South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2012 >> [2012] ZAWCHC 53

| Noteup | LawCite

S v Baartman (SS89/1999) [2012] ZAWCHC 53 (31 January 2012)

Download original files

PDF format

RTF format

Bookmark/share this page

Bookmark and Share

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE-HOF, KAAPSTAD)

SAAKNOMMER: SS89/1999

DATUM: 31 JANUARIE 2012


In die saak tussen:

CHRIS BAARTMAN ….........................................................................................Applikant


en


DIE STAAT …...................................................................................................Respondent






UITSPRAAK




FOURIE. R:



Die applikant en 'n medebeskuldigde het op 27 September 1999 voor my verskyn, na hulle deur die Streekhof te Swellendam skuldig bevind is aan die verkragting van die sestienjarige klaagster. Ek het, na bestudering van die oorkonde, die skuldigbevindings bekragtig en voortgegaan met vonnisverrigtinge waartydens die applikant tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis is en sy jeugdige medebeskuldigde tien jaar gevangenisstraf opgele is.


Applikant doen nou, meer as elf jaar later, aansoek om verlof om te appelleer teen die vonnis wat horn opgele is. Ek moet meld dat die vertraging met die bring van die aansoek onverklaarbaar is en ek moet tot die applikant se krediet byvoeg dat die rekord toon dat hy nou al vanaf 2002 poog om hierdie aansoek te bring. Vir soverre die vertraging aan enige laksheid of nalatigheid van die owerhede te wyte is, moet dit betreur word.



Die Staat staan die aansoek teen. In 'n aansoek van hierdie aard is die toets wat die Hof aan die dag moet le, of die applikant toon dat hy 'n redelike vooruitsig op sukses het in enige voorgenome appel.



Ek het nou weer die voile oorkonde en al die ander dokumentasie, asook die gepaardgaande dokumentasie wat die applikant nou voor die Hof gele het, bestudeer, maar ek is nie oortuig dat so 'n redelike vooruitsig op sukses wel bestaan nie. Ek het in my uitspraak op vonnis destyds al die applikant se persoonlike omstandighede en al die ander versagtende omstandighede wat daar moontlik mag wees, in sy guns in ag geneem, maar is ek nie oortuig dat daardie omstandighede, kumulatief gesien, neerkom op wesenlike en dwingende omstandighede wat die oplegging van 'n mindere vonnis as lewenslange gevangenisstraf regverdig nie. In die verband kan ek net weer die volgende beklemtoon: Applikant en sy medebeskuldigde het die sestienjarige klaagster verkrag terwyl sy lank en aanhoudend om hulp geskree het. Hulle het haar ook om die beurt vasgehou sodat die ander een haar kon verkrag.



Verder, as die applikant 'n eerste oortreder sou gewees het, kan die skaal dalk in sy guns geswaai het, maar sy rekord toon dat hy voor hierdie verkragting reeds drie keer aan geweldsmisdrywe skuldig bevind is, naamlik twee keer aan aanranding met die opset om ernstig te beseer en een keer aan roof, almal misdrywe waar geweld teenoor die persoon van 'n ander 'n element is. By die geleenthede was hy vonnisse wat wissel van lyfstraf tot 18 maande gevangenisstraf opgele. Dit het horn egter nie daarvan weerhou om by hierdie geleentheid die klaagster te verkrag nie.



Daarbenewens blyk dit dan ook dat daar inderdaad geen berou aan die kant van die applikant is nie. Hy ontken in sy huidige stukke, asook vandag, dat hy die klaagster verkrag het terwyl die gedeelte van die rekord wat ek aan horn voorgelees het, duidelik toon dat, op sy eie weergawe, hy en sy medebeskuldigde vir haar verkrag het terwyl hulle om die beurt vir haar vasgehou het.

In al hierdie omstandighede word die aansoek om verlof om te appelleer dus VAN DIE HAND GEWYS.

FOURIE, R