South Africa: Free State High Court, Bloemfontein Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Free State High Court, Bloemfontein >> 2017 >> [2017] ZAFSHC 139

| Noteup | LawCite

Toyota Suid-Afrika Motors (Edms) Bpk v Wepener (227/2017) [2017] ZAFSHC 139 (10 August 2017)

Download original files

PDF format

RTF format



Sekere persoonlike/private besonderhede van partye of getuies in die dokument is geredigeer in ooreenstemming met die wet en SAFLII se beleid.   

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN

Aansoeknommer:  227/2017

In die aansoek tussen:

TOYOTA SUID-AFRIKA MOTORS (EDMS)

BPK                                                                                                            Applikant

en

ELMARIE WEPENER                                                                      Respondente

(Identiteitsnommer: [...])

 

CORAM: VAN ZYL, R

GELEWER OP: 10 AUGUSTUS 2017

 

[1] Applikant het die hof genader vir ‘n interdik en aanverwante regshulp.  Die aansoek het aanvanklik op 23 Februarie 2017 voor die hof gedien met Musi, Wnd RP voorsittend, waartydens respondente in persoon verskyn het.  Op daardie stadium was die volgende bevel gemaak, soos blyk uit die afskrif daarvan in die hofleêr:

1. Die aansoek word uitgestel na 30 Maart 2017.

2. Verspilde koste van vandag staan oor vir latere beregting.

3. Respondent se opponerende eedsverklaring moet liasseer word voor of op 6 Maart 2017. 

4. Applikant se repliserende verklaring moet liasseer word voor of op 23 Maart 2017.

5. Toestemming word verleen om die aangeleentheid op die bestrede rol te plaas indien die respondent nie haar verklaring liasseer soos per hierdie bevel nie.”

[2] Applikant het op 24 Maart 2017 `n aanvullende beëdigde verklaring (“die aanvullende verklaring”) geliasseer waarin sekere relevante gebeure sedert die hofverskyning op 23 Februarie 2017 uiteengesit is. Uit die aanvullende verklaring blyk die volgende:

2.1 Op 28 Februarie 2017 het applikant se prokureurs van eerste instansie, Webber Wentzel (“WW prokureurs”) `n skrywe aan respondente per e-pos versend en met verwysing na `n skrywe van applikant se prokureurs van rekord, aan respondente `n uiteensetting van die inhoud van die hofbevel gegee. Dit dien vermeld te word dat in beide laasgenoemde skrywes is vermeld dat respondente haar opponerende verklaring teen 16 Maart 2017 moes liasseer, wat strydig is met die datum van 6 Maart 2017 wat op die hofbevel (en op die buite-blad van die hofleêr) voorkom. Hoe dit ookal sy, dit sal uit die verdere gebeure hieronder uiteengesit blyk dat die tersaaklike spertyd eventueel nie relevant was nie en in ieder geval was die latere datum van 16 Maart 2017 tot voordeel van respondente.

2.2 WW prokureurs het voormelde hofbevel ook per e-pos op 2 Maart 2017 aan respondente versend.

2.3 Later die dag van 2 Maart 2017 het respondente `n e-pos aan een van die griffiers van hierdie hof en WW prokureurs gerig, waarin sy as volg opgemerk het:

Ek wys u daarop dat u Toyota Logo op u Automart Waarborg dokument is.”  

`n Afskrif van die logo, sowel as `n afskrif van haar faktuur uitgemaak aan WW prokureurs en applikant (die relevansie van die faktuur sal later in die uitspraak blyk) in die bedrag van “R 3 391 072 548 217”, was by die e-pos aangeheg.

2.4 Op 6 Maart 2017 het WW prokureurs `n afrikaanse vertaling van die kennisgewing van mosie en die funderende verklaring aan respondente per e-pos verskaf. (Ek sal na hierdie aspek terugkeer.) 

2.5 Respondente het op 7 Maart 2017 weer `n e-pos aan bogemelde griffier en WW prokureurs gerig, wat as volg gelees het:

Die Verbruiker het die reg tot duidelikheid.

Die Verbruiker het die reg om Aanlyn Inkopies te doen.

Ek gaan koffie maak.

Elmarie”

2.6 Op 13 Maart 2017 het respondente ‘n verdere e-pos gerig aan die tersaaklike griffier en WW prokureurs, waarvan die inhoud as volg was:

Beste Hoof Regter,

Dankie vir die kans wat u my gegun het. 

Om by u aan te sluit sal ‘n voorreg wees op die 30ste Maart 2017 en ek sal weer ‘n plan maak om ‘n voertuig te leen.

Ek is oortuig dat behalwe vir die Verbruikerswet wat Godskryend oortree is voel ek as Vrou dat my Konstitusionele reg van my ontneem is en dit ‘n vorm is van Geslags diskriminasie ook is.

Dit het verreikende gevolge op Eiendomsreg en Grondbesit indien hierdie beginsel nie volgens die Wet korrek en juis aangespreek word nie.

Groete

Elmarie” (sic)

2.7 Respondente het op 14 Maart 2017 `n verdere e-pos aan die griffier en WW prokureurs gerig, met die volgende inhoud:

Beste Regter,

Ek werk nog steeds.

Elmarie”

2.8 Op 15 Maart 2017 het respondente nog `n e-pos aan die griffier en WW prokureurs gerig, waarin sy die volgende konstateer het:

Geagte Regter,

Hierdie, wat my aanbetref is koelbloedige ekonomies (sic) moord en ek wil verneem waarom?

Dankie.

Elmarie”

[3] Respondente het geen opponerende beëdigde verklaring geliasseer soos deur die hofbevel gelas was nie. Respondente het egter wel op 30 Maart 2017 in persoon verskyn en aangedui dat sy wens die aansoek te opponeer.  Ten spyte daarvan dat ek haar aanbeveel het om regsverteenwoordiging te bekom en, indien sy dit nie kon bekostig nie, aansoek te doen vir regshulp, het sy verskeie redes aangevoer waarom sy wens in persoon die aansoek by wyse van mondelinge betoog te opponeer.  Ek het derhalwe die aansoek dienooreenkomstig aangehoor en aan respondente behoorlike geleentheid gegee om my toe te spreek oor waarom die gevorderde regshulp nie toegestaan behoort te word nie. 

[4] Die aanvanklike aansoekstukke was in engels opgestel. Dit dien egter vermeld te word dat respondente beweer het dat sy nie engels magtig is nie en het daarom daarop aangedring dat sy geregtig is dat die aansoekstukke in die taal van haar keuse, synde afrikaans, moet wees. Dit is vanweë hierdie rede dat ek dit doelmatig ag om die uitspraak ook in afrikaans te skryf.  

 

Gevorderde regshulp en die basis daarvoor:

[5] Die regshulp wat applikant in terme van die vertaalde kennisgewing van mosie vorder, is die volgende: 

1. Die respondent word hiermee deur interdik verbied en daarvan weerhou om:

1.1 enige lasterlike bewerings te maak oor en in verband met die applikant en om die applikant se besigheidsonderneming deur die publikasie van valse bewerings oor die applikant neer te haal.

1.2 die applikant se besigheid lastig te val en daarby in te meng en die applikant en sy werknemers te bedreig.

1.3 onwettige vorderings teenoor die applikant en sy werknemers te maak.

1.4 enigsins verder met applikant se werknemers en/of beamptes te kommunikeer.

1.5 by enige gedrag betrokke te wees wat daarop gerig is om die  applikant se werknemers daarvan te weerhou om hul pligte teenoor die applikant uit te voer.

1.6 in kontak te tree met motorhandelaars en om die applikant of sy gevolmagtigde prokureurs se naam te gebruik om voor te doen dat sy `n motor koop wat óf deur die applikant óf sy gevolmagtigde prokureurs betaal sal word.

2. Die regshulp in bede 1.1 hierbo sal uitgebrei word na die platforms, insluitend e-pos,facebool en twitter, maar nie daartoe beperk nie.

3. Die respondent word hiermee deur interdik beveel om die prublikasies wat op facebook gevind is en in die Hello Peter webwerf aangebied is, hierby aangeheg as aanhangsel “NM1”, binne vyf dae na die toestaan van hierdie bevel te verwyder.

4. Onderworpe aan wat in bede ses hieronder beweer word, word die respondent deur interdik beveel om slegs met die applikant se gevolmagtigde prokureurs en nie met die applikant te kommunikeer in verband met enige klag wat sy in verband met die beweerde Automark waarborg met betrekking tot `n 2001 Mitsubishi Colt 2.8 Clubcab TDI, met registrasienommer [...] FS mag hê, wat op 27 Januarie 2006 van Hugo & Hugo (Edms) Bpk handeldrywend as Hugo & Hugo Toyota in Vredenburg gekoop is.

