en aanhouding onwettig was. Hulle het nie ’n behoorlike verweer gepleit nie. Soos ek reeds gesê het, het die verweerders hulle nie byvoorbeeld beroep op artikel 40 van die Strafproseswet nie. Dit is gemeensaak dat die eisers sonder ’n lasbrief gearresteer is. Daar is geen sprake van skedule 1 oortredings soos bedoel in artikel 40(1)(b) nie.
Vanweë my bevindings ten opsigte van die feite, kan die verweerders hulle ook nie beroep op die voorskrifte van artikel 40(1)(a) nie.
Waar geen verweer gepleit is nie, het die verweerders in elk geval nie die bewyslas gekwyt soos hierbo beskryf nie. Die arrestasie en aanhouding was dus onwettig. Die aanhouding as sodanig het geskied onder haglike toestande. Die sel was vuil en het gestink. Mediese hulp om die beseerde E2 ter wille te wees is geweier. Terwyl E1 en E2 aangehou is, is hulle rond gestamp en in kru taal beledig en verkleineer. Hulle is gedreig met aparte aanhouding in Atteridgeville en Soshanguve. Hulle is die vrees op die lyf gejaag.
[185] Wat die kwaadwillige vervolging betref, is dit duidelik, uit die getuienis, en die bevindings wat gemaak is, dat die verweerders geen redelike gronde gehad het om E1 en E2 te vervolg nie. Dit is gemeensaak dat die verweerders inderdaad die vervolging aanhangig gemaak het. Hierdie aspekte moes die eisers bewys en, na my mening, is die bewyslas gekwyt. Sien byvoorbeeld Amler’s op cit p238 en gesag wat aangehaal is. Op die oorwig van die getuienis het die verweerders probeer om hulle wangedrag by die stadion te verbloem deur E1 en E2 te vervolg. Daar is sterk aanduidings, op die waarskynlikhede, dat hulle geadviseer is deur kaptein Scheepers oor wat om in die verklarings te skryf. Die uitslag van die strafsaak verleen waarskynlik stawing vir die gevolgtrekking dat daar geen redelike gronde was vir die verweerders om die vervolging aanhangig te maak nie.
[186] Wat E4 se eis betref, het ek reeds verwys na die geleerde hoofregter se woorde in Ewels, supra, op 597A-D. Ek het reeds ’n bevinding in hierdie verband gemaak. Myns insiens is die skade wat E4 gelei het ’n bedrag gelykstaande aan wat hy redelikerwys van die aanommerander sou kon verhaal as nommer 6 die aanommerander nie vrygelaat het nie.
Opmerkings oor die onderskeie eise en die kwantum daarvan
[187] Dit is doenlik om die eise van die vier eisers apart te behandel, soos dit gepleit is.
(i) Die eerste eiser
[188] E1 se eerste vordering is gebaseer op die actio iniuriarum. Dit is vir skadevergoeding ten opsigte van die kwetsende woorde wat nommer 2 hom toegevoeg het. Ek het reeds die woorde aangehaal en daarop gewys dat die eis behoorlik gepleit is op die basis dat E1 die woorde as kwetsend en verkleinerend ervaar het. Myns insiens is die feit dat die woorde van ’n polisie beampte gekom het verswarend van aard.
Die gesag ten opsigte van hierdie tipe vordering word behandel in Amler’s op cit p190 tot 193.
[189] In Brenner v Botha 1956 (3) SA 257 (T) het hierdie hof op appèl die beginsels ten opsigte van ’n vordering van hierdie aard uiteengesit. Op 261H-262A word die volgende gesê:
“In cases of verbal injury, otherwise than in cases of defamation, the words complained of must impair the plaintiff’s dignity and must be insulting in the sense that they must amount to degrading, humiliating or ignominious treatment.”
