South Africa: Free State High Court, Bloemfontein Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Free State High Court, Bloemfontein >> 2012 >> [2012] ZAFSHC 202

| Noteup | LawCite

S v Petersen (307/2012) [2012] ZAFSHC 202 (1 November 2012)

Download original files

PDF format

RTF format


VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA


Hersiening Nr: 307/2012


In die saak tussen:-


DIE STAAT


en


EMMANUEL PETERSEN

_____________________________________________________


CORAM: KRUGER, R et VAN DER MERWE, R

_____________________________________________________


UITSPRAAK DEUR: VAN DER MERWE, R

_____________________________________________________


GELEWER OP: 1 NOVEMBER 2012

_____________________________________________________


[1] Die beskuldigde, ‘n 18-jarige man, is in die Landdroshof skuldig bevind aan huisbraak met die opset om te steel en diefstal (aanklag 1), besit van ‘n 9-mm semi-automatiese pistool sonder ‘n lisensie (aanklag 2) en besit van 3 patrone vir daardie pistool (aanklag 3). Hy is op aanklag 1 gevonnis tot 2 jaar gevangenisstraf, op aanklag 2 tot 4 jaar gevangenisstraf en op aanklag 3 tot 1 jaar gevangenisstraf. Die effektiewe vonnis is dus 7 jaar gevangenisstraf.


[2] Dit blyk dat die beskuldigde by ‘n woning ingebreek het en klerasie en huishoudelike goedere ter waarde van ongeveer R25 000,00 gesteel het. Sommige van die items is teruggekry maar dit is onduidelik welke presies dit is. Een van die goedere wat tydens die inbraak gesteel is, is die 9-mm pistool bevattende ‘n magasyn met drie patrone. Die beskuldigde was vir hoogstens 14 dae in besit van die pistool en ammunisie en was tydens sy arrestasie in die proses om dit te probeer verkoop.


[3] Die beskuldigde was 17 jaar oud ten tye van die pleging van die misdrywe, het skuldig gepleit en is ‘n eerste oortreder. Die beskuldigde is buite die huwelik gebore en sy moeder het gesterf toe hy maar 11 dae oud was. Hy het nooit enige kontak met sy biologiese vader gehad nie en het dus by sy materne grootouers grootgeword.


[4] Die beskuldigde het ongetwyfeld ernstige misdrywe gepleeg. Die proefbeampte wat sy omstandighede ondersoek het, het in ‘n voorvonnisverslag aanbeveel dat direkte gevangenisstraf opgelê word vanweë die beskuldigde se gebrek aan dissipline. Hiermee kan nie fout gevind word nie, so ook nie met die individuele vonnisse wat opgelê is nie. Die kumulatiewe effek van die opgelegde vonnisse is egter na my oordeel in al die omstandighede van hierdie saak buitensporig swaar en moet getemper word deur ‘n bevel dat al die vonnisse samelopend uitgedien word.


[5] Gevolglik word die skuldigbevindings en vonnisse gekragtig maar word gelas dat al drie vonnisse met effek vanaf 8 Augustus 2012 samelopend uitgedien word.





________________________

C.H.G. VAN DER MERWE, R





Ek stem saam.


_____________

A. KRUGER, R





/EB