South Africa: High Courts - Gauteng Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: High Courts - Gauteng >> 2006 >> [2006] ZAGPHC 230

| Noteup | LawCite

Le Roux en Andere v Padongelukkefonds en 'n Ander (26982/2003) [2006] ZAGPHC 230 (18 August 2006)

Download original files

PDF format

RTF format


LVS
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)


SAAKNOMMER: 26982/2003
DATUM: 18/8/2006
ONRAPORTEERBAAR








In die saak tussen:


C.L.F LE ROUX EERSTE EISERES
A.M LE ROUX TWEEDE EISERES
A. LE ROUX DERDE EISERES


EN

DIE PADONGELUKKEFONDS VERWEERDER
M.M LE ROUX DERDE PARTY
______________________________________________________________
UITSPRAAK

BOTHA R:

In hierdie saak eis die drie eisers, mev C.L.F le Roux, mej A.M le Roux en mej A le Roux skadevergoeding van die Padongelukkefonds (die Fonds) weens die dood van wyle F.G le Roux Senior (die oorledene) as gevolg van beserings opgedoen in `n motorbotsing. Die skadevergoeding ge is verteenwoordig verlies aan onderhoud weens die afsterwe van die oorledene. Daar word beweer dat die oorledene `n passasier was in motorvoertuig BFS 902 NW bestuur deur wyle mnr F le Roux wat op 30 September 2000 in `n botsing betrokke was met `n trok en sleepwa met registrasie nommers CGX 737 MP en KWX 982 T onderskeidelik bestuur deur mnr L.J Mtsweni (die versekerde bestuurder). Die bewering is dat die botsing veroorsaak is deur die uitsluitlike nalatigheid van die versekerde bestuurder.

In sy
pleit het die verweerder (die Padongelukkefonds) onder andere gepleit dat die botsing uitsluitlik veroorsaak is deur die nalatigheid van wyle mnr F le Roux.

Die verweerder het `n derde party kennisgewing beteken aan mev M.S van Niekerk N.O, die eksekutrise van die boedel van wyle mnr F le Roux, waarin hy `n bydrae van die derde party eis vir geval die hof bevind dat die gemelde botsing veroorsaak is deur die medewerkende nalatigheid van wyle mnr F le Roux.

Die derde party
, wat intussen vervang is deur M.M le Roux, het `n spesiale pleit geliasseer waarin daar beweer word dat die verweerder nie geregtig is om `n bydrae van die boedel van wyle mnr F le Roux te eis nie. Die basis van die spesiale pleit sal duideliker blyk as ek die derde party se argument opsom.

Die partye het ooreengekom dat die verdeling van nalatigheid vir die botsing as volg is: d
ie versekerde bestuurder 80%, wyle mnr F le Roux 20%.

Die partye het ooreengekom dat die spesiale pleit van die derde party apart bereg moet word. Vir sover nodig, gelas ek ingevolge Re l 33(4) dat dit so gedoen word.

Die verweerder het erken dat hy 100% aanspreeklik is vir die drie eiseresse se skade en hulle saak teen die verweerder is, nadat sekere interim betalings gelas is, sine die uitgestel.

Dit gaan dan nou net om die derde party se spesiale pleit.

Mnr Wilkins, wat namens die derde party verskyn het, het betoog dat die verweerder se verhaalsreg ingevolge artikel 25 van die Padongelukkefondswet, 1996 (Wet 56 van 1996) nie van toepassing is nie omdat wyle mnr F le Roux self `n versekerde bestuurder was.

Hy het betoog dat die oogmerke van Wet 56 van 1996 en sy voorgangers was om te verseker dat `n eiser `n kapitaalkragtige verweerder het om te dagvaar. Daarmee saam hang `n oogmerk om te verhoed dat persone wat motorbotsings veroorsaak
deur dilektuele eise geru neer word. In die verband het hy verwys na Ribeiro v Santam Ltd 1996(3) SA 1035 op 1042 F-G.

