South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2012 >> [2012] ZAWCHC 267

| Noteup | LawCite

Lourens v S (A156/2012) [2012] ZAWCHC 267 (25 May 2012)

Download original files

PDF format

RTF format




IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)




Saak Nr: A156/2012

Afdeling: 6

Datum op Rol: 25/05/2012


In die saak tussen:


ELROY LOURENS .............................................................................................................Appellant


en


DIE STAAT .....................................................................................................................Respondent



Hof: Goliath R en Van Staden WnR


Appel aangehoor: 25Mei2012




UITSPRAAK


Van Staden. WnR



1. Die appellant is aangekla van ‘n oortreding van Artikel 3 van Wet 32 van 2007. In die klagstaat word beweer dat hy op 25 Desember 2009 die kiaagster, Me Claudine Draai verkrag het.

2. Die appellant is op 12 April 2011 in die streekhof te George skuldig bevind op ‘n aanklag van verkragting, Op 13 April 2011 is hy gevonnis tot tien jaar gevangenisstraf. Verlof tot appel teen beide skuldigbevinding en vonnis is toegestaan op 20 April 2012.



AGTERGRONDFEiTE EN GETU1EN1S

3. Op die stadium toe die beweerde verkragting plaasgevind het, het die Appellant saam met sy vriendin, Me Saulene Februarie (‘Februarie') gebly. Hulle twee, asook die klaagster, wat Februarie se jonger suster is, het in een kamer geslaap. Die stiefpa van die twee susters het in ‘n buite- vertrek, in die agterplaas van die betrokke huis gewoon. ‘n Loseerder, ene Sharon en skynbaar ook ‘n paar kinders was in dieselfde huis woonagtig.

4. Op Oukersaand 2009, het die klaagster en die appellant by ‘n smokkelhuis in die omgewing gekuier. Die volgende oggend was albei van hul weer by smokkelhuise. Volgens die appellant was hulle by dieselfde smokkelhuis, maar die klaagster het o.niken dat hulle saam was. Daar is egter min twyfel dat albei van huile sterk onder die invloed van drank was teen die tyd dat die beweerder verkragting op Kersdag 2009 plaasgevind het.

5. Die klaagster is volgens . haar weergawe. teen omtrent 14:00 namiddag alleen na hul huis Waar sy gaan “tiep” het. Toe sy wakker word was appellant bo-op haar en was hy besig om haar te verkrag. Sy het na Sharon geroep maar die appellant het haar twee klappe gegee en haar gewurg. ‘n Persoon wat bekend staan as. Seuntjie, het toe in die kamer ingekom en die appellant het opgespring en is by die deur uit. Die klaagster het daarna, na haar vriend, Elliot Jordaan ("Jordaan”) gegaan en aan horn vertel wat gebeur het.

6. Beide Jordaan en die appellant het getuig dat Jordaan op daardie Kersfees-middag die appellant gekonfronteer het en dat daar toe ‘n bakleiery ontstaan het.

7. Die klaagster en Jordaan is later op dieselfde dag na die polisiestasie om ‘n klagte te !e. Volgens Jordaan, wat ook getuig het, wou die polisiebeamptes nie dadeiik aan die klaagster aandag gee nie van wee haar beskonkenheid. ‘n Verklaring van die Appellant is kort voor 19:00 deur Konstabel Witleman afgeneem. Teen omtrent 9nm is die klaagster medies ondersoek deur Dr Marshall wat ‘n J88-vorm voltooi het. Hierdie vorm J88 is by ooreenkoms as getuienis toegelaat. Dr Marshall se mondelinge getuienis is egter nie aangebied nie. In die verslag word gemeld dat die klaagster na drank geruik het. Daar is egter geen aanduiding van enige beserings nie, hoewei die klaagster getuig het dat sy vir die dokter vertel het dat sy ‘n blou oog en wurgmerke opgedoen het tydens die beweerde verkragting.


