South Africa: Free State High Court, Bloemfontein

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein >>
2009 >>
[2009] ZAFSHC 98
| Noteup
| LawCite
S v Maseli [2009] ZAFSHC 98 (1 October 2009)
Download original files |
VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Hersienings Nr. : 297/09
In die hersiening tussen:
DIE STAAT
en
RELEBOHILE AUGOSTINOS MASELI
_____________________________________________________
CORAM: CILLIé, R et VAN DER MERWE, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR: VAN DER MERWE, R
_____________________________________________________
GELEWER OP: 1OKTOBER 2009
_____________________________________________________
[1] Die beskuldigde is op grond van sy pleit van skuldig daaraan skuldigbevind dat hy in besit was van 13 kilogram dagga in oortreding van artikel 4(b) van Wet Nr. 140 van 1992. Die beskuldigde is gevonnis tot ‘n boete van R2 000,00 of tien maande gevangenisstraf asook ‘n verdere tien maande gevangenisstraf wat in geheel opgeskort is vir vier jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie weer skuldigbevind word aan oortreding van artikel 4(b) of artikel 5(b) van Wet Nr. 140 van 1992 gepleeg gedurende die opskortingstydperk nie.
[2] Die beskuldigde is ‘n 24-jarige enkellopende en werklose burger van Lesotho. Volgens die pleit wat deur die staatsaanklaer aanvaar is, het die beskuldigde die betrokke dagga besit ten einde muti daarvan te maak, vir die verligting van verkoues en maagprobleme. Op ‘n navraag of die opgelegde vonnis gepas is vir besit van 13 kilogram dagga, het die landdros toegegee dat die vonnis onvanpas is en voorgestel dat die opgeskorte gedeelte daarvan tersyde gestel word. In al die omstandighede van hierdie saak, vind ek hierdie voorstel aanvaarbaar.
[3] Gevolglik word die opgeskorte gedeelte van die vonnis tersyde gestel, maar die verrigtinge origens bekragtig.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE, R
Ek stem saam.
____________
C.B. CILLIé, R
/sp