Hy het die geskiedenis van derde party versekering by wyse van wetgewing behandel en daarop gewys dat Wet 29 van 1942 gebaseer was op verpligte versekering. Hy het betoog dat Wet 84 van 1986 weggedoen het met die konsep van versekerde voertuie. Ingevolge hierdie wet is eise eenvoudig hanteer deur aangewese agente wat op `n
kalender basis aangewys is. Daar was ook nie meer versekeringspremies nie. Die Fonds is gefinansier by wyse van heffings op brandstof. Hierdie wyse van befondsing het behoue gebly in die Multilaterale Motorvoertuigongelukkefondswet, 1989 (Wet 93 van 1989) en die Padongelukkefondswet, 1996 (Wet 56 van 1996).

Hy het
toegegee dat daar heelwat gesag is wat die reg van die Fonds om bydraes ingevolge die Wet op Verdeling van Skadevergoeding, 1956 (Wet 34 van 1956) te eis, erken soos Du Plessis v President Versekeringsmaatskappy Beperk 1991(2) SA 477 T, Dodd v Multilateral Motor Vehicle Accidents Fund 1997(2) SA 763 A, Hanekom v Multilateral Motor Accidents Fund (De Lange Third Party) 1998(1) SA637 T en Coetzer v Multilateral Motor Accidents Fund and Another [2002] 1 AII SA 526 OK. Hy het egter verwys na die saak van Ribeiro v Sanlam Ltd supra en betoog dat die Fonds die enigste party is wat aanspreeklik is vir die nalatigheid van alle motor bestuurders.

Hy het betoog dat so `n resultaa
t redelik is en regverdigbaar in `n oop en demokratiese gemeenskap gebaseer op gelyke behandeling.

Hy het aangevoer dat die gevolg van die bestel waarvolgens premies by wyse van brandstofheffings verhaal word die gevolg het dat daar `n versekeringskontrak is tussen die Fonds en die gebruikers van motorvoertuie. In so `n bestel is `n bestuurder geregtig om te aanvaar dat hy ten volle gedek is vir enige skade behalwe vir die beperkings en uitsluitings vervat in Wet 56 van 1996. Hy het dit as ongerymd beskou dat mnr Mtsweni persoonlike aanpreeklikheid kan vryspring terwyl die boedel van wyle mnr F le Roux aanspreeklik gehou word vir 20% van die skade in dieselfde botsing veroorsaak. Sy submissie is dat die wetgewer nie so `n situasie kon betoog het nie en dat wyle mnr F le Roux ook `n versekerde bestuurder was en geregtig was op die statut re beskerming wat artikel 17(1)(a) van Wet 56 van 1996 bied.

Hy h
et daarop gewys dat die feit dat die Wetgewer Wet 34 van 1956 nie gewysig het sedert die aanname van Wet 93 van 1989 en Wet 56 van 1996 nie en betoog dat dit wys dat die oogmerk was dat Wet 34 van 1956 nie van toepassing sou wees op Wet 93 van 1989 en Wet 56 van 1996 nie.

Met verwysing na die saak van
Dodd V Multilateral Motor Vehicle Accidents Fund supra het hy betoog dat die gevolgtrekking op p769 E-G verkeerd is. Hy het daarop gewys dat die uitspraak nie na die uitspraak in Ribeiro Santam Ltd supra verwys nie. Vir soverre daardie uitspraak steun op `n verwysing na artikel 46 van die ooreenkoms ingelyf by Wet 93 van 1989 (die voorloper van artikel 18 van Wet 56 van 1996) het hy betoog dat artikel 46 net van toepassing was waar daar net een voertuig betrokke was. In die verband het hy verwys na Vrey v Mutual Federal Insurance Co 1983(4) SA 38W.

Hy het gevolglik gevra dat die spesiale pleit gehandhaaf word en dat verklarende bevele soos aangevra verleen word, naamlik met die strekking dat wyle mnr F le Roux ook `n versekerde bestuurder was, dat hy volledig beskerm was ingevolge artikel 17(1)(a) van Wet 56 van 1993 en dat geen bydrae van sy boedel verhaal kan word nie.