8. Djt is nie in geskil dat die klaagster se stiefpa nie wou gehad het dat Jordaan by hulle in die huis moes woon nie. Dit is ook nie geskil dat die klaagster ongelukkig was hieroor nie. Wat ihgedagte gehou mpet word is dat appellant daarteenoor wel toegelaat is om in die huis saam met Februarie te woon. Inderdaad het Jordaan getuig dat hy en die klaagster se stiefpa vroeer daardie Kersdag oor hierdie kwessie in ‘n woordewisseling betrokke was.


9. Konstabel Willeman het die klaagster se getuienis bevestig dat daar beserings aan haar was toe sy by die polisiestasie aangekom het, meer spesifiek dat haar linkeroog blou was en dat daar sigbare rooi merke aan haar nek was. Willeman het verder beweer dat die klaagster nugter was toe sy haar gesien het “want sy het gehuil ook, sy het gese sy het vroegoggend gedrinken toe...gaan slaap”.


10. Die tante van die appellant, Elizabeth Kapang (‘Kapang’) het getuig dat hy op 25 Desember 2009, by haar woning aangekom het. Hy het daar rondgedwaal tot omtrent middagete en het toe weer vertrek. Toe Kapang getuig het, het die gebeure waaroor sy getuig het meer as ‘n jaar vantevore plaasgevind en soos wat mens sou verwag kon sy nie goed onthou hoe laat die appellant daar aangekom en weer vertrek het nie.


11. In sy getuienis het die appellant getuig oor sy bewegings op die betrokke Kersdag en ontken dat hy die klaagster verkrag het of dat hy teenwoordig was toe die voorva! na bewering plaasgevind het. Hy het ook getuig oor sy en die klaagster se drinkery en die feit dat hulle albei onder die invloed van drank was. Toe hy gevra is om te verduidelik wat die motief van die klaagster is om horn valslik te beskuldig, was die enigste rede waaraan hy kon dink die feit dat Jordaan nie saam met die klaagster mag gewoon het nie.


12. Februarie is geroep om namens die Appellant te getuig en sy het in sekere opsigte sy bewegings op daardie dag beaam. Toe die verhoor plaasgevind het in Maart 2011 het Februarie en die appellant steeds saamgewoon. Februarie het bevestig dat die klaagster by die huis gekom het en “getiep” het. Sy het bevestig dat die klaagster kwaad was orndat haar stiefpa nie wou he dat Jordaan by hulle mag woon nie. Sy het verder bevestig dat die buite-vertrek, waar haar stiefpa bly, so naby aan die huis is, dat hy ailes sou gehoor as iets verkeerd gegaan het in die huis.

13. Die getuienis van die klaagster en Jordaan was dat hulle daarna nie weer vir Seuntjie gesien het nie. Hulle weet ook nie waar hy opgespoor kan word nie. Jordaan het verder getuig dat Seuntjie ‘n vriend van die Appellant is.

14. ‘n Monster wat van die appellant geneem is, is weggestuur vir ontleding, maar was onvoldoende om enige DNS-verbintenis aan te toon.

DIE UITSPRAAK

15. Die verhoorlanddros was beTndruk met die getuienis van die klaagster en het in die uitspraak gese dat. sy haar getuienis op ‘n “duidelike kronologiese volgorde verduidelik* het en dat sy “gemotiveerde antwoorde gegee het in kruisondervraging". Verder is spesifiek bevind dat die hof geen aanduiding of motief uit haar getuienis kon aflei waarom sy die appellant valslik sou wou betrek nie. Die verhoorlanddros bevind verder dat die appellant se verduideliking van ‘n moontlike motief nie aanvaarbaar is nie.

16. Volgens die verhoorlanddros word die klaagster se weergawe gestaaf deur die eerste rapport aan Elliot, sowel as Konstabel Willeman se getuienis oor die beserings aan haar, Verder word stawing gevind in die getuienis van Februarie omdat sy, soos die klaagster, getuig dat Seuntjie wel op die betrokke dag by die woning was.


