South Africa: Free State High Court, Bloemfontein Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Free State High Court, Bloemfontein >> 2004 >> [2004] ZAFSHC 91

| Noteup | LawCite

S v Sekonyela (1426/2004) [2004] ZAFSHC 91 (7 October 2004)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)



Hersiening Nr : 1426/2004


In die hersiening van:



DIE STAAT


versus


FUSI JOHANNES SEKONYELA


_____________________________________________________


CORAM: VAN DER MERWE R

_____________________________________________________


UITSPRAAK: VAN DER MERWE R

_____________________________________________________


GELEWER OP: 7 OKTOBER 2004

_____________________________________________________


[1] Die beskuldigde in hierdie saak is op grond van sy pleit van skuldig tereg skuldig bevind aan ‘n oortreding van artikel 4(b) van Wet Nr 140 van 1992 deurdat hy op 21 Junie 2004 in besit was van 738 gram dagga. Op 17 Augustus 2004 is die beskuldigde gevonnis tot twaalf maande gevangenisstraf.


[2] Die beskuldigde is 25 jaar oud. Hy is die enigste broodwinner van ‘n huishouding waarvan sy moeder en sy oorlede suster se kinders ook deel is. Hy doen stukwerk en verdien daaruit die bedrag van R200,00 na elke twee weke.


[3] Die beskuldigde het erken dat hy gedurende 1998 skuldig bevind is aan ‘n oortreding van artikel 5(b) van Wet Nr 140 van 1992 deurdat hy handel gedryf het in dagga. Vir hierdie oortreding is hy gevonnis tot ‘n boete van R2 400,00 of 12 maande gevangenisstraf asook ‘n verdere 18 maande gevangenisstraf wat opgeskort is vir vier jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind word aan ‘n oortreding van artikel 5(b) van Wet Nr 114 van 1992 gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie. Tydens die ondervraging ingevolge artikel 112 van die Strafproseswet, Nr 51 van 1977 het die beskuldigde gemeld dat hy in die besit was van dagga omdat hy dagga rook. Alhoewel die beskuldigde se vorige veroordeling ‘n relevante faktor is, moet by vonnisoplegging in gedagte gehou word dat daar ‘n wêreldse verskil bestaan tussen handeldryf in dagga waarvoor ‘n vonnis opgelê is soos hierbo vermeld en besit van ‘n klein hoeveelheid dagga soos 738 gram vir doeleindes daarvan om dit self te rook. Ook was die beskuldigde ten tye van sy vonnis reeds vir ongeveer twee maande in hegtenis as ‘n verhoorafwagtende.


[4] In al hierdie omstandigde is die opgelegde vonnis na my oordeel skokkend onvanpas en moet dit vervang word met ‘n boete van R1 000,00 of by wanbetaling vier maande gevangenisstraf.


[5] Gevolglik word die skuldigbevinding bekragtig maar die opgelegde vonnis tersyde gestel en vervang met ‘n boete van R1 000,00 of vier maande gevangenisstraf. Hierdie vonnis moet geag word opgelê te gewees het op 17 Augustus 2004.




________________________

C.H.G. VAN DER MERWE, R










/sp