Mnr de Jager SC, wat met mnr Strydom namens die verweerder verskyn het, se betoog
was eenvoudig dat die verweerder nie verplig was om wyle mnr F le Roux skadeloos te stel vir skade gely weens die besering of dood van enige van sy passasiers bo die perk van R25 000,00 nie. Hy het betoog dat die wyse van befondsing van die Fonds nie die grondslag van aanspreeklikheid verander het nie. Hy het betoog dat die aangeleentheid gesaghebbend beslis is in Dodd v Multilateral Motor Accidents Fund supra en dat die spesiale pleit van die hand gewys moet word.

Na my mening verloor die betoog namens die derde party uit die oog dat ingevolge artikel 18 van Wet 56 van 1996 (en sy voorgangers soos artikel 46 van die ooreenkoms waarkragtens die Multilaterale Motorvoe
rtuig- ongelukkefonds tot stand gekom het) aanspreeklikheid weens die liggaamlike besering of die dood van enige persoon wat ten tyde van die voorval wat daardie besering of dood veroorsaak het `n passasier in die betrokke voertuig was, beperk is tot R25 000,00.

Die premis van die derde party se argument dat alle bestuurders onbeperk gevrywaar word van aanspreeklikheid weens hulle nalatigheid is dus nie korrek nie. Die vrywaring wat in artikel 21 van Wet 56 van 1996 verleen word
, word net verleen ten aansien van skade wat ook van die Fonds verhaal kan word. Sien die woorde “daardie verlies of skade” in samehang met die woorde “enige verlies of skade” in artikel 21 van Wet 56 van 1996.

Daar is na my mening geen rede om by wyse van noodwendige implikasie te aanvaar dat die wysiging van die finansiering van die Fonds enigsins afbreuk gedoen het aan die beperking
s vervat in artikel 18 nie.

Daar is betoog met verwysing na
Vrey v Mutual & Federal Insurance Co supra dat die beperking van skadevergoeding tot R25 000,00 net van toepassing is waar daar een voertuig betrokke is. Dit is nie wat artikel 18 s nie. Artikel 18 plaas bloot `n perk op die aanspreeklikheid vir die Fonds se aanspreeklikheid vir skade weens die besering of dood van `n passasier weens die nalatigheid van die bestuurder van die betrokke voertuig. Dit affekteer hoegenaamd nie aanspreeklikheid weens liggaamlike beserings of die dood van ander persone, hetsy hulle voetgangers is, hetsy hulle bestuurders van ander voertuie is, en hetsy hulle passasiers van ander voertuie is nie. Vrey v Mutual & Federal Insurance Co supra is ook nie gesag vir die submissie van die derde party nie. Daardie saak het gegaan oor artikel 22 van Wet 56 van 1972 (nog `n voorganger van Wet 56 van 1996) en het gegaan oor beperkte aanspreeklikheid weens die besering van `n werknemer van die bestuurder of eienaar van `n motorvoertuig. Op p41 G-H word die volgende ges : In my judgment the reference in S 22(2), to an employee of the driver or owner of the motor vehicle is a reference to the driver or owner of the motor vehicle against whose insurer the claim is brought. The plaintiff in the present case is not an employee of the driver or owner of the motor vehicle insured by the defendant; he has sued the insurer of the other vehicle involved in the collision. The exception must therefore fail”. Dit is dus duidelik uit hierdie uitspraak dat die hof van mening was dat die beperking net geld ten aansien van die voertuig waarvan die werknemer die bestuurder was, en dat hy `n onbeperkte eis gehad het ten aansien van aanspreeklikheid as gevolg van die nalatigheid van die bestuurder van enige ander voertuig. Die punt is dat die hof nie bevind het dat die beperking net geld as daar net een voertuig by `n voorval betrokke is nie.

