South Africa: Free State High Court, Bloemfontein

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein >>
2008 >>
[2008] ZAFSHC 65
| Noteup
| LawCite
S v Tlhahadi (362/08) [2008] ZAFSHC 65 (28 August 2008)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr. : 362/08
In die hersiening van:-
DIE STAAT
versus
TUMELO ABRAM TLHAHADI
_____________________________________________________
CORAM: VAN DER MERWE, R et VAN ZYL, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR: VAN DER MERWE, R
_____________________________________________________
GELEWER OP: 28 AUGUSTUS 2008
_____________________________________________________
[1] Die beskuldigde in hierdie saak is tereg skuldig bevind aan roof en is ‘n vonnis van 2 (twee) jaar gevangenisstraf opgelê.
[2] Die klaagster is ‘n 21-jarige vrou. Sy het voorheen ‘n liefdesverhouding met die beskuldigde gehad, maar op die betrokke dag was daardie verhouding reeds beëindig. Toe die klaagster op die betrokke dag vir die beskuldigde teëgekom het, het hy haar met die oop hand deur die gesig geslaan, met die vuis teen die ribbekas geslaan en haar op ‘n klip laat val. Hy het toe ‘n bedrag van R20,00 uit haar broeksak geneem, wat nie teruggekry is nie.
[3] Soos blyk uit die voormelde het die beskuldigde brutaal en vernederend teenoor die klaagster opgetree. Daar kan myns insiens gevolglik nie fout gevind word met die landdros se siening dat direkte gevangenisstraf die enigste gepaste vonnis is nie. Die termyn van 2 (twee) jaar gevangenisstraf is na my oordeel egter buitensporig swaar in al die omstandighede van hierdie saak. Die klaagster het geen ernstige beserings opgedoen nie en slegs ‘n bedrag van R20,00 is ter sprake. Die beskuldigde is 19 jaar oud en ‘n eerste oortreder. Gevolglik meen ek dat ‘n vonnis van 1 (een) jaar gevangenisstraf gepas is.
[4] Derhalwe word die skuldigbevinding bekragtig, maar die vonnis tersyde gestel en vervang met ‘n vonnis van 1 (een) jaar gevangenisstraf wat geag moet word opgelê te gewees het op 18 Junie 2008.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE, R
Ek stem saam.
____________
C. VAN ZYL, R
/sp