South Africa: Free State High Court, Bloemfontein

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein >>
2010 >>
[2010] ZAFSHC 117
| Noteup
| LawCite
S v Majoro (240/2010) [2010] ZAFSHC 117 (12 August 2010)
Download original files |
VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Saak Nr.: 240/2010
In die hersiening van:
DIE STAAT
en
SEUN SAMUEL MAJORO
CORAM: VAN DER MERWE, R et C. J. MUSI, R ______________________________________________________
UITSPRAAK: VAN DER MERWE, R
GELEWER OP: 12 AUGUSTUS 2010
[1] Die beskuldigde is skuldig bevind aan huisbraak met die opset om te steel en diefstal en is gevonnis tot 30 maande gevangenisstraf waarvan 12 maande gevangenisstraf voorwaardelik opgeskort is.
[2] Die beskuldigde het op 26 Maart 2010 skuldig gepleit en is op dieselfde datum gevonnis. Die verrigtinge van 26 Maart 2010 is meganies opgeneem. Dit blyk egter nou dat die meganiese opname nie getranskribeer kan word nie aangesien die betrokke kasset onklaar geraak het. Dit blyk ook dat die verrigtinge nie gerekonstrueer kan word nie. Die landdros se aantekeninge is verwyder uit die koevert waarin dit geliasseer was en kan nie gevind word nie. Die landdros deel by navraag ook mee dat hy nie op grond van sy geheue die oorkonde kan rekonstrueer nie.
[3] Omdat die voordeel van outomatiese hersiening van sy saak vir die beskuldigde verlore gegaan het sonder skuld daartoe aan sy kant, moet die skuldigbevinding en vonnis na my oordeel ter syde gestel word.
[4] Gevolglik word die skuldigbevinding en vonnis ter syde gestel.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE, R
Ek stem saam.
_______________
C. J. MUSI, R
/eb