South Africa: Eastern Cape High Court, Grahamstown

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Eastern Cape High Court, Grahamstown >>
2016 >>
[2016] ZAECGHC 1
| Noteup
| LawCite
S v A.L (CC/7115) [2016] ZAECGHC 1 (15 January 2016)
Download original files |
Sekere persoonlike/private besonderhede van partye of getuies in die dokument is geredigeer in ooreenstemming met die wet en SAFLII se beleid. |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
OOS KAAPSE AFDELING, GRAHAMSTAD
Saak no. CC/7115
Datum aangehoor: 13/1/16
Datum gelewer: 15/1/16
Nie raporteerbaar nie
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
AL
UITSPRAAK: VONNIS
PLASKET, R:
[1] Ek het die beskuldigde skuldig bevind aan die verkragting van sy 14 jarige dogter. Ek moet hom nou vonnis vir sy misdaad.
[2] In terme van artikel 51 van die Strafregwysigings Wet 105 van 1997, gelees met Deel I van Skedule 2 daarvan, is die voorgeskrewe vonnis vir verkragting in ‘n saak waar die klaagster jonger as 16 jaar oud is lewenslange gevangenisstraf tensy wesenlike en dwingende omstandighede ‘n mindere vonnis regverdig.
[3] Volgens S v Malgas 2001 (1) SASV 469 (HHA) op paragraaf 25 kan die meganismes van die Wet met verband tot vonnis soos volg opgesom word: (a) die vonnis wat deur die wetgewer voorgeskryf is vir ‘n besondere misdryf moet gewoonlik deur ‘n verhoor hof opgelê word; (b) ‘n hof mag nie van ‘n voorgeskrewe vonnis ligtelik afwyk nie; (c) alle faktore wat tradisioneel van toepassing was by vonnisoplegging bly toepaslik wanneer ‘n hof vonnis oplê in terme van die Wet; (d) daardie faktore word nou teenoor die maatstaf van wesenlike en dwingende omstandighede gemeet; en (e) as ‘n hof tevrede is dat die voorgeskrewe vonnis ‘disproportionate to the crime, the criminal and the needs of society’ is mag dit afwyk van die voorgeskrewe vonnis.
[4] Om te besluit of wesenlike en dwingende omstandighede wel bestaan, of dan nie, en om ‘n gepaste vonnis te bepaal moet ‘n hof die tradisionele faktore in ag hou. Hulle is, in breȅ trekke, die persoonlike omstandighede van die beskuldigde, die aard en erns van die misdaad en die belange van die gemeenskap. Sien S v Zinn 1969 (2) SA 537 (A).
[5] Die beskuldigde is 31 jaar oud. Hy het ‘n graad 11 opvoeding. Hy het as ‘n senior voorman op ‘n vrugte plaas in die Joubertina distrik gewerk. Hy verdien om en by R 3 000 per maand. Hy is betrokke in ‘n verhouding met ene ND en is die pa van haar jong kind. Hy was van plan om met haar te trou. Hy het drie ander kinders. Hy het sy kinders onderhou voordat hy gearresteer was in hierdie saak. Hy is nie ‘n eerste oortreder nie. In 2013 was hy skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te beseer toe hy ‘n man met ‘n gebreekte bottel gesteek het. Hy was gevonnis tot ‘n boete van R800 of vier maande gevangenisstraf en ‘n verder agt maande gevangenisstraf wat vir vyf jaar opgeskort was.
[6] Hy het vinnig in sy werk gevorder en het binne agt jaar senior voorman geword. Hy beskryf homself as ‘n leierfiguur in sy plaaslike gemeenskap en gemeente: hy was die voorsitter van die plaas komittee en het op die uitvoerende plaas komittee gedien; hy was ‘n raadslid in sy kerk en ook ‘n diaken.
[7] Die beskuldigde het onskuldig gepleit. Sy verweer was dat die klaagster hom valslik beskuldig het omdat sy nie wou saam met hom bly nie aangesien hy ‘n streng pa is. Om hierdie verweer te probeer bewys het hy verskeie nadelige beweerings, hoofsaaklik oor haar eerlikheid, teen haar gemaak. Ek het bevind dat hierdie verweer vals was en sy weergawe as vals bo redelike twyfel verwerp.
[8] Ek het die klaagster se getuienis aanvaar. Sy het getuig dat op die aand van 6 Julie 2015 was sy en haar pa alleen by die huis. Sy het gaan slaap maar haar pa het haar kamer binnegekom en vir haar gesê dat sy saam met hom in die sitkamer televisie moet kyk. Sy het geweier om sitkamer toe te gaan. Toe het haar pa gesê dat hy saam met haar sal slaap. Sy het geweier om dit toetelaat.
[9] Die beskuldigde het op die bed geklim en begin om haar klere uit te trek. Hy het haar deur die gesig geklap en vir haar gesê dat sy stil moet bly. Hy het ook ‘n mes uitgehaal en haar met die dood gedreig.