17. Die verhoorlanddros bevind verder dat die betroubaarheid van die weergawe van die klaagster gestaaf word daardeur dat die klaagster nie enigsins vyandig teenoor die beskuldigde is nie. Sy ken baie goed en die beskuldigde het ook bevestig dat daar geen sodanige vyandigheid tussen hulle is nie. Volgens die verhoorhof kan die klaagster “absoluut niks daarby baat om die beskuldigde onnodiglik aan die pen te laat ry nie”.. In die uitspraak word ook die volgende steiling gemaak “gesonde verstand en mensiike ondervinding suggereer dat enige normale mens, regdenkende mens die werkiik misdadiger sal wil laat straf en nie ‘n onskuldige persoon voor die hof laat verskyn nie. ”



18. Die verhoorlanddros verwys verder na enkele verskille in die klaagster en Jordaan se getuienis oor die tydsaspek en die vraag wanneer sy gedrink het. Die verhoorlanddros verwys ook na.die verskille in haar getuienis en dit wat sy aan Wiileman vertel het. Hierdie verskille word afgemaak as van so 'n nietige aard dat dit nie die geloofwaardigheid van die klaagster aantas nie.

19. Wat die getuienis van die appellant betref word genoem dat die staatsaanklaer nie veel in kruisondervraging kon uitrig nie omdat die appellant se weergawe een van totale ontkenning was. Wat sy alibi betref, meld die verhoorhof dat die tydsfaktor ‘n beiangrike aspek is en steun sy op ‘n beweerde weerspreking in die getuienis van die appellant en Februarie wat die tydsaspek betref. Die verhoorhof beskou hierdie weerspreking as van kardinale belang. Die verhoorhof se verder dat appellant se alibi-getuienis ver te kort skiet omdat daar ruimte is om te enige tyd vanaf Parkdene, waar hy was, terug te keer na die huis waar die klaagster na bewering verkrag is.


RELEVANTE REGSBEGINSELS


20. Die gevolgtrekking of ‘n beskuldigde skuldig of onskuldig is, hang af van die totaliteit van die gelewerde getuienis. Al die getuienis moet in ag geneem word. Met betrekking tot gedeeltes van die getuienis mag bevind word dat dit vals is en ten opsigte van ander gedeeltes kan bevind word dat dit onbetroubaar is, maar geen getuienis mag net eenvoudig geTgnoreer word nie1. In S v Chabalala2, het Heher WnAR aangedui dat die korrekte benadering in die verband is:

To weigh up all the elements which point towards the guilt of the accused against all those which are indicative of his innocence, taking proper account of inherent strengths and weaknesses, probabilities [and improbabilities on both side$ and, having done so, to decide whether the balance weighs so heavily in favour of the state as to exclude any reasonable doubt about the accused’s guilt.

21. ‘n Skuldigbevinding mag ingevolge Artikel. 208 van die Strafproseswet, Wet 61 van 1977 voig op die getuienis van ‘n enkele getuie, ma^r in s?tke oor verkragting, mag die feite en omstandighede van so 'n aard wees dat ‘n versigtige benadering gevolg moet word. Dit is verai so in gevaile waar die inkriminerende getuienis die van ‘n enkelgetuie is3.

22. Ingevolge Artikel 194 van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977, is niemand wat weens dronkenskap aan verstandsverbystering ly ‘n bevoegde getuie nie. Hierdie onbevoegdheid geld vir getuies wat dronk is : wanneer hulle getuienis afle. !n Persoon wat dronk was toe ‘n voorvai plaasgevind het se getuienis is in die hof toelaatbaar, maar afhangende van die omstandighede, kan die gewig wat daaraan toegeken word ' minimaal wees4.


23. Daar moet gewaak word teen die kringloop-argument waarna verwys word in die saak van S v Abrahams5 waar ‘n verhoorhof ‘n beskuldigde se weergawe verwerp bioot omdat dit teenstrydig is met die weergawe van die staatsgetuie.



24. Stawing is bevestigende bewysmateriaai wat die tersaaklike getuienis in ‘n wesenlik opsig bevestig. Die stawende getuienis moet klaarblyklik betroubaar wees om as stawing te kan . dien6. ‘n Rapport in ‘n verkragtingsaak bevestig die kiaagster se geloofwaardigheid, maar is nie stawing van haar getuienis nie en kan ook nie as ‘n waarskynlikheidsfaktor in haar guns gesien word nie7.

