South Africa: Free State High Court, Bloemfontein

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein >>
1951 >>
[1951] ZAFSHC 1
| Noteup
| LawCite
Dreyer v Sonop [1951] ZAFSHC 1 (15 March 1951)
Download original files |
SAFLII Note: This case was originally published by Juta and Company (Pty) Ltd. Juta retains copyright as far as it subsists. |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAAT PROVINSIALE AFDELING)
In die saak tussen:
DREYER APPELLANT
V
SONOP BPK RESPONDENT
Parallel citation: 1951 (2) SA 392 (O)
Coram: De Beer JP, and Horwitz J
Heard: March 5, 1951
Judgment: March 15, 1951
UITSPRAAK
Case Information
Appeal from a decision in a magistrate's court. The facts appear from the reasons for judgment.
H. W. O. Klopper, for the appellant: On the pleadings the issue is whether the child acted as agent for the father and whether the father ratified his actions as agent. The minor cannot pledge his father's credit without the father's authority; see Marshall v National Wool Industries Ltd., 1924 OPD 238; Tiruvengadam v Naidoo and Another, 1948 (2) SA 746; Wessels, Law of Contract in South Africa (vol. 1, sec. 809); Lee & Honoré, The South African Law of Obligations (p. 167); Spiro, Law of Parent and Child (p. 90). There is no evidence that the father failed to supply the child with the necessary school blazer; cf. Mazzur v Cleghorn & Harris, Ltd., 1917 CPD 291; McCullum v Hallen, 1916 E.D.L. 74. As to ratification see De Wet & Yeats, Kontraktereg en Handelsreg (p. 70); E. & E. Digest (vol. 1, secs. 1037, 1043); Keystone Trading Co v Die Verenigde, etc., Mij, 1926 T.P.D. 218.
H. J. Potgieter, for the respondent: If the son acted on behalf of his father and he had authority from his father, the father is liable; see Marshall v National Wool Industries, Ltd., 1924 OPD 238. If the son represented that he acted on behalf of his father, then, although he did not have his father's authority, the father is liable if do with knowledge of the circumstances, ratified the transaction; see Halsbury's Laws of England (Hailsham ed., vol. 1, sec. 407); Wille, Principles of South African Law (3rd ed., p. 422); De Villiers & Macintosh, Agency (p. 85). If the transaction
DE BEER JP
entered into in the father's name, becomes known to the father and he does nothing within the shortest time possible to repudiate the transaction, notification of the transaction will be presumed; see Halsbury, supra para. 406; Bowstead, Agency (p. 59); Legg & Co v Premier Tobacco Co., 1926 AD 132; Prince v Webster, 22 S.C. 191. When there is a special relationship like that of father and son, the presumption of ratification becomes stronger; see Faure, Neethling & Co v Beyers, 12 S.C. 438. Where certain facts are peculiarly within the knowledge of the opposite party, less evidence is necessary to discharge the onus resting on the plaintiff; see Union Government v Sykes, 1913 AD at p. 173; Goosen v Stevenson, 1932 T.P.D. at p. 228; Keyser v Terblanche and Others, 1947 (2) SA at p. 581.
Klopper in reply.
Cur. adv. vult.
Postea (March 15th).
Judgment
DE BEER, J.P.: Respondent het appellant in die magistraatshof te Bloemfontein aangespreek vir die bedrag van £6 5s. op gronde soos tans blyk uit die gewysigde besonderhede tot die dagvaarding:
'(1) Eiser se eis is vir betaling van die som van £6 5s. synde bedrag verskuldig deur verweerder aan eiser ten opsigte van 'n kleurbaadjie deur verweerder se minderjarige seun gekoop en ontvang van eiser gedurende April 1949, waarvoor verweerder verantwoordelik is op die volgende gronde:
(a) Verweerder se gemelde minderjarige seun het gemelde kleurbaadjie gekoop in opdrag en met toestemming van verweerder.
