South Africa: Free State High Court, Bloemfontein Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Free State High Court, Bloemfontein >> 2003 >> [2003] ZAFSHC 14

| Noteup | LawCite

Interdaf Int (EDMS) Beperk v Westcott and Another (675/2003) [2003] ZAFSHC 14 (15 August 2003)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)


Saaknommer: 675/2003


In die saak tussen:


INTERDAF INT (EDMS) BEPERK Applikant


en


EUGENE WESTCOTT Eerste Respondent


MARLIM (EDMS) BEPERK Tweede Respondent



CORAM: BECKLEY, R


AANGEHOOR OP: 19 JUNIE 2003


GELEWER OP: 15 AUGUSTUS 2003


Die eiser en die tweede respondent hierin is beide geregistreerde maatskappye wat te Welkom sake doen as handelaars in vragmotoronderdele. Dit is nie in geskil dat hulle mededingers is in sekere opsigte nie. Die eerste respondent het in Julie 1998 diens aanvaar by die applikant as onderdeleverkoopsman en het gedurende Junie 1999 ‘n skriftelike ooreenkoms met die applikant aangegaan wat die gebruiklike diensvoorwaardes bevat. Gedurende November 2002 het sekere samesprekings plaasgevind tussen Pienaar, die besturende direkteur van die applikant, en die eerste respondent, waartydens die eerste respondent aangedui het dat hy die einde Desember 2002 die applikant se diens gaan verlaat. Pienaar het voormelde bedanking aanvaar. Dit is nie in geskil dat die eerste respondent inderdaad applikant se diens verlaat het op 11 Desember 2002 nie.


Later, gedurende Desember 2002, het Pienaar vermoed dat die eerste respondent besig is om van die vertroulike inligting wat hy bekom het terwyl hy ‘n werknemer van die applikant was, gebruik te maak, onder andere die applikant se kliënte lys en lys van binnelandse verskaffers van onderdele. Pienaar het ook agtergekom dat die eerste respondent telefoonboekies saamgeneem het wat inligting bevat rakende die applikant se kliënte asook besonderhede van sekere verskaffers. Daarbenewens het hy ook verneem dat die eerste respondent in verbinding was met sekere van die applikant se kliënte. Op 25 Februarie 2003 het die applikant die Hof genader vir ‘n interdik wat die eerste respondent en die tweede respondent verbied om onder andere gebruik te maak van die vertroulike bedryfsinligting wat die eiendom van die applikant is, asook ‘n Anton Piller bevel. Die aansoek is deur my ampsbroeder Van Coller, R aangehoor ex parte, in camera en as ‘n dringende aansoek. Die bevel wat verleen is, bestaan eerstens uit ‘n bevel nisi wat keerbaar was op 24 April 2003 wat die respondente (dus beide) onder andere verbied om met kliënte en verskaffers van die applikant sake te doen of om gebruik te maak van enige vertroulike bedryfsinligting wat die eiendom van die applikant is, en word die respondente ook verbied om sodanige inligting bekend te maak. Benewens die bevel nisi voormeld, is ‘n Anton Piller bevel verleen wat voorsiening maak vir die deursoeking van sekere persele en om van sekere dokumente afskrifte te maak. Beide die bekragtiging van smeekbedes van die bevel nisi sowel as die bevestiging van die Anton Piller bevel is hewiglik bestry tydens die keerdatum van die bevel nisi en het die aansoekstukke op daardie stadium 563 bladsye beslaan.


Ek is nie voornemens om die vraag of die bevel nisi bekragtig moet word volledig te behandel nie. Tydens die beredenering van die aansoek het mnr. Ploos van Amstel, namens die applikant, toegegee dat sekere van die smeekbedes nie bekragtig kan word nie, aangesien dit nie deur die bewerings in die stawende verklaring ondersteun word nie. Insgelyks het mnr. Van Rooyen, namens die respondente, toegegee dat sekere van die smeekbedes wat deel vorm van die bevel nisi, bekragtig behoort te word. Wat die bevel nisi derhalwe betref, meen ek dus dat paragrawe 3.3 en 3.4 daarvan bekragtig behoort te word, aangesien dit duidelik blyk dat die respondente in besit is van die vertroulike bedryfsinligting van die applikant. Ek handel hierin later met die kwessie van die koste.


