South Africa: Free State High Court, Bloemfontein Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Free State High Court, Bloemfontein >> 2007 >> [2007] ZAFSHC 113

| Noteup | LawCite

S v Hlatswako (702/2007) [2007] ZAFSHC 113 (23 August 2007)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)


Hersiening Nr. : 702/2007

In die hersiening tussen:


DIE STAAT


en


ABEDNIGO HLATSWAKO


______________________________________________________


CORAM: HATTINGH, R et VAN DER MERWE, R



UITSPRAAK: HATTINGH, R



GELEWER OP: 23 AUGUSTUS 2007




[1] Die beskuldigde het tereggestaan op ‘n aanklag van oortreding van artikel 65(5)(a) van Wet no. 93 van 1996. ‘n Pleit van onskuldig is genotuleer aangesien die beskuldigde nie al die bewerings in die aanklagte teen hom erken het nie. Die saak is toe uitgestel tot 7 Junie 2007 vir verhoor. Op dié vermelde datum was die bande van die meganiese pleitverrigtinge onopspoorbaar en het dit nooit weer te voorskyn gekom nie. Die Landdros is nie in staat om die pleitsverrigtinge te rekonstrueer nie en versoek hy dat die verrigtinge tersyde gestel word en dat die saak teruggewys word om de novo verhoor te word. Die versoek dat die saak terug verwys word om de novo verhoor te word kan nie aan voldoen word nie. Die vervolgingsgesag moet besluit of die beskuldigde weer aangekla moet word, al dan nie. Ek is tevrede dat die pleitverrigtinge nie gerekonstrueer kan word nie en word die verrigtinge tersyde gestel.





________________

G.A. HATTINGH, R



Ek stem saam.




_________________________

C. H. G. VAN DER MERWE, R



/em