South Africa: Eastern Cape High Court, Grahamstown Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Eastern Cape High Court, Grahamstown >> 2010 >> [2010] ZAECGHC 17

| Noteup | LawCite

S v Bester [2010] ZAECGHC 17 (1 March 2010)

Download original files

PDF format

RTF format


7


IN DIE HOë HOF VAN SUID AFRIKA

(OOS-KAAP - GRAHAMSTAD)


Saak no. CC07/10

Datum van verhoor: 22/2/10

Datum van uitspraak:1/3/10


In die saak tussen:


DIE STAAT


en


ANTHONY BESTER



UITSPRAAK: VONNIS


PLASKET, R:


[1] Die beskuldigde het skuldig gepleit aan klagtes van moord, roof met verswarende omstandighede en verkragting. Ek het hom skuldig bevind aan hierdie misdrywe en moet nou gepaste vonnisse oplê.


[2] By vonnisoplegging moet ‘n hof, volgens die bekende saak van S v Zinn 1969 (2) SA 537 (A), op 540G-H, ‘n drietal faktore in ag neem. Hierdie faktore is die aard en erns van die misdaad, die persoonlike omstandighede van die misdadiger en die belange van die gemeenskap. Al het die bepalings van artikel 51 van die Strafregwysigingswet 105 van 1997 die opleg van vonnis in sekere belangrike aspekte verander, bly hierdie faktore nog steeds geldig; hulle is belangrik om te bepaal of die vonnis proporsioneel is. Sien S v Malgas 2001 (1) SASV 469 (HHA), paragraaf 22.


[3] Volgens artikel 51(2) van die Stafregwysigingswet, gelees met Deel I van Skedule 2 en Deel II van Skedule 2, is die minimum voorgeskrewe vonnis vir moord in die omstandighede van hierdie saak lewenslange gevangenisstraf, diè vir roof met verswarende omstandighede 15 jaar gevangenisstraf en dié vir verkragting lewenslange gevangenisstraf. Ek moet hierdie vonnise oplê tensy ek bevind dat dwingende en wesenlike omstandighede bestaan wat ‘n mindere vonnis of mindere vonnisse regverdig.


[4] Die kern van die Wet se strafstelsel is soos volg deur Marais AR in die Malgas saak, op paragraaf 8 uiteengesit:

In what respects was it no longer to be business as usual? First, a court was not to be given a clean slate on which to inscribe whatever sentence it thought fit. Instead, it was required to approach that question conscious of the fact that the legislature has ordained life imprisonment or the particular prescribed period of imprisonment as the sentence which should ordinarily be imposed for the commission of the listed crimes in the specified circumstances. In short, the Legislature aimed at ensuring a severe, standardised, and consistent response from the courts to the commission of such crimes unless there were, and could be seen to be, truly convincing reasons for a different response. When considering sentence the emphasis was to be shifted to the objective gravity of the type of crime and the public’s need for effective sanctions against it. But that did not mean that all other considerations were to be ignored. The residual discretion to decline to pass the sentence which the commission of such an offence would ordinarily attract plainly was given to the courts in recognition of the easily foreseeable injustices which could result from obliging them to pass the specified sentences come what may.’


[5] Oor die begrip van dwingende en wesenlike omstandighede sê die geleerde Appèl Regter op paragraaf 18 dat die howe ‘are required to regard the prescribed sentences as being generally appropriate for crimes of the kind specified and enjoined not to depart from them unless they are satisfied that there is weighty justification for doing so. A departure must be justified by reference to circumstances which can be seen to be substantial and compelling as contrasted with circumstances of little significance or of debatable validity or which reflect a purely personal preference unlikely to be shared by many’.


[6] Volgens die beskuldigde se verklaring in terme van artikel 112 van die Strafproseswet 51 van 1977 het hy en ‘n ander man die oorledene, ‘n 33 jarige vrou, op die grond neergegooi gedurende ‘n stryery. Sy het haar kop teen ‘n klip gestamp. Sy was, soos die beskuldigde dit gestel het, ‘deurmekaar’ en sy kon haarself nie verdedig nie. Die ander man het haar toe verkrag en daarna het die beskuldigde haar ook verkrag. Hulle het dan haar ringe van haar vingers afgetrek en die beskuldigde het hulle in sy sak gesteek. Hulle het haar weggesleep na ‘n brug en die ander man het gesê dat hulle moet haar afgooi ‘anders sal sy die polisie kontak en ons sal in die tronk beland’. Hulle het haar toe by die brug afgegooi. Sy het, volgens die foto album wat ingehandig was, in ‘n droë rivierbedding op rotse beland.


[7] Die verslag van die nadoodse ondersoek op die lyk van die oorledene is deur die beskuldigde erken. Die oorsaak van haar dood was as ‘severe multiple injuries’ beskryf. Die toestand van die oorledene se skedel is soos volg beskryf:

Deeply bruised scalp, fractured skull, deeply bruised left temporalis muscle, fractured frontal bone, fractured base of the skull.’

Haar nek was ook gebreuk. Die fotos van haar lyk – en veral van haar kop – is skokkend. Toe sy van die brug afgegooi was het sy klaarblyklik op haar gesig op die rotse beland.


[8] Dit is duidelik dat die gemeenskap ‘n belang het om geweld teen vrouens te bekamp. In hierdie saak was ‘n vrou wat alreeds dronk was – en dus kwesbaar was -- deur twee mans aangerand, beroof, verkrag en vermoor: die gemeenskap verwag dat die howe effektief optree om hierdie sort geweld te ontmoedig deur gepaste vonnise optelê en daardeur kwesbare lede van die gemeenskap te beskerm. Sien S v Chapman 1997 (2) SASV 3 (HHA), op bladsy 5a-b; S v Ncheche 2005 (2) SASV 386 (W), op paragraaf 35; S v Jansen 1999 (2) SASV 368 (K); S v Blaauw 2001 (2) SASV 255 (K).