5. Die respondent word hiermee deur interdik beveel om enige aksies  teen die applikant in te stel binne ses (6) weke vanaf die datum van hierdie bevel ten opsigte van enige eis wat uit of in verband met die beweerde Automark-waarborg met betrekking tot `n 2001 Mitsubishi Colt 2.8 Clubcab TDI, met registrasienommer [...] FS, wat op 27 Januarie 2006 van Hugo & Hugo (Edms) Bpk handeldrywend as Hugo & Hugo Toyota in Vredenburg gekoop is.

6. In die geval dat die respondent weier om die aksies wat in bede 5 oorweeg word, binne die bepaalde tydperk van ses (6) weke in te stel, word die respondent belet om dit te doen en `n bevel van ewigdurende stilswye word teen haar uitgereik ten opsigte van enige vorderings wat uit die beweerde Automark-waarborg ontstaan met betrekking tot `n 2001 Mitsubishi Colt 2.8 Clubcab TDI, met registrasienommer [...] FS, wat op 27 Januarie 2006 van Hugo & Hugo (Edms) Bpk handeldrywend as Hugo & Hugo Toyota in Vredenburg gekoop is.

7. Die respondent word beveel om die kostes van hierdie aansoek op die prokureur-en-kliënt basis te betaal.”   

[6] Applikant se saak soos in die funderende beëdigde verklaring uiteengesit, behels die volgende.

[7] Die deponent tot applikant se funderende verklaring is Calvyn Nicolaas Hamman, synde die senior adjunk president van verkope en bemarking van applikant, gestasioneer te applikant se hoofkantoor, Sandton. Aldus die funderende verklaring doen applikant besigheid in Suid Afrika, onder andere in die produksie, verkoop en verspreiding van Toyota-voertuie, en is dit deel van die Toyota Maatskappye Groep wat onder die banier van Toyota Motor Corporation val, synde ‘n maatskappy wat behoorlik geregistreer en geinkorporeer is ooreenkomstig die Japanese maatskappy wetgewing, met hoofkantoor geleë in Aichi Prefecture, Japan. Ek gaan vervolgens na applikant verwys as “Toyota”.

[8] Respondente is ‘n meerderjarige vrou, woonagtig te Wesselsbron, Vrystaat Provinsie.

[9] Op of omtrent 27 Januarie 2006 het respondente ‘n 2001 Mitsubishi Colt 2.8 Clubcab TDI 4x4 bakkie (“die bakkie”) vanaf Hugo & Hugo (Edms) Bpk, handeldrywend as Hugo & Hugo Toyota te Vredenburg, Wes-Kaap, gekoop.

[10] Aldus Toyota vervaardig dit nie Mitsubishi voertuie nie – dit val onder Mitsubishi Motors, synde ‘n onafhanklike Japanese vervaardiger van ‘n afsonderlike reeks voertuie.  Hugo & Hugo was nie verbonde aan Toyota nie. Dit was ‘n onafhanklike tweedehandse motorhandelaar wat ‘n uiteenlopende reeks van  verskillende klasse en modelle van Toyota en ander voertuie verkoop het. Addisioneel tot die verkoop van tweedehandse voertuie, het Hugo & Hugo ook Toyota-vervaardigde voertuie verkoop wat hulle vanaf Toyota aangekoop het en aan die publiek herverkoop het.  Hoewel Hugo & Hugo klaarblyklik nie meer besigheid bedryf nie, is dit steeds as ‘n regsentiteit geregistreer.

[11] Ten tyde van die aankoop van die bakkie het respondente ook ‘n versekeringsproduk ten opsigte van die bakkie by ‘n onafhanklike versekeraar, synde Guard Risk Insurance Company Limited (“Guard Risk”) gekoop.  Die dokument ten opsigte van die aankoop van die versekering, is aangeheg tot die funderende verklaring as aanhangsel “CNH2”, welke dokument respondente aan Toyota en sy regsverteenwoordigers verskaf het as synde die dokument waarop respondente steun vir doeleindes van haar eis teen Toyota.  In paragraaf 20 van die vertaalde funderende verklaring word die volgende beweer:

20. Soos uit die polis blyk, is die voorwaardes waaronder die respondent die versekeringsproduk gekoop het soos volg:

20.1 die versekeraar is uitdruklik geïdentifiseer as Guard Risk;

20.2 die versekeraar was ook die verskaffer van die produk;

20.3 die bemiddelaar was die handelaar (‘n verwysing na Hugo & Hugo);

20.4 die administrateur was Equals Group (Edms) Bpk;

20.5 die versekeringstydperk sou vir 25 maande in die tydperk tussen 27 Januarie 2006 tot 27 Januarie 2008 wees;

20.6 die respondent het aanvaar dat die polis aan haar verduidelik is, dat die bogenoemde inligting korrek was en dat sy tot die voorwaardes van die polis toegestem het.”  

[12] Toyota dra nie kennis van die verdere terme en voorwaardes van die polis nie, aangesien dit nie deur respondente aan Toyota verskaf is nie.  Toyota se begrip van die polis is egter dat dit deur respondente gekoop was ten einde as verlengde waarborg ten opsigte van die bakkie te dien.  In die verband wys Toyota daarop dat vanweë die feit dat dit ‘n gebruikte voertuig was, sou Mitsubishi as vervaardiger se waarborg verval het en nie meer geldig gewees het nie.

[13] Hugo & Hugo het gebruikte voertuie onder die automark-handelsmerk verkoop. Hierdie handelsmerk was oorspronklik deur Toyota ontwikkel op die basis van ‘n sewe-n-twintig-punt sisteem waarvolgens gebruikte voertuie van verskeie vervaardigers (dus nie noodwendig beperk tot voertuie wat deur Toyota vervaardig is nie) geassesseer word en aan streng kwaliteitstoetse onderwerp word.  Indien die voertuie dan aan hierdie streng toetse voldoen, word hulle deur automark gesertifiseer.  Dit word gedoen ten einde die voertuie se padwaardigheid en waarde vas te stel. Toyota doen nie self die sertifisering nie, dit word deur die handelaars gedoen. Toyota reik ook nie die polis uit nie en verskaf geen waarborg met betrekking tot `n gebruikte voertuig wanneer die koper besluit om `n verlengde waaarborg in die vorm van ‘n versekeringspolis uit te neem nie.

[14] Aldus Toyota is die kontraktuele regte of vorderings wat respondente voortspruitend uit die polis mag hê, teenoor Guard Risk in sy hoedanigheid as die versekeraar.  Toyota het geen verbintenis met Guard Risk nie en is nie ‘n party tot enige kontrak wat respondente met betrekking tot die aankoop van die bakkie gesluit het nie. Toyota het nie die bakkie aan respondente verkoop nie, het ook nie die polis aan respondente verkoop nie en het ook nie enige waarborg met betrekking tot die bakkie aan respondente verskaf nie.

[15] Teen die agtergrond hierbo uiteengesit het respondente die eerste keer met Toyota kontak gemaak gedurende ongeveer November 2009. Sy het met Mnr Daniel Japhta, ‘n sake-bestuurder in die kliënte diens afdeling, gepraat en haar bekla dat die bakkie afgeskryf was, as gevolg waarvan sy `n nuwe voertuig moes aankoop.  Respondente het Mnr Japhta ook ingelig dat herstelwerk op `n sekere stadium aan die bakkie gedoen was by ‘n Toyota handelaar in Wesselsbron. 

[16] Die koste van voormelde herstelwerk het R40 000-00 beloop, welke respondente nie betaal het nie en wat daartoe aanleiding gegee het dat regsaksie teen haar ingestel was.  Aldus Toyota is Wesselsbron Toyota `n regsentiteit apart van Toyota (net soos Hugo & Hugo) en hoewel dit besigheid doen in die verkoop en herstel van Toyota-vervaardigde voertuie, handel dit nie as `n agent namens of as `n konsessiehouer van Toyota nie.  Dit was egter nie duidelik wat respondente van Toyota verwag het na aanleiding van haar klagte nie. Nadat respondente Mnr Japhta egter voorsien het van die besonderhede van die bakkie, het Mnr Japhta deur middel van die onderskrywer, synde Inovation Group  (voorheen Equals Group (Edms) Bpk), vasgestel dat respondente geen eis in terme van die polis ingestel het nie, welke polis op 27 Januarie 2008 verval het.  Daarop het Mnr Japhta op 23 November 2009 `n skrywe aan respondente gerig waarin hy haar meegedeel het dat na behoorlike ondersoek van die aangeleentheid deur Toyota kliënte diens en Automark Suid-Afrika, Toyota haar nie verder  behulpsaam kan wees nie en die aangeleentheid as afgehandel beskou.  Die verduideliking vir hierdie gevolgtrekking in die skrywe lees onder andere as volg:

Effectively the Automark Warranty, Registration Schedule EZ07335 inception was 27/01/2006 and has expired on 27/01/2008. During this period no claims were submitted on the policy and because the repair incidents  on February 2007 and August 2007 have been more than two years ago, Innovation Group is unable to be of any assistance regarding this matter.”