Of in die alternatief
(b) Indien die Hof bevind dat verweerder nie vooraf opdrag gegee het aan sy minderjarige seun, of hy toegestem het tot die aankoop van gemelde kleurbaadjie nie, dan sê eiser dat verweerder die gemelde koop van die kleurbaadjie bekragtig het;
of as 'n verdere alternatief tot die voorgaande sê eiser dat gemelde kleurbaadjie 'n redelike en noodsaaklike kledingstuk is vir verweerder se gemelde seun as kosganger van die Sentrale Hoërskool, Bloemfontein, en dat hy die voordeel daarvan ontvang het.
Aanmanings nieteenstaande weier en of versuim verweerder om die gemelde bedrag te betaal. Weshalwe vra eiser vir vonnis vir betaling van die som van £6 5s. met koste.'
Hierteen het appellant die volgende verweerskrif ingedien:
'AD para. 1
Verweerder erken dat die eiser aan verweerder se minderjarige seun 'n kleurbaadjie verkoop het gedurende April 1949 vir 'n bedrag van £6 5s. en dat genoemde seun die genoemde kleurbaadjie ontvang het; verweerder ontken egter dat die verweerder die bedrag of enige ander bedrag aan eiser ver skuldig is of dat hy verantwoordelik is vir die betaling daarvan.
AD para. 1 (a)
Verweerder ontken dat die genoemde seun die kleurbaadjie gekoop het in opdrag of met toestemming van die verweerder.
AD para. 1 (b)
Verweerder ontken dat hy die aankoop van die gemelde kleurbaadjie te enige tyd bekragtig het. Verweerder ontken verder dat die gemelde kleurbaadjie 'n redelike of noodsaaklike kledingstuk is vir die genoemde seun.
Weshalwe smeek verweerder:
DE BEER JP
Dat eiser se eis van die hand gewys word met koste.'
Na getuienis deur respondent aangevoer is, het appellant aansoek om absolusie van die instansie gedoen en dit is deur die voorsittende magistraat van die hand gewys. Appellant het toe sy saak gesluit en daarna is vonnis ten gunste van die respondent met koste gegee. Appellant kom nou in hoër beroep op grond daarvan dat
'(1) Die magistraat fouteer het om te vind dat verweerder se seun die kleurbaadjie gekoop het namens sy vader of as laasgenoemde se agent.
(2) Die magistraat fouteer het om te vind dat verweerder die maandelikse rekenings ontvang het of dat verweerder bewus geword het van die aankoping gedurende April 1949 of voor Augustus 1949.
(3) Die magistraat fouteer het om te vind dat verweerder die onderhandelinge van sy seun stilswygend bekragtig het.
(4) Die magistraat verkeerdelik gevind het dat 'n kleurbaadjie 'n noodsaaklike kledingstuk is.
(5) Die aangevoerde bewyse en bevinding strydig is met die oorwig van waarskynlikhede.'
Uit die notule van verrigtinge, in sover paslik, blyk dat appellant se veertienjarige seun 'n kosganger by die Sentrale Hoërskool is. Mnr. Malan die prinsipaal getuig dat dit 'n vereiste van die skool is dat leerlinge en veral kosgangers kleurbaadjies dra. In die gewone loop van sake kry die ouers 'n prospektus waarin onder kleredrag vir seuns dit bepaal word dat '1. Seuns moet kleurbaadjies en grysbroeke dra,' en verder onder benodigdhede vir seuns word melding van die skoolkleurbaadjie gemaak.
In respondent se boeke van 30 Maart 1949 is die volgende deurslag van 'n faktuur gevind:
'Mnr. J. N. Dreyer,
Bus 148,
Kroonstad.
1 Kleurbaadjie £5 9 6
1 Wapen 5 6
£5 150
per Mnr. Jooste
(Get.) K. Dreyer.'