Alvorens gehandel word met die meriete van die Anton Piller aansoek, meen ek dat enkele opmerkings gemaak moet word rakende die wyse waarop die aansoek gebring is en die vorm waarin dit voorberei is, naamlik deur die Anton Piller aansoek en die interdik gelyktydig en dus in dieselfde hofstukke te beliggaam. Aan die hand van sekere beslissings waarna ek verwys is, meen ek dat die oorwegings van die posedure wat in casu gevolg is, as volg saamgevat kan word:


As uitgangspunt kan aanvaar word dat alle hofverrigtinge in ‘n ope hof moet plaasvind, tensy spesiale oorwegings ter sprake is. (Vlg. ECONOMIC DATA PROCESSING (PTY) LTD AND OTHERS v PENTREATH 1984 (2) SA 605 (W) te 607A-D; KNOX D’ARCY LTD AND OTHERS v JAMIESON AND OTHERS 1995 (2) SA 579 (W)). Daarbenewens is daar denkbare gevalle waar dit onwenslik sou wees om in dieselfde hofstukke ‘n interdik sowel as ‘n Anton Piller aansoek te beliggaam. Gesonde verstand en logika dikteer egter dat ‘n Anton Piller aansoek, vir die voor-die-hand-liggende redes, ex parte en normaalweg in camera voor die Hof behoort te dien. ‘n Soortgelyke prosedure is gevolg in HALL AND ANOTHER v HEYNS AND OTHERS 1991 (1) SA 381 (K) waar nie alleen aanvaar is dat dit ‘n geoorloofde prosedure is nie, maar is beslis (te p.385B-J) dat die Anton Piller bevel interlokutories is, hersienbaar is en vatbaar is vir heroorweging sonder dat ‘n substantiewe aansoek nodig is om dit te heroorweeg of dit te hersien. Na my mening was die applikant bygevolg geregtig om die twee afsonderlike komponente, dit wil sê die interdik en die Anton Piller aansoek, in dieselfde stukke te beliggaam.


‘n Verdere aspek wat ter sprake was tydens die beredenering van die aansoek, is die vraag of die applikant geregtig was op ‘n bevel rakende die beslaglegging en verwydering van dokumente wat die eiendom van die applikant is, met ander woorde dokumente ten opsigte waarvan die applikant beweer dat hy ‘n saaklike of persoonlike reg het, en welke dokumente in besit van die respondente is. Voormelde argument is gebaseer op die vereistes neergelê deur Corbett, HR, in SHOBA v OFFICER COMMANDING, TEMPORARY POLICE CAMP, WAGENDRIFT DAM 1995 (4) SA 1 (A) vir die verlening van ‘n Anton Piller bevel. Op p.15G-J word die drie vereistes as volg uiteengesit:


“(1) That he, the applicant, has a cause of action against the respondent which he intends to pursue;


(2) that the respondent has in his possession specific (and specified) documents or things which constitute vital evidence in substantiation of applicant’s cause of action (but in respect of which applicant cannot claim a real or personal right); and

(3) that there is a real and well-founded apprehension that this evidence may be hidden or destroyed or in some manner be spirited away by the time the case comes to trial or to the stage of discovery.”


Mnr. Van Rooyen se betoog in hierdie verband is dat die applikant inderdaad beweer dat hy saaklike regte ten opsigte van sekere van die dokumente het, en dat die Anton Piller bevel in daardie opsig te wyd is, inaggenome dat, wat daardie dokumente betref, ‘n finale bevel gevra word as deel van die Anton Piller bevel en nie ‘n tussentydse bevel in terme van die bevel nisi nie. Dit is duidelik dat sodanige bevel met betrekking tot sodanige dokumente nie in ooreenstemming is met die oorspronklike bedoeling van ‘n Anton Piller bevel nie. (Vgl. die benadering van Van Dijkhorst, R in die saak van CEREBOS FOOD CORPORATION LTD v DIVERSE FOODS SA (PTY) LTD AND ANOTHER 1984 (4) SA 149 (T)). Die gesag dui huidiglik aan dat beslegging van dié spesifieke dokumente inderdaad geoorloof is. (Vgl. UNIVERSAL CITY STUDIOS INC AND OTHERS v NETWORK VIDEO (PTY) LTD [1986] ZASCA 3; 1986 (2) SA 734 (A)). Die enigste kritiek wat daarteen geopper kan word indien sodanige dokumente ten opsigte waarvan die applikant ‘n saaklike of persoonlike reg het, is dat sodanige dokumente normaalweg op beslag gelê word is deel van ‘n tussentydse bevel. Die verskil (indien enige) tussen ‘n tussentydse beslaglegging en ‘n Anton Piller bevel (wat onderhewig is aan heroorweging) is na my mening formalisties en meen ek dus dat dit nie verkeerd was vir die applikant om as deel van die Anton Piller bevel te vra vir beslaglegging van dokumente ten opsigte waarvan die applikant persoonlike of saaklike regte gehad het nie.


