South Africa: Free State High Court, Bloemfontein Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Free State High Court, Bloemfontein >> 2008 >> [2008] ZAFSHC 129

| Noteup | LawCite

S v Leiee (736/08) [2008] ZAFSHC 129 (20 November 2008)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)


Hersiening Nr. : 736/08


In die hersiening tussen:


DIE STAAT


versus


KHOTHATSO ERIC LEIEE


_____________________________________________________


CORAM: CILLIé, R et WRIGHT, R

_____________________________________________________


UITSPRAAK DEUR: WRIGHT, R

_____________________________________________________


GELEWER OP: 20 NOVEMBER 2008

_____________________________________________________


[1] In hierdie geval is die beskuldigde skuldig bevind aan huisbraak met die opset om te steel en diefstal. Die betrokke vonnis is egter in geheel opgeskort vir 4 jaar


op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldigbevind word aan huisbraak met die opset om te steel gepleeg binne die tydperk van opskorting nie”.


Die landdros het aangedui dat hy per abuis vergeet het om die woorde “en diefstal” in die opskortingsvoorwaarde in te voeg. Klaarblyklik is dit in belang van die beskuldigde dat dit gedoen moet word en die opskortingsvoorwaarde word derhalwe gewysig sodat die vonnis dan soos volg lui:


Ingevolge artikel 276(1)(b) Wet 51 van 1977 word die beskuldigde gevonnis tot 18 (agtien) maande gevangenisstraf wat in geheel opgeskort word vir 4 (vier) jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind word aan huisbraak met die opset om te steel en diefstal gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie.”


______________

G.F. WRIGHT, R



Ek stem saam.





____________

C.B. CILLIé, R


/sp