South Africa: Free State High Court, Bloemfontein

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein >>
2004 >>
[2004] ZAFSHC 7
| Noteup
| LawCite
S v Saal (235/2004) [2004] ZAFSHC 7 (26 February 2004)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening No.: 235/2004
In die hersiening tussen:
DIE STAAT
en
WILLEM SAAL
___________________________________________________________
CORAM: LOMBARD et WRIGHT, RR
___________________________________________________________
UITSPRAAK DEUR: WRIGHT, R
___________________________________________________________
GELEWER OP: 26 FEBRUARIE 2004
___________________________________________________________
Die beskuldigde, ‘n 44-jarige man, is skuldig bevind aan veediefstal van een skaap en gevonnis tot ses maande gevangenisstraf asook ‘n verdere 12 maande gevangenisstraf wat op gespaste voorwaardes vir vyf jaar opgeskort is.
Redes vir vonnis is aangevra en verskaf.
Dit is bekend dat veediefstal ‘n ernstige misdaad is ten opsigte waarvan dit moeilik is om die oortreder op te spoor. Om daardie rede word daar nie, soos gewoonlik die geval is, oorweeg om ‘n eerste oortreder buite die gevangenis te straf nie en word hy direkte gevangenisstraf opgelê tensy daar besondere versagtende omstandighede bestaan.
In hierdie geval was die persoon ‘n 44-jarige skaapwagter wat vir die klaer gewerk het en het hy ‘n skaap ter waarde van R300,00 gesteel. Hy het skuldig gepleit en oop kaarte met die hof gespeel. Daar bestaan hoegenaamd geen rede bo en behalwe die vonnis van ses maande nog ‘n opgeskorte vonnis bygevoeg moet word nie. Indien die omstandighede sodanig was, kon daar moontlik slegs ‘n opgeskorte vonnis opgelê gewees het. In effek kom dit nou daarop neer dat daar einlik ‘n vonnis van 18 maande opgelê word (alhoewel 12 maande daarvan nie noodwendig ondergaan hoef te word nie).
Die vonnis is dus skokkend onvanpas en moet tersyde gestel word.
Bygevolg word die skuldigbevinding en die vonnis van ses maande bekragtig, maar die opgeskorte vonnis van 12 maande tersyde gestel.
________________
G.F. WRIGHT, R
EK STEM SAAM
_________________
D.J. LOMBARD, R
/scd