South Africa: Free State High Court, Bloemfontein Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Free State High Court, Bloemfontein >> 2004 >> [2004] ZAFSHC 113

| Noteup | LawCite

S v Makoliso (1436/2004) [2004] ZAFSHC 113 (2 December 2004)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)



Hersiening Nr. : 1436/2004



In die hersiening van:



DIE STAAT


teen


ALFRED MAKOLISO BESKULDIGDE 1


TEBOHO JOHANNES MOKOANYANE BESKULDIGDE 2


_____________________________________________________


CORAM: LOMBARD et WRIGHT RR



UITSPRAAK: LOMBARD R



GELEWER OP: 2 DESEMBER 2004




Die beskuldigdes is tereg aan die diefstal van een bok skuldig bevind en elkeen is tot 12 maande gevangenisstraf gevonnis.


In antwoord op my navraag of die vonnis van albei beskuldigdes nie te kras is nie, het die landdros onder meer na die afmetings wat veediefstal tans aanneem, verwys en ook daarop gewys dat boere verplig word om hulle kleinvee te verkoop en beeste aan te koop. In hierdie verband word die landdros verwys na Hiemstra, SUID-AFRIKAANSE STRAFPROSES, 6de Uitgawe op p. 692:


Soms beskik die hof egter oor geregtelike kennis van strafverswarende inligting, byvoorbeeld die hoë voorkoms van die betrokke misdaad in die hof se regsgebied (S v Boesigo 1956 (1) SA 234 (A) op 237H), waarvoor die hof beswaarlik sy oë kan sluit. Dit is dan die voorsittende beampte se plig om die partye daaroor in te lig en hul die geleentheid te bied om daarmee te handel, hetsy met getuienis of andersins (S v Smith 1977 (2) SA 954 (A) op 960G-H). Private inligting waaroor die hof beskik, in teenstelling tot dié waarvan geregtelike kennis geneem kan word, mag nooit gebruik word nie (S v Mkhwanazi 1989 (2) SA 802 (T)).”


Dat dit die posisie mag wees, is goed en wel, maar elke saak moet nog steeds op sy eie besondere feite en omstandighede benader en beoordeel word.


Dit is gemene saak dat terwyl die veewagter op daardie betrokke dag besig was om skape en bokke op die plaas op te pas, die beskuldigdes daar opgedaag en een bok gevang en verwurg het. Daarna het hulle sy vleis te koop aangebied en is inderdaad van die vleis verkoop.


Veediefstal is en bly ‘n ernstige misdaad en waar vee gesteel word en die vleis verkoop word, vererger dit net die posisie.


Beide beskuldigdes is egter eerste oortreders, 28 en 29 jaar oud respektiewelik. Dat direkte gevangenisstraf hierin aangewese is, staan vas, maar na my oordeel verg die omstandighede hierin nie ‘n vonnis wat “die gewone vonnis” van 6 maande oorskry nie.


Die skuldigbevinding van beide die beskuldigdes word bekragtig, maar hul vonnis word deurgehaal en vervang met 6 maande gevangenisstraf, welke vonnisse geag sal word op 11 Augustus 2004 opgelê te gewees het.





_______________

D.J. LOMBARD, R



Ek stem saam.





_____________

G.F. WRIGHT, R


/spieterse