Volgens die verklaring van Mnr. de Kock, hoofrekenmeester by respondent dui die faktuur aan dat die artikels deur K. Dreyer ontvang is: die oorspronklike gaan na die kliënt en die deurslag word in die rekeningsopgaaf gesit en teen die einde van die maand word die rekening aan die kliënt gepos. Daarna is dit gebruiklik om elke maand 'n rekening te stuur en 'n afskrif van die rekening is aangeheg: Mnr. de Kock is sedert 1 Augustus 1949 by respondent. Onder kruisverhoor getuig hy dat 'Ons maak nie seker of hy reeds 'n kleurbaadjie het nie' en 'Ek het nie verneem of ons magtiging had om die kleurbaadjie aan die seun te verskaf nie.' Op 11 Augustus 1949 is 'n brief deur getuie aan appellant gerig waarin laasgenoemde dringend versoek word om sy tjek ter vereffening sonder verdere versuim aan te stuur. Op 13 Augustus het appellant gevra om besonderhede van die rekening en dit was aan hom op 16 Augustus verskaf: hy het versuim om enige stappe te neem en toe hy op 23 September met geregtelike proses gedreig
DE BEER JP
is, het hy aanspreeklikheid op 5 Oktober ontken met die gevolg dat dagvaarding teen hom uitgereik is.
Onder die feite wat die magistraat bevind het bewys te wees in terme van Reel 47 (1) van die magistraatshowewet is die volgende:
'(a) Dat die seun die kleurbaadjie namens verweerder gekoop het;
(b) Dat verweerder die maandelikse rekenings ontvang het en bewus geword het van die transaksie en
(c) Dat verweerder stilgebly het en dus stilswygend die onderhandelinge van sy seun bekragtig het.'
En in sy redes vir vonnis meld die magistraat onder meer dat tussen die aankoop van die kleurbaadjie op 30 Maart en die ontkenning van aanspreeklikheid op 6 Oktober die seun met ten minste een van die drie tussenkomende skool vakansies sy ouerhuis besoek het en dat verweerder die kleurbaadjie gesien het en die vonnis eindig:
'Dus volgens die korrespondensie voor die Hof, blyk dit dat verweerder wel die maandelikse rekeninge gekry het, dat hy wel geweet het dat sy seun 'n kleurbaadjie en wapen gekoop het en dat hy dit bedragtig het maar later toe eiser gedreig het om geregtelike stappe teen hom te neem hy besluit het om die eis te verwerp.
Verweerder het geen getuienis gegee nie.
Die gewysigde besonderhede van eis toon aan dat verweerder se verantwoordelikheid berus het op sy persoonlike hoedanigheid en nie as voog van sy seun nie. Met ander woorde dat verweerder se seun as agent vir verweerder opgetree het.'
In sy bewerking van sy betoog namens appellant het Mnr. Klopper allereers aangevoer dat die vraag of 'n kleurbaadjie 'n benodigheid is nie 'n geskilpunt is nie en in elk geval is daar geen jota van getuienis waarvan afgelei kan word dat die seun nie reeds 'n kleurbaadjie gehad het nie: die beslissing van die saak beweeg om die strydvraag in watter hoedanigheid die seun die aankopie gemaak het. Het hy opgetree as minderjarige bygestaan deur sy vader en voog of het hy opgetree as behoorlike gemagtigde agent van sy vader? In eersgenoemde geval sou die vader nie aanspreeklik wees nie.
Die stelling is deur DE VILLIERS, R.P., in Marshall teen National Wool Industries Ltd., 1924 O.P.A. 238 te bl. 248 oorweeg en na volledige behandeling van die verskil tussen die jussus mandatum en consensus of voluntas deur 'n vader gegee in verband met 'n kontrak deur sy minderjarige seun aangegaan, het die geleerde REGTER-PRESIDENT gesê:
'Whatever be the true explanation of the difficulty it is at any rate evident that the bulk of authority supports the view that the father is liable on his minor son's contract if he has authorised the son to contract on his behalf, not if he has merely interposed his consent and assistance as natural guardian to a contract entered into by the son on his own behalf. That view is also supported by principle and by equity and by the analogy of the case of a guardian and his ward. If the father were liable on the obligations arising under such contract of his son, to which he has merely interposed his consent as natural guardian, he would be entitled also to the rights and lucrum accruing under such a contract: which he is clearly not, for the profits under such a contract belong to the son by modern Roman Dutch Law. The same view is also supported by the fact that no case has yet arisen in South Africa in which it has been sought to hold the father liable by reason of his having merely interposed his consent to a contract entered into by the son on the
DE BEER JP
son's own behalf. It is admitted that in all such cases the action has been brought by or against the son, or by or against the father, in his capacity as natural guardian, never by or against the father in his individual capacity.'