Respondente was egter in die skrywe uitgenooi dat  indien sy as gevolg van Toyota se standpunt die aangeleentheid sou wou verder neem, sy dit na die Ombudsman vir die motorbedryf kon verwys vir ‘n onafhanklike beslissing van die aangeleentheid. Die besonderhede van die Ombudsman was in die skrywe aan  respondente verskaf.  Daar was voorts aangedui dat Toyota sal berus by die beslissing van die Ombudsman.

[17] Respondente was klaarblyklik nie tevrede met bogemelde uitkoms nie en het op 13 Januarie 2010 ‘n e-pos aan Mnr Guy Keeling gerig, met die volgende inhoud:

Hi, Mr Guy Keeling, can this matter be resolved and decision forwarded by this afternoon? (13 January 2010) If not I have no other recourse than to file a legal matter. (sic) Can you supply me with a physical address for Toyota SA. On the 26 January 2010 this is outstanding for four years!!!”

[18] Respondente het nie uitvoering gegee aan laasgenoemde dreigement van regsaksie nie.  Toyota het egter in ieder geval die aangeleentheid as afgehandel beskou.  Toyota het nie weer van respondente verneem tot ongeveer November 2014 nie, op welke datum die deponent ‘n boodskap ontvang het dat hy ‘n bepaalde kliënt moes skakel wie ‘n boodskap gelaat het.  Die kliënt het toe tydens hul gesprek geblyk respondente te wees en het die deponent ten tyde van hul gesprek agtergekom dat die  aangeleentheid uit etlike jare tevore dateer.  Hy het gevolglik respondente versoek om haar klagte op skrif te stel, wat sy wel op of omtrent 24 November 2014 gedoen het (dit dien vermeld te word dat die skrywe op sigwaarde gedateer is 27 Augustus 2010, maar tog in die inhoud daarvan verwys na 15 Desember 2014 as `n sperdatum vir `n antwoord tot die skrywe). `n Faktuur van respondente was ook aangeheg tot hierdie skrywe wat die bedrag van R33 013 638-89 aangedui het as, onder andere, respondente se verlies aan inkomste, reiskoste, regskoste, mediese koste en skadevergoeding vir laster.  Ek sal terugkeer na die gedetailleerde inhoud van die skrywe.

[19] Nadat die aangeleentheid  verder ondersoek was, het die deponent op 2 Desember 2014 namens Toyota ‘n e-pos aan respondente versend, aanhangsel “CNH7” tot die funderende verklaring, waarin aangedui was dat nadat Toyota respondente se polis met Guard Risk nagegaan het, welke polis respondente aan die deponent verskaf het op sy versoek op 27 November 2014, Toyota nie bereid is om enige aanspreeklikheid vir enige eis te aanvaar nie.  Respondente was weereens uitgenooi om die aangeleentheid na die Ombudsman te verwys indien sy van oordeel was dat sy onbillik behandel is.

[20] Respondente het op voormelde datum per e-pos geantwoord en gedreig  om Toyota se naam in die media te skend, waarop die deponent dit nodig geag het om respondente te waarsku dat enige aksie deur haar in hierdie verband versigtig oorweeg moes word, aangesien Toyota nie sou huiwer om sy handelsmerk teen onregmatige optrede te beskerm nie.

[21] Respondente het daaropvolgend per e-pos in verbinding getree met Dr Johan van Zyl, voorheen die hoof uitvoerende beampte van Toyota Suid-Afrika, hoewel hy sedertdien na België verhuis het, waar hy as hoof uitvoerende beampte van Toyota Motor Corporation vir Europa-  en Afrika streke optree.  Voortspruitend uit kommunikasie tussen hulle, het Dr van Zyl eventueel op 4 Mei 2015 in ‘n e-pos aan respondente bevestig dat Toyota voorheen die saak ondersoek het, dat die uitslag daarvan deur die deponent aan haar gekommunikeer was en dat Dr van Zyl die aangeleentheid dus as afgehandel beskou.

[22] Nadat respondente op 5 Mei 2015 weer in `n e-pos aan Dr van Zyl gevra het op welke feite voormelde besluit berus, het Toyota op 13 Mei 2015 ‘n skrywe per e-pos aan respondente gerig, aangeheg as aanhangsel “CNH11” tot die funderende verklaring, waarin dit formeel aan respondente oorgedra was dat die aangeleentheid volledig ondersoek was deur die regsafdeling van Toyota, dat Toyota steeds die aangeleentheid as afgehandel beskou en dat respondente geen verdere eise teen Toyota in hierdie aangeleentheid het nie.  Respondente was egter weereens in laasgenoemde skrywe uitgenooi om die aangeleentheid na die Ombudsman te verwys en dat Toyota sal berus by enige beslissing deur die Ombudsman gemaak.  Respondente was ook ingelig van haar reg om formele regsaksie in te stel. Respondente was voorts versoek dat enige verdere korrespondensie aan Toyota, indien enige, aan die regsafdeling van Toyota gerig moes word, aangesien die regsafdeling deur die uitvoerende bestuur van Toyota gevolmag was om die aangeleentheid te hanteer.

[23] Respondente het eventueel wel ‘n klagte na die Ombudsman verwys, maar blyk die volgende uit hulle terugvoering daarop, gedateer 3 September 2015, aangeheg as aanhangsel “CNH13” tot die funderende verklaring:

We have studied all submissions made available to this office and comment as follows: 

According to South African Automotive Industry Code of Conduct, if a case is not lodged within 3 years after complainant became aware, this simply means the Motor Industry Ombudsman has no jurisdiction. 

We do however thank you for having approache this office with your complaint and confirm that we will be closing our file accordingly.”

[24] Aldus Toyota se saak het respondente, ongeag die feit dat sy haar beweerde regte nie tydig en deur die gepaste kanale uitgeoefen het nie, gegewe dat haar beweerde skuldoorsaak reeds in 2006 ontstaan het, voortgegaan om ongevraagde kommunikasie aan Toyota, sy personeel, sy beamptes en verskeie derde partye te stuur.  Hierdie kommunikasie het onder andere die volgende ingesluit:

1.n E-pos aan Me Khan van Browne Brodie prokureurs op 20 Mei 2015, waarin Mnr Kekana van die Openbare Beskermer se kantoor ingekopiëer was, met die versoek dat respondente se aangehegte faktuur dringend na Wesbank, Dr van Zyl en Mnr O’ Tugenhaft van Pinnacle Protection Enterprises aangestuur moes word, en met die opmerking:

I would like to purchase a new vehicle and somehow nobody is taking this serious.”

Toyota het vasgestel dat Me Khan van Browne Brodie prokureurs vir Absa verteenwoordig in ‘n skuldinvordering teen respondente wat in litigasie ontwikkel het. 

2.n Facebook-plasing op die blad van “Special Assignment:  The Official Page”, welke ‘n akktualiteitsprogram op SABC  is.  Hierdie plasing is gedateer 1 Junie 2015 met die versoek dat respondente dringend voorsien word van die e-pos adres van die Openbare Beskermer met betrekking tot rassisme ten opsigte van Toyota. Aldus Toyota het respondente die naam Toyota eksplisiet vermeld en beklemtoon met die hutsteken - #Public Protector#Toyota#Justice.  Toyota beweer dat die hutsteken aldus deur respondente gebruik was om die maksimum publisiteit en bewusheid van die plasing te verseker, aangesien die plasing sou opduik indien iemand die woord “Toyota” in Facebook sou soek met behulp van die soek-funksie daarvan. 

3.n Facebook-plasing op die blad “Lug Jou Opinie / Raise Your Opinion”, gedateer 5 Junie 2015, waarin respondente berig het dat sy vir ‘n antwoord wag vanaf Toyota ten opsigte van die “Automark Warranty” en kostes wat aangegaan is.  Hierdie plasing het ‘n skakel bevat na die “hellopeter.com”-blad met klagtes teen Toyota. 

4. ‘n Facebook-plasing op die “Informasie Kommunikasie / Information Communication”-blad op 5 Junie 2015, weereens  met ‘n skakel na die “hellopeter.com”-blad bevattende klagtes teen Toyota. 

[25] Die klagte wat op die hellopeter.com-blad gemaak was, waarna bogenoemde skakels verwys, het as volg gelees, soos blyk uit aanhangsel “CN18” tot die funderende verklaring:

Expenses Incurred due to Toyota Negligence

Toyota/Automark refuses to pay costs and damages incurred due to their negligence in repairing the vehicle as per their Automark Warranty.”

[26] Geen verdere kommunikasie was vanaf respondente ontvang nie tot 3 Junie 2016, op welke datum sy ‘n navraag tot Toyota se webtuiste gerig het, welke navrae op ‘n geoutomatiseerde wyse hanteer word.  In hierdie navraag het sy versoek dat ‘n nuwe voertuig by haar woning in Wesselsbron afgelewer word en dat die faktuur ten opsigte van daardie voertuig na McCarthy Finance of Dr van Zyl gestuur moes word. 

[27] Op 7 Junie 2016 het respondente ‘n verdere e-pos versend aan Me Khan en Dr van Zyl, waarby individue betrokke by Audi ingekopiëer was, sowel as die Ombudsman, Wesbank en die kantoor van die Openbare Beskermer.  Hierdie e-pos het, onder andere, as volg gelees:

Could you be so kind to ensure the INJUSTICE and UNFAIRLY treated situation is handled.  Replace my vehicle and costs incurred.

This is the requested replacement vehicle which I would like to be delivered to my address, with a 5 year Maintenance plan, extended warrantee and insurance.  The colour in white.”

Respondente versoek dan ‘n Audi R8-Coupe voertuig en verskaf sy die kontaknommer van ene Elvah as die verkoopspersoon.  Die e-pos het voorts die volgende stateer:

Also ensure that all my legal costs are reimbursed and I am cleared from ITC. 

You are victimizing me which I do not appreciate. 

Your urgent response are welcome. (sic)

I would not like to involve the social media.”

[28] Op 17 Junie 2016 het respondente ‘n e-pos versend aan Toyota Finansiële Dienste, Me Liz Becker van Toyota, Dr van Zyl, die Ombudsman, Mnr Kekana van die Openbare Beskermer se kantoor, LHC Global Systems, Red Pepper, NUMSA, Media24, Spacemail en RBI.  Die inhoud van hierdie e-pos, welke aangeheg is tot die funderende verklaring as aanhangsel “CNH22”, was die volgende:

Can you urgently confirm from which dealer I can collect my Lexus Sport in white? 

I am somebody please do not ignore the e-mail again as it is deformation (sic) of my character.

Your sincere input will be appreciated.

I am not going to go away until I am placed in the position I was before the incident.”

[29] Op 20 Junie 2016 het Me Becker van Toyota geantwoord deur weereens die versoek dat alle korrespondensie aan Toyota se regsafdeling gerig moes word, herhaal.  Op 24 Junie 2016 het Me Reddy van Toyota se regsafdeling ‘n skrywe aan respondente gerig waarin weereens bevestig was dat die aangeleentheid deeglik ondersoek was, dat die uitkoms daarvan aan respondente gekommunikeer was, dat Toyota die aangeleentheid as afgehandel beskou en dat die Ombudsman as ‘n onafhanklike en onpartydige liggaam die aangeleentheid oorweeg het en bevestig het dat respondente geen verdere eis teen Toyota het nie.  Hierdie skrywe is aangeheg tot die funderende verklaring as aanhangsel “CNH23”. 

[30] Op dieselfde datum en klaarblyklik nie tevrede met Toyota se verduideliking nie, het respondente ‘n e-pos geadresseer aan Me Reddy, Mnr Kekana, die Ombudsman en versekeie individue van News24, NUMSA, Media24, Spacemail, RBI, Huisgenoot, E-TV, Afriforum en Solidariteit, waarin sy versoek het dat Toyota dringend redes verskaf vir hulle weiering om ‘n geldige waarborg te erken. 

[31] Op 29 Junie 2016 het respondente ‘n e-pos aan Me Reddy gerig waarin sy, onder andere,  weereens aangedring het op die lewering van `n wit Audi Sport voertuig:

Dear Toyota,

Attached you will find a file with:

An unpaid invoice for a Valid Automark Warranty Claim on my vehicle.

4% administration cost each month from end 1 July 2016 will apply. 

I am looking for a Audi Sport model, in the colour white. 

I will call a witness.”

Aangeheg tot die e-pos was ‘n faktuur in die bedrag van R28 360 088-00, die betaling waarvan respondente vanaf Toyota geëis het.  Die e-pos, tesame met die faktuur, is aangeheg as aanhangsels “CNH26” en “CNH27” tot die funderende verklaring. 

[32] Me Reddy het op dieselfde dag per e-pos geantwoord, aanhangsel “CNH28” tot die funderende verklaring, en herhaal dat respondente nou al meerdere kere daarop gewys is dat sy geen geldige eis gegrond op ‘n waarborg teen Toyota het nie.  Respondente was ook weereens ingelig dat Toyota al sy regte voorbehou indien respondente sou volhard om voort te gaan met die aangeleentheid. 

[33] Op dieselfde dag het respondente Me Reddy geantwoord in drie verskillende e-posse, aanhangsels “CNH29” tot “CNH31” tot die funderende verklaring.  Hierdie e-posse het die volgende behels:

1. In die eerste e-pos het respondente aangedring op die betaling van haar faktuur daardie selfde dag.  Sy het ook weer na twee Facebook-skakels verwys. 

2. Die tweede e-pos het as volg gelees:

My request is very simple and fair: 

Remove me from ITC.

Put me back in the position which I was before the incident. 

Pay me damages done to me as a person and settle this incident.  It will cost you more in a court case. 

I am looking for an Audi Sport Model in White, with a 5 Year Maintenance Plan, 3 Year Extended Warrantee with Dent & Scratch Cover.

3. In die derde e-pos, wat aan Me Reddy, Martha Motsatsi en Me Khan gerig was, het respondente weereens beweer dat Toyota verantwoordelik is vir die waarborg.  Sy het weereens aangedring op die betaling van haar faktuur, welke aangeheg was tot laasgenoemde e-pos. 

[34] Op 1 Julie 2016 het respondente die volgende e-pos aan Me Reddy gerig:

I will arrange to be at John Williams, Welkom Free State, this morning. 

Please confirm as I will have to make Taxi arrangements from my home,    which is 40km from Welkom. 

It is too cold to walk this morning and my health is deteriorating.  I can send you the Dr’s Report and costs too on the effect this unfairness had on it.”

Respondente het dus klaarblyklik gesuggereer dat Toyota vir die aankoop van ‘n voertuig moes betaal, welke voertuig Respondente daardie oggend vanaf die motorhandelaar wou afhaal.  In antwoord hierop het Me Reddy op 1 Julie 2016 in ‘n e-pos opnuut verwys na vorige korrespondensie en bevestig dat Toyota volhard met sy standpunt in die aangeleentheid en dat geen reëlings derhalwe met die handelaar getref sou word soos deur respondente vereis nie. 

[35] Respondente het in daaropvolgende e-posse die fisiese adres van Me Reddy aangevra en aangedui dat sy dit benodig vir regsdoeleindes.  In ‘n e-pos van 5 Julie 2016 het respondente onder andere as volg vermeld:

Still awaiting your reply to the reason for why a Claim was not received/submitted by Toyota?

Toyota at the time was underwriter of the Automark Warranty? 

Please I am asking nicely to re-consider your decision and decide on a goodwill gesture at least.

Also I would like your physical address for Legal Purposes.”

[36] In antwoord hierop het Me Reddy weereens aan respondente ‘n e-pos gestuur, aanhangsel “CNH37”, waarin sy aangedui het dat Toyota reeds oor ‘n lang tydperk respondente se navrae met betrekking tot die waarborg beantwoord het en deurentyd bevestig het dat Toyota nie ag aanspreeklik te wees vir respondente se vordering nie.  Voorts het Me Reddy aangedui dat Toyota die aangeleentheid as afgehandel beskou en dat Toyota nie bereid is om in verdere kommunikasie in die verband betrokke te wees nie, tensy dit via Toyota se prokureurs geskied. 

[37] In antwoord hierop het respondente weereens ‘n epos aan Me Reddy gerig op 5 Julie 2016, aanhangsel “CNH38”, waarin sy as volg vermeld het:

You acknowledged that the claim was not submitted.

I want to know why?  You surely thought I was a woman and therefore you still believe you can get away with it? 

You were fully aware of the Automark Warranty as it was registered in your database and I have received confirmation as such. 

I will see an attorney as per your advice and you will be billed for it.”

[14] Vanweë respondente se ingesteldheid het Toyota vir WW prokureurs opdrag gegee om `n formele skrywe aan respondente te rig. Hierdie skrywe, gedateer 19 Julie 2016, is aangeheg as  aanhangsel “CNH39” tot die funderende verklaring en lees, onder andere, as volg:

3.     Our client instructs us that:

3.1    Our client has already informed you that it disputes being liable to you in any manner or for any amount. 

3.2    Our client has no intention to litigate this matter by way of correspondence and will not engage you any further via email or other correspondence. 

3.3    To the extent that you are of the view that you are entitled to seek legal relief against our client then you are of course entitled to follow any such lawful and appropriate course of legal action and/or proceedings to seek a resolution of your alleged claim.  Any such proceedings will be opposed by our client.  We are further authorised to accept service of any legal proceedings by the Sheriff....

3.4    Your threat to ‘involve the media’ is noted by our client and our client cautions you that our client will take whatever legal action is necessary to protect itself against or recoup any loss occassioned by any unlawful statements publicised by you in the media. 

3.5    Your further threat to ‘involve the police’ is also unfounded as no part of your alleged claim is criminal in nature.  Your alleged claim is of a civil nature and our client repeats what is stated in paragraph 3.3 above.”

[38] In ‘n e-pos gedateer 19 Julie 2016, gerig aan Me Erasmus en Mnr Holfeld van WW prokureurs, aanhangsel “CNH40”, het respondente as volg

Best Toyota take (sic) responsibility, I have no other option than to take this to the media and the police because it has become a criminal act.  The general public can decide.

Why are they not taking responsibility? 

Your letter in itself is “deformation (sic)” of my character so you will not be left out.  You have until the 29th of July 2016 at 17h00.  Attached find my invoice for payment, send proof of payment to my e-mail.

Yours sincerely

Miss Elmarie Weppener

You will be charged 4% interest from the 30th of July 2016. 

I am not Madam....”

n Kopie van respondente se faktuur vir die bedrag van R28 360 088-00 was weereens aangeheg tot haar e-pos. 

[39] Op 27 Julie 2016 het respondente ‘n versoek aan Mnr Sammons van Pharaoh Auto Investments, `n motorhandelaar, gerig en versoek dat ‘n kwotasie aan Mnr Holfeld gestuur moes word vir die aankoop van ‘n Bentley-voertuig wat sy verwag het aan haar voorsien moes word deur Toyota .  Mnr Sammons, wat klaarblyklik onder die indruk was dat respondente bona fide was, het op dieselfde dag ‘n e-pos aan Mnr Holfeld gestuur en hom van ‘n kwotasie vir die Bentley voorsien.  Mnr Sammons se e-pos en kwotasie (in die bedrag van R3 273 704-70) is aangeheg totdie funderende verklaring as aanhangsel “CNH42”. 

[40] Op 29 Julie 2016 het respondente ‘n e-pos aan Mnr Reid van Audi Centre Menlyn gestuur met die versoek dat ‘n kwotasie aan Mnr Holfeld gestuur moes word ten opsigte van’ n Audi R8-voertuig en in die e-pos aangedui dat sy uitsien na die spoedige aflewering van die Audi-voertuig. Respondente het ook `n afskrif van haar identiteitsdokument en bewys van woonadres aan Mnr Reid verskaf, aangesien hy aangedui het dat hy dit benodig ten einde die Audi-voertuig in respondente se naam te registreer. Mnr Reid, wat ook onder die indruk was dat respondente bona fide handel, het dieselfde dag ‘n e-pos vir Mnr Holfeld gestuur en hom van ‘n koopaanbod vir die Audi R8 voorsien.  Sy e-pos en aangehegte kwotasie (in die bedrag van R3 420 758-00) is aangeheg as aanhangsel “CNH43A” tot die funderende verklaring. 

[41] Op 30 Julie 2016 het respondente ‘n Facebook plasing op die bladsy van “Reuters Legal” gemaak, waarin sy, onder andere, beweer het dat Toyota sukkel om fakture te betaal en sy waarborg na te kom.  Hierdie plasing lees as volg:

TSAM Toyota Tsb - Africa struggling to pay Invoices and honour warranty, is this a sign to withdraw from the giant... #Toyota#TSAM#TSB#Japan#World#Economy#Highrisk# honourwarranties#Service?#WFF#National

Aldus Toyota is die gebruik van die hutstekens op bogemelde wyse daarop gemik om soveel as moontlik publisiteit daarvan te weeg te bring.  

[42] Op 16 Augustus 2016 het respondente ‘n e-pos aan Mnr Holfeld van WW prokureurs gestuur, waarin City Press, Red Pepper, Media24 en Huisgenoot ingekopiëer was en waarby ‘n kopie van die tersaaklike Automark waarborg ingesluit was.  Sy het versoek dat sy gekontak word ten opsigte van die aangeleentheid aangesien sy glo dat ook ander persone hulle in dieselfde situasie as syself bevind. 

[43] Op 1 Augustus 2016 het Mnr Holfeld e-posse aan Mnr Sammons en Mnr Reid gestuur en met verwysing na die kwotasies wat ongevraagd ontvang was, aangedui dat insoverre dit die verwagting is dat Toyota aanspreeklik is vir of verplig is om die tersaaklike voertuig in die onderskeie kwotasies aangedui, te betaal, ontken Toyota dat dit onder enige sodanige verpligting is.  Aldus Toyota se saak was dit nodig om hierdie e-posse te stuur aangesien respondente ‘n vals indruk van Toyota onder lede van die publiek geskep het. 

[44] Op 1 Augustus 2016 het Mnr Lendhoff dit onder die aandag van Toyota gebring dat respondente ‘n afskrif van haar faktuur in ‘n privaat boodskap na Toyota se Facebook-bladsy gestuur het en waarin sy die volgende woorde van en aangaande Toyota stateer het:

Victimisation through deformation (sic) of Character and pure Racism and Gender Violence (sic). PAY MY INVOICE.  Dankie.”

Die faktuur wat by hierdie boodskap ingesluit was, het die gevorderde bedrag aangedui as “R29 494 491 52-00” (sic). 

[45] Op 2 Augustus 2016 het respondente ‘n e-pos aan Mnr Holfeld, Mnr Reid, Mnr Sammons en ‘n ander persoon verbonde aan Pharaoh Auto Investment, Red Pepper en E-Tv gestuur, waarin sy Mnr Holfeld  as volg versoek het:

URGENTLY GET TOYOTA SA TO STOP VICTIMISING ME WITH PHONE CALLS AND ABUSE”. 

Respondente het ook weer aangedring op die nakoming van die Automark waarborg en die betaling van haar “opgedateerde faktuur vir viktimisasie”. Wat betref die betaling, het sy as volg vermeld:

As agreed in Cash is fine, I do not trust you.”

[46] Op 9 Augustus 2016 het respondente ‘n plasing op haar persoonlike Facebook-bladsy gemaak, met skakels na die Toyota Global webtuiste.  Hierdie plasing dui aan die bokant daarvan aan “feeling heartbroken” en lees as volg:

As Vrou, Moeder, Vriendin, Dame vra ek Maatskappye om Eerlike besigheids Etiket aan ons Kinders te demonstreer vir Ekonomiese Vooruitgang.  Eer Jou Maatskappy se etiese kode.” (sic)

Voormelde plasing is dan direk daaronder in Engels herhaal.  Respondente het haar faktuur by hierdie plasing ingesluit, welke faktuur die bedrag van R57 494 491-52 aangedui het. 

[47] Op 31 Augustus 2016 het respondente ‘n e-pos gerig aan Mnr Holfeld, die kantoor van die Openbare Beskermer en die Ombudsman, wat as volg gelees het:

I don’t seem to get answers on why and I have no attorney? 

What is happening? 

See attached invoice.

I want my things back.

Should I go on hunger strike.”

Die faktuur wat daartoe aangeheg is, reflekteer die bedrag van R58 614 491-52. 

[48] Op 11 Augustus 2016 het WW prokureurs ‘n skrywe aan respondente gerig waarin Toyota se posisie weereens uiteengesit is en verduidelik is dat respondente nie geviktimiseer was nie. 

[49] Op 2 September 2016 het WW prokureurs ‘n skrywe, gedateer 1 September 2016, aan respondente per e-pos versend, waarin die geskiedenis van die aangeleentheid en ‘n opsomming van respondente se handelinge tot op daardie datum in redelike besonderhede uiteengesit was.  Respondente was ook geadviseer dat enige vordering wat sy mag hê waarskynlik lank reeds verjaar het.  Die skrywe is met die volgende gevolgtrekkings en aanmanings afgesluit:

13.   It has become clear to our client that you have chosen not to lawfully seek legal relief against our client.  You are instead attempting to persistently malign our client’s reputation and goodwill as well as harass our client’s employees and officers.  Your conduct is in all respects unlawful. 

14. Our client therefore demands that you desist from:

14.1  Sending any further communication on this matter to our client’s employees and/or officers; and

14.2  Sending any further communication on this matter to any third party;

14.3  Making any further public comment on this matter; and

14.4 That you take steps to remove any public comment on this matter already published by you in a public forum, digital or otherwise.

15. If our client does not receive your written undertaking to comply with paragraph 14 above, within seven days of date of this communication, our client will have no choice other than to launch the necessary legal proceedings to obtain an order interdicting your unlawful behaviour and that you should pay our client’s legal costs incurred in doing so.

16. All of our client’s rights remain reserved.”

[50] Respondente het in `n e-pos gedateer 2 September 2016, op laasgenoemde skrywe geantwoord.  Daarin was, onder andere,  as volg beweer:

Your client acknowledge the Automark Warranty.

Why did Toyota SA and its Dealer Network, knowing all that is in your letter, not forward the correct information to myself and the Company which is implied now, at that time for the Automark claim settlement?...

Why did your client take 10 years after numerous phone calls and emails (I have kept them all). 

It confirms the claim to Victimise/Deform/Abuse Intentionally and substantiate my loss.  Your client discriminated based on my gender thinking I would just go away and accept their unethical behaviour. 

If not I will go into the world with a Hunger Strike from the 8th of September 2016 at 06h00 which will draw the attention of the media...

Enjoy your weekend and thank you for all your effort. I don`t have money, car, belongings of any nature, therefor I have nothing to loose and my health has suffered a great deal too....

Please can you refrain from threatening/abuse/deform/economically rape me.”

In gemelde skrywe word ook weer betaling van respondente se faktuur, gedateer 29 Augustus 2016, geëis in die bedrag van R58 614 491-52. 

[51] Op 5 September 2016, en steeds in reaksie op WW prokureurs se skrywe van 2 September 2016, het respondente `n e-pos versend wat bloot lees “Vertaal: Engels.  In `n verdere reaksie van respondente daarop, het respondente in ‘n e-pos aan WW prokureurs, gedateer 8 September 2016, aangedring dat `n afrikaanse kopie van die aanmaningskrywe aan haar verskaf word, aangesien sy glad nie die engelse regsterme verstaan nie.  Hierdie versoek was ook in engels herhaal.  Sy het die e-pos met die volgende opmerking afgesluit:

My hunger strike started yesterday my body mass was 57 kg.”

[52] Op 9 September 2016 het respondente die volgende e-pos aan `n verskeidenheid veelvuldige individue en instansies gestuur.  Daarin het sy versoek dat haar hongerstaking petisie ondersteun en onderteken word, welke hongerstaking sy as volg beskryf het:

Hungerstrike – Eetstaking vir Constitutional Rights for Women AGAINST CORRUPTION (ECONOMICAL RAPE) VICTIMISATION / ABUSE FOR PEACE” 

[53] Ten einde respondente te akkommodeer, het WW prokureurs wel op 21 September 2016 `n afrikaanse weergawe van hul aanmaningskrywe van 1 September 2016 aan respondente per e-pos versend. In daardie e-pos was ook as volg vermeld:

As already indicated in our letter of 19 July 2016, our client has no intention to litigate this matter by way of correspondence and will not engage with you telephonically. Our client`s position is as set out in our letter of 1 September 2016 (emailed to you on 2 September 2016).”

[54] Aldus Toyota was respondente egter onverbiddelik en het sy daarna steeds talle e-pose aan WW prokureurs gestuur, waarvan sommige aangeheg is tot die funderende verklaring as aanhangsels “CNH63” tot “CNH78”.  By nalees daarvan blyk die volgende onder andere:

1. Respondente het aangedring op ‘n afrikaanse “Automark Toyota Waarborg”. 

2. In ‘n e-pos aan WW prokureurs, gedateer 7 Oktober 2016, het respondente die volgende geskryf:

Ek wil met baie mense gesels oor die hele wêreld????????????????????”

3. Respondente het in verskeie e-posse steeds aangedring op die betaling van haar faktuur. 

4. In verskeie van die e-posse is “YouTube” skakels ingesluit, wat klaarblyklik telkens bepaalde en bekende liedjies (“songs) behels het. 

5. Nadat verskeie fakture deurentyd aan WW prokureurs versend was, het die laaste faktuur in ‘n e-pos van 22 November 2016 die verhoogde gevorderde bedrag van R1 079 953 161-00 reflekteer.

[55] Met verwysing na die verloop van bogemelde gebeure, wys Toyota in die funderende verklaring daarop dat respondente tot op datum daarvan nog geen hof genader het ten einde haar beweerde geskende regte te verdedig nie.  Aldus Toyota hou respondente bloot aan met haar onregmatige gedrag, wat nie slegs lasterlik van en neerhalend teenoor Toyota is nie, maar wat ook op afpersing en teistering neerkom. 

 

Gevorderde regshulp en die tersaaklike regsbeginsels:

[56] Dit is geyk dat die volgende die vereistes vir ‘n permanente interdik is:

1. A clear right on the part of an applicant.

2. An injury actually committed or reasonably apprehended.

3. The absence of any other satisfactory remedy available to the applicant.”

Sien Erasmus: Superior Court Practice, DE van Loggerenberg et al, Elektroniese Uitgawe, op RS1, 2016, D6-12.

[57] Mnr Bester, wie namens Toyota verskyn het, het ten tyde van die aanhoor van die aansoek aan my ‘n kopie verskaf van die ongerapporteerde beslissing deur Murray, WR onder saaknommer 3592/2016, Flocutt (Pty) Ltd v Joachem Eisenberg, welke uitspraak gelewer was op 20 Oktober 2016.  ‘n Opsomming van die vereistes van laster, sowel as die tersaaklike beginsels ten opsigte daarvan, is as volg in paragrawe [5] tot [7] van daardie uitspraak uiteengesit:

[5] Defamation has been defined as the intentional infringement of another person's right to his good name, or as a wrongful and intentional publication of defamatory material that refers to the complainant. For defamation to exist, there must have been publication of the posts; their contents must have impaired the Applicant's reputation or good name; they must have wrongfully infringed the Applicant's personality right to reputation; and the Respondent must have had the intention (animus iniuriandi) to impair the Applicant's reputation.

[6] It is trite that not only private individuals, but also legal persona, such as the Applicant in this case, have a right to their good name and unimpaired reputation and that the dignitas of companies can also be infringed. It is trite, furthermore, that the business reputation of trading corporations may be protected by courts. Artificial persons, like the Applicant, need not prove actual financial loss or prejudice - only that such loss or prejudice is likely.

[7] Normally an Applicant bears the onus to establish that the publication of defamatory material that refers to the Applicant has infringed his right to his good name or reputation. The Applicant has to prove, furthermore, that the Respondent was responsible for the publication. The Respondent then bears the onus of rebutting two presumptions, namely those of wrongfulness and intention, by establishing a defence. His failure to do so, results in liability.”

Ek vereenselwig my met bogemelde uiteensetting van die tersaaklike beginsels. 

[58] Soos ter aanvang in hierdie uitspraak vermeld, het respondente nie ‘n opponerende verklaring geliasseer nie, ten spyte daarvan dat sy meerdere geleenthede en voldoende tyd daartoe gehad het.  Die bewerings deur Toyota gemaak in die aansoekstukke staan dus onbetwis. 

[59] Respondente het ten tyde van haar betoog aangedui dat sy as verbruiker die reg het om beskerm te word en dat sy vir doeleindes daarvan steun op artikel 4 van die Wet op Verbruikersbeskerming, 68 van 2008 (“die Wet”).  Mnr Bester het in sy repliek daartoe gesubmiteer dat respondente nie op laasgenoemde wetgewing kan steun nie,  aangesien die onderhawige transaksie met betrekking tot die bakkie gesluit was voor die inwerkingtreding van die Wet.  Ek moet met Mnr Bester se submissie saamstem.  Die Wet het in werking getree op 31 Maart 2011.  In terme van artikel 122 van die Wet tree die Wet in werking ooreenkomstig Item 2 van Skedule 2 tot die Wet.  By nalees van Skedule 2 is dit duidelik dat artikel 4 van die Wet nie terugwerkend op die onderhawige transaksie van toepassing is nie. 

[60] Verder was dit respondente se kontensie dat haar kommunikasie in die onderhawige aangeleentheid daarop gerig is om juiste inligting te verkry te einde ‘n ingeligte besluit te kan neem.  Aldus respondente is sy oortuig dat daar baie ander verbruikers is wat hulle in situasies soortgelyk as hare bevind en was van haar e-posse en plasings op sosiale media daarop gerig om sodanige verbruikers bewus te maak van hul regte en hulle sodanig behulpsaam te wees.  Aldus respondente het Toyota se optrede in die onderhawige geval haar algemene regte as verbruiker “arresteer”. 

 

Clear right:

[61] Dit is Toyota se saak dat Toyota nie ‘n kontraktant was tot die waarborg-transaksie nie.  Toyota kan dus nie voorspruitend daaruit verpligtinge teenoor respondente hê en/of aanspreeklik wees vir enige vordering van respondente nie.  Enige vordering wat respondente moontlik mag hê voortspruitend uit die waarborg sal teenoor Guard Risk wees. 

[62] Sonder om dit te beslis, blyk laasgenoemde submissie vir my prima facie korrek te wees.  Hoe dit ook al sy, enige vordering wat respondente ook al teen welke entiteit moontlik mag gehad het, het op hierdie stadium reeds verjaar.  Selfs indien ek argumentsonthalwe sou aanvaar word dat dit nie verjaar het nie, stem ek met Toyota se standpunt saam dat respondente haar regte moes afdwing deur haar tot ‘n hof of ander gepaste tribunaal te wend. In plaas daarvan blyk dit duidelik uit die uiteensetting van gebeure dat respondente ‘n weg ingeslaan het wat neerkom op teistering van Toyota en Toyota se personeel.  Die eise wat respondente deurentyd aan Toyota gestel het, in besonder wat betref haar vordering dat sy daarop geregtig is dat Toyota vir haar ‘n nuwe voertuig aankoop, is, ooreenkomstig die stukke en inligting voor my, totaal ongegrond. 

[63] Ten einde ‘n behoorlike beeld te kry van die ongegronde en kwelsugtige aard van respondente se vorderings, meen ek dit is nodig om ‘n uiteensetting te gee van die inhoud van respondente se laaste faktuur, aangeheg as aanhangsel “CNH78” tot die funderende verklaring, gedateer 22 November 2016:

Quantity

Units

Description

Unit Value

Claim Value

4

Months

Loss of income

27 000.00

108 000.00

16

Per hour

Court case, documentation tapes

9 800.00

9 800.00

1

3 000km

Visit to selling dealer Hugo & Hugo Vredenburg

3.00

9 000.00

4

10 000km service

@Wesselsbron Toyota

3 000.00

12 000.00

5

Per hour

Consultation, e-mails and phone calls

1 500.00

7 500.00

60

Per month

Installment difference between the Colt and the replacement vehicle

2 000.00

120 000.00

1

50 000km

Fuel consumption difference @1.2L between the 2 vehicles

1.50

75 000.00

1

Report

Independant (after vehicle repair)

700.00

700.00

1

1

Deformation (sic) of character

28 000 000.00

28 000 000.00

1

1

Colt 2.8 vehicle deposit

15 000.00

15 000.00

1

4% interest

30 June 2016

1 134 403.52

1 134 403.52

1

1

Vicitimization – 2 August 2016

28 000 000.00

28 000 000.00

1

1

Consumer Act breach 12 August 2016

28 000 000.00

28 000 000.00

1

1

Pain and suffering

28 000 000.00

28 000 000.00

1

1

4% interest 31 August 2016

2 254 403.52

2 254 403.52

1

1

4% interest 29 September 2016

2 254 403.52

2 254 403.52

1

1

4% interest 25 October 2016

2 254 403.52

2 254 403.52

1

1

4% interest 25 November 2016

2 254 403.52

2 254 403.52

1

1

Discomfort & Medical Cost

88 915 383.54

   88 915 383.54

1

1

Malicious Damage to my person

899 960 967.40

  899 960 967.40

 

 

TOTAL

 

1 079 953 161.00



[64] Die beskuldigings van rassisme, geslagsgeweld, viktimisasie en dat Toyota sukkel om sy rekenings te betaal, soos deur respondente beweer en gepubliseer, stel, in die omstandighede van hierdie saak, lasterlike bewerings daar.  Soos in die funderende verklaring beweer, is Toyota ‘n gevestigde naam in die Suid-Afrikaanse mark en veral ook in die Vrystaat Provinsie.  Ek aanvaar Toyota se bewering dat hulle jaarliks ‘n aansienlike bedrag geld spandeer aan advertensies, bemarking en borgskappe.  Die publikasies deur respondente gemaak is op verskeie openbare platforms versprei en is dit dus ‘n breë spektrum van persone, verbruikers en instansies wat daardeur bereik word.  Soos duidelik uit die aangehaalde gesag blyk, is ‘n entiteit soos Toyota geregtig om sy reputasie as ‘n besigheid en sy goeie naam te beskerm.

[65] Toyota het voorts ‘n regmatige belang daarin om sy werknemers en beamptes te beskerm, in die algemeen, en in besonder teen teistering.  Respondente se deurlopende e-posse en die stel van ongegronde vorderings het tot gevolg dat werknemers van Toyota hul tyd en energie daaraan moes en moet bestee, wat hulle andersins op ‘n positiewe wyse ten gunste van Toyota self en die bevordering van Toyota se en besigheid inkomste kon spandeer. 

 

Onherstelbare skade:

[66] Dit spreek vanself dat respondente se onregmatige gedrag onherstelbare skade vir Toyota kan veroorsaak, indien dit nie alreeds sodanige skade veroorsaak het nie.  Ek stem ook saam met die bewering in die funderende verklaring dat inaggenome respondente se optrede tot op hede, dit waarskynlik is dat respondente haar onregmatige veldtog van teistering, dreigemente en laster teen en van Toyota sal voortsit, wat net verdere onherstelbare skade aan die reputasie en besigheid van Toyota sal aanrig. 

 

Afwesigheid van alternatiewe remedie:

[67] Soos uit die uiteensetting van die tersaaklike gebeure blyk, het Toyota by meerdere geleenthede nie net vir respondente versoek om haar onregmatige gedrag te staak nie, maar haar ook uitgenooi dat indien sy van oordeel is dat sy ‘n geldige vordering het, sy die Hof kan nader vir die afdwinging daarvan.  Tot op hede het respondente nog geensins stappe geneem om dit te doen nie.  Dit is dus duidelik dat Toyota se pogings om respondente te oortuig om op rasionele en verstandige wyse die aangeleentheid te hanteer, onsuksesvol was. 

[68] Ek stem voorts met Toyota se bewering saam dat ‘n skadevergoedingsaksie nie ‘n effektiewe alternatiewe remedie in die onderhawige omstandighede daar sal stel nie.  Nie net sal dit vir Toyota ‘n onbegonne taak wees om sodanige aksie te gelegener tyd te kwantifiseer en sodanige finansiële skade te bewys nie, maar sal dit ook nie vir Toyota beskerm teen voortgesette en toekomstige skade nie.  Dit is dus duidelik dat ‘n interdik wat respondente verbied om voort te gaan met haar onregmatige optrede, aan die een kant, en wat haar verplig om reeds gepubliseerde lasterlike bewerings te verwyder, aan die ander kant, die enigste gepaste remedie onder die omstandighede is.

 

Gevolgtrekking:

[69] Gevolglik is ek van mening dat Toyota ‘n behoorlike saak uitgemaak het vir die verkryging van ‘n interdik, in wese soos gevorder. 

 

Ewigdurende stilswye:

[70] Wat betref die vordering vir ‘n bevel van ewigdurende stilswye indien applikante nie haar vordering binne ‘n vasgestelde tydperk instel nie, word die tersaaklike beginsels ten opsigte van ewigdurende stilswye as volg opgesom in The Law Of South Africa, Volume 4, 3de uitgawe, p. 176, paragraaf 258:

A plaintiff as dominus litis may bring his or her action when he or she chooses.  An order of purpetual silence impinges upon this rule.  It is an order requiring a prospective litigant to institute threatened legal proceedings within a specified time or else to be purpetually barred from doing so.  It is a useful means of bringing a case to a head, where by demand or threatened action there has been a disturbance of, or interference with, the applicant’s rights...

Courts are slow to make such an order.  The question is pre-eminently one for the discretion of the Judge hearing the matter.  In exercising this discretion regard is had to the nature or subject matter of the demand or claim;  the likelihood of prejudice to one or the other party and to the balance of convenience as shown by the circumstances of each case; the possibility of evidence being lost; and the measure of delay that has ocurred at the time when the application is made.”

[71] Dit is uit die uiteensetting van die tersaaklike feite en gebeure duidelik dat respondente nou reeds vir etlike jare eise aan Toyota stel en deurentyd dreig met regsaksie, sonder om enigsins te poog om sodanige regsaksie in te stel.  Hierdie eise en dreigemente het, soos ek reeds bevind het, op onregmatige wyse inbreuk gemaak op Toyota se regte.  Dit is in belang van reg en geregtigheid dat die onderhawige dispuut finaliteit bereik.  Gegewe die lang tydsverloop sedert die dispuut ‘n aanvang geneem het tot op hede en respondente se versuim om regsaksie in te stel, is dit hoogs onwaarskynlik dat sy sodanige regsaksie sal instel in plaas daarvan om bloot te dreig om dit te doen.  Die balans van gerief is beslis ten gunste van Toyota vir die verlening van ‘n bevel van ewigdurende stilswye.  Verdermeer is dit hoogs waarskynlik dat Toyota verdere skade sal ly indien ‘n bevel van ewigdurende stilswye nie opgelê sou word nie. Daarteenoor is dit na my mening hoogs onwaarskynlik dat respondente enige sodanige skade kan ly, eerstens aangesien ek voornemens is om aan haar ‘n billike en regverdige geleentheid te gee om wel regsaksie in te stel, indien sy so sou verkies, en tweedens ook met in agneming van die onwaarskynlikheid dat respondente suksesvol sal wees teenoor Toyota met enige voorgenome regsaksie.

[72] Na my mening het Toyota dus ook ‘n behoorlike saak uitgemaak vir doeleindes van hierdie vordering. 

 

KOSTE:

[73] In paragraaf 98 van die vertaalde funderende verklaring maak Toyota die volgende bewerings:

Die instelling van hierdie aansoek kon vermy gewees het as sy (respondent) volgens die versoeke van Toyota se prokureurs opgetree het of as sy haar onwettige gedrag gestaak het, na Toyota se herhaalde pogings om sy posisie aan die respondent te verduidelik.  Dit is slegs haar volharding wat die instelling van hierdie aansoek regverdig het en onder die omstandighede sou dit heeltemal toepaslik vir die Hof wees om kostes op ‘n prokureur-en-kliënt-skaal teen die respondent toe te staan as ‘n teken van die Hof se misnoë met haar algehele gedrag.”

Mnr Bester het ook ten tyde van sy betoog versoek dat ‘n kostebevel teen respondente verleen word en wel op ‘n bestraffende skaal. 

[74] Respondente het deurentyd haarself in hierdie aangeleentheid verteenwoordig.  Hoewel ek aanvaar dat sy waarskynlik nie kon bekostig om die dienste van ‘n regsverteenwoordiger te bekom nie, het sy ook verkies om nie aansoek te doen vir regshulp nie, selfs nadat ek haar geadviseer het om dit te doen en bereid was om haar die geleentheid daartoe te bied. 

[75] Dit blyk onteenseglik uit die opsomming van gebeure wat tot die onderhawige aansoek aanleiding gegee het dat Toyota by meerdere geleenthede vir respondente versoek het om haar onregmatige optrede te staak en om enige vordering wat sy meen sy moontlik mag hê, by wyse van ‘n regmatige regsproses af te dwing.  Desnieteenstaande het respondente nie gehoor gegee hieraan nie.  Selfs nadat die aansoek teen respondente geloods was, het sy nie bes gegee nie, maar op kwelsugtige wyse volhard met haar opponering van die toestaan van die aangevraagde regshulp.  Addisioneel daartoe het respondente, selfs nadat die aansoek op haar beteken was, voortgegaan met haar onregmatige optrede deur ongegronde en irrasionele e-posse nie net aan WW prokureurs te stuur nie, maar selfs ook aan een van die griffiers van die hof, soos duidelik blyk uit Toyota se aanvullende beëdigde verklaring. 

[76] Hoewel ek besef wat die geweldige negatiewe impak van ‘n kostebevel op respondente se finansiële posisie sal wees, meen ek daar is geen basis waarop ek  nie my diskresie ten gunste van Toyota kan en moet uitoefen deur die verlening van ‘n kostebevel teen respondente en wel op ‘n bestraffende basis nie. 

[77] Wat betref die oorgestane koste van 23 Februarie 2017, het Mnr Bester gesubmiteer dat respondente ook daarvoor aanspreeklik moet wees.  Ek moet ongelukkig ook met hierdie submissie saamstem.  Dit is duidelik dat daardie uitstel verleen was ten einde aan respondente `n verdere geleentheid te gee om ‘n opponerende beëdigde verklaring te liasseer, aangesien sy toe reeds buitentyds was met die liassering daarvan. Soos reeds vermeld, het sy toe egter steeds nie sodanige opponerende verklaring geliasseer nie. Ek meen egter nie dat daardie verkwiste koste op ‘n bestraffende skaal betaal moet word nie.

[78] Gevolglik word die volgende bevel verleen:

1. `n Verbiedende interdik word hiermee uitgereik met onmiddellike werking in terme waarvan respondente verbied en gelas word om haar daarvan te weerhou om:

1.1 enige lasterlike bewerings te maak en/of te publiseer omtrent en in verband met applikant en om applikant se besigheid af te kraak deur die maak en/of die publikasie van valse bewerings.

1.2 applikant te teister en/of in te meng met applikant se besigheid en/of om applikant se werknemers te dreig.

1.3 enige onregmetige of onwettige eise aan applikant en/of sy werknemers te stel.

1.4 enigsins verder met applikant se werknemers en/of beamptes te kommunikeer. 

1.5 by enige handeling of gedrag betrokke te wees wat daarop gerig is om applikant se werknemers te verhoed om hul pligte teenoor applikant uit te voer en na te kom.

1.6 in verbinding te tree met enige motorhandelaar en applikant of applikant se prokureurs se naam te gebruik ten einde voor te gee `n motor aan te koop wat óf deur applikant óf deur applikant se prokureurs betaal sal word.

2. Die verbod op publikasie in 1.1 hierbo vermeld, is van toepasssing op alle publikasie mediums, wat insluit, maar nie beperk is tot, e-pos, facebook en twitter.

3. Respondente word gelas en beveel om alle publikasies wat direk of indirek op applikant betrekking het en wat sy op enige facebook bladsy en/of enige webwerf gemaak het, ingesluit dit wat deur die Hello Peter webtuiste aangebied is, aangeheg tot die Kennisgewing van Mosie as aanhangsel “NM1”, binne 10 (tien) dae na verlening van hierdie bevel te verwyder of toe te sien dat dit verwyder word. 

4. Onderworpe aan die inhoud van paragraaf 6 hieronder, word respondente gelas en beveel om slegs met applikant se prokureur van eerste instansie, en nie met applikant en/of applikant se werknemers en/of applikant se beamptes, te kommunikeer met betrekking tot enige klagte wat sy mag hê in verband met die beweerde Automark waarborg ten opsigte van die 2001 Mitsubishi Colt 2.8 Clubcab TDI, met registrasienommer [...] FS, aangekoop vanaf Hugo & Hugo Toyota in Vredenburg op 27 Februarie 2006.

5. Indien respondente voornemens is om enige aksie(s) van welke aard ookal teen applikant in te stel ten opsigte van enige eis voortspruitend uit of met betrekking tot die beweerde Automark waarborg ten opsigte van die 2001 Mitsubishi Colt 2.8 Clubcab TDI, met registrasienommer DCK 050 FS, aangekoop vanaf Hugo & Hugo Toyota in Vredenburg op 27 Februarie 2006, word respondente gelas en beveel om sodanige aksie in te stel binne 6 (ses) weke na datum van hierdie bevel.

6. Indien respondente versuim om die aksie(s) voorsien in paragraaf 5 hierbo binne die vasgestelde tydperk van 6 (ses) weke in te stel, dan en in daardie geval word respondente belet om dit enigsins te doen en sal `n bevel van ewigdurende stilswye dan op respondente van toepassing wees ten opsigte van enige eis voortspruitend uit of met betrekking tot die beweerde Automark waarborg ten opsigte van die 2001 Mitsubishi Colt 2.8 Clubcab TDI, met registrasienommer [...] FS, aangekoop vanaf Hugo & Hugo Toyota in Vredenburg op 27 Februarie 2006.

7. Respondente word gelas om die koste van die aansoek te betaal op `n skaal soos tussen prokureur en kliënt. 

8. Respondente word voorts gelas om die oorgestande verkwiste koste van 23 Februarie 2017 te betaal op `n skaal soos tussen party en party. 

 

_____________

C VAN ZYL, R

 

Namens Applikant: Adv CC Bester

Op instruksies van:

Matsepes Prokureurs Ing.

BLOEMFONTEIN

Namens Respondente: In persoon