[9] Die beskuldigde was 21 jaar oud toe hy die misdrywe in hierdie saak gepleeg het. Hy was kort na die voorval gearresteer en het in hegtenis gebly. Hy het vorige verordelings vir roof en huisbraak. In altwee gevalle het hy opgeskorte vonnisse gekry. Hy het standard 4 op skool voltooi en het gewerk as ‘n kondukteur op die taxis. Hy het R20.00 per dag verdien. Hy het saam met sy ma gebly maar sy is nou oorlede. Hy het nooit sy pa geken nie. Hy het geen broers of susters nie. Hy het geen kinders nie.


[10] Mnr Joubert, wie namens die beskuldigde opgetree het, doen aan die hand dat hy skuldig gepleit het en dat hy sy samewerking aan die polisie gegee het. Hierdie faktore dui aan dat hy berou getoon het vir sy misdade. Volgens hom is hierdie feite, die relatief jeugdigheid van die beskuldigde en die feit dat drank ‘n rol gespeel het dwingende en wesenlike omstandighede. Mnr Obermeyer, wie names die Staat opgetree het, betoog dat die pleit van skuldig en die samewerking in konteks gesien moet word. Die beskuldigde het skuld erken en met die polisie saamgewerk toe hy geen ander keuse gehad het nie. Hy betoog ook dat enige berou wat die beskuldigde getoon het in hierdie konteks ook moet gesien word en ook in die konteks van die grusame dade wat hy gepleeg het.


[11] In S v Obisi 2005 (2) SASV 350 (W), op paragraaf 13, ‘n saak waar die appellant die oorledene sinloos geskiet het in die loop van ‘n rooftog, het Makhanya R gesê dat ‘the nature of the crime, the brazenness, the callousness and the brutality of the appellant’s conduct shows that he attaches no value to other people’s lives, or physical integrity, or to their dignity’. Die selfde geld vir die beskuldigde in hierdie saak..


[12] In S v Stonga 1997 (2) SASV 497 (O) het die appellant ‘n jong weerlose meisie verkrag en vermoor. Hy was 25 jaar oud en ‘n eerste oortreder. Hy het sy samewerking aan die polisie gegee. Hy was na 12 jaar gevangenisstraf gevonnis in verband met die verkragting en na lewenslange gevangenisstraf gevonnis vir die moord. Sy advokaat het betoog dat die verhoor hof het die belange van die gemeenskap oorbeklemtoon en nie genoeg gewig aan die persoonlike omstandighede van die appellant gegee nie.


[13] Van Coppenhagen R het gesê (op 501a) dat die waarde van die berou wat die appellant getoon het, in die konteks van die gevoelloosheid van sy optrede, as strafversagtende faktor verflou het. Die geleerder regter sê verder oor die balans tussen die belange van die gemeenskap en die persoonlike omstandighede van die dader (op 501b-e):

Geweldsmisdade en veral moorde het wat omvang daarvan betref, reeds dermate toegeneem dat die algemene publiek tereg om beskerming betoog. Wat die moord in die onderhawige geval nog meer grusaam maak, is dat die slagoffer ‘n agt-jarige weerlose kind was. Anders as om toevallig ook in die huis te wees waar die appellant was, het sy niks gedoen om die aanval op haar te provokeer of uit te lok nie.

Natuurlik is ‘n skoon rekord ‘n faktor wat as strafversagtend aangemerk word en normaalweg hoog aangeslaan word; maar as faktor moet dit in perspektief gestel word. Wanneer die dader as persoon geëvalueer word, speel sy gesindheid of motivering vir en by die pleging van die misdaad dikwels ‘n deurslaggewende rol. By beoordeling van die dader se gesindheid of motivering spreek sy dade dikwels luider as sy woorde.

Die appellant se gesindheid teenoor sy medemens, veral teenoor weerlooses, word weerspieël deur die grusaamheid en die gevoelloosheid van sy optrede en wel dermate dat hy permanent uit die samelewing verwyder moet word. Om daardie doel te bereik moet hy as persoon ondergeskik aan die belange van die gemeenskap gestel word. Dit was ook presies die Verhoorhof se benadering.’


[14] In hierdie saak was die optrede van die beskuldigde net so gevoelloos, onmenslik en skokkend as die van die appellant in Stonga se saak. Myns insiens moet die belange van die gemeenskap die persoonlike omstandighede van die beskuldigde troef. Ek is dus van mening dat die relatief jeugdigheid van die beskuldigde, die feit dat hy dronk was toe hy die misdrywe gepleeg het, sy pleit van skuldig, sy samewerking met die polisie en sy berou nie in die konteks van die grusame misdade wat hy gepleeg het dwingende en wesenlike omstandighede uitmaak nie. Daar bestaan dus geen rede om van die voorgeskrewe vonnise aftewyk nie


[15] Die beskuldigde word soos volg gevonnis.

(a) Op klagte 1, die van moord, word hy tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis.

(b) Op klagte 2, die van roof met verswarende omstandighede, word hy tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis.

(c) Op klagte 3, die van verkragting, word hy tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis.



___________________________

C. PLASKET

REGTER


VERSKYNINGS

Namens die Staat: Mnr H. Obermeyer

Namens die beskuldigde: Mnr G. Joubert