Ek handel vervolgens met die argumente rakende die Anton Piller bevel. Die benadering wat Corbett, HR in die SHOBA-saak, supra, gehuldig het, ten aansien van die drie vereistes vir die verlening van ‘n Anton Piller bevel, is reeds in die vooruitsig gestel (bykans in die vorm van ‘n retoriese vraag) in die UNIVERSAL STUDIO-saak te p.755A-C. Wanneer daardie drie aspekte oorweeg word aan die hand van die stukke in die onderhawige saak, meen ek wel dat die applikant ‘n skuldoorsaak openbaar het vir ‘n voorgestelde aksie teen die respondente en bestaan daar geen redes om die bewering dat hy voornemens is om die voorgenome aksie in te stel, te bevraagteken nie. Wat die tweede vereiste betref, is ook aangetoon na my mening dat die eerste respondent (en by noodwendige implikasie die tweede respondent) in besit is van dokumente wat relevant is.


Daar moet ook oorweging geskenk word aan die vraag of die applikant aangetoon het dat die derde vereiste van Corbett, HR, in die SHOBA-saak supra, nagekom is, naamlik dat werklike en gegronde vrees bestaan dat die tersaaklike dokumente nie meer beskikbaar sal wees tydens blootlegging of die verhoor nie. Die enigste passasie in die stawende verklaring hieromtrent word gevind in paragraaf 19.1 waar die deponent Pienaar meld:


“Daar bestaan ‘n werklike en redelike vrees dat beide respondente van die dokumente ontslae kan raak en kan vernietig of versteek indien hul vooraf kennis sou kry van die aansoek, naamlik om beslag te lê op daardie dokumente. Sodanige optrede sal applikant onherroeplik benadeel en die uitoefening van sy regte onmoontlik maak.”


Of sodanige bewering voldoende is, moet na my mening bepaal word wanneer die benaderings in ander beslissings toegepas word: In die HALL-saak, supra, meld Conradie, R, soos hy destyds was die volgende:


The basis of the first applicant’s fear that the documents might be destroyed seems to me to be speculative. He testifies that the first respondent had not directly threatened to destroy any documentation of the third, fourth and fifth respondents, but had said to him that where Nixon (the US President) and Vermaas (the Pretoria attorney) erred was in not destroying the evidence against them. From this he (the first applicant) concluded that the first respondent would destroy company documents if the first applicant pressed him for access thereto. If one considers the panic-stricken way in which the first applicant reacted on the evening when this order was obtained, an incident with which I shall deal later, and one considers the urgency with which the order was obtained (when there was no evidence that destruction of documents, even if it was to be feared, was imminent) one cannot help wondering whether the first applicant does not have a fearful temperament which allows his judgment in stressful situations to desert him. I am, in any event, sceptical of the first applicant’s assertion that he feared destruction or secreting of all the second, third and fourth respondents’ documents. One cannot destroy all the documents of a company without getting oneself into serious trouble. Companies must by statute have certain books. Everyone knows what kind of documents ought to be there. The auditors have seen the books of the second, third and fourth respondents and they knew which were and which, perhaps, were not in existence. The sudden disappearance of the books of not one, but three companies, would have been disastrous to the first respondent’s case. ....... If the applicants feared the destruction or disappearance of some documents then these documents, and only they, should have been the subject of an order to preserve them. One cannot simply attach all the respondents’ documents because one fears that some might be removed or destroyed. In my view, the applicants did not make out a case of “grave danger” that “all” the books and documents of all three companies were going to be hidden oì¥Á9U@ 99ð¿999999999999 9ER99

9bjbj¬›¬›999999999999999999 9Ón99Îñ99Îñ995J999999¤99999999999999999999999ÿÿ¤999999999ÿÿ¤999999999ÿÿ¤99999999999999999ˆ99999| 999999| 99| 999999| 999999| 999999| 999999| 99ô99999999999Š999999

999999

999999

99ˆ 9999999²99D999Š999999 m999999999999999999999999999999999999999999999999999V99999V999999V999999V99=999YV99$
99}a99$
99¡l99$999Öm99R99(p99š999Ål99§999999999
9999999999| 9999999999999999999999999999999999999999999999999999Ål99999999999999| 999999| 99999999999999999999999999Úl99999ØU999999ØU999999ØU99999999†899| 999999999999| 999999999999V99999999999999ØU999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999V999999ØU99 999ØU99999999999999öU999999| 999999| 99999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999öU999999999999ö99

999B&µœsà 99999999

999999¢R99˜99öU99999999999999V999999ðl990999 m999999öU999999Âp999999:U99Ž999Âp999999öU99999999999999p99ô999d99& 99| 999999| 999999| 999999| 9999999999999999999999Âp99999999999999| 999999öU99$9999999999999999999ØU999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999Ål999999Ål999999Š999999Š9999

99999999999999ÈU99999Š999999Š999999

9 999999 9999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999999rste respondent tydens die beslaglegging vir ‘n tyd nie teenwoordig was nie. Die suggestie was dat werknemers van die tweede respondent die eerste respondent adviseer het om nie teenwoordig te wees tydens die beslaglegging nie, vermoedelik in ‘n poging om die beslaglegging te bemoeilik.