Na my mening is dit wat in hierdie betrokke geval gebeur het. In die Brenner saak het ’n werkgewer sy vroulike werknemer neerhalend gekritiseer en onder andere ’n “bloody bitch” gedoen. In die hof benede het die geleerde Landdros (in 1956) ’n toekenning van 100 pond gemaak. Op appèl is die toekenning verminder na 25 pond omdat die werkgewer aan ’n mate van provokasie onderwerp is.
Na my mening sou ’n toekenning van R10 000-00 onder hierdie omstandighede geregverdig wees. Die bedrag van R50 000-00 wat gevorder word is myns insiens buitensporig.
[190] E1 het nog ’n vordering gebaseer op die actio iniuriarum. Hy eis ook R50 000-00 ten opsigte van die gewraakte woorde wat nommer 3 hom toegevoeg het by die polisiestasie. Hierdie woorde het ek reeds aangehaal. Ek het ook verwys na al die getuienis wat daarmee gepaard gaan.
In die lig van die gewysdes wat ek aangehaal het, meen ek dat ten opsigte van hierdie sub-hoof van E1 se vordering ’n toekenning van R10 000-00 ook van pas sal wees.
[191] Ten opsigte van die aanommeranding wat nommer 3 teenoor E1 gepleeg het, vorder hy ’n bedrag van R65 000-00. Ek het reeds verwys na die besonderhede van die aanommeranding en ook die fotografiese getuienis soos dit gesien kan word op onder andere A182. Ek het ook besonderhede van vorige toekennings oorsigtelik geraadpleeg soos dit beskryf word in “The Quantum Year Book” deur Robert J Koch, die 2009 uitgawe. Vorige toekennings word met inflasie aangepas tot 2009. Die besonderhede verskyn op bladsy 47 tot 48. Elke geval moet natuurlik op sy besondere meriete hanteer word. In die huidige geval was die aanommeranding nie van ’n ernstige aard nie. Dit is wel so dat E1 getuig het dat hy ’n mediese verslag daaroor bekom het, maar besonderhede is nie verskaf nie. Na my mening sou ’n toekenning van R30 000-00 vir die aanommeranding en contumelia realisties wees.
[192] Ten opsigte van die onwettige arrestasie en aanhouding vorder E1 ’n bedrag van R75 000-00. Ek het volledige besonderhede hieroor behandel toe ek die getuienis ontleed het.
[193] In Louw and Another v Minister of Safety and Security and Others 2006 (2) SASV 178 (T) het hierdie hof ’n bedrag van R75 000-00 elk aan twee eisers, ’n egpaar, toegeken nadat hulle vir 20 uur aangehou is toe die polisie hulle sonder goeie rede vir diefstal gearresteer het. Ek is ook deur juf. Olivier verwys na ’n onlangse saak van Niel Gellman v Minister of Safety and Security 2008 (1) SASV 446 (W) waar ’n prokureur vir 48 uur aangehou is en ’n toekenning van R80 000-00 ontvang het. Ek het nie self die hofverslag onder oë kon kry nie.
[194] Na my mening sou ’n toekenning van R75 000-00 realisties wees onder die omstandighede.
[195] Ten opsigte van die kwaadwillige vervolging vorder E1 ’n bedrag van R10 000-00. Hiermee kan ek nie fout vind nie.
[196] Die toekenning wat ek voornemens is om aan E1 te maak word dan soos volg saamgestel:
Vir die eerste belediging R10 000-00
Vir die tweede belediging R10 000-00
Vir die aanranding R30 000-00
Vir die onregmatige arrestasie
en aanhouding R75 000-00
Vir die kwaadwillige vervolging R10 000-00
Totaal R135 000-00
(ii) Die tweede eiser
[197] E2 vorder ook skadevergoeding op grond van die actio iniuriarum, vir die aanommeranding, die onwettige arrestasie en aanhouding en die kwaadwillige vervolging. Ek is nie voornemens om weer na al die gesag en regsbeginsels te verwys nie.
[198] E2 vorder ’n bedrag van R50 000-00 in terme van die actio iniuriarum vanweë die beledigende woorde wat nommer 2 hom toegevoeg het. Die woorde het ek reeds aangehaal en ek het verwys na die besonderhede van vordering soos deur E2 gepleit.
