South Africa: Free State High Court, Bloemfontein Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Free State High Court, Bloemfontein >> 2007 >> [2007] ZAFSHC 91

| Noteup | LawCite

S v Tsipane and Another (476/2007) [2007] ZAFSHC 91 (6 September 2007)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)


Hersiening Nr. : 476/2007

In die saak tussen:


DIE STAAT


en


SABATA PIET MOALUSI EN PETRUS TSIPANE



CORAM: KRUGER, R et C.J. MUSI, R

______________________________________________________


UITSPRAAK: KRUGER, R

______________________________________________________


GELEWER OP: 6 SEPTEMBER 2007



[1] Hierdie is ‘n hersiening. Beide beskuldigdes was aangekla van huisbraak met die opset om te steel en diefstal. Beide het skuldig gepleit. Die aanklaer het daardie pleite aanvaar.


[2] Ná ondervraging ingevolge artikel 112 het die landdros uitspraak gegee. Sy was nie tevrede dat die beskuldigdes al die bewerings op ‘n aanklag van huisbraak met die opset om te steel en diefstal erken nie. Sy was wel tevrede dat hulle al die elemente van diefstal erken, en het hulle aan diefstal skuldig bevind.


[3] In ‘n navraag is die punt geopper of die landdros nie die beskuldigdes voor uitspraak moes gevra het of sy ‘n pleit van skuldig aan diefstal kan notuleer nie. Die landdros gee toe dat sy die beskuldigdes so moes gevra het en dat dit nie gedoen was nie. Sy versoek dat die saak ingevolge artikel 312 terugverwys moet word. ‘n Skuldigbevinding kan nie onder artikel 112 gemaak word op ‘n ander klagte as waarop skuldig gepleit is nie; ook nie ‘n mindere alternatiewe klagte, tensy die beskuldigde daartoe toestem.


[4] Gevolglik word die skuldigbevindings van beide beskuldigdes en hulle vonnisse ter syde gestel en die landdros ingevolge artikel 312 van die Strafproseswet, No. 51 van 1977 gelas om die bepalings van artikel 112 (1)(b) na te kom.


_________________

  1. KRUGER, R

Ek stem saam.


_________________

C.J. MUSI, R


/em