[10] Hy het haar sitkamer toe gevat en haar op ‘n matrass verkrag. Daarna het hy ‘n emmer water gaan haal en haar beveel om te was. Sy het geweier om te was en hy het vir haar gesê dat hy haar gaan ‘dood slaan’. Hy het na die kombuis geloop, klaarblyklik om ‘n stok te gaan haal, maar toe hy weg was het die klaagster deur ‘n venster gespring en van die huis ontsnap.
[11] Die beskuldigde het getuig in versagting van vonnis. Hy het eers ‘n verklaring uitgelees. Hy bly-staan by sy weergawe dat sy dogter hom valslik beskuldig het en dat hy haar nie verkrag het nie. In sy verklaring het hy gesȇ dat hy sy dogter ‘alreeds vrygespreek en vergewe’ het. Toe hy gevra was of hy enige berou voel oor wat hy gedoen het, het hy gesȇ dat hy jammer voel oor die feit dat hy ‘n gevangene is en dat sy kinders groot sal word sonder hom.
[12] Juffrou Karen Andrews, ‘n kliniese sielkundige, het namens die Staat getuig oor die effek van die verkragting op die klaagster. Sy het ‘n onderhoud met die klaagster gevoer en ‘n verslag opgestel. Sy het die volgende inligting oor die impak van die verkragting van die klaagster bekom:
‘1. She was not emotionally close to her father because he was in the habit of physically abusing her. She believed that her father meant well by his beatings in the sense that it was for her own good.
2. While she was used to his violating behaviour, she was shocked when the situation of rape arose. She remembers the extreme terror she felt when she realised that she had to flee for her life.
3. L-A was in extreme physical pain in her genitalia for two weeks after the rape.
4. She had difficulty sleeping. She suffered nightmares. She was anxious and experienced startle reactions. She had lost her appetite.
5. With time, she found that she preferred going to school as this distracted her from being mindful about the rape.
6. Her teachers were aware of the rape and they were kind and helpful towards her at school.
7. Her self-image was normal but at times she hated herself because she kept on thinking that there was something she could have done to prevent the rape.
8. She was very angry that her father had raped her. However, she states that she is no longer angry. She has nothing to say to her father.
9. She did not have to deal with the social image of having being raped by her father because none of her peers know about her rape experience.’
[13] Sy het ook met die klaagster se tannie gepraat en die tannie het die volgende oor die klaagster aan juffrou Andrews gerapporteer:
‘1. L-A has frequent episodes of being unable to eat her food.
2. L-A often did not go to school due to psychosomatic complaints. L-A complained of suffering a knot in her stomach. She observed L-A sleeping during the day.
3. Her scholastic performance has been inconsistent. Her last school report showed an improvement.’
[14] Juffrou Andrews se kliniese ontleding is soos volg in haar verslag uiteengesit:
‘L-A has the psychology of an abused child. She had no option but to accommodate herself to her father’s physical abuse. She had no choice but to believe that his beatings were for her own good. With these coping mechanisms in place before her father raped her, she appears to have generalised these to be her way of coping with the rape. At times, she believes that she could have prevented the rape. She is no longer angry with her father. The long-term consequences of the rape in this case are that L-A has a damaged self-esteem. She will expect to be treated badly by male figures. The rape by her father has placed her at high risk for a wide range of psycho-social problems in her future. While she appears to be coping on the surface, she has not dealt with the significant negative consequences to her psychology of having been raped by her father. This is due to her desperate need to survive her experience psychologically. It is a typical response in children who are abused by a parent or an adult.’
[15] Verkragting is altyd ‘n ernstige misdryf. In S v Abrahams 2002 (1) SASV 116 (HHA) op paragraaf 17, ‘n saak soos hierdie saak, wat ook die verkragting van ‘n dogter deur haar pa behels, het Cameron AR die volgende oor die ernstigheid van die misdryf gesê:
‘Of all the grievous violations of the family bond the case manifests, this is the most complex, since a parent, including a father, is indeed in a position of authority and command over a daughter. But it is a position to be exercised with reverence, in a daughter's best interests, and for her flowering as a human being. For a father to abuse that position to obtain forced sexual access to his daughter's body constitutes a deflowering in the most grievous and brutal sense. That is what occurred here, and it constituted an egregious and aggravating feature of the accused's attack upon his daughter.’
[16] Later in die uitspraak (sien paragraaf 23) het Cameron AR die idee verwerp dat, soos dit gestel was, ‘rape within the family is less reprehensible than rape outside it’. Hy het in dié verband die volgende gesê:
‘(a) First and obviously, a family member is also a member of the wider public and equally obviously as deserving as the rest of the public of protection against rapists, including those within the home. Indeed, where a rapist's victim is within his family, she constitutes the part of the public closest to, and therefore most evidently at risk of, the rapist.