Ter stawing hiervan is die Hof ook na Mazzur teen Cleghorn & Harris Ltd., 1917 K.P.A. 291 te bl. 292 verwys en waar die opskrif lui:
'Respondents sued appellant for the value of clothing bought by his minor daughter. There was no evidence to show that appellant was aware of the purchase or that he had failed to clothe and support his child. Held, on appeal, that absolution from the instance should be granted.'
JUTA, R.P., sê in die loop van sy uitspraak:
'Under the circumstances, even if the principle of law did make the father liable at the instance of any tradesman who supplied necessaries which the father should have provided for his minor daughter, but did not, there is no evidence whatever that in this case the defendant failed to do his duty and that the plaintiffs supplied those very things which the father ought to have supplied.'
Die aangehaalde regsbronne is as volg deur Mackeurtan Law of Sale (3de uitgawe, bls. 93) saamgevat:
'It is incorrect to state, as some text-books do, that a father is personally liable if he authorises or ratifies a contract made by his minor child. He will only be liable if he has authorised his son to contract as an agent on his behalf. The mistake arose because Voet said that a father was personally liable on a contract made by his son with jussus et auctoritas. These words do not mean mere consent and knowledge but a definite mandate given to the son by the father to bind him.'
Derhalwe, vervolg die betoog, kan die aanspreeklikheid van appellant alleen deur die beginsels van agentskapsreg vasgestel word en hier ontbreek alle bewys dat die seun ooit voorgegee het dat hy opgetree het as agent vir sy vader of dat laasgenoemde ooit die kontrak bekragtig het.
Gemene saak is dat appellant die seun nie vooraf opdrag gegee het om die kleurbaadjie te koop nie en dat respondent dus op die oorwig van waarskynlikhede bewys moet lewer dat die seun namens sy vader die kontrak aangegaan het en dat die vader dit daarna bekragtig het. Gemene saak is ook dat die bekragtiging nie uitdruklik geskied het nie. Maar die voorsittende magistraat het bevind dat die bekragtiging wel stilswygend geskied het deur berusting ('acquiescence'). In die verband sal ek hier ietwat breedvoerig aanhaal uit die beslissing van HORWITZ, R., in Fourie teen Saayman (21 September 1950 O.P.A.)* waar die geleerde Regter die regsbegrip as volg ontleed en omskryf het.
'Berusting kan ook in 'n ander sin gebruik word, naamlik, as getuienis van goedkeuring of bekragtiging of ratifikasie van 'n transaksie aangegaan deur 'n persoon as lashebber van 'n ander, waar sodanige persoon geen magtiging aan hom verskaf het om namens hom op te tree of te handel nie. In die Restatement of the Law (Agency, artikel 82, bls. 197) word goedkeuring as volg bepaal:
'Ratification is the affirmance by a person of a prior act which did not bind him but which was done or professedly done on his account, whereby the act . . . is given effect to as if originally authorised by him.'
Die geleerde skrywers verduidelik verder dat,
'ratification differs from equitable estoppel in that no change of position by the third person is required to subject the principal to liability and, where
DE BEER JP
a contract is ratified, there is a contract between the principal and the third party and not merely a liability created against the principal.'
Na my mening is dit ook die sin waarin APPEL REGTER SOLOMON na 'berusting' verwys het in die saak van Hlatshwayo teen Mare en Deas, 1912 A.A. 242 op bls. 253 - 4, waar die volgende voorkom:
'In my opinion, the effect of the authorities on this subject is to show that when once a party to an action has done an act from which the only reasonable inference that can be drawn by the other party is that he accepts and abides by the judgment, and so intimates that he has no intention of challenging it, he is taken to have acquiesced in it. I do not think, that in order to show acquiescence on the part of any person, it is necessary to prove an agreement between the parties that the appeal sholld be abandoned; or that his conduct has been such as to estop him from denying that he has acquiesced in the judgment; or even that he has in fact abandoned any intention of appealing, provided only that his conduct has been such to lead to the clear conclusion that he does not intend to assail the judgment. The only instance of acquiescence given in the Code is that of a person asking for time for payment . . . It is his act which is looked at, not that of the other party; it is his state of mind as to which an inference has to be drawn.'
