South Africa: High Courts - Gauteng

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: High Courts - Gauteng >>
2007 >>
[2007] ZAGPHC 92
| Noteup
| LawCite
Jonker v Brooks en 'n Ander (37048/2005) [2007] ZAGPHC 92 (23 May 2007)
Download original files |
IN
DIE HOOGGEREGSHOFVAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELlNG)
Saaknr:
37048/05
Datum:
23/05/2007
ONRAPORTEERBAAR
In
die saak tussen:
D
W JONKER
Applikant
en
D
H BROOKS A S BROOKS
Eerste
Respondent Tweede Respondent
UITSPRAAK
1.
Die
applikant (as koper) en die twee respondente (as verkopers) het op 8
April 2005 'n skriftelike koopkontrak aangegaan in terme
waarvan die
respondente aan die
applikant
"'Gedeelte
19 van Erf 3136 Tzaneen Uitbreiding 59 Dorpsgebied
Regsitrasie
Afdeling
L. T. Noordelike Provinsie" verkoop het vir 'n bred
rag van R100 000,00.
2.
Paragraaf
14 van die koopkontrak lui soos volg:
"OPSKORTENDE
VOORWAARDE
Hierdie
transaksie is daaraan onderhewig dat die Koper 'n lening verkry met
die eiendom as sekuriteit vir 'n minimum bedrag van R11 0
000,00 (EEN
HONDERED
EN TIEN DUISEND RAND) binne 30 (DERTlG) dae vanaf
datum
van ondertekening hiervan. n
-2
3.
Op
19 April 2005 het die applikant dieselfde eiendom vir R160 000,00
weer verkoop en het die nuwe kopers (die Wellards) die applikant
'n
deposito van R20000,00
gegee.
As gevolg hiervan het die applikant besluit om nie met die
verkryging van die lening voort te gaan nie maar om die koopsom
in
kontant te betaal.
4.
Die
applikant op ongeveer 26 April 2005 die transportprokureur aangestel
deur die respondente, Mnr van Aswegen, gaan sien. Tydens
die
afspraak het hy Mnr van
Aswegen
meegdeel dat:
4.1
4.2
hy
die eiendom aan Mnr en Mev Wellard verkoop het;
hy
nie voortgaan met die verkryging van die lening aangesien
4.3
hy
die koopsom in kontant sou betaal; en
die
eiendom on die naam van die Wellards moet geregistreer
moet
word.
5.
Intussen
het Mnr van Aswegen voortgegaan om die nodige oordragsdokumente op
te stel en op 16 Mei 2005 het die applikant die dokumente
geteken,
maar het die
respondente
geweier aangesien hulle :
5.1
'n
ander koper gekry het wat meer vir die eiendom sou betaal as die
applikant; en
5.2
van
mening was dat daar nie voldoen is aan die opskortende voorwaarde
nie en het die kontrak dus verval (of is
gekanselleer
aldus hulle brief van 12 Julie 2005).
6.
Die
applikant aanvaar nie die gepoogde kansellasie nie en beweer hy dat
die bepalings van klousule 14 ingevoeg is tot sy voordeel
en dat hy
daarvan afstand
mag
doen.
-3
7.
Dit
is verder van belang dat daar 'n bedrag van R145 874,00 op trust by
Mnr van Aswegen Ie sedert 22 Julie 2005.
8.
Die
applikant het hierdie aansoek beteken en versoek hy die volgende
regshulp:
8.1
8.2
'n
verklarende bevel dat due koopkontrak steeds van krag is; oordrag
van die eiendom met die gepaardgaande betaling van
8.3
die
koopprys , oordragskoste ens;
'n
bevel dat, indien die respondente weier om die nodige
oordragsdokumente
te teken, die Balju gemagtig word om die dokumente te teken;
8.4
koste
van die aansoek.
Ek
voeg hier by dat, aan die begin van die betoog, het Mnr Stoop,
namens die applikant, 'n wysiging versoek onm die woorde "die
koopprys en.."in te
voeg
in die tweede sin van bede 2. Daar was geen opposisie en het ek die
wysiging toegestaan.
9.
Die
Mnr Wesley namens die respondente het betoog dat klousule 14 nie net
ten doel het om die applikant te beskerm nie, maar ook
die
respondente. Hy het betoog dat
indien
die opskortende voorwaarde vervat in klousule 14 nie vervul word
nie, die ooreenkoms ad initio nietig is. Sy verder betoog is
dat die wyse waarop die applikant
beweerdelik
sy afstanddoening van die bepalings van klousule 14 gekommunikeer
het, van geen effek is nie aangesien hy dit nie direk
aan die
respondente gedoen het
nie
en dat hy, daardeur nie uitdruklik sy afstanddoening kommunikeer het
nie. Mnr Wesley se betoog lui dat die kommunikasie aan
die prokureur
van die respondente
(Mnr
van Aswegen) nie voldoende is nie om afstandoening uitdruklik te
vestig. Sy laaste betoog is dat, omdat die applikant nie aansoek
gedoen het vir 'n verband, die
opskortende
voorwaarde nie vervul is nie en die kontrak verval het.
-4
10.
Ek
stem nie met enige van hierdie submissies saam nie
11.