25. In Abrahams se saak is daar op die aangehaalde plek ook daarop gewys dat ‘n verhoorhof die waarskynlikhede slegs aan die hand van bewese feite of feite wat gemeensaak is kan toets8.

26. ‘n Verhoorhof kan, afhangende van die omstandighede, begaan ‘n mistasting as kiem gele word op ‘n beskuldigde se onvermoe of swak vermoe om ‘n klaer se motief vir ‘n vals aanklag teen hom te verduidelik9.

BESPREKING

27. Me Berry, die advokaat vir die Staat het daarop gesteun dat ‘n hof van appel nie met geloofwaardigheids-bevindings van ‘n verhoorhof sal inmeng nie, tensy dit blyk dat daar wanvoorligting ten opsigte van die feite was10. Sy wys daarop dat die kiaagster ‘n goeie indruk op die verhoorhof gemaak het. Dit moet egter in gedagte gehou word dat meer waarde geheg behoort te word aan objektiewe getuienis, soos byvoorbeeld getuienis oor die waarskyniikhede en stawende getuienis as die subjektiewe voorkoms of gedrag van ‘n getuie in die getuiebank11.


28. Die kwessie van stawing is myns insiens verkeerdelik deur die verhoorhof hanteer. Soos hierbo uiteengesit is stawing bevestigende bewysmateriaal wat die tersaaklike getuienis in ‘n wesenlike opsig bevestig. Dit is so dat Jordaan en Wilieman die kiaagster se getuienis in een opsig, dat sy ‘n blouoog en skaaf merke aan haar nek gehad het, gestaaf het. Daarteenoor is daar geen aanduiding in die J88 van enige beserings nie. Mens sou verwag dat die mediese beampte wat die J88 voltooi het ‘n aantekening sou gemaak het van enige beserings. Dit kan dus bevraagteken word of die getuienis oor die beserings die appellant se weergawe in ‘n wesenlike opsig ondersteun. Anders as wat die verhoorlanddros te kenne gee staaf die getuienis van Februarie dat Seuntjie op die betrokke dag by hul woning was, hoegenaamd nie kiaagster se weergawe nie. Dit is nie in geskil dat hy daar was nie. Soos hierbo aangedui is die rapport wat die kiaagster aan Jordaan gemaak het ook nie stawing vir haar weergawe nie12.

29. Wat die appellant se alibi betref, doen Me Berry aan die hand dat die getuienis van Me Elizabeth Kapang nie aan die Appellant se alibi-verweer betroubaarheid verleen nie. Me Kapang was, soos hierbo aangedui, onseker oor die tye wanneer die appellant by haar was. Sy het egter inderdaad sy getuienis bevestig dat hy wel op die betrokke Kersdag daar was. Die kritiek teen die appellant se getuienis was dat hy onseker was oor die spesifieke tydstip waarop gebeurtenisse op die betrokke Kersdag plaasgevind het en dat sy getuienis in die verband bots met die van Februarie en Kapang. Hierdie botsings is deur die verhoorlanddros beskou as van kardinale belang en sy alibi-verweer is dus verwerp. Die kiaagster was egter ook onseker oor presies wanneer alles plaasgevind het en sy en haar vriend, Jordaan, het botsende weergawes in die verband gegee. Die verhoorlanddros het egter hierdie onsekerhede en botsings in die getuienis van die staatsgetuies afgemaak as verskille wat mens sou verwag wan nee r getuies die waarheid vertei. Dit is nie aanvaarbaar dat die appellant se weergawe oor ‘n ander kam geskeer word as die van die klaagster nie.



30. Dit kon verder nie van die appellant verwag word, sops wat die verhoorhof doen, dat sy. verweer in groter detail aan getuies gestel moes word nie; Die bewering in die klagstaat was bloot dat die appellant die klaagster op die betrokke dag, 25 Desember 2009, verkrag het, daar is geen tyd aan die aanklag gekoppel nie. Die appellant hy sy aiibi-verweer gedurende die kruisverhoor van staatsgetuies geopenbaar en daar is geen grondsiag waarop hy verkwalik behoort te word vir die feit dat Kapang.se naam nie in kruisverhoor aan staatsgetuies genoemis nie. Die situasie kon moontlik anders gewees het as die appellant op. die betrokke dag toe die voorval plaasgevind het voortdurend in die geselskap van een of twee persone was en dan nagelaat het om in ‘n vroeer stadium hierdie persoon of persone se identiteit te openbaar.