Goedkeuring kan verder bewys word nie alleen deur uitdruklike woorde of daadwerklike optrede nie, maar ook in sekere omstandighede, deur 'n versuim on 'n onregmatige transaksie binne 'n redelike tyd te verwerp of repudieer. Om weer uit die 'Restatement of the Law' (Agency, art. 94, bbl. 234 et seq.) aan te haal, moet daarop gelet word dat
'An affirmance of an unauthorised transaction may be inferred from a failure to repudiate it . . . Silence under such circumstances that, according to the ordinary experience and habits of men one would naturally be expected to speak if he did not consent, is evidence from which an assent may be inferred. Such inference may be drawn although the purported principal had no knowledge that the third person would rely upon the supposed authority of the agent; his knowledge of such fact, however, coupled with his silence, would ordinarily justify an inference of assent by him . . . Acquiescence may be inferred from silence, even though the purported agent was theretofore a stranger to the purported principal. Nevertheless, the latter's silence is usually more significant where an agency relationship already exists and the agent in the particular case has exceeded his powers. If such an agent reports the matter to the principal at a time or in a manner calculated to call for dissent if the principal was unwilling to affirm, the latter's failure to dissent, if unexplained, furnishes sufficient evidence of affirmance.' Na my mening stem hierdie uittreksel ooreen met die beginsels sowel van ons bewysleer as die van Engeland. In die eerste plek kan verwys word na die proefskrif van J. C. de Wet, Estoppel by Representation, bl. 54, waar die geleerde skrywer tot die gevolgtrekking geraak dat die plig om te spreek bestaan wanneer 'n redelike persoon in die omstandighede sou praat. Tweedens wat die quantum van bewys betref en die beginsel dat goedkeuring makliker afgelei word wanneer die beweerde lashebber en lasgewer in 'n noue verwantskap teenoor mekaar staan, kan na die beslissings in James teen Central Cheap Cask Drapers, 1913 O.D.P.A. 230 te bl. 234 en Prince teen Webster, 22 S.C. 191 op bl. 192 verwys word. In James se saak was die verwantskap dié van man en vrou, terwyl in Prince se saak 'n vader en 'n dogter betrokke was. Vergelyk ook Faure, Neethling & Kie teen Beyers, 12 S.C. 438 op. bls. 443 - 4. Derdens kan 'n hele aantal beslissings aangehaal word om die beginsel te steun dat goedkeuring afgelei kan word van 'n versuim om die transaksie binne 'n redelike tyd te repudieer. In The Australia, 15 E.R. op bl. 60 is die volgende woorde gebesig:
'Now it is very true that delay may not destroy the right of a party to institute a suit; but when unnecessary delay arises and when injury to others may result from that delay, that delay may impose acquiescence in the sale;
DE BEER JP
and, if there be acquiescence in the sale, then according to all the authorities, however unauthorised the sale might have been at its commencement, it is then ratified by the act of the owner himself.'
In 'n latere deel van die uitspraak spreek die geleerde Regter homself as volg uit:
'It is not necessary to say that it amounts to a declaration of acquiescence or to ratification; but it clearly amounts to this, that after being fully informed of all the circumstances relating to the sale of the ship, he adopts no measures for asserting his rights at the earliest period that the circumstances allowed.'
In die saak van Jackson teen Jacob[1837] EngR 808; , 132 E.R. 645 het die eiser sekere aandele van aandelemakelaars gekoop wat voorgegee het om die aandele namens verweerder te verkoop. Eiser het daarna 'n brief aan verweerder gerig waarin verweerder versoek word om die ooreenkoms na te kom. Hierop het verweerder in sy antwoord nie die mag van die makelaars repudieer nie; hy het slegs vir tyd gevra om sy reëlings in verband met sekere besigheidstransaksies te tref. Op bls. 647 het VAUGHAN R., gesê:
'The inference is that the brokers had authority to act in the business.'