Die
betrokke klousule 14 is tot die uitsluitlike voordeel van die koper
daargestel
(Sien
Van Jaarsveld v Coetzee 1973 (3) SA 241 (A) at 244B -
D.) en dat die
koper,
synde die applikant, daarvan afstand kan doen en sodeur 'n
voorwaardelike ooreenkoms onvoorwaardelik kan maak.
"The
provision in clause 3.2.2 providing for the offer to be
subject to a bond of R1,4 million, or a lesser amount
being obtained, is, to my mind, only intended
for
the protection of the purchaser. (See Van Jaarsveld v Coetzee 1973
(3) SA 241 (A) at 244B - 0.) It was I intended to create a
facility of which the
purchaser
could avail himself if he wished. It was not intended at all to
protect the seller.
By
the second sentence of clause 3.2.2, relating to the
purchaser's undertaking to take all steps to procure a bond,
the parties, to my mind,
intended
to provide, as envisaged in MacDuff and Deetlefs, that, if
the purchaser deliberately prevented the procurement of such a
bond, the
doctrine
of fictional fulfilment would A apply. For that reason the
parties could not have intended that the seller would also be
entitled to cancel the
contract
if the purchaser failed to apply for a bond, or applied for a
bond greater than R1, 4 million.
Furthermore,
since the suspensive condition was inserted to protect B the
purchaser in the event of his not being able to raise the purchase
price
without
obtaining a bond over the purchased property, the parties
obviously intended that, if the purchaser chose to make provision
for the delivery
of the
guarantees
without obtaining such a bond, he would be free to do so. The
parties could accordingly not have intended that the purchaser would
be
-5
obliged
to apply for the bond and C that, if he failed to apply
therefor, he would thereby breach the contract. «per de
Villiers J in MIA v D J L
PROPERTIES
MAL TLOO) (PTY) L TD AND ANOTHER 2000 (4) SA 220 (T)
12.
Mnr
Wesley het, tydens sy betoog, my verwys na sekere gesag, onder
andere Ming
Chieh
Shen v Mever 1992 (3) SA 496 (WLD) wat hy betoog het analoog
is aan die
huidige
geval. Die teite waarop daardie saak gebasser is is egter nie
dieseltde as hierdie waarmee hierdie Hot te doen het nie,
maar die
relevante beginel is daarin
ook
uiteengesit dat:
“A
condition stipulated for the benefit of one party only may be
waived by that
party...
However to be effective, the waiver must occur within the time
stipulated by the condition, failing which the inchoate
contract
will be
rendered
void ab initio by the failure of the condition. To be effective the
waiver must be communicated to the other party on or
before the date
stipulated
for the fulfilment of the condition." (bl 498 C-D)
13.
In
hierdie saak het die applikant Mnr van Aswegen gaan sien op 26 April
2005. Die 30 dae van die opskortende voorwaarde sou eers
op 7 Mei
2005 verval. Daar moet
onthou
word dat Mnr van Aswegen aangestel is om die oordrag namens die
respondente te behartig en is hy dus as hulle agent in aile
opsigte
aangestel.
Mynsinsens
is kommunikasie aan horn, kommuniksie aan die respondente. Die
kommunikasie het plaasgevind voor die verstryking van
die tydperk
van die
opskortende
voorwaarde en het die voorwaardelike kontrak dus onvoorwaardelike
geword.
14.
Enige
betoog dat die applikant gebonde aan die terme van die kontrak is om
aansoek te doen vir 'n verband en dat hy nie atstand
mag doen van
daardie terme
-6
en
kontant betaal nie. het geen meriete in nie.
15.
Gevolglik
is ek van mening dat die applikant behoorlik en betyds afstand
gedoen het van die bepalings van klousule 14, dat die afstanddoening
behoorlik gekommunikeer
is
aan Mnr van Aswegen, en dus die respondente, en dat die voorwaardes
van die koop dus vervul is.
16.
Ek
is ook die mening toegedaan dat daar geen rede is om af te wyk van
die gewone kostebevel nie en moet koste die resultaat hier
volg.
Ek
maak dus die volgende bevel:
1.
2.
3.
Dit
word verklaar dat die koopkontrak gedateer 8 Mei 2005 tussen die
applikant en die respondente, ten opsigte van die eiendom Gedeelte
19 van Erf 3136 Tzaneen
Uitbreiding
59 Dorpsgebied Regsitrasie-Afdeling L.T. Noordelike Provinsie,
steeds
van
krag is.
Eerste
en tweede respondente word gelas om teen tender deur die applikant
van die koopprys en al die oordragskoste betaalbaar ten
opsigte van
die oordrag van die
eiendom
in die naam van die applikant (insluitende hereregte en, indien BTW
betaalbaar is, BTW en die koste van die koopkontrak)
binne 15 dae
vanaf datum van
hierdie
bevel al die nodige transport- en verbanddokumente te onderteken ten
einde die oordrag van die eiendom on die naam van die
applikant te
bewerkstellig.
Indien
eerste en tweede respondente weier en/of versuim om
uitvoering te gee aan die bevel in paragraaf 2 hierbo, word die
Balju van hierdie Hof gemagtig en gelas om
namens
eerste en tweede respondente aile dokumentasie te teken om effek te
gee
-7
aan
paragraaf 2 hierbo.
4.
Die
eerste en tweede respondente word gelas om die koste van die aansoek
te
betaal.
B
NEUKIRCHER (AJ)
ACTING
JUDGE OF THE HIGH COURT