Dit moet in gedagte gehou word, soos in die HALL-saak, supra, die tweede respondent ‘n maatskappy is en geld dieselfde oorwegings wat in daardie saak gegeld het met betrekking van die inhoud van dokumente. Ek is allermins oortuig dat die applikant ‘n werklike en gegronde vrees gehad het dat dokumente vernietig kan word, en dat die bewering in die stawende verklaring niks minder en niks meer as blote spekulasie is nie.


Na my mening het die applikant derhalwe nie voldoen aan die derde vereiste voormeld nie. Dit volg dus dat die Anton Piller vir daardie rede tersyde gestel moet word. Mnr. Van Rooyen het tydens die beredenering van die aansoek verdere argumente voorgelê waarom die bevel tersyde gestel moet word, naamlik dat die motief waarom die aansoek geloods is neerkom op ‘n hengel-ekspedisie en dat die omskrywing van die dokumente wat ter sprake is te vaag is. In Aanhangsel “X” tot die Anton Piller bevel, wat voorgee ‘n lys van dokumente en voorwerpe te wees, word die dokumente van tweede respondent omskryf as


“alle dokumente, hetsy in harde kopie of elektroniese vorm, wat direk of indirek verwys na die besigheid van die tweede respondent met betrekking tot alle transaksies wat in die normale gang van sake deur tweede respondent met kliënte en/of verskaffers uitgevoer is vir die tydperk 1 Januarie 2002 tot 26 Februarie 2003, insluitende maar nie beperk nie tot:

(a) alle fakture;

(b) alle rekeningstate;

(c) alle maandelikse bestuurstate;

(d) alle kwotasies;

(e) alle finansiële state;

(f) alle bankstate .....”


Die opmerking van Conradie, R in die HALL-saak supra te p.388B-C en F-H is die voor-die-hand-liggende rede vir die vae strekking van die omskrywing van die dokumente:

In another respect the terms of the Anton Piller orders in the present case go dramatically beyond those sanctioned by our Courts and approved by the Appellate Division. The deputy sheriff was in the case of each of these orders directed to attach all documents, correspondence and other records of “whatsoever nature” of the second, third and fourth respondents. The formulation of this order leaves no single document in any of these companies exempt from attachment ..... The applicants in the present case have not asked for specific documents or even for documents of a particular kind. In the case of the second, third and fourth respondents, as I have indicated, they wanted all the documents in their possession that ever came into existence. .... The reason for the applicants not confining themselves to specific documents lies, I think, in their apparent uncertainty as to what cause of action to pursue against each of the respondents ..... This is impermissible.”


Voormelde argument van mnr. Van Rooyen is na my mening beslis nie sonder meriete nie. In die lig van die bevinding dat die applikant nie aan die derde vereiste in die SHOBA-saak voldoen het nie, is dit nie nodig om daaroor te beslis nie.


Wat koste betref, meen ek dat die koste deelbaar is in die sin dat die aansoek uit twee bene bestaan, naamlik die interdik sowel as die Anton Piller gedeelte. Wat die Anton Piller betref, meen ek dat dit tersyde gestel behoort te word met koste. Wat betref die twee smeekbedes van die bevel nisi wat bekragtig behoort te word, meen ek dat dit moontlik gesê kan word dat die applicant in ‘n mate suksesvol was. Die partye is dit egter eens dat daar ‘n voorgestelde aksie ingestel sal word binne 30 dae vanaf die uitspraak. Na my mening sal ‘n Verhoofhof, na die aanhoor van getuienis, in ‘n beter posisie wees om te beslis wat betref die koste genoodsaak deur die interdik.


Derhalwe word die volgende bevel gemaak:


1. Die Anton Piller bevel word tersyde gestel met koste.


2. Paragrawe 3.3 en 3.4 van die bevel nisi gedateer 25 Februarie 2003 word bekragtig. Origens word die bevel opgehef.


3. Die koste van die interdik staan oor om later beslis te word.




________________

A.P. BECKLEY, R








Namens Applikant: Adv. C. Ploos van Amstel, SC

i.o.v.

Naudes






Namens Respondente: Adv. P.C.F. van Rooyen

i.o.v.

Israel & Sackstein















/scd