South Africa: High Courts - Gauteng

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: High Courts - Gauteng >>
2006 >>
[2006] ZAGPHC 216
| Noteup
| LawCite
S v Nkosi (A596/06) [2006] ZAGPHC 216 (5 June 2006)
Download original files |
NIE RAPPORTEERBAAR
Datum gelewer: 5 Junie 2006
HOOGGERGSHOF- VERW NO: 329
LANDROS SE REEKS NO: 55/2005
LANDROS SE SAAK NO: p534/2005
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELlNG)
In die saak tussen:
DIE ST AA T
VS
MELUSI ELlAS NKOSI
HERSIENINGSUITSPRAAK
DU PLESSIS, R
Die beskuldigde is in die landroshof aangekla van 'n oortreding van artikel 127 (1)(a) gelees met artikel124 van die National Land Transport Transition Act, 22 van 2000 . Volgens die kladstaat sou hy vals inligting verskaf het en 'n ander persoon se bestuurderslisensie getoon het. Hy het skuldig gepleit en is na ondervraging ingevolge artikeI112(1)(b) van die Strafproseswet, 51 van 1977 skuldig bevind. Hy is 'n boete van R3000,OO of 12 maande gevangenisstraf opgele.
Die klagstaat opnbaar geen misdryf nie. ArtikeI127(1)(a) van die gemelde wet maak dit 'n misdryf om sonder 'n lisensie of 'n permit 'n openbare vervoerdiens te bedryf. Alhoewel die gemelde artikel127 'n hele aantal ander misdade skep, is nie een daarvan tans ter sake nie. Die feite wat die beskuldigde se optrede onderle dui op bedrog, maar die klagstaat bevat nie bewerings wat daardie misdaad daarstel nie. Die aangeleenthfeid is na die Direkteur vir Openbare Vervolgings verwys, maar mnr Roberts en me Wait van daardie kantoor het my nie op enige statutere bepaling gewys wat die optrede soos in die klagstaat uiteengesit 'n misdryf maak nie. Die Nasionale Padverkeerswet, 93 van 1996 skep ook nie so 'n misdryf nie.
Die gebrek in die klagstaat is nie voor uitspraak onder die aandag van die verhoorhof gebring nie en daardie hof het dus ook nie ingevolge artikel 86 van die Strafproseswet voor uitspraak die klagstaat gewysig nie. Artikel 88 van die Strafproseswet bepaal:
"Waar 'n aanklag gebrekkig is vanwee die weglating van 'n bewering wat 'n noodsaaklike bestanddeel van die betrokke misdryt is, word die gebrek, tensy dit voor uitspraak onder die aandag van die hot gebring word, herstel deur getuienis by die verhoor wat die aangeleentheid bewys wat beweer moes gewees het."
Die beskuldigde se antwoorde tydens ondervraging is die engiste getuienis wat in hieride geval voor die hof is. Daardie antwoorde het geen misdryf bewys nie. Vir sover dit bedrog betref, het die staatsadvokate tereg daarop gewys dat die beskuldigde nie oor die nadeel of potesniele nadeel van sy optrede uitgevra is nie en dat sy antwoorde dus ook nie bedrog bewys nie.
Ek meen nie dat die saak vir verhoor van nuuts af na die landdroshof terugverwys moet word nie. In die eerste plek het die beskuldigde geen. geleentheid gehad om daaroor submissies te maak nie. In die tweede plek meen ek dit moet aan die Direkteur vir Openbare Vervolgings oorgelaat word om te besluit of hy die beskuldigde weer wil aankla.
Gevolglik word die skuldigbevinding en vonnis ter syde gestel.
B. R. DU PLESSIS
Regter van die Hooggeregshof
Ek stem saam
C.BOTHA
Regter van die Hooggeregshof