[199] Soos in die geval van E1, meen ek dat ’n toekenning van R10 000-00 gepas sal wees.
[200] Ten opsigte van die aanommeranding deur nommer 4 op E2, toe hy met die vuis op die neus geslaan is, word ’n bedrag van R65 000-00 gevorder. Ek meen dit is buitensporig in die betrokke omstandighede. Na my oordeel sou ’n toekenning van R40 000-00 meer realisties wees. Die aanommeranding op E2 was meer ernstig as dié op E1.
[201] Ten opsigte van die onwettige arrestasie en aanhouding vorder E2 ’n bedrag van R75 000-00. Vir die redes wat ek genoem het by oorweging van E1 se soortgelyke eis, meen ek dat hierdie vordering realisties is.
[202] Die vordering vir die kwaadwillige vervolging in ’n bedrag van R10 000-00 kan ek ook nie kritiseer nie.
[203] Die toekenning wat ek voornemens is om aan E2 te maak word dan soos volg saamgestel:
Vir die belediging R10 000-00
Vir die aanranding R40 000-00
Vir die onwettige arrestasie
en aanhouding R75 000-00
Vir die kwaadwillige vervolging R10 000-00
Totaal R135 000-00
(iii) Die derde eiser
[204] E3 vorder ’n bedrag van R65 000-00 ten opsigte van die aanommeranding wat nommer 5 op haar gepleeg het. Daar was fotografiese getuienis van die knie wat gekneus is en ook die getuienis van die arm wat beseer is na die operasie. Ek meen dat ’n toekenning van R50 000-00 realisties sal wees.
(iv) Die vierde eiser
[205] Die vierde eiser vorder ’n toekenning van R65 000-00 as gevolg van nommer 6 se versuim om die aanommerander in bewaring te hou.
[206] Ek het reeds verwys na die feite en die gesag.
[207] Dit blyk uit E4 se getuienis dat hy redelik ernstig beseer is en dat hy steke in sy mond en op sy lip moes ontvang. Die getuienis dui ook daarop dat hy vir ’n tydjie sy bewussyn verloor het. Na my mening is ’n realistiese toekenning wat hy waarskynlik van die aanrander sou kon vorder, as hy hom in die hande kon kry, ’n bedrag van R60 000-00.
Die bevel
[208] Ek maak die volgende bevel:
1. Vonnis word soos volg toegestaan ten gunste van die eerste eiser teen die eerste, tweede en derde verweerders, gesamentlik en afsonderlik:
1.1 Betaling van die bedrag van R135 000-00;
1.2 Rente op genoemde bedrag teen 15,5% per jaar bereken vanaf datum van vonnis tot datum van betaling.
1.3 Koste van geding.
2. Vonnis word soos volg toegestaan ten gunste van die tweede eiser teen die eerste, tweede, derde en vierde verweerders, gesamentlik en afsonderlik:
2.1 Betaling van die bedrag van R135 000-00;
2.2 Rente op genoemde bedrag teen 15,5% per jaar bereken vanaf datum van vonnis tot datum van betaling.
2.3 Koste van geding.
3. Vonnis word soos volg toegestaan ten gunste van die derde eiser teen die eerste en die vyfde verweerder, gesamentlik en afsonderlik:
3.1 Betaling van die bedrag van R50 000-00;
3.2 Rente op genoemde bedrag teen 15,5% per jaar bereken vanaf datum van vonnis tot datum van betaling.
3.3 Koste van geding.
4. Vonnis word soos volg toegestaan ten gunste van die vierde eiser teen die eerste en sesde verweerders, gesamentlik en afsonderlik:
4.1 Betaling van die bedrag van R60 000-00;
4.2 Rente op genoemde bedrag teen 15,5% per jaar bereken vanaf datum van vonnis tot datum van betaling.
4.3 Koste van geding.
____________________________
WRC PRINSLOO
REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF