South Africa: Free State High Court, Bloemfontein Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Free State High Court, Bloemfontein >> 2012 >> [2012] ZAFSHC 233

| Noteup | LawCite

Opperman v Silver en Ander (4747/2011) [2012] ZAFSHC 233 (13 December 2012)

Download original files

PDF format

RTF format


VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA


Saaknommer: 4747/2011


In die saak tussen:-


CHRISTIAAN JOSIA OPPERMAN ...........................................Applikant


en


MARTHA ALETTA SILVER ......................................Eerste Respondent

KAAPSTAD HERWINNING ....................................Tweede Respondent



UITSPRAAK DEUR: HANCKE, WND RP

_____________________________________________________


GELEWER OP: 13 DESEMBER 2012

_____________________________________________________



[1] Die huidige aansoekdoener was die tweede respondent in hierdie hof en om verwarring te vermy word na die partye verwys soos wat hulle na verwys is in die hof a quo.


[2] Hierdie is ‘n aansoek om verlof om te appelleer teen ‘n bevel van hierdie hof wat toegestaan is op 2 Augustus 2012 ingevolge waarvan die boedel van die eerste respondent finaal gesekwestreer is.


[3] Die enigste grond waarop die huidige aansoek gebaseer is, is of die applikant daarin geslaag het om op ‘n oorwig van waarskynlikhede aan te toon dat


daar rede bestaan om aan te neem dat dit tot voordeel van die skuldeisers van die skuldenaar sal strek as sy boedel gesekwestreer word”.


Vergelyk artikel 12(1)(c) van die Insolvensiewet, Wet 24 van 1936.


[4] Namens die eerste respondent word aangevoer dat die applikant geen bewys verskaf het ten aansien van die waarde van die bates van die eerste respondent nie, aangesien die waardasie van Hugo, synde aanhangsel “B” tot die funderende eedsverklaring, nie onder eed bevestig is nie en dus ontoelaatbare hoorsê getuienis sou daarstel. Dit moet egter in gedagte gehou word dat die waarde van die bates blyk uit die beëdigde verklaring van die applikant, tesame met die bewyse van aanbiedings wat gemaak was ten opsigte van die spesifieke bates waaroor die geskil tussen die partye bestaan het. ‘n Goeie aanduiding van die waarde van die eiendom is ‘n skriftelike aanbod vir die betrokke eiendom. Die skriftelike aanbod vorm deel van die applikant se eedsverklaring. In die uitspraak is reeds gehandel met die bateposisie van die eerste respondent en kan die dividend selfs so hoog as 22 sent in die rand beloop, alhoewel my bevinding was dat daar minstens aangetoon is dat die minimum dividend 10 sent in die rand behoort te beloop.


[5] In aggenome al die feite en omstandighede is ek van mening dat daar nie redelike vooruitsigte op sukses in hierdie verband bestaan nie.


Bygevolg word die aansoek van die hand gewys, met koste.


______________________

S.P.B. HANCKE, WND RP




Namens die applikant: Adv. J.H. van der B Lubbe

In opdrag van:

Gerbers Junius Prokureurs

BLOEMFONTEIN





Namens die tweede respondent: Adv. B.C. Stoop

In opdrag van:

Schoeman Maree Ingelyf BLOEMFONTEIN





/spieterse