(b) Second, rape within the family has its own peculiarly reprehensible features, none of which subordinate it in the scale of abhorrence to other rapes. The present case illustrates them with acute force. The rapist may think the home offers him a safe haven for his crime, with an accessible victim, over whom he may feel (as the accused did) he can exercise a proprietary entitlement. Though not the case here, a family victim may moreover for reasons of loyalty or necessity feel she must conceal the crime. A woman or young girl may further internalise the guilt or blame associated with the crime, with lingeringly injurious effects. This is particularly so when the victim is the rapist's own daughter, and the more so when the daughter is of tender years.
(c) Third and lastly, the fact that family rape generally also involves incest (I exclude foster and step-parents, and rapists further removed in family lineage from their victims) grievously complicates its damaging effects. At common law incest is still a crime. Deep social and religious inhibitions surround it and stigma attends it. What is grievous about incestuous rape is that it exploits and perverts the very bonds of love and trust that the family relation is meant to nurture.’
Cameron AR het die punt gemaak dat hierdie eienskappe van die misdryf ‘required particular attention in regard to deterrence and retribution in the sentencing process’.
[17] Die passasies van die Abrahams saak wat ek uiteengesit het beklemtoon die objektiewe ernstigheid van die spesifieke misdryf wat deur die beskuldigde gepleeg was. Dit is duidelik van juffrou Andrews se verslag dat die verkragting van die klaagster haar nadelig affekteer het in die kort termyn en haar nadelig in die toekoms ook sal affekteer. En ‘n mens moenie vergeet van die terreur wat sy ondervind het en die fisiese beserings en pyn wat toegedien was deur die beskuldigde.
[18] Ek handel nou oor die belange van die gemeenskap. Dit is voor die hand liggend dat die gemeenskap ‘n regmatige belang het om te verseker dat ‘n persoon soos die beskuldigde, wie sy eie dogter met geweld, en selfs die dood, gedreig het en haar in die onskendbaarheid van haar eie huis verkrag het, doeltreffend gevonnis is. Ek is seker dat lede van die gemeenskap sulke magsmisbruik nie sou duld nie en sou verwag dat ‘n person soos die beskuldigde behoorlik gevonnis word en dat ander potensieele slagoffers sodoende van die beskuldigde beskerm sou word.
[19] Dit was deur juffrou Offerman, die beskuldigde se regsverteenwoordige, betoog dat die persoonlike omstandighede van die beskuldigde geld as wesenlike en dwingende omstandighede wat ‘n afwyking van die voorgeskrewe vonnis regverdig. Ek stem nie saam met hierdie betoog nie. Dit is wel so dat sekere van die beskuldigde se persoonlike omstandighede positief is maar hulle moet in die skaal geweeg word teen ‘n aantal verswarende omstandighede.
[20] In die eerste plek is die beskuldigde nie ‘n eerste oortreder nie. Hy het ‘n onlangse voorige oortreding vir ‘n gewelds misdaad. Tweedens, het hy geweld en dreigemente van geweld gebruik gedeurende die verkragting en daarna. Derdens, hy het ‘n onverskille en gevoelose houding getoon toe die klaagster ontsnap het. Sy het in die middeel van die nag weggehardloop en hy het sy wyn klaargedrink en gaan slaap. Vierdens het hy terreur, fisiese beserings, pyn en sielkundige leed deur sy optrede veroorsaak. Sy optrede teenoor sy dogter openbaar ‘n erge magsmisbruik en skending van vertoue.
[21] Laastens, die feit dat hy volhou met sy ontkenning dat hy sy dogter verkrag het, met sy bewering dat haar getuineis vals was en dat hy haar nou vergewe het, bewys dat hy geen berou toon en geen insig het in die erns van sy optrede en die skade wat hy aan sy dogter veroorsaak het. In S v Dyantyi 2011 (1) SASV 540 (ECG) op paragraaf 26 het hierdie hof gesȇ:
But it is, however, my view that seeds of rehabilitation can, in a manner of speaking, germinate only if the convicted person him/herself has, first and foremost, expressed contrition for his/her criminal wrongdoing, thereby accepting the gravity of the criminal act of which he/she has been convicted, and commits to return to the path of rectitude. Without expression of contrition, any hope of rehabilitation becomes illusory, and thus an unrealistic expectation, and not merely a speculative hypothesis . . .’
Die afwesigheid van berou en die gebrek van insig dui aan dat die beskuldigde se kanse van rehabilitasie uiters sleg is.
[22] Myns insiens, moet die positiewe persoonlike omstandighede van die beskuldigde buig voor die erns van die misdryf en die belange van die gemeenskap. My bevinding is dus dat die positiewe persoonlike omstandighede van die beskuldigde nie genoegsaam is om as wesenlike en dwingende omstandighede beskou te word. Daar is dus geen regverdiging vir ‘n afwyking van die voorgeskrewe vonnis nie.
[21] Die beskuldigde word tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis.
__________________________
C Plasket
Regter
VERSKYNINGS
Namens die Staat: Mnr Mtsila
Namens die beskuldigde: Mej Offerman