Die afleiding is in daardie saak gedoen op grond van die versuim aan die kant van verweerder om met 'n redelike geleentheid die magtiging van die makelaars te ontken. In Legg & Co. teen Premier Tobacco Co., 1926 A.A. 132 het 'n direkteur van 'n maatskappy 'n huurkontrak met die eiser aangegaan wat hy nie by magte was om te doen nie. In 'n brief aan die sekretaris van die maatskappy gerig het die eiser die ooreenkoms bevestig. Die maatskappy het versuim om die kontrak binne 14 dae na die ontvangs van die brief te verwerp. Op bl. 142 het APPÈLREGTER SOLOMON gesê:
'The failure promptly to repudiate the agreement entitled the appellants, in my opinion to presume that'
die direkteur
'had in fact the authority which he purported to have and that the directors acquiesced in the agreement into which he had entered'
en op bl. 145 weer
'Had the letter been promptly laid before them, as it should have been, I am of opinion that a delay of a fortnight in answering it was wholly unreasonable. In the case of Richardson v Dunn, 2 Q.B. 218 a silence for a week in replying to a letter was held to be tantamount to assent.'
'n Saak genoem deur Bynkershoek (Observationes Tumultuariae, No. 1117) word deur J. C. de Wet, supra bbl. 70 - 71 aangehaal. Die vrou van Ryswyk het 'n 'octrooi' verkry om 'n lotery te hou. Sy het aan Sempronius die direksie van die lotery vir die eerste verdeling van f.100,000 gegee. Na die trekking van die tweede verdeling het Sempronius insolvent geraak. 'n Persoon wat twee pryse getrek het, het Ryswyk se vrou tot betaling aangespreek. Sy het onken dat sy Sempronius las gegee het vir die tweede trekking. Die wenner het egter gese:
'Gy hebt er van geweten en Sempronius sy gang laten gaen en dus was Sempronius u lasthebber.'
Die pryswenner se pleit is aanvaar.'
Om die beginsels nou op die onderhawige geskilpunt toe te pas, dien gelet te word dat ofskoon die kleurbaadjie nie juis 'n noodsaaklike benodigdheid is nie, is dit, wat die skool betref, nogtans 'n benodigdheid in die sin dat tensy die vader van 'n kosganger aansoek om vrystelling doen, word dit van hom verwag om die kosganger met 'n kleurbaadjie te voorsien: en prima facie dui die getuienis aan dat appellant hiervan kennis gedra het alvoor hy die seun na die skool gestuur het. In die gewone gang van sake kan dit uit die aard van die saak verwag word dat die vader die aankoop daarvan sou bekragtig of daarby berus. Ook moet die
HORWITZ J
verhouding van vader en seun inaggeneem word. Story Agency (art. 256) sê:
'Where an agency actually exists, the mere acquiescence of the principal may well give rise to the presumption of an intentional ratification of the act. The presumption is far less strong, and the mere fact of acquiescence may be deemed far less cogent, where no such relation of agency exists, at the time between the parties. However if there are peculiar relations of a different sort between the parties, such as that of father and son, the presumption of a ratification will become more vehement, and the duty of disavowal on the part of the principal more urgent, when the facts are brought to his knowledge.'
Waar derhalwe die verhouding van vader en seun bestaan, waar die vader daarvan bewus is dat die kleurbaadjie 'n benodgdheid is, waar die getuienis prima facie aandui dat in April 1949 die faktuur en rekening aan die vader gepos is, waar hy op 11 Augustus gevra word om sonder versuim die rekening te betaal en in antwoord op 'n versoek vir besonderhede die aan hom op 16 Augustus verstrek word, waar hy homself nie verwerdig om te antwoord tot na verloop van die respytade hom verleen nie, waar verder die waarskynlikheid bestaan dat die seun met een of meer van die tussenkommende skoolvakansies met kleurbaadjie en al sy ouerhuis besoek het, en waar ten tye van die verhoor die vader versuim om enige verklaring te doen ten einde respondent se prima facie saak te weerlê, dan bestaan daar myns insiens geen gegronde redes vir inmenging met die magistraat se beslissing nie.
Die appèl word van die hand gewys met koste.
HORWITZ J: EK stem saam
Appellant's Attorneys: Chris. de Wet & Son. Respondent's Attorneys: Naudé & Naudé.
SAFLII Note: This case was originally published by Juta and Company (Pty) Ltd. Juta retains copyright as far as it subsists. |