South Africa: High Courts - Gauteng Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: High Courts - Gauteng >> 2007 >> [2007] ZAGPHC 373

| Noteup | LawCite

Sallies Limited v Commissioner South African Revenue Service (A3034/07) [2007] ZAGPHC 373; 70 SATC 39 (28 November 2007)

Download original files

PDF format

RTF format





SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy



IN DIE NOORD-GAUTENGSE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA


PRETORIA


SAAKNR: CC543/2007


DATUM: 2007-10-22




In die saak tussen:


DIE STAAT


en


T. A. SCANNELL.............................................................................Beskuldigde




UITSPRAAK



C. J. CLAASSEN R:


  1. Die beskuldigde is ‘n 41-jarige man wat aangekla staan van verkragting en moord op ‘n 10-jarige dogtertjie met die naam v C L R O. Die beskuldigde het ‘n skriftelike pleitverduideliking opgestel en onderteken en dit is ingehandig as BEWYSSTUK A en ingelees in die oorkonde. Hiervolgens pleit die beskuldigde skuldig aan die moord op die minderjarige dogter, maar onskuldig op die klag van verkragting. Hy pleit wel skuldig op ‘n bevoegde uitspraak wat afgehandig kan word op ‘n klag van verkragting, naamlik een van onsedelike aanranding. Die Staat het die pleit op die moordklagte aanvaar, maar nie die pleit op die alternatiewe pleit van onsedelike aanranding op die verkragtingsklag nie.

  1. Die Staat het Dr Kalimi as getuie geroep wat die nadoodse ondersoek gedoen het. Dit is duidelik uit haar getuienis dat dit glad nie uitgesluit kan word, dat in hierdie geval daar nie verkragting was nie, maar bloot net onsedelike aanranding. Dit is dus my oorwoë mening dat die Staat nie daarin geslaag het om op die getuienis beskikbaar voor die hof, verkragting aan te toon of te bewys bo redelike twyfel nie. Daar is by my ernstige twyfel of hier inderdaad verkragting plaasgevind het. Myns insiens is dit korrek soos wat die beskuldigde in sy pleitverduideliking aandui dat onsedelike aanranding plaasgevind het.


  1. Gesien in die lig van daardie getuienis is daar dan genoeg getuienis voor die hof om die beskuldigde skuldig te bevind soos volg:

Klag 1: Onsedelike aanranding; en

Klag 2: Moord.


ALDUS GEDOEN EN GETEKEN TE JOHANNESBURG OP HIERDIE DAG VAN JUNIE 2011.


_________________________

C.J.CLAASSEN

REGTER VAN DIE HOËRHOF