31. Ek stem saam met Me Rajap, die regsverteenwoordiger van die appellant dat, met inagneming van die relevante regsbeginsels in paragraaf 20 hierbo uiteengesit, die appellant se skuld me bo redelik twyfel bewys is nie en dat die appellant se weergawe redelik moontlik waar kan wees. Ek stem ook saam dat die verhoorlanddros fouteer het deur van die appellant te vereis om ‘n motief vir die klaagster se optrede voor te hou13.

32. Dit kom my ook voor asof die verhoorhof die feit dat die klaagster ‘n enkelgetuie was wat betref die wesenlike geskilpunte en boonop sterk onder die invloed van drank was toe die beweerder voorval plaasgevind het, totaal onderbeklemtoon het. Die feit van die saak is dat die klaagster so dronk was toe sy laat daardie middag by die polisiestasie aankom dat sy aanvanklik geignoreer is14. In die onderhawige geval het ‘n mens dus te doen met ‘n enkelgetuie wat dronk was toe die voorval waaroor sy getulg plaasgevind het.


33. Dit is soos ek die saak sien ook fataal vir die staat se saak dat die dokter, wat die klaagster ondersoek het, en ook Seuntjie nie getuig het nie. ‘n Groter poging kon sekerlik aangewend word om Seuntjie op te spoor. Die appellant behoort in elk geval nie benadeel te word as ‘n staatsgetuie nie opgespoor kan word nie.


34. Dit kom my laastens voor asof die verhoorlanddros verval het in die kringloop-redenasie waarteen gewaarsku word in Abrahams se saak. Die appellant se weergawe word verwerp bloot omdat dit teenstrydig is met die weergawe van die klaagster.



GEVOLGTREKKING

35. By my is daar geen twyfel dat die appellant se skuld nie bo red el ike twyfel bewys is nie en dat hy onskuldig bevind behoort te word. Ek sou dus die skuldigbevinding en die vonnis van die appellant, aan ‘n oortreding van die bepalings van Artikel 3 van Wet 32 van 2002 tersyde stel en die appellant onskuldig bevind.


W H VAN STADEN

Waarnemende Regter van Die Hoe Hof

Ek stem saam. Dit word so beveel.

P GOLIATH R,

Regter van Die Hoe Hof

1S v Van der Meyden 1999 (1) SACR 447 W te 449 c -450 b; S v Van Aswegen 2001 (2) SACR 97 (SCA) te 100 f— 101 e; S v Ipeleng 1993 (2) SACR 185 (T) te 189 b en S v Mafiri 2003 (2) SACR 121 (SCA) te bl. 125..

2 2003 (1) SACR 134 (SCA) te paragraaf 15.

3S v Van der Ross 2002 (2) SACR 362 (CPD) te 365 e tot j; S v Jones 2004(1) SACR 420C.

4Commentary on the Criminal Procedure Act (Du Toit en Andere) bladsy 23-26A.

5 1979 (1) SA 203A te 207 f - h per Hoexter WAR.

6Schmidt Bewysreg (4de Uitgawe) bl. 119 en S v Gentle 2005 (1) SACR 420 (SCA) te 403 g - 431 c.

7S v Hammond 2004 (2) SACR 303 (SCA) para 11 tot 17 te 307 f - 310 g.

8S v Hammond (hierbo)bl. 310f-g.

9S v Lotter (A84/2007) ZAWCHC 70; S v Lesito 1996 (2) SACR 682 (O).

10S v Bailey 2007 (2) SASV C in paragraaf 16 op bladsy 8.

11Schmidt op;cit bladsy 104 tot 106; S v Dladla 1974 (2) SA 689 N te bladsy 690E tot 6920.

12Para 24 hierbo.

13Sien paragraaf 27 hierbo.

14Sien S v Hammond en S v Gentle (voetnoot 6 en 7 hierbo).