South Africa: Free State High Court, Bloemfontein Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Free State High Court, Bloemfontein >> 2011 >> [2011] ZAFSHC 163

| Noteup | LawCite

Padongelukkefonds v De Wet (7277/08) [2011] ZAFSHC 163 (20 October 2011)

Download original files

PDF format

RTF format


VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA


Saaknommer: 7277/08


In die saak tussen:-

DIE PADONGELUKKEFONDS ................Applikant (Verweerder a quo)


en


JAN HERMANUS ALBERTUS DE WET ........Respondent (Eiser a quo)

_____________________________________________________


UITSPRAAK: AANSOEK OM VERLOF TOT APPèL

_____________________________________________________


UITSPRAAK DEUR: KRUGER, R

_____________________________________________________


AANGEHOOR OP: 14 OKTOBER 2011

_____________________________________________________


GELEWER OP: 20 OKTOBER 2011

_____________________________________________________


[1] Mnr Reinders, namens die verweerder, doen “aansoek om verlof om te appelleer by hierdie Hof teen die geheel van die uitspraak en bevele verleen deur die Hof hierin”. Die datum van die uitspraak word nie vermeld nie, ewemin die naam van die regter.


[2] Die kronologie is soos volg:

20 Augustus 2009: Hofbevel dat kwantum en meriete geskei word.

20 & 21 April 2010: Verhoor oor meriete.

23 April 2010: Uitspraak oor meriete.

14, 15 & 17 Junie 2011: Saak geplaas vir verhoor van kwantum.

15 Junie 2011: Verweerder liasseer ‘n dokument:

Verweerder se toegewings ten opsigte van Eiser se Skade”.

28 Junie 2011: Lasbrief tot uitwinning van R1,9 miljoen uitgereik deur Griffier.

5 Julie 2011: Kennisgewing van aansoek om verlof om te appelleer uitgereik en beteken op eiser se prokureurs.


[3] Dit is nie in geskil dat die verweerder die reg gehad het om aansoek te doen om verlof tot appèl nadat die meriete beslis is op 23 April 2010, in die sin dat die hofbevel van 23 April 2010 ‘n verklarende bevel was dat die verweerder aanspreeklik is vir eiser se bewese skade. Sien SA EAGLE VERSEKERINGSMAATSKAPPY BPK v HARFORD [1992] ZASCA 42; 1992 (2) SA 786 (A) te 792 E – H.


[4] Mnr Steenkamp voer aan dat die verweerder binne 15 dae na 23 April 2010 aansoek om verlof om te appelleer moes gedoen het. Die verweerder het dit nie gedoen nie en ook nie aansoek om kondonasie van laat liassering van die aansoek om verlof om te appelleer gedoen nie. Dus moet die aansoek volgens mnr Steenkamp afgewys word.


[5] Mnr Reinders se betoog is dat, hoewel die verweerder ‘n reg gehad het om binne 15 dae na 23 April 2010 aansoek te doen om verlof om teen die bevel van 23 April 2010 te appelleer, was verweerder nie verplig om dit te doen nie. Hy sê die stuksgewyse beslegting van geskille is ongewens en daarom het verweerder met sy aansoek om verlof tot appèl gewag tot na afhandeling van die hele saak, insluitende kwantum, op 15 Junie 2011.


[6] In die SA EAGLE saak, supra, 790 G – H sê die Appèlhof:


Hoewel stuksgewyse beslegting van geskille tussen partye somtyds afkeurenswaardig is, het dit egter dikwels heelwat meriete veral omdat dit koste-effektief kan wees.”


[7] In sy “toegewings” van 15 Junie 2011 maak verweerder dit duidelik dat hy sy reg tot appèl op die meriete behou:

Onderhewig aan verweerder se reg tot Appèl met betrekking tot die meriete en sonder enige toegewings met betrekking tot die meriete of aanvaarding van aanspreeklikheid, maak Verweerder die volgende toegewings ten opsigte van die skade soos geëis deur eiser, naamlik:”


[8] Die verweerder se aansoek om verlof tot appèl moet ingevolge Eenvormige Hofreël 49(1)(b) geliasseer word “binne 15 dae nadat die bevel waarteen geappelleer word, gegee is”. Hier wil die verweerder appelleer teen die bevel van 23 April 2010, maar hy het gewag totdat die hele saak afgehandel is op 15 Junie 2011. Die verweerder het nooit sy reg om aansoek om verlof tot appèl te doen laat vaar nie; hy het dit uitdruklik bewaar voordat ‘n bevel op kwantum op 15 Junie 2011 gemaak is. Die verweerder se aansoek om verlof tot appèl is nie buitentyds nie.


[9] Wat die meriete van die aansoek betref, word vier gronde in die aansoek aangevoer. Dit kom in hoof daarop neer dat die eiser se weergawe nie deur enige ander getuie of getuienis gestaaf word nie, terwyl die verweerder se bestuurder, Moolman, deur sy passasier, Van Zyl, en deur Matsweka ondersteun word.

[10] Na my mening bestaan daar redelike vooruitsigte dat ‘n ander hof kan bevind dat die eiser nie sy saak teen die verweerder bewys het nie.


[11] Die feit dat verweerder nie ná die beslissing oor die meriete aansoek om verlof tot appèl gedoen het nie, het koste-implikasies wat die hof wat hierdie appèl aanhoor kan oorweeg.


BEVEL:

1. Verlof word aan die verweerder verleen om na die volle hof van hierdie afdeling te appelleer.

2. Koste van hierdie aansoek is koste in die appèl.


____________

  1. KRUGER, R


Namens appellant (verweerder): Adv. S.J. Reinders

In opdrag van:

Honey Prokureurs

BLOEMFONTEIN


Namens respondent (eiser): Adv. M.D.J. Steenkamp

In opdrag van:

Wessels en Smith

BLOEMFONTEIN



/sp