Die effek van die uitspraak in
Dodd v Multilateral Motor Accidents Fund supra is na my mening duidelik:
(a)     
Die aanspreeklikheid van die Fonds (toe die MMF) is beperk tot R25 000,00 vir `n eis weens die dood of besering van `n passasier (sien p767 H-I).
(b)      Die feit dat `n tweede voertuig, wat ook ast ware deur die Fonds verseker is, betrokke mag wees, verander nie die situasie nie.

Hierdie uitspraak het gegaan oor artikel 46 van die ooreenkoms wat ingelyf is by Wet 93 van 1989 maar die redenasie is ewe toepaslik op artikel 18 van Wet 56 van 1956. Ek is daaraan gebonde.

In
Hanekom v Multilateral Motor Accidents Fund 1998(1) SA 634 T is die uitspraak in Dodd v Multilateral Motor Accident Fund supra gevolg en het die hof bevind dat die Fonds `n verhaalsreg het teen die bestuurder van `n tweede voertuig, die voertuig wat met die versekerde voertuig gebots het.

I
n Ribeiro v Sanlam Ltd supra op 1042 G-H word die volgende ges :
Allowing any action like the present (`n verhaalsreg van die MMF) would mean that the MMF, funded by a levy on each litre of fuel sold to motorists (which in effect is social legislation) followed through to its logical conclusion would have the effect that in every accident where there are two or more vehicles involved, or even just one motor vehicle, be entitled to claim from the drivers, or either all of the drivers, so much as it has paid to the claimants. Theoretically, therefore, this fund to which every motorist contributes would be paying out its funds which it collects from the public. It would theoretically break square except for the amounts which it cannot collect from the judgments in its favour against drivers or owners involved in collisions. This could never have been the intention of the Legislature”.

Ek stem saam met mnr De Jager dat hierdie redenasie van die verkeerde veronderstelling uitgaan dat die Fonds se verhaalsreg onbeperk is.

Mnr Wilkins het dit voorgehou dat die erkenning van `n verhaalsreg aan die Fonds `n ongelykheid teweeg sou bring omdat die resultaat sou wees dat mnr Mtsweni van aanspreeklikheid gevrywaar word terwyl die boedel van wyle mnr F le Roux aanspreeklik sou wees vir 20% van die eisers se skade.

Die rede waarom mnr Mtsweni `n volkome vrywaring geniet, is dat die oorledene nie `n passsasier in sy voertuig was nie. As hy passasiers in sy voertuig gehad het, en hulle is beseer of gedood, sou hy bo die perk van R25 000,00 aan aanspreeklikheid bloot staan.

Die bron van die o nskynlike ongelykheid is die beperkte aanspreeklikheid van die Fonds ten aansien van passasiers. Dit is in die wetgewing veranker en dit moet in hierdie saak as `n gegewe aanvaar word. Sien Dodd v Multilateral Motor Vehicle Accidents Fund supra op 769E.

Daar kan geen betekenis geheg word aan die feit dat Wet 34 van 1956 nooit gewysig is nadat die wyse van finansiering van die Fonds verander is nie. Die verhaalsreg van die Fonds wo
rd prim r ontleen aan artikel 25 van Wet 56 van 1996 en sy voorgangers. Die feit dat hierdie artikels nooit gewysig is nie, wys eerder dat die Wetgewer van oordeel was dat die wyse van finansiering van die fonds nie die verhaalsreg affekteer nie.

Die feit dat die Fonds nou alle motor voertuie “verseker” beteken nie dat daar geen ruimte vir die aanwending van die verhaalsreg is nie. D
it vind juis aanwending in gevalle waar daar medewerkende nalatigheid is en daar passasiers is ten opsigte van wie se dood of besering daar beperkte aanspreeklikheid is.

Om al die redes is ek van oordeel dat die spesiale pleit nie kan slaag nie.

Die derde party se spesiale pleit word met koste van die hand gewys.



.
________________________________
